**English version below**
“Friendship was witnessing another’s slow drