vir Una op haar 65ste verjaardag

Ek het ń vriendin gevra om die op haar BLOG te plaas, sodat Una kan lees oor haarself. Mense wat “CONTENT” met hulle self en die lewe dink ek nogal is nie baie bewus van hoe die om hulle, oor hulle voel nie. So, dankie vir die platform Hanlie!.

Vir dae al, wonder ek hoe jy jou vrou se 65ste vir haar “spesiaal” kan maak, hier op ń eiland. Dit opsigself klink BAIE romanties, maar eintlik is dit nie! Want op ń eiland, stomp jou behoeftes eintlik af, na amper NIKS. Jy kom klaar met min.

Ek kyk haar so, elke dag, (want hul kap ons bos, so my kyke na my vrou besef ek, is elke dag, ń dag nader aan “geen kyk”, iewers in die toekoms. Of ek gaan nie daar wees om te KAN kyk nie, OF Una gaan nie meer daar wees om NA te kyk nie… Daai swaar, lê nog vir ons voor), en ek sien hoe haar behoeftes minder raak. Die dae van ń goeie gesigroom, spesiale sjampoo, mooi nagklere of onderklere, ń lekker-ruik sepie, nuwe klere, ń nuwe beursie of handsak… Besef ek is vir Una soort van verby. Ek wil huil as ek daaraan dink, want as man wil ons, ons vroue bederf, al weet jy na ń spul jare nie meer WAARMEE jy haar kan bederf nie. Maar hier op ons eiland, het ander goete nou die plek ingeneem van geld-bederwe.

ń Nuwe lekker roman van Chanette Paul, wat ek ń vriendin laat saambring het is my geskenk die jaar. Maar vir UNA, het sy nou die seisoen betree wat sy NET LEEF! (Ek dink ons is albei oor die kwessie van geskenke). Haar daaglikse gesprekke met die Here, ekke hier om haar, haar honne en quadbike ritte oseaan toe, gaste of vriende ontvang, daagliksecselfoon-kommunikasie met ons kinders en kleinkinders en haar vriendinne, af en toe ń blog skryf, haar ligblou of geel lilo bestyg 2x ń dag se costume – verwisseling, ons 2 werkers en haar bril… Dis haar totale belewenis vd wereld, nou! O ja, en Grace Anatomy, hekel en vetkoek bak deesdae… My oë rek oor die laaste nuwe toevoegings.

Daar is NIE meer shops, of selfs ń kar vir nou, uit-ry kuiers, tuinmaak, heerlike aankope, fliek, uiteet, kerk toe, op vakansie gaan, troues of gesellighede bywoon, bure oornooi geleenthede of skooltoe om gou met kleinkinders te help nie! Dis NET ons 2 hier op ons eiland, meelewend in ń baie basiese, maar HEERLIKE bestaan.

En vandag my vrou, vier ONS spul jou 65ste jaar op hierdie aarde. 65 jare se winters en somers… 65 jare van ń verskeidenheid wense op hierdie dag, elke jaar, van heinde en verre aan jou! Van gesondheid, tot lang lewe, rustigheid, blessings, cheers…

My UNA is nie ń vrou van “wense” en “voornemens” nie. UNA vat net eenvoudig ń nuwe seisoen soos hy kom! Nog NET eenmaal het ek haar hoor sê dat die Here haar belowe het ons finansieel ok sal wees iewers innie toekoms.

Donnerstorm, sonlig, mooiweer, hael, bliksemstrale… Ongeag wat daai seisoen met haar beplan! Of hy haar rol, stoei, mors of goed & sag behandel… My vrou VAT hom soos hy kom! Sy’s sterk en moedig! Sy sê altyd:” Dit gaan met my so goed as wat dit met ons kinders gaan… As een op ń slegte plek is, is ek ook… As dit goed gaan met almal.. Gaan dit goed met my ook!”. My UNA het geleer om by die Here se voete te sit. Om net te “let go & let God”. Om eenvoudig NET te vertrou en te “hands off”. Ek het gesien hoe hierdie “maklike uitweg”, haar amper breek! En tog, sy is die spreekwoordelike voorbeeld van hoe maklik ń mens kan “hands-off” en “let go”… Niks maak my trotser as om dit te aanskou nie. Nie veel mense, kom by daai plek uit nie. Moet ń mens rerig van omtrent alles gestroop word om wel by die vlak uit te kom? Is sy gestroop of is sy net eenvoudig rerig MENS. Sonder geite en goeters. Eenvoudig. Simplisties.

UNA… hene jou naam, na al hierdie jare, bly vir my ń sexie naam! Selfs na 51jaar wat ek daai naam oor my lippe roep of se, ja my darling, ek weet jy kritiseer nou die kappie lose “e”… maar waar de heng kry ek hom”. UNA se stem en lag oor n foon, bly vir my soet, hene, jy het ń mooi stem! In 1974 toe ons saam in st 6 op Delmas was, dink ek haar fisiese het my eerste aangetrek! Haar mooi kuite, die lang donker hare in 2 stoute sterte met maroon linte vasgemaak, die semi-sjinese skrefie oë, en haar smile… Ek mag egter nie verwys na haar pantie wat ek skraps raak gesien het, toe sy langs haar tas gebuk het om n boek te bere nie… Dis overshare en onvanpas. Sies! Dis dan logies dat ek eers HEELWAT later haar karakter ontdek het! Ongekompliseerd doen haar ding met boek inni hand. Mal oor haar vriendinne. Stil. Skrikkerig – versigtig vir die onderwysers. Harde eerlike akademikus. Slim. Hokkiespeler. Fantasties gellyk in haar geel bikin – o, dit het niks met karakter uit te waai nie. Sorry.

My vrou het geken van swaarkry, nadat sy haar Pa in st7 verloor het. Ma Maizie het bont gestaan. Hard gewerk. 2 werke gewerk. Skoolbus bestuur. Una het leerhandakke vervaardig vir klere en meisiekind goeters. Sy het geken van budget en pennie omdraai. Dit het haar nie weerhou om die hoofrol in GREASE te dans nie. Dit het haar n survivor gemaak. Sterk. Ook iemand van imbors! Daarom dat sy die Hugenote vaandel in matriek verower het, tussen n klomp grand enoulike sterk girls.

Ons praat nie vreeslik aanhoudend en aanmekaar nie. Ry was altyd ons gesels-tyd! Tot ek dower geraak het. En n Mahindra loop nou nie juis sag nie. Nou het ons eintlik baie maal niks te se nie, behalwe oor ” nou ” goete nie. Die honde, die werkers, die kids, n boek wat ek of sy lees, iets op social media…

Maar hoe beskryf jy aan enige iemand dat ons eintlik die hele TYD met mekaar doenig is. In ons gedagtes, in ons planne, in ons visie en drome… Ek ervaar my vrou as so n integrale deel van my “wees”, dat sy eintlik rerig net n verlenging van my is! Soos ek Genesis 2 se beskrywing (skepping) vd vrou se hier wees verstaan. Ongekompliseerd en eenvoudig maklik. Was dit altyd so? Nope! Ek het op n stadium gedink hierdie 2e huwelik van ons, gaan dit wragtig ook nie maak nie. Daar was SO BAIE issues destyds. En ek MOET hierdie noem, want dit was NET Una wat dit maak werk het. Sy het vergewe. Sy het “verstaan”. Sy het vir counseling gegaan (waarvan ek nooit eers geweet het nie). Syt aangepas in my wisselvallige temperament… My geite verduur en my weer en weer kanse gegee om tot die mens te kon groei wat ek beskore was! En hoe se jy DANKIE vir dit!? Jy raak stiller, want jy weet daai is die veiligste plek vir jou. In stilte kan jy nie droogmaak nie. Miskien laat stilte toe dat die ou sleg uiteindelik net vergete raak! En daai spasie het UNA my gegun EN ingeneem! Ek weet nie of dit uit kennis, of moedeloosheid was nie. Maar dit was haar medisyne-manier en verdraagsaamheid wat my, glo ek, 90% genees het. (Ons is maar net MENS, so da moet 10% defek wees – knipoog!!). Vandag is ons saam-wees VOL. Al praat ons nie aanmekaar nie, voel dit na aan die volmaakte verhouding met jou anner mens!

Una doen nie haar “eie” ding nie. Sy LEEF eenvoudig net n goeie, gesonde en ryklike lewe. Met min! Maar met in-agname vd om haar. Tevrede met ALLES in en om haar. Min gespin oor die moderne wereld. Fokus net op dit wat noodsaaklik en vir die NOU is. Sy verstaan die bank-wereld en die app-wereld, en bookings.com & karring tot n ding werk. Sys nuuskierig oor die engineering goete van my wereld, hier op die lodge. Di gesukkel baie maal met n enjin of masjien, is vir haar fassinerend! Het sy dalk haar beroep gemis? Moes sy medies en toe effe-onderwys gaan swot het? Of moes sy boer-vrou wees vd begin af?

My vrou UNA, is n fassinerende mens. Tot haar honde kyk haar soms skepties aan. Di mense hier in Bilene weet nie een waar hulle rerig met haar staan nie. Sys eintlik almal se “mother”, maar niemand sn rerig nie. Party wonder steeds of ek net n jong vrou gevat het, en of sy nie dalk net my dogter is nie… Ander glo sy is die sterkere, maar die kultuur-ding forseer hul om maar met my n ding deur te praatbof te bespreek. Die wat haar leer ken deur gereelde besoek, soos ons mr “Goods”, die supermark mannetjie, madam “Medi”, die Apteek girlie, of ou “Paki” – die Pakistani wat die goedkoopste Gin verkoop, mr “Body Guard” (groitste arms in Bilene) wat op gereelde basis lap en swemklere aan UNA smous, is mal oor haar, dra haar oppi hande. Buig agteroor om haarvte kan bedien en bederf. Gee nie om dat sy n week later gou kom betaal vd “op sig” goete ni. Dra haar goedere na die boot as ek nie daar is nie… en die innie-hart-kruip-ding het sy nie gedoen soos ek nie. UNA het nie as doel ooit, om jou vriendskap te wen nie. Ek doen dit. Jy raak n uitdaging vir my om oor te wen.

maar met UNA, is sy net UNA… Haar stemtoon, intense belangstelling in jou, waardering vir wat jy bied & eerlikheid, trek mense nader. Nie omdat sy daaraan werk nie, maar net omdat SY pleinweg sy is! En as jy haar nie vat soos sy is nie, is daar niks. Dis so n eenvoudige uitkyk oppi lewe. Dis MY Una!

Doen sy vreemde goete…? Ja, absoluut. Sy huil op haar eie, eenkant, weg van my af, alleen. Ek verstaan nooit hoekom nie, maar dis haar styl. Sy praat vreeslik met haarself. Hardop. Antwoord ook sommer haarself in die proses.Sy het ook al in haarself hardop gestry. As sy gatvol vir iets of iemand is, se sy dalk 2x n jaar “Oh, fuck off”. Sy kry nagmerries v sekere medikasie wat sy sekere tye neem! Of na n ontstellende fliek. Sy vra vrae oor dinge waarop geen mens die antwoord ken nie… Soos: “Hoekom verf daainou sy boot groen”. Sy steek haar bottel Gin weg iewers in die koskas! Sy’t nie n probleem nie, maar hy word NOOIT in die drank kabinet gebere nie. Hy staan alleen, so eenkant altyd… wagtend! Winter en somer hou sy van n knie-kombersie… Sy sal uiteindelik n mening lug oor iemand wat battle met iets, of iemand wat net eenvoudig opgee met die lewe, deur vir my onder die stort te kom se:”Life is sjit, and then you die”. Sy “bargain” GLADNIE. Nie eens in haar Bali-meubel aankope dae nie! Jy gee haar jou beste prys van oomblik een of ek hou verby. Maar moenie die game speel van “better price for you”, nie! Sy eet NOOIT n bord kos 100% op nie…?? Sy gee nooit op nie. Nooit! Of jy nou iets verloor het, of verle het, of sukkel met n regmaak ding, haar naaldwerk masjien, se gare-sluk demoon, haar wasmasjien geluide, my draad-verloor ascek van n kort storie n baie lange maak, of dit oorreding vir een vd dogters of Lotz is, en of dit plan maak is om n polisie blokkade te omseil oppi Mozambiek se paaie! MY UNA is n planmaker en motiveerder – maar sonder die glamour vd verhoog of voirstaan in n klas.

Wie is hierdie 65jarige Una rerig? – My eerste gedagte: iemand by wie jy VEILIG voel. Iemand met wie jy kan PRAAT en nie omgee dat sy nie die antwoord ken nie. Sy HOOR regtig by die Here op haar manier, op haar tyd. Sy is WYS: Stadig om opinie te lewer. Maar so dem akkuraat en reguit. Sy rattle n hok sonder dat jy dit besef. Sy gaan haal nie die bobbejaan agter die berg nie, maar sy maak jou BEWUS dat daar moontlik n bobbejaan kan wees. Sy TOOR met honde en katte! Sy TOOR met kosdisse! Sy TOOR met karige meubels in n groot vertrek! Sy is nie bang vir RISIKO nie! Sys n SPORT: van skoolpersoneel funksies destyds, tot gesellighede en vakansie. Sy vat maklik n mikrofoon! Sy is stout! Sy kan haar gaai goed WIP. (Behalwe dat dit mooi is), weet jy, jy het jou limits bereik! Sy praat dan nie, maak net oe! Haar meubels skuif-rond dra dae, het haar fisies sterk gemaak. Logies met n tennis-elmbogie as herinnering…! Sys GETROU tot die dood toe! Aan die Here se WOORD, haar eggenoot, ons kinders, haar vriendinne, ons werkers, die honde, die katte, aan beloftes, buurmanskap… Sy VERSTAAN binneshuise versiering, rond skuif, mooi-maak, uitsort, spasie skep, baie met niks uitgerig kry, skepping. Sys kunstig! Nie verf en skets goeters nie, anderste om… met kos en materiaal en stoepe! Sys kreatief: van ons slaapkamer tot in die stoorkamer. Sy vertrou my! Sy respekteer my! Sy is effe kwaai met my van so 2jaar gelede af! Sys geduldig met my. Sy boost my! Sys rustig & gelukkig in haar vel en in haar wese. Met die lewe en haar wereld, met ons omstandighede en met ons.

MY UNA luv die lewe, wil oud word, is n GREAT Ouma, Ma, eggenoot en vriendin. Verstaan. Is empatiek. Content! Sy bemoedig my. Sy karring nie. Sy praat mooi en beleefd. Sy volg NIE die massa denkrigtings nie. Sy is Sy. En sys ok! Sy kyk wyer as die normale ou. Sy neem in. Sy luister fyn. Sys nie sentimenteel nie. Sys nie rerig emosioneel nie. Sy wil onder n boom hier agter die huis begrawe word… In vrede… Sonder seremonie… Sonder fieterjasies. Daar moet net n bankie in die koelte wees waar die kinders kan kom sit en kuier, en af pak! Sy sal bly luister en sonder woorde hul laat beter voel.

Dis my UNA!

Ek ag myself n gelukkige man, my vrou. Ek begeer om jou in hierdie laaste seisoen van ons – en dit beteken nie die einde nie – te kan bederf met spesiale shampoo en baie bottels Nivea, tog n groter gemakliker huisie met n mooier swembad en stoep meubels. Goeie rooi wyn uit die Kaap uit IN N BOKS!n ryding waarvan jy jou eie sitplek en lugverkoeling kan stel soos dit JOU pas. Met n mooi klein leertas vir jou kort kuiers en n goeie reenjas-baadjie wat fancy is met n kappie en n sterk zip vir die nat boot trips oor die meer.

Ek wens ek kan jou bederf met n nael- en voet en tandearts wat alsn in een besoek kan uit sort en weer mooi & sag maak daar waar jy behoefte het. Niks fancy, net bederf! Ek wens ek kan weer vir jou laat mooi nuwe vars beddegoete koop! Eendag… Eendag ounooi. Maar ek besef ook jy is nou n EILAND vrou. Wat hou van kaalvoet en groente tuin en inni water wees. Wat eintlik n veer voel vir naels en hakskene! Dalk is dit jou nuwe trademark: Eiland mens, saam met my man.

En hier op hierie stukkie eiland paradys is beslis die gelukkigste wat ek jou nog in my lewe beleef het. Met son oppi lyf, middagslapies op ons kooi, en laat middag glas wyn inni hand op jou lilo, jou honde om jou, selfoon naby vir die kids en rustigheid oor my. Ek begeer niks meer nie. Ek dink jy ook nie.

Dankie vir 30 jaar se getroude en getroue lewe saam jou. Dankie dat jy nie fuss oor huweliksherdenking, valenintesdag, vrouedag en sulke goete ni. Dankie dat EK vir n swart vrou mag se haar hare is mooi of vir n gas mag komplimenteer. Dankie dat jy net rustig langs my jou plek ingeneem het – OF is dit dalk ek wat dalk rustig my plek langs jou ingeneem het????? Hoe dit ook al sy, JY is by MY en dit is die belangrikste. Al was ek vir 4 en toe weer 3maande weg vir besigheid oor die afgelope 4 jaar van ons lewe! Al is ek soms voldag doenig hier op die lodge, al jaag ek geleenthede wat maar soos stof eindig…. Jy verdra my en my dinge. En al het ONS 2 nie n clue hoe dit sal wees om mekaar nie meer te he nie…. vir NOU, is die lewe VOL en VOLLEDIG saam met jou!

Dankie my Darling, mag ek gespaar bly om vir jou te kan se “gelukkige 85ste my vrou”.

Dankie ook dat ek jou blog kon hijack om aan n klomp mense vir wie jy BAIE lief is te kon getuig & hulde bring aan JOU UNA…. My vrou! Geluk my vrou met jou 65ste. What a journey. Ek WEET SOOS EK WEET, dat die Here na jou kyk en net smile. Want ek glo Hy is tevrede en gelukkig met waar jy 8s, wat jy aanvang, hoe jy leef en wat in jou gedagtes aangaan en dit MY VROU, is die heel belangrikste wens wat n man sy vrou kan toe wens: Bly soos jy is!

Laat ek daai eenkant eensame bottel Gin gaan soek en vir jou n heerlike (flou) Gin&tonic skink! Cheers jy.

LUV YOU

Die groot rit

Vroeg oggend is daar behoorlik ń geskarrel tussen Seegogga en Trommeltjie, tasse moet reg gepak word, korreksie PEP sakke. Eers die koelhouers met gevriesde vleis en die wyn bokse, dan die klere, lilo’s en ander dinge bo op, net vir ingeval hulle by die grens loer, op Una se aanbeveling. Seegogga is net bekommerd oor waar is die waterblommetjie bredie wat sy gevries saam vat. Ek het weer ń bottel Jelapeno’s en Sourdough starter wat saamgaan.

Half ses arriveer die bussie met sy sleepwa, ons vind ń plekkie om te sit. Ons stop by ń sentrum om nog mense op te laai. Hier word paspoort nommer opgeteken en kaartjies na gegaan. Uiteindelik is ons oppad. Dit reën nogsteeds, die laeveld gaan verby in ń reën waas.

Shogili hier kom ons

Ons moes net ń glasie klink op die vliegtuig om hierdie groot gebeurtenis te vier. Dit is nadat Seegogga betrap is met ń knipmes, met die deurstap slag. Sy het woes gestoei soos net ń seegogga kan, maar helaas knipmes moes bly. Intussen is ek al met rolstoel in die vliegtuig. Sien, met die armpie het ek nie kans gesien vir die gestoei en gestamp nie, handbagasie was ook ń probleem. Ek en manlief besluit toe, hierdie fasiliteit is daar, maak gebruik daarvan. Was bly toe ek die bekende gesiggie sien, was bang sy bly agter.

Met ons aankoms in Nelspruit kom Anna-Marie se sak nie uit nie, gelukkig het een van die manne ń vrou gesien met met 2 sulke sakke. Hy sit haar agterna en siedaar hy roep, “Groenewald”. Hoera haar sak is daar. Paul is so dierbaar om ons slaghuis, drankwinkel en tweedanse boekwinkel toe te neem. Met ons los sny van die plastiek om die sakke en oopmaak vind ek een lelike rok en ń klomp speserye in myne. Verkeerde sak!

Ek en lief gogga het besluit ons gaan PEP plastieksakke koop, want dit weeg niks. Julle moet weet gewig was ń groot faktor, aangesien ons koelhouers met vleis in die sakke moes pak en lilo’s, in myne sourdough starter en ń bottel jelapenos. Wie sou nou dink dat een ander passasier dieselfde gedagte sou hê. Chaos, almal spring op hulle selle. Paul is die ster en met sy sterk mans stem, luister hulle gou. Hy en FlySafair spoor die ander vrou op en reël dat sy na die lodge sal kom dat ons sakke ruil. Dit reën gietend buite, die arme ontvangsdame moet by die hek gaan wag, intussen verdwaal die vrou. Uiteindelik. Eurekà my sak is gevind.

Ons besluit net daar en dan ons eet net daar en maak Una se geskenk wyn oop. Ons ontmoet ook ń nuwe vriendin. Sy eet saam met ons, ook sy gaan met die bus ry tot by Barra. Ons eet op die stoep met die mooiste paddakoor.

Dankie Jesus vir ń dag vol gebeure, maar ons gaan slaap met die wete U is in beheer

Hartsbegeerte

Ek en Una het baie gepraat, veral die laaste maande, dat dit wonderlik sou wees om mekaar weer te sien. Ons het albei geweet om dit te maak gebeur, het ons ń wonderwerk nodig, want nie een van ons het die reis geld nie. Ons is só ver van mekaar af. God sê vir ons hy hoor die beggertes, versugtinge, van ons harte, so daar was ń draadjie hoop.

Op ń dag, gee ń wonderlike kind van Jesus vir my die reisgeld. Die kroontjie is dat Seegogga kan saam gaan. Lees haar blog by Seegogga se bloggie. Sy was net so verstom en verheug toe ek haar bel. Drie volle weke by Una en Bertus by Shongili lodge in Bilene. Met my meedeling aan manlief, was sy eerste reaksie, “Is jou paspoort reg?”

Nou volg die bespreking van vlugkaartjies, buskaartjies en oornag verblyf in Nelspruit. Ek ken glad nie Nelspruit nie en ons gaan ook nie vervoer hê nie. Logistieke probleme, maar Vader sorteer dit uit en maak ons paaie gelyk. Ek bel Cheetah express, die busdiens waarmee ons van Nelspruit na Macia moet reis, hy gee my dadelik ń gastehuis se besonderhede en as ons sê ons ry met Cheetah express kry ons 20% afslag en hulle kom laai ons voor die hek op die volgende oggend. Met my bespreking by die lodge vra Paul, nou hoe kom ons van die lughawe tot daar. Ek sê toe ons sal ń taxi moet kry, waarop hy sê hy sal ons kom haal teen ń tarief. Daar is ons kreukels uit gestryk.

Ek bel Una, gee datums en nou is ons eers opgewonde. Ek en Seegogga babbel oor telefoon, maak planne, moet lilo’s koop, ń baie spesifieke soort, net by Crazy store so sê Una Gelukkig gaan sy vir ń reunie Pretoria toe en kan sy daar, by die groter winkels kry.

ń Week voor ons vertrek slaan die ongeluk toe, ek val van ń kas af, waarop ek gestaan het om die bougainvilla se ranke vas te bind. Ek gil ek kyk na my hand, raak histeries aan die huil toe ek die horrelpootjie sien. Lang storie kort, ons moet Hermanus Medi kliniek toe, waar hulle eers my ontwrigte gewrig moes reguit kry. Onder verdowing, ek wou dat niemand naby my hand kom nie, dit was vrek seer. Ek is opgeneem en die volgende dag geopereer, nadat ek die ortopeed duidelik ingelig het dat ek oor ń week Mosambiek toe vlieg, hy wou nog huiwer met, maar ek moet oor 2 weke kom vir steke uithaal en wond versorging. Ek het hom baie gou laat verstaan ek het verpleeg en dit is vir my geen probleem nie. Hulle moes ń plaatjie en skroewe in sit, maar weereens was Jesus my genadig. Die vorige aand het hy gevra of ek besef ek het my gewrig mooi opgevoeter, dat hulle dalk ń plaat moet insit, wat later weer uitgehaal moet word waarna ek mobiliteit in my gewrig sou verloor. Daar is baie gebid. Na die operasie sê hy aan my, dat toe hy oopmaak, dit nie so erg is as wat dit op die plate gelyk het nie. Prys die Here.

So is ons toe Mosambiek toe.

Ons loop oor van vreugde.

Hoofstuk 2 volg

Die knoop, knoop vaster

gepubliseer deur trommeltjies

Hierdie is die derde deel van ‘n Nuwe avontuur vir die Goue Vroue. Daar is n moord gepleeg. Daar is n pragtige meisie. Daar is…. Om hierdie vervolgverhaal te volg, klik hier.

https://fresh.inlinkz.com/p/54c7705c5c9f46fa95a041857eac2e89

“Genade, dis ń onding wat hier in ons rustige Overberg afspeel” sê Aalsie kopskuddend. Al die vroue is nou op en wakker en paraat om dadelik in te gryp. “Een vir almal en almal vir een” roep Appeltjie uit. Die wynglase staan vergete op die stoep tafel, wat ń tydjie gede die toonbeeld van rustigheid en vrede was is nou omskep in ń gegons. Almal gis en wonder. Een gedagte is voorop, daar moet dadelik vertrek word vanaf Rebusfontein.

Trommeltjies het reeds deur middel van Scrappy, met haar welbekende kennis, Elon Musk in verbinding getree. Sy het gehoor hy is besig met nuwe tegnologie om jou onmiddellik verplaas te kry na ń ander bestemming, transporteer, noem hy dit, of iets in die voege. Punt bly ons moet vertrek en gou ook. Scrappy, in ń sersant majoor stem, gee telefonies opdragte, soos sy dit neer gegriffel het tydens haar gesprek met Elon. Sy neem haar taak as opdrag gewer baie ernstig op.

Ons staan in ń kring, neem hande, maak ons oë toe en fokus op die berg oorkant Toortsie se huis. Daar is besluit dit is ń veilige plek om aan te kom na so ń transporteerdery, mens kan dalk woes land en dit kan nou ń rooi gesig oomblik wees vir ń groep dames. Ook is haar huis dan naby vir ń reg trek en draai loop sessie.

Woerts en hier is ons voor Toortsie se huis, nogal ewe respektabel aan gekom. Groot was ons verbasing egter toe ons sien wat in die straat staan. “Wat de hoenders het ons hier? Seegogga ek ruik ń rot, is hierdie jou breinkind?” sug Aalsie. Almal draai na Seegogga, wat so vreemde seuagtige giggel laggie gee. “Julle ons is hier met ernstige sake besig en hier staan ons voor drie belaglike knope-karre, Seegogga is jy nou heeltemal beknoop, geknoop en verknoop?” sê Una erg verontwaardig, waarop ons almal uit bars van die lag. “ Ons sal vir Seegogga moet ontknoop” giggel Positief.

Daarmee bondel ons almal in die karre in, reg trek en draaitjie loop vergete, daar is werk om te doen. Baadjiestraat hier kom die Goue vroue.

Kaptein Gigaba loop juis op en af voor die uitgebrande Wendy toe ons daar aanland. Hy praat en beduie so ver hy loop. Oral is rooilinte aangebring, dit bring die erns van die saak weer by ons tuis, nou is dit alle grappies op ń stokkie en word daar gefokus.

Kaptien Gigaba bring ons gou op hoogte van sake. Hier is een lyk gevind, baie erg verbrand. Daar is gesien dat ń groen Susuki weg gejaag het in die middernagtelike ure, met twee insittendes. Later is dieselfde moter opgemerk waar dit deur Napier gejaag het oppad Caledon toe. Daar is ook deur kameras bevestig dat dieselfde moter op die N2 by Grabouw verby is Kaap se kant toe, weereens is twee insittendes geidentifiseer, skynbaar ń man en ń vrou. Die vrou het lang hare, sy het bestuur. Daar is ook deur motoriste opgemerk dat die passasier by die venster uitgeleun het al skreeuende. Dit het voorgekom dat dit of ń jong seun of ń baie skraal man was. Verder bring die kaptein ń leidraad onder ons aandag, In die man, lyk, se hand is ń baie eienaardige knoop gevind. Ons almal sug, ń knoop, sowaar ń knoop. Dadelik wil Seegogga weet waar is die knoop, hoe lyk die knoop, waarvan is die knoop gemaak. Kaptein praat haar egter dood en ons ander rol die oë.

Nog ń verdere ontdekking is dat die lyk, klaarblyklik die van die verloofde is, wat saam met die meisie was toe hulle ingeboek het. Vroeër die betrokke aand het die twee verliefdes by die gastehuis aangekom. Hulle moter ń wit mercedes.  Hulle is gesien , later die aand, waar hulle ontspan langs die swembad naby die verkleehokkie, wat in ń Wendyhuis ingerig is. Die eienaar van die gastehuis verklaar dat hy ń baie eienaardige ding opgemerk het, daar was meteens twee identiese mans saam met die meisie, hy het sy vrou gaan roep om te kom kyk, maar met hul terugkeer was daar niemand te siene nie. Hy het besluit, miskien droom hy nou met oop oë. Hulle is nie lank daarna kamer toe.

Nou ja, hierdie is nou ń tameletjie. “ O ja” sê kaptein Gigaba, “ nog ń eienaardigheid, die oorledene is ń baie groot man, as daar ń replika van hom hier was en saam met die vrou weg is, kom ons veronderstel dit is so, volgens getuies en die kameras bestuur ń vrou met lang hare die Suzuki, hoekom is die passasier dan klein en fyn? Dit is nou as ons glo dit is die senario. Laat mens wonder….?”

“Hoe weet julle die lyk is klaarblyklik, die van die verloofde man?” vra tannie Frannie. “Goeie vraag, die eienaars van die gastehuis het die man se een skoen wat nie gebrand het nie herken. Die skoen was ń baie goeie leer laars, nogal rooi. Verbasend was dat die skoen heel eenkant gelê het, terwyl die ander een saam met die man, aan sy voet, gebrand het”.

Nou vra ek wat Trommeltjies is, is die man ń vrou of die vrou ń man? Seegogga is reg, wat van die knoop? Hoekom staan die wit Mercedes voor die gastehuis en waar kom die groen Suzuki vandaan en waarheen is “hulle” oppad en hoekom?

Kerstyd op Rebus

Ek het die geroep gehoor, hier in my binnemens, het die geroep gekom. Ek het geweet dis tyd, ek gooi vinnig goedjies in my tas. My pragtige BOHO rok, veelkleurig en vrolik, sag soos ‘n wolkie om my. Terwyl ek so pak, gaan sit ek ‘n oomblik en tob oor hierdie jaar…

Dit was werklik ‘n mallemeule jaar, dan bo, dan onder, dronk gedraai en deurmekaar, dan dansend vol vreugde, dan trane wat vloei uit ‘n vol spanningsrivier. Dit was uitdagend. 1 Julie begin ons droom realiteit word toe die enorme vragmotor hier stop met die boude en blaaie van ons huis. Ons jubel, uiteindelik gaan dit gebeur, elf maande na ons uit ons huis getrek het. Ons sien die lig aan die einde van die swerf tonnel. 29 September trek ons in, ons is vol vreugde. Harde werk en harde werk het nou voor gelê, maar ook die heerlike lekkerte van op ons stoep sit en te kan ver kyk. Ek is so dankbaar teenoor Vader vir hierdie groot genade.

Fokus Trommeltjie, fokus. Ons moet ietsie saam neem vir die ete en die drinke. Ook musiek en sommer ander lekkertes. My eerste gedagte is my vrugtestafies, lekker sondig ryk en soet. Kyk ek is nou nie ‘n bakster nie, so ek maak nie vrugtekoek nie, maar ons het ‘n swakte vir die vrugtestafies, hulle is super maklik en vinnig om te maak. Sommer ‘n groot blik vol. Vir ń bietjie balans vye, heerlike lekker vye, eie aan Napier. Dis mos ons groot Desember lekkerte hier. Sommer twee kaste vol. Heerlike gemmerbier, sommer paar kanne vol en natuurlik wyn. Wyn eie aan hierdie kontrei, Bruce Jack en Skipskop. Musiek, my gunsteling kerslied is, O holy night en Mary did you know. Ek sorg dat hulle gelaai is op my foon se geheue bank. Wat nog? Blomme, bosse vol proteas en fynbos eie aan ons kontrei met baie lint.

Ek spring in my karretjie en woerts deur na Rebus, gelukkig met ons spesiale reis apparaat is dit blitsig. Die volgende oomblik staan ek op die plein. Alles lyk asemrowend mooi, oral is liggies en kleur. Die mooiste van alles is die klanke van al die geliefde stemme wat opklink rondom die tafel. Daar is die heerlikste lekkernye, te kies en te keur. Al die dames lyk so mooi en straal behoorlik, wat ‘n groot voorreg om deel te wees van hierdie besonderse groep vroue. Ons “go to place en ons go to people”. Ek kan nie help om breed te glimlag nie, tot ou Blommetjie pronk met ‘n groot rooi strik om die nek. Sy het sommer so ‘n spesiale pronkerige stappie. Ek glimlang diep gelukkig, want ek is by die huis.

My wens vir elkeen van julle is vrede en vreugde soos ‘n kleed om julle, ‘n regte “technicoulor dreamcoat” , mag julle daar in julle sterkte vind. Die Woord se mos hoeka, “Die vreugde van die Here is julle krag”. Midde in die chaos van die wereld en die lewe om ons, om net diep te teug aan daardie vreugde. Habbakuk se ou versie en die ou liedjie is vir my so spesiaal, in my moeilikste tye sing of praat ek dit, sommer my eie woorde ingeweef, want ek weet Vader is ‘n waarmaker van Sy woord. Hier kom ek nou weer by die vye uit, want al sou die vyeboom nie bot nie en geen druiwe aan die wingerdstok wees nie, al sou die olyfoes misluk, al sou ek sommer net op die klippe op my pad wil bly sit, sal ek opstaan want die Here my God gee my krag, Hy maak my voete soos die van die ribbok, vas geanker op hom, met my spesiale God ontwerpte voete wat kan vas staan op die rotse, sodat die wildehonde en die ander wilde diere nie by my kan kom nie, ek sal hul water bekke sien en hulle getjank hoor, maar die Here my God sal my op hoë plekke veilig laat loop. Amen en sela.

1652 Die redding

Die Goue Vroue is ’n groep vindingryke dames wat wonderlike avonture saam beleef in die kuberruim. Klik op die volgende skakel as jy lus is om te loer wat ons hierdie keer aanvang…

https://fresh.inlinkz.com/party/dd0d1dc46eb64ccf9ede0f8f19d43711

Daar was behoorlik pandemonium in die hawe, van slaaf tot kommandeur van Riebeeck was daar, ń gedruis van stemme het opgeklink. Alle oë gevestig op die seerowerskip en die drama wat om hom ontvou.

Soos altyd wanneer die goue vroue betrokke is by ń saak ontvou ń briljante plan voor die toeskouere se oë. Die visserskepe het uitgevaar asof hulle oppad was see in, maar het met ń draai terug gevaar met die weste son agter hulle, wat dit baie moeilik gemaak het vir die bemanning van die seerowerskip om hulle te sien. Die swemmers met hulle riete het geruisloos onder die water hul bestemming bereik en styf teen die skip hul beurt afgewag om tot aksie oor te gaan. Aalsie en Renier Boom wat met hul skuitjie die groot skip bereik het, klouter met die touleer op, Renier met ń wit vlag in sy hand.

Die volgende oomblik breek pandemonium uit op die skip. Vanaf een van die visserskuite is ń brandende pyl afgevuur na die voordek en daar is sommer gou gou ń rookwolk. Aalsie neem haar kans waar en gaan lui die skeepsklok en skree baie hard “BRAND, BRAND!” Nou is die seerowers se aandag op die brand gevestig. Die swemmers klouter rats teen die touleer uit en sluip na die agterdek van waar hulle verdeel om te begin soek na waar die gevange vroue aangehou word.

Die vrou wat gevange geneem is en in die kajuit toe gesluit is het intussen nie op hulle laat wag nie en begin soek na enige bruikbare atrikel wat gebruik kan word as wapen. Kameel en Sonel het by die slot van die deur gepeuter en probeer om die oop te kry. Met die groot lawaai wat uitgebreek het op die skip en die beierende klok het hule besef hier moet hulle uit. Gelukkig het hulle ń swaar yster gevind en begin met hom teen die deur kap.

Toortsie en Trommeltjie kom om die hoek gesluip, net om die volgende oomblik trompop in Jonkheer Renier Boom vas te loop. Al drie skrik hulle boeglam en amper word n onskuldigenoor die kop geslaan. Gelukkig hoor hulle ń gehamer nie ver van hulle af nie, daarmee saam die onmiskenvare stemme van die vroue. Hulle snel op die geluid af, net om voor ń geslote deur te staan te kom. Al drie bgin naarstiglik soek na iets om die slot mee oop te breek. Una en Crista kom ook uit ń ander rigting op die kabaal af. Gelukkig vind hulle ń groot tang en probeer die slot oop knip. Nie so maklik nie!

Die tyd is besig om uit te loop want die vuur is byna geblus, gelukkig het die visserskuite gesein na Seinheuwel waar die kanonier op sy pos sit en wag. Die volgende oomblik klink dit soos ń klein oorloggie, die kanonskoot was die teken vir die soldate op die strand om met hulle gewere te begin losbars. Nou is al die seerowers se aandag op hulle gevestig en word daar rond geskarrel na hul wapens.

Renier Boom sluit weer by die vroue voor die deur aan en met sy mannekrag en die croue se aanmoedeging gee die slot bes, die gevangenes storm by die oop deur uit, amper het ons ń los skrum daar in die gangetjie. Dis gilletjies en verligte laggies. Renier hou kop en maak gou almal stil, nou is die prioriteit om van die skip af te kom, voordat die seerowers besef daar is ń reddings aksie aan die gang. Almal sluip na die agterdek, gelukkig kon hul Aalsie by die klok opspoor. By die agterdek word die tou wat daar versteek is voor die tyd, vasgeknoop aan sie reling en oorboort gegooi. Dit is ook die teken vir die vissersbote om nader te kom. Soos waffers akrobate gly die vroue een een teen die tou af. Renier Boom laaste, soos ń regte heer het hy die agterhoede gevorm en die vroue eers mooi oor die reling gehelp. Veilig in die visserskuite vaar hul eers diepsee in teen die son in, dan met ń wye draqi terug land toe.

Met almal veilig van die skip af, word daar gesein deur ń brandende pyl af te skiet na Seinheuwel se kant toe en ook land toe. Die vuur word gestaak, maar toe vuur die kanon reguit na die seerowerskuit toe, hierdie keer gemik om hom voluit te tref. Daar is een geweldige skreeuery van die skip af en seerowers duik die water in, want hul besef die skip gaan sink. Op die strand staan die soldate gereed om die manne in hegtenis te neem. Tronk is hulle voorland, dalk geseling en straf aarbeid op Robbeneiland waar hulle sal sakke skulp dra om kalk te brand vir die bouery in die Kaap. Daar is al menige gevangene daarheen verban, onder andere Krotoa in haar latere lewe. Sy was egter nooit ń skulpdraer nie, maar het daar in die poshuis gewoon.

Die visserskuite met die gevange vroue en bibberende half kaal ( volgens die standaarde van daardie tyd) kom in die hawe aan. Renier Boom het natuurlik net oë vir een goue vrou, onse Kameel. Hy koer omtrent oor haar, ons ander heeltemal vergete.

Die Goue Vroue hou partytjie op Rebus – die petalje

Die Goue Vroue is ‘n groepie verbeeldingryke dames wat wonderlike avonture saam beleef in die kuberruim. Hulle het al met ‘n vlieënde tent om die wereld getoer, met ‘n luukse strykyster plesierboot die oseane verken, Jumanji in Afrika gespeel, deur die ruimte getoer, partytjie gehou saam met ABBA en nog baie ander avonture beleef. Hulle woon op hulle eie dorpie, Rebusfontein, waar dit altyd mooiweer is.

Nou gaan hulle partytjie hou op Rebus en wie weet wat gaan gebeur? Ons sal moet wag en sien!

Om nog te lees, klik gerus hier: https://fresh.inlinkz.com/party/5330572ab12247dfafd5de0b9c14dd8

Daar heers groot vreugde op Rebusfontein, want daar word gekuier en fees gevier. Natuurlik nie sonder vreemde gebeurlikhede nie – Ontploffings van prawns en ń drakie wat verskyn. Nie vreemd as jy met hierdie formidabele vroue te doen het nie.

Camille en Lorenzo straal van blydskap, na Lorezo se aankondiging :”We are having one bambino, I am going to be a papa.” Dadelik word die frangelico uitgehaal en drink almal op die komende bambino. Daar is gelukwense oor en weer. Dit is ń pragtige sononder tyd, die lug is in skakerings van pienk tot oranje verkleur. Dit is ondanks die gebabbel ń vredevolle mooi aand.

Skielik is daar hierdie vreemde harde geluid en jy hoor takke breek. Ons almal skarrel na ń skuilplek. Lolla en Aalsie skuil agter ń omgevalle boom, Lorenzo en sy geliefde Canlle duik onder een van die tafels in, Virgo C en Kameel is op hulle hakke. Una, Seegogga, Scrappy, Toortsie en Trommeltjies duik in die gat deur die ontploffing veroorsaak, al die ander gaan skuil agter ń groot miershoop. Almal loer versigtig uit. “Dis ń groot draak,” skreeu Appeltjie wat met die klein drakie gevlug het. ” Gee die baba drakie vir haar,” kom dit van tannie Frannie wat in Silver se beskermde arms staan, ” dalk is dit die mamma”. Appeljie hou vreesbevange die drakie bo haar kop, die groot draak gee een bloestollend kreet en duik op Appeltjie af. Sy los die klein drakie en spaander in die rigting van die huise. Die groot draak raap haar baba op en verdwyn in die verte. Ons kom almal versigtig uit ons skuilplekke en sluip omtrent terug tafels toe. Lorenzo loer benoud onder die tafeldoek uit. “Is the danger over?” Kom dit in ń bewende stem van hom. Toortsie wat sommer met die bottel Frangelico gevlug het, skink vir elkeen ń glasie in.

