Kan julle glo ons is alweer aan die einde van nog ‘n jaar! Sjoe! Dit het omtrent gevlieg. Oor bietjie meer as 12 ure is dit die begin van ‘n splinternuwe jaar – 2013. En ek kyk uit met verwagting na dit wat die Here hierdie jaar vir en deur my gaan doen.
As ek terug kyk op 2012 besef ek weereens hoe goed die Here vir my was – Hoe Hy my telkens deur moeilike tye gelei het, sommige kere selfs gedra het. Daar was goeie tye en slegte tye, bly oomblikke en hartseer oomblikke… En glo dit of nie, ek is nou selfs sterker as wat ek was aan die begin van 2012. Dit was een van die moeilikste, strafste, langste en selfs ook die greatste jare van my lewe. Ek het drie keer getrek saam die werk, het twee keer van posisie verander, het nuwe mense ontmoet, ou kennisse verloor en selfs ‘n nuwe liefde ontdek. Ek het begin skilder en skets, ek het met my Annique besigheid begin, ek het as mens gegroei, geleer, gevlieg en geval. En snaaks genoeg kyk ek terug op die jaar met ‘n groot glimlag op my gesig. Want dit wat die Here vir my belowe het, het Hy volbring…
Heb 10: 35 – 37 was my belofte vir die jaar 2012:
“Do not lose your courage, then, because it brings with it a great reward. You need to be patient, in order to do the will of God and receive what he promises. For, as the scripture says, ‘Just a little while longer, and he who is coming will come; he will not delay.'”
Is dit nie absoluut amazing nie? Die Here is vir my so goed! Ek is regtig so geseënd om te weet dat dit wat die Here vir my belowe, Hy sal volbring. Ek moet nie moed verloor nie, want die groot reward wag! En kyk nou net vandag! Ek het die man van my drome ontmoet – Die een wat die Here vir my met Sy eie hand uitgekies het, my ander helfde. Die een waaroor ek by die Here gemoan het, omdat Hy so lank gevat het om hom vir my te gee. Nou eers besef ek wat die skriffie vir my probeer sê… Hou moed. Wees geduldig. Die groot reward gaan kom, Hy sal doen wat Hy aan my belowe het. En vandag is ek een van die gelukkigste girls onder die son. Soms weet ‘n mens net. En vandag weet ek wat ek weet.
Vir 2013 het ek ‘n nuwe skrifgedeelte wat van toepassing is om my en my lief, my familie en syne en ek wil dit graag hier vandag met julle deel. Ek hoop regtig dat julle dit ook julle eie sal maak vir die jaar wat kom, en dat julle sal kan terug kyk en sê,”Waarlik, die Here was vir my goed!”
Deut 28:1-13 (AMP) is vir ons in 2013:
If you will listen diligently to the voice of the Lord your God, being watchful to do all His commandments which I command you this day, the Lord your God will set you high above all the nations of the earth. And all these blessings shall come upon you and overtake you if you heed the voice of the Lord your God.
- Blessed shall you be in the city and blessed shall you be in the field.
- Blessed shall be the fruit of your body and the fruit of your ground and the fruit of your beasts, the increase of your cattle and the young of your flock.
- Blessed shall be your basket and your kneading trough.
- Blessed shall you be when you come in and blessed shall you be when you go out.
- The Lord shall cause your enemies who rise up against you to be defeated before your face; they shall come out against you one way and flee before you seven ways.
- The Lord shall command the blessing upon you in your storehouse and in all that you undertake. And He will bless you in the land which the Lord your God gives you.
- The Lord will establish you as a people holy to Himself, as He has sworn to you, if you keep the commandments of the Lord your God and walk in His ways.
- And all people of the earth shall see that you are called by the name [and in the presence of] the Lord, and they shall be afraid of you.
- And the Lord shall make you have a surplus of prosperity, through the fruit of your body, of your livestock, and of your ground, in the land which the Lord swore to your fathers to give you.
- The Lord shall open to you His good treasury, the heavens, to give the rain of your land in its season and to bless all the work of your hands; and you shall lend to many nations, but you shall not borrow.
- And the Lord shall make you the head, and not the tail; and you shall be above only, and you shall not be beneath, if you heed the commandments of the Lord your God which I command you this day and are watchful to do them.
Dit is dus God se belofte vir ons en vir julle in 2013. En wat God vir jou belowe, sal in jou lewe gebeur. Sy blessings gaan jou inhaal en oorval. Jy sal oorvloed ondervind – in jou huis, in jou werk, in jou familie, in jou finansies, in jou gesondheid, in jou verhoudinge, in jou hele lewe. Oorvloed! Alles wat jy doen sal sukseslvol wees. Jy sal die kop wees en nie die stert nie. Jy is geseënd en bemind en geliefd.
Ek kyk uit met verwagting na 2013. Wat is verwagting? Weet jy? Dis om te wag vir iets – Vir iets groot wat in die nuwe jaar met ons gaan gebeur. En ek glo met my hele hart 2013 is my jaar. Mag julle ‘n geseënde Nuwe Jaar beleef en mag die Here elke dag saam met julle wees en julle seën met Sy liefde en Sy nabyheid.
Al my liefde,
Anzel
