Antie Koekie

“A True Friend is Someone Who knows the Song in your Heart,

And Sings it back to You when you’ve forgotten the Words.”

Soetwyn vir die Pyn

Sommer net a post om dankie te sê vir ‘n goeie vriend wat weet deur watter ongelooflike moeilike tyd ek nou gaan, met my ma se siekte.

Wat vir my sê: Maar jy kan nie so aangaan nie!

Maar wat ook verstaan wat die situasie is en wat sy uiterste bes probeer dat ek my lewe “on track” kan kry.

Wat vir my geld inbetaal en sê: Nou gaan koop jy ‘n bottel wyn, en jy drink hom vanaand uit, dat jy net bietjie kan afkom Aarde toe.!

Vir daardie vriend sê ek: Baie Duisend Dankie!

Dankie dat jy verder as my prentjie kyk en sien, wat ek nog sukkel om raak te sien— en wat glo dat ek dit sal kan regkry en bereik.

Dankie!

Ag die vreugde! Môre gaan die Disa op Nuweland blom!

En ok sommer “dankie tóg” dat dié Antie ‘n ou webwerfie het waar sy haar sê kan sê, soos wat sy hom wil sê. En die ding wat sy wil sê, is: “WP, Jou Lekker Ding! Prrroovencce! Go Stormers!

OK, OK— dis môre die “Stormers”, nie “Province” nie, ek weet. Maar dis dieselle ding, jy spel hom net anders.

Nou vir wat gooi ek die ou skrywetjie in onder die afdeling oor helde, heldinne en groupies? Omdat dit die enigste plek is waar ek GROOT HULDE kan bring aan die man wat my in 1982 ‘n Province fan gemaak het—— Carel du Plessis. 12 Keer uitgedraf as kaptein vir WP en elke drie wat hy in sy lewe gedruk het, het hy in my hart gedruk…………………….

Lees die res van dié inskrywing in my tydskrif, by http://www.antiekoekie.co.za

Wie is jou grootste vyand? Wie of wat is die mens of ding wat die slegste uit jou haal; wat jou met onsigbare kettings vasbind aan die verkeerde besluite van jou verlede, wat jou elke dag pootjie, sodat jy nooit, ooit ‘n sukses van jou hede sal kán maak nie?

Wat voor jou boekrak staan en spottend die stof van al die selfhelp guru’s se werke blaas? “Jou Beste Lewe Ooit!”(Joel Osteen), “The Winning Attitude” (John C Maxwell) “Approval Addiction”( Joyce Meyer), “Is ek Slim of is ek Dom?” (Kobus Neethling), “Emosioneel Intelligent….Jy!”(Annie Coetzee), “Sukses is Maklik” (Colin Turner)

Wie is jou Nemesis, jou godin van Vergelding wat elke keer as jy dink jy’s toe eintlik nie só bad nie, jou soetjies herinner aan al die kere wat jy, eier in die gesig, plat op jou alie beland………………..

Gaan na my aanlyn tydskrif, http://antiekoekie.co.za, en lees verder.

Sien jou daar!

Ja, uiteindelik, na maande se geswoeg en sweet en stress, is “Antie Koekie”, die aanlyn tydskrif ge-launch.

“n Paar van my blogger pelle het al kom inloer—– as jy nog nie daar was nie, nou is die tyd!    http://www.antiekoekie.co.za

Sien jou daar!

Lyk my êrens in ons gene is daar maar die aantrekkingskrag na daar, waar alles vir ons ou volkie begin het——- die mooiste, mooiste Kaap!  Wes- of Ooskus, maki saki.Solank Tafelberg die middelpunt bly.
Als is so deurmekaar, ek gaan hopelik vanmiddag gou af see toe, vir die 1ste keer!! Paternoster of Jacobsbaai, ek’s nie seker watter 1 nie, maar dit bly  ‘n bonus, aangesien ek nie gedink het dit gaan moontlik wees om daai plekkies te sien nie.
2 Slapies in Vredenburg, dan 1 in Tableview (Blouberg, hier KOM ek!!!) en dan ‘n laaste slapie in Stellenbosch, voor ons die pad aandurf, huistoe.
Hierdie hele trippie was vir my ‘n eye-opener——- nadat ek ‘n jaar lank na my kinders verlang het, was dit asof ons nooit weg was van mekaar nie; alles was dieselfde, geen verveemding, niks!