Alles keer terug na normaal, nou is dit ń gelag en stories uitdelery. Elkeen verwoord sy ondervinding. Almal is bly hierdie draak hoofstuk is afgesluit. Amper was daar ń groot katasrofe, die mamma kon Appeltjie aangeval het, gelukkig dat sy die drakie gelos het en laat spaander het. “Terloops julle, waar is Appeltjie?,” vra ń besorgde Kameel. Dadelik word daar vroue afgevaardig om na haar te gaan soek, laaste wat hulle gesien het is toe sy nael na die huise se kant.

Trommeltjies skarrel na haar huisie, sy moet die volgende gereg voorberei. Almal is nou sommer honger na die petalje. Gelukkig is Appeltjie skoon betraand in haar huisie gevind en het gou beter gevoel met die liefdevolle trooswoorde van die vroue. Nou is sy en die ander terug by die meent. Die musiek speel weer en die dansery gaan voort. Kameel probeer hard om vir van die vroue die tango te leer.

Trommeltjies is besig met haar eie gedagtes hier in haar kombuisie, bars kort kort uit van die lag as al die vreemde en komiese goed deur haar kop flits. Dit is nou haar beurt om die goues te trakteer op haar gunsteling gereg en musiek. Aangesien daar reeds ń spinasie gereg bedien is, sal ń spinasie quiche nie werk nie. Dit is haar absolute gunsteling, maar dan gaan kuier sy in haar gedagte in Bali, haar mees gunsteling plek op die aarde en onthou sy van Saté Ayam met sticky rice. Hoe sy en Wayan op die trappies voor ń winkel gesit en smul het aan hierdie heerlikheid nadat hy by een van die kos waentjies wat in die straat af gekom het vir hulle hierdie gereg gaan koop het. Sy sal nou nie haar hand slaan aan die “sticky rice” nie, daardie kon sy nog nooit reg kry nie.

Die hoender word in dun repies gesny, gegeur en dan ingeryg op ń sosatie stokkie. Die peanut sauce het sy sommer klaar gekoop by SPAR, hier is nie langdradige voorbereidings op Rebus nie, die kits botteltjies werk ook goed. Rys word sommer vinnig in die Mikrogolfoond berei. Nou net die vuurtjie gaan aansteek, dan braai ons die Ayam ( hoender) in ń kits. Opgedis op die rys en ryklik gedoop in die sous, siedaar.

Voor die tyd hetsy gaan diep gedelf in haar musiekkas om die Bali cd te vind, vanaand wil sy almal terugvoer na haar gunsteling plek. Hierdie is welliswaar nie haar gunsteling musiek nie, maar dit sal die regte atmosfeer skep.

Die vroue smul aan die gereg en luister na die interresante musiek, almal gesels en kuier. Die drinkgoed is natuurlik, nou nie tiperend Balinees nie, maar eg Kaaps, is daar bottels heerlike rooiwyn uit die wynlande van die Kaap. Onlangs het Trommeltjies en haar geliefde deur Klawer gery en by die wynkelder heerlike wyn aangekoop. Nou kom dit handig te pas. Trommeltjies onthou die Bintang bier wat hulle so in Bali gedrink het, maar helaas hier is nie ń bier wat so proe nie, so wyn sal moet doen.

Hierdie is waarlik nog ń herinnering wat sy in haar geheue trommeltjie gaan bêre, op die einde is dit wat saak maak, al die herinneringe om uit te haal en weer te beleef op stil tye by haar houthuisie op die stoep waar sy ver kan kyk.

Nou kan die volgende goue vrou verder vertel van wat nog gebeur op Rdbusfontein.

Rebus hier kom ons weer. Hoofstuk 7

Die Goue Vroue is ‘n paar besonderse vroue wat allerhande wonderlike avonture saam beleef. Hulle het hulle eie dorpie, Rebusfontein, hier êrens in Suid-Afrika. Daar word ontspan, Franjeliko gedrink en dis altyd mooiweer. Hulle het pas teruggekeer  van ‘n rit op ‘n luukse seiljag (waar hulle ‘n ongelooflike avontuur  in die diepsee beleef het), en almal is op pad terug na Rebusfontein toe. Maar ‘n mens weet nooit wat volgende gaan gebeur nie, want waar die Goue Vroue is, gebeur altyd iets!

Hierdie is Hoofstuk Sewe van ons nuwe avontuur. As jy hierna verder wil lees, klik hier: https://fresh.inlinkz.com/party/5ccd555160b847968834e2d35fc2042c

Die onheilspellende geluid van die serenes klief deur die lug, verder is dit doodstil in die hommeltuig. Oral op die vloer lê vroue rond, dis ń makabere toneel. Skielik hou die alarms op, die hommeltuig sak stadig grond toe, asof beheer word deur magte van buite. Nou is dit net die pienk wolk en stilte, niks anders beweeg nie.

Stadig begin die wolk lig en terselfdertyd begin die goues een vir een ontwaak. Hulle kyk verbaas na mekaar en na buite, want van iewers af kom oorverdowende musiek en ń gejil van mense. “Waar is ons julle, wat het gebeur?”, kom dit stamelend van Lolla. “Klink soos een of ander pop konsert”, kom dit van Appeltjie. Dit is ń kakafoniese lawaai, nie juis sag op die ore nie.

Ons loer versigtig by die venster uit, ń see mense ontvou in ons gesigsveld.”Dit lyk soos een of ander stadion, wouw, dis indrukwekkend. Lyk nie soos een van ons land s’n nie” se Seegogga. “Dink julle dis een of ander tema konsert? Kyk almal het sulke tagtiger haarstyle, hulle klere, defnitief tagtigs”, kom dit van Scrapy. Ons draai na haar toe met vraagtekens in ons oë en ń benoudheid op ons gesigte, waarin het ons nou weer beland.

“Kyk julle, die pers wolk! Dit lyk soos die een waarin ons opgeslurp is, dit hang bo die verhoog.” ,merk Ek myself op. Die volgende oomblik bars daar ń gejil, geklap, voete stamp en springery onder die menigde uit. Trommeltjies en Appeltjie druk hulle ore toe, dis ń vreeslike gedonderOns besef dis as gevolg van die persoon/sanger wat op die verhoog verskyn het.

“Julle ouens dit is Prince, maar dis onmoontlik hy is dood in 2016” sê Una. (Una het ń Bertus en hy ken sy musiek en het ń wye musiek smaak). “WAT!!!!!” Skree Woordnoot.” “Sien ons nou ń spook?”

“Una wil jy nou te vertelle hê dat hierdie ou Prince is, is jy seker dit is nie ń na-apery nie. Deesdae dink enige jan rap en sy maat dat hulle soos die beroemde sangers kan sing. Vermomming is deesdae so goed” sê tannie Frannie ( nogsteeds knyp sy haar broodjie mandjie baie styf vas). Lolla en Aalsie knik hulle koppe in eensgesindheid met tannie Frannie, staan ook sommer nader na haar kant toe. ” Ek sê vir julle dis Prince, ek het hierdie konsert saam met Bertus gekyk, hierdie presiese konsert, kompleet met die pers wolk en al. Ek kan net nie onthou waar en wanneer die optrede was nie. Nietemin ek sal my kop op ń blok sit dis hy” sê Una, sy klap haar vingers en steek een vinger in die lug. “Nou onthou ek die konsert was by die Syracus stadion.”

