Facebook en alles wat daarmee saamgaan….

•10/03/2010 • Lewer Kommentaar

Die grootste rede vir my laaaaaaaaaaaang afwesigheid is daai twee letters “fb” wat my so lank en intens weerhou het van ‘n geselsie met julle. Ja ek speel letterlik elke minuut van die dag allerlei plaas en kafee speletjies. Ek ontmoet egter soveel nuwe maaikies en dit maak dit soveel interessanter. Jammer oor die stilswye, maar dis hoe dit is. Wie “fb”  saam my               ?????? Wat is julle gevoel en uitspraak oor “fb”?????? Laat bietjie van julle hoor.

Liefde tot later.

EkKe

Ons eerste nuwe skooldag.

•01/13/2010 • 1 Kommentaar

Dis vandag 13 Januarie en die nuwe skooljaar het begin met my oudste wat geskuif het na ‘n nuwe skool baie nader aan ons huis en my jongste wat ook ‘n belanrike skuif gemaak het na die “groot” skool toe. Dit was swaar om my oudste daar tussen die massas te los, maar ons is al darem in graad 4 en ek moes maar tuis die foto’s aflaai om my te herinner dat my krose groot word en ma en pa word……………(oud).

Ek moet se dat daai tas al baie swaar was vanoggend met die nodige boeke en skryfbehoeftes in.

So begin ons dus ‘n nuwe fase van die lewe en moet ons werk aan allerlei uitdagings wat die nuwe skool bied.

Laat weet maar hoe jou eerste skooldag was.

Groetnis

eKkE

Vandag is my verjaarsdag…….

•12/29/2009 • 1 Kommentaar

Hello vriende en vriendisse……..dis my 1 ste verjaarsdag vandag en ek is opgewonde oor die jaar wat verby is en die  jare wat nog voorle waarin ons lekker gan kuier en nog baie dinge gaan deel. DUS….wens Petro vir Boebelaberry ‘n baie gelukkige verjaarsdag toe.

Dankie vir my getroue vriendinne wat so klokslag inloer en al hulle liefde so mildelik met almal deel.

Tonne liefde………………….

Petro

Ek is nog hier……………

•12/08/2009 • 2 Kommentaar

Ek is nog hier, maar net ‘n klein bietjie afwesig op my blog. Ek belowe om binnekort vir jou te skryf en alles te vertel waarmee ek besig was.

Groete

Petro

Vir die naweek….

•10/02/2009 • 1 Kommentaar

image0011.jpgAAC

Raar maar waar.

•10/02/2009 • Lewer Kommentaar

image0055Afrikaansimage0022.jpgAfrikaansimage0044.jpgAfrikaansimage0088.jpgafrikaansimage0077.jpgAfrikaansimage0011.jpgAfrikaansimage0066.jpgAfrikaans

 

 

 

 

 

 

 

Hierdie het by my uitgekom en ek wou dit met julle deel.

 

Lekker naweek.

Petro

Besoek aan die tuine.

•09/25/2009 • 1 Kommentaar

Ons het erfenisdag besluit om ‘n besienswaardigheid nie baie ver van hier af nie te besoek en aangesien ons nou al ‘n geruime tydjie in Pretoria woonagtig is, het ons die kinders ‘n piekniek belowe in die Botaniese tuine. Gelaai met die nodige eet en drinkgoed is ons weg hier en daar aangeland, sien ons hoe baie mense die dag ‘n uitstappie soontoe beplan het.

Families met klein en groot “piekniek” rustig in die koeltes van die bome en gou-gou het ons hulle voorbeeld gevolg.

Dit was lekker en ‘n volgende uitstappie word reeds beplan.DSC08003DSC08016DSC08103DSC08072

 

 

 

 

 

Laasgenoemde foto is een van ‘n “WORSBOOM” ……………………..???

Groetnis

 

Ekke.

Wat nog??????

•09/13/2009 • 1 Kommentaar

8923_1233299550031_1155437591_709129_2618471_n

Konsert vir ‘n vriend.

•09/11/2009 • 7 Kommentaar

Sondagmiddag by die Aula was daar vir jou ‘n gewoel en gewerskaf want daar is konsert gehou vir fondse ten bate van Andre om sodoende die mediese kostes te dek. Soos hul met Matthys gedoen het, het oor die 30 kunstenaars hulle “dienste’ aangebied en gratis en verniet opgetree. Ek plaas foto’s van die kunstenaars en as jy daar was, sal jy weet dat daar knoppe in ons kele was so teen die einde. Dit was ‘n baie laaaaaaaaaaaang sit, maar elke sent werd.DSC07071DSC07077DSC07079DSC07087DSC07092DSC07096DSC07100DSC07106DSC07134DSC07153DSC07167DSC07178

 

 

DSC07377DSC07459DSC07281DSC07292DSC07306DSC07321DSC07324DSC07343DSC07355DSC07504DSC07507DSC07523DSC07537DSC07556DSC07559DSC07584DSC07613DSC07621DSC07631DSC07642DSC07645

 

 

 

Groetnis tot weersiens…….DSC07504

Raai wie sinne is die??????Petro

Scary Friday by die skool.

•09/03/2009 • 1 Kommentaar

Dit was Vrydag “scary Friday ” by die skool en ek wonder toe wat ek my seun gaan laat doen om die dag mee te maak. In die winkels in en gaan soek na iets wat hom “scary” gaan laat lyk. Om darem nou nie die hele skool op hol te jaag nie, het ek besluit op die bril wat tog vir my oulik was en Owen was mal oor die idee.28082009121[1]

 

 

 

 

 

Gewapen toe Vrydag met die skeel bril en al is ons toe weg skool toe. Wens net ek kon by wees toe hy die eerste keer die “uitrusting” te voorskyn bring en ek sou graag sy maatjies se reaksie wou sien.

Nou ja……my skool dae het nie soveel opwinding opgelewer nie….of hoe se ek????

Groetnis tot later.

Hier is ‘n pasella vir die dames.21082009116[1]

 
Design a site like this with WordPress.com
Spring weg