En nadat ek by altwee kinders se huise tuisgegaan het, besef ek met ‘n skok, dat dit nie regtig my huis is nie. My huis is in die dorre, barre, vale Vrystaatse Goudveld, tussen mielielande en mynhope—– in elk geval vir die oomblik. Dis daar waar my ma, my katte en boeke en foto’s en CD’s is. Met ander woorde, daar waar die goed is wat my definieër.

Maar glo my, as die geleentheid daar is om see toe te trek, kan ek binne ‘n dag klaar pak!

Speedy Concalez se ouma!

Terwyl Antie Koekie se launch date, 1 April, gekom en gegaan het, is ek en Ou Dienskneg besig om, duisend kilometer uitmekaar, die stryd te stry teen ontoereikende tegnologie.
Toe ek op 28 Maart die pad gevat het, Weskus toe, was al my planne noukeurig uitgewerk. Die eerste drie dae by my seun op Velddrif, sou ek op sy rekenaar gewerk het om als reg te kry vir Die Launch. Dan sou ek die res van die tyd by my dogter op Vredenburg gekuier het, waar ek dan verder sou kon werk.
Ha! Dit was my perfekte plan, doer in die Vrystaat. Maar, a la John Lennon, “Life is what happens while you are making other plans.”
‘n Hele trop klein jakkalsies het egter my perfekte plan in die hande gekry en in duisend stukkies geskeur. Klein jakkalsies, soos bv, tydskedules wat nie ooreenstem; Skype wat nie werk vanaf Velddrif; skoonseun wat my PC format en vir my die wonderlike Windows 7 laai (met al die gewone klein oorgangs struikelblokke wat daarmee saamgaan) en ek wat om de dood nie kan skryf, met TV’s wat blêr en mense wat om my praat nie.
Voeg daarby nog ‘n selfoon wat breek toe ek vir die honderdste keer die simkaart uithaal om in die dongle te sit, en jy het die prentjie!
Die feite is nou dat dit al die 4de April is, en ek en Ou dienskneg kry nie ge-Skype om dinge te finaliseer—————- ek kry nie eens ge-Twitter om almal in kennis te stel van die vertraging nie!
En die kersie op hierdie koek? Dinge gaan baie sleg met my ma. Sy het net skielik agteruitgegaan. Volgens Juan, wat mos by haar bly terwyl ek rondrits, kan sy glad nie meer loop nie en as sy moet opstaan om toilet toe te gaan, huil sy soos ‘n kind van pyn.
En ek sit sowat 1400 km van die huis af! Ek voel so magteloos! Dit lyk my asof ons planne sal moet maak dat ek vroeër teruggaan.
Solank julle net weet, Antie Koekie,Die Tydskrif, lê nog steeds en wag om die wêreld soos ‘n Hoëveldse storm te tref——————- sodra ons al die varkies weer in een hok kan kry!!
Soet bly, kindertjies. En doen asseblief alles wat julle favourite Antie nie kan/mag doen nie!

Toe ek vandag in Velddrif aanland en my seun met my in Bokkomlaan afry, is die eerste ding wat ek sien, ‘n ou man wat so pas van sy boot afgeklim het en ‘n stok met ingerygde vissies dra. Bokkoms. ‘n Tradisionele Weskus lekkerny.

Maar of ek dit gaan eet, is ‘n ander storie………….

Die Kaapse lug is nog net so skoon en vars en sjampanje-tintelend soos ek dit onthou. Ek en klein Luke het vanoggend in Vredenburg winkels toe geloop en dit het gevoel of ek nooit weg was nie!

Wat ‘n voorreg om weer by my kinders te kan wees. Toe klein Luke nog maar ‘n baba was, het ek vir hom sy eie spesiale liedjie geskryf, en dit elke dag vir hom gesing. Gisteraand begin ons dit sing en skielik bly hy stil en vra my om dit alleen te sing. Halfpad deur kom die trane en hy sê: “Atta, you have no idea how much I’ve missed that song!”

Die Kaap is weer Hollands. My plekkie in my kinders se harte is nog veilig!

