Genesis1 vs Johannes 1

In die begin het God die hemel en die aarde geskep.
In die begin was die Woord,
Die aarde was woes en leeg, en donkerte was oor die oerwater.
en die Woord was by God,
Maar die Gees van God het oor die water gesweef,
en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alles het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het selfs nie een ding wat bestaan, ontstaan nie.
en God het gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig.
In Hom was lewe, en dié lewe was die lig vir die mense.
God het gesien dat die lig goed was.
God het toe die lig en die donker
van mekaar geskei.
En die lig skyn in die duisternis,
en die duisternis kon dit nie uitdoof nie.
God het die lig dag genoem en die donker het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was oggend
DAG EEN.