Positief loop na die deur toe, sy draai om en sê “Wel dan is daar net een oplossing ons moet gaan uitvind, ons gissery bring ons nerens nie”, met die draai sy summier om en klim by die deur uit. “Positief jy kan nie alleen gaan nie, ons sal moet saam” sê Kameel. “Een vir almal en almal vir een” skree Toortsie en sy spaander agter Positief aan, gevolg deur Aalsie en Una

. “Ons kan nie die tuig sommer net so los nie, dis ons enigste verbintenis met ons huis, ons land en Rebusfontein”, kom dit van ń benoude Christa. Ons ander huiwer, daar is groot waarheid in haar woorde, miskien moet die res van ons maar by die tuig wag.

“Ken julle die storie agter die song?” vra Virgo. (Onthou sy is Bertus se sister en alhoewel sy nou in die sandland bly, het sy saam met hom groot geword), ongestoord gaan sy voort ” Die pers stel die einde van die wereld voor en jy saam met die een wat jy liefhet daardeur gaan deur jou geloof/God wat jou sal lei. Hy het hierdie song in 1984 vrygestel, hulle het ook ń fliek gemaak”. Ons sit aandagtig en luister. “Dit het as gevolg van die woorde ń groot “break up” hit geword.

Skielik lig Kameel haar hand en beduie ons moet luister, daar kom ń sagte grom geluid vanaf die instrumentpaneel. Christa spring op en draf om daar te kom. “Julle ons het groot moeilikheid hierdie enjin het aangegaan en ek kry hom nie afgeskakel nie. Hoe gaan ons die ander se aandag trek, hulle moet vinnig kom of hulle bly agter” Ons gaan ook vinnig nader om te gaan kyk wat aangaan. Scrapy hang soos ń vink by die deur uit en waai vervaard met haar rooi serpie, hopende dat die ander haar sal sien. Trommeltjie gryp ń spieël uit Toortsie se handsak en begin flits na die skare se kant toe. Die enjin se gegrom het nou verander in ń ernstige brom, al harder en harder.

“Ek sien hulle aankom” gil Scrapy. ” Hardloop julle, komaan vinniger” . Die tuig begin sidder en lig dan stadig op. Kameel sien ń tou lê en gooi die uit na die vroue. Positief vang hom behendig. ( ń boervrou van formaat, sy moes al menige bok hokslaan), nou vorm hulle ń mense ketting, Una klou aan Positief, dan Toortsie en dan Aalsie, sowaar daar is Seegogga ook, ons het haar nooit die ander sien volg nie. Van die skip se kant af vorm ons ook ń ketting en trek soos wafferse toutrek kampioene. Intussen lig die tuig hoër en hoër. “Klou julle, klou asseblief” skree Scrapy wat voor trek, daar is ń huil klankie in haar stem. Ons ander skree op ń reëlmaat “TREK, TREK, TREK…..

Gaan ons die ander goues in die tuig kry? Waar is ons? Waarheen is ons oppad?

Sal ons volgende goue vrou asseblief verder skryf

Diesel

So dink julle seker dadelik dat hierdie skrywe iets te doen het met die brandstofpryse of iets dergliks. Nee, hierdie gaan oor ń hond, ń staffie.

Diesel en ons Karolus is broeders, Diesel is net baie ver groter as Karolus, hy het sy pa se lyf gekry en Karolus sy fyn ma s’n. Van meet af het ons ń baie teer plekkie vir Diesel. Hy is ons dogter Jana-hulle se seuntjie. Die meisies is gek oor hom, hy is een groot bol liefde en rustigheid.

Hulle mamma was ń besige bytjie, sy kon vreeslik nonsens aan vang. Ek dink sy was heeltemal te energiek vir hulle en hulle grote erf. Sy het Diesel verlei tot alle kattekwaad. Januarie maand kom hulle tuis en vind Sky met ń erg ontwrigte heup. Sy word gestuur vir X strale en geopereer. 4 weke later ontwrig die heup terwyl Jana vir haar kyk, sy moes uigesit word. So ń vreeslik energieke hond kon jy nie laat bedaar nie en met so ń heup sou dit net vir haar een ellende wees. Ek moes haar neem vir die reis van die tydelike na die ewige. Ek kon dit doen, want ek het nooit ń diep band met haar gehad nie, tog was dit vir my erg traumaties.

Terug na Diesel, daarna kom hy tot sy reg, hierdie groot hond met die klein hartjie. Hy wortel hom net dieper en dieper in ons almal se harte in. So spot Francois vir kleindogter Emma en sê as ons in Napier gaan bly moet Diesel saam met ons gaan. So paar dae later laat sy van haar hoor, “Oupa jy kan nie vir Diesel saam vat as jy in Papier gaan bly nie”.

So gaan hulle Sondag Pearly beach toe en Diesel bly by ons. Natuurlik is dit vir hom hemel op aarde, want by ouma mag ń hond op banke lê en by hulle op die bed slaap. Dinsdag gaan ons Napier toe, neem Diesel huis toe waar vriend Darren hom in die oggende sal uitlaat en in die aande inlaat dan slaap hy in die huis.

Ons kinders en skoonouers kom Woendag deur Napier toe, waar ons vir hulle die erf wys. Ons meet vlakke en afstande, bepaal waar die huis moet staan. Almal baie opgewonde vir ons, veral na hul vriendin Lisé-Marè se houthuis gesien het. Ons huis gaan buite soos hare lyk, maar binne anders. Nou kon hulle visualiseer hoe en waar. Gerhard sê vir Francois, “Pa dis nou presies wat julle nou moet hê” Natuurlik is daar van Moerse padstal se melktert ge eet en koffie gedrink. Hulle is daarna weer terug Pearly toe.

Gisteroggend toe Darren hulle vriend by hulle huis kom is Diesel verlam in sy agterlyf. Hulle bel ons en ons haas terug. Ons was gelukkig al soort van oppad terug.

Kom by die huis, gooi alles neer, tel Diesel op. Letterlik. Neem hom Veearts toe, bogenoemde was die diagnose. Sy het hom kortisoon gespuit en gesê ons gee hom 24uur, om te sien of daar enige verbetering is. Ek het laasnag langs hom op die vloer geslaap. Elke kort kort druk hy sy kop styf teen my aan en probeer nog nader lê. So, nou moet ons hom 17.45 neem om te gaan slaap. My hart is stukkend, ek weet nie hoe ek hierdie gaan doen nie.

Ek het vanmiddag by hom gaan sit en hom op my been laat lê, met sy troetel olifantjie by hom. Alle werkies en inpakkery moes stop, dit was Diesel tyd.

Ons het besluit om vir die meisies te sê Diesel het sieker geword en ek moes hom hospitaal toe neem, more oggend sal Jana vir hulle sê hy is in die aand hemel toe. Hulle het hom gister en vanoggend gevideo call, dit was hartverskeurend. Hulle huil so, Jana sê lank daarna het Lisa buite geloop en so met haarself gewoed en gehuil oor hom. Nodeloos om te sê daar is min geslaap by hulle en by ons.

Nou my ou bielie groet ons jou, jy het ons lewens ryker gemaak, mag jy heerlik huppel en spring in die groen grasvelde daar wazr jy heen gaan. Ons sal jou nooit vergeet nie.