Na ‘n histeries dol week, met ‘n stresvlak wat hoër as my IK is (En dié, is moer hoog!), maak ek reg om oor sowat 7 ure in die kar te klim wat my saamvat Kaap toe, na my kinders toe en ook, Tafelberg toe!
Ek sal eers Maandag weer oppie lug wees.
Om my ma, wat nou semi-bedleënd is, hier agter te los, is seker een van die swaarste goed wat ek in my lewe moes doen.
As dit nie vir Juan was, wat aangebied het om hier by haar te kom bly nie, sou ek nie kon weggaan nie.
Juan, as jy hier lees—–woorde kan nooit sê hoe dankbaar ek is nie.
Ek skuld jou, Big time!!
Ek is so ongelooflik dankbaar dat die Vader dit so beskik het, dat ek kan gaan. Ek het my kinders ‘n jaar; 12 maande; 365 dae laas gesien!
Dis ‘n ewigheid!
O, ja, by the way, hou 1 April oop. Dis nie ‘n April Fool’s grappie nie——– dan tref Antie Koekie, die tydskrif, die Wêreld Wye Web Werf! Met ‘n “bang”!

A la Antie koekie-styl!
Lekker slaap, sweet dreams. Ek sal kyk of dié Antie ‘n storie of twee kan optel doer vêr, om vir julle te vertel, OK?
Ciao.

Vrydag, 26 Maart 2010. National Cleavage Day. Boobsday.

Of  te wel, “Hang Uit en Wys Dag”

Die manne se tonge gaan weer uithang en hulle gaan die heeldag drool…….

Nie dat ek nou ‘n ernstige probleem daarmee het nie—– ek bedoel, get real! Hoekom stort vrouens jaarliks derduisende rande in die koffers van lingerie vervaardigers, as hulle nie wil hê die mense (lees: manne) moet hul bates waardeer nie?

Want hierdie slim mense, soos Wonderbra, Playtex Cross-Your-Heart, Victoria’s Secret en ander verkoop ‘n droom.

By Wonderbra koop jy die illusie dat jou opgebruikte 32A, eintlik ‘n jeugdige 34C is.

Sannie se lewensmoeë 40CC, wat teen slapenstyd met haar naeltjie gesels, lyk more oggend heel indrukwekkend, sodra sy Die Tweeling in haar Cross-Your-Heart geskud het.

M.a.w., julle Antie verstaan die hele idee agter National Cleavage Day. Mans het ‘n beheptheid met vroue borste van die oomblik dat hy sy eerste skree gegee het, tot die dag dat hy sy kop neerlê.

Vroue het jare terug, al geleer watter krag daar in die regte halslyn is. n Sentimeter kan die verskil wees tussen sedig en stout. As kind het ek my altyd vergaap aan prentjies van Marie Antoinette en haar koek-etende vriendinne  aan die Franse hof——– boesems wat soos mosbolletjies bokant die baleine uitgepof het

Maar die ding wat dié Antie nou so dwars in die krop steek, is die blatante skynheiligheid agter die storie.

Hierdie is ‘n dag vir die manne. Maar wat van ons arme vrouens? Kry ons nie ook ‘n dag om die manne se bates te waardeer, of te vergelyk met die volgende ou s’n nie?

En  julle favourite Antie praat nie nou van boudjies nie——- huh uh! Boudjies is dubbelslagtig of eenvormig of universieël of hoe jy dit ook al wil sê.

Almàl kyk na boudjies. J-Lo het haar sitvlak verseker teen ‘n bedrag wat seker 100 mense in Haiti van ‘n huis kon voorsien

En ‘n man se mooi boudjies——-ag, liewe aarde, veral as dit sulke mooi ronde muffins is…………………..!

Maar nou sit die duiwel op my skouer en hy sê vir my: “Wat sal die manne daarvan sê as julle dames ‘n “Knop-stores” dag moet hou?”

As ons begin foto’s neem van hoe ‘n man se broek moet sit? Party dames sal seker gaan vir die losserige sweetpakbroek foto, met die effense belofte van groter dinge wat mag kom? Ander se smaak sal eerder wees vir die stywe, stywe denim, wat lyk of hy enige oomblik gaan oopbars.

Ag, en behoed ons van die ouer mans, met die wye pyp kortbroeke, wat so ongeskik sit dat jy besef dis nie net bolangs waar hy so heeltemal bollekop-kaal is nie. O, liewe Hemel, dis ‘n verskriklike onaptytlike gesiggie, wat my sommer by die naaste klooster sal laat aansluit.

Maar ek weet, en jy, dat as ons vrouens so ‘n dag instel, dit seksuele teistering sal wees.

Die manne sal so bedreig voel as hulle kroonjuwele skielik  onder die vergrootglas geplaas word, dat alles sal wegkrimp tot dit lyk of dit leeu-koud is.

Wat my laat wonder—–is  ons vroue nie tog maar die sterkere geslag? Ons kan dit immers vat!!

Ek moes net absoluut die volgende epos met julle deel. Ek weet nie of dit die waarheid is nie (hoop eintlik so!!), maar dit maak dat ‘n mens bietjie uit die boks dink.

This  Ad Was Placed in the Personal columns of a daily newspaper  in Durban.

To the  well dressed black dude Who Tried to Mug Me on Durban  Beachfront
three nights ago

I was the guy wearing the  black denim jacket that you demanded that I
hand over along with  my wallet, shortly after you pulled the knife on my
girlfriend  & I, threatening our lives.

You also asked for my  girlfriend’s purse, rings and earrings too

I can only hope  that you somehow come across this rather  important
message.

First, I’d like to apologize for your  embarrassment when I drew my
pistol after you took my jacket. The  evening was not that cold, and I
was wearing the jacket for a  reason.
My girlfriend had just bought me that Glock pistol for  xmas, and we had
picked up a new ‘fast draw’ shoulder holster for  it that very evening.
Obviously you agree that it is a very  intimidating weapon when pointed
at your head wasn’t it,  especially when I blasted that one and only shot
right past your  right ear and out to sea?

I know it probably wasn’t fun  walking back to wherever you’d come from
bare footed with your  ear bleeding and ringing like a church bell, since
I made you  leave your expensive shoes, Nokia cell phone, and wallet with
me.  That prevented you from calling or running to your buddies to  come
help mug us again.

After I called your mother, or  “Mama” as you had her listed in your
cell, I explained the entire  episode of what you’d done, fortunately she
spoke English too,  and she seemed very shocked, said you worked at a
local bank and  wouldnt do what I was telling her you had done. Anyway, I
then I  went and filled up my petrol tank as well as four other  people’s
in the petrol garage on your credit card. The guy with  the big V8 Jeep
took R800 alone, and was extremely  grateful!

I gave your shoes to a homeless guy outside Joe  Kools, along with all
the cash in your wallet. That made his  day!

I then threw your wallet into the big 7 series Beemer  that was parked
at the curb … after I broke the windshield and  side window and keyed
the entire driver’s side of the car. I know  that this bling car belongs
to a local enforcer and  bouncer.

Later, I called a bunch of phone sex numbers from  your cell phone.
Vodacom just now shut down the line, although I  only used the phone for
a little over a day now, so what’s going  on with that?

Earlier, I managed to get in two threatening  phone calls to the local
ANC office and one to the bureau of  state security (intelligence
services) too, while mentioning  President Zuma and Julius Malema as my
probable targets. The  state security guy seemed really intense and we
had a nice long  chat – I guess while he traced your number etc.

In a way,  perhaps I should apologize for not killing you … but I
feel  this type of retribution is a far more appropriate punishment  for
your threatened crime. I wish you well as you try to sort  through some
of these rather immediate pressing issues, and can  only hope that you
have the opportunity to reflect upon, and  perhaps reconsider the career
path you’ve chosen to pursue in  life.

Remember, next time you might not be so lucky.
Have  a good day!

Thoughtfully  yours,

XXXXXXXXXXXX

(Nice, nê? Ek wens, ek wens dit was waar!)

Kalender

Januarie 2026
M D W T V S S
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Kuiergaste

  • 38 305 gaste

Top Clicks

  • Geen
"I find that the harder I work, the more luck I seem to have." - Thomas Jefferson (1743-1826)
Design a site like this with WordPress.com
Spring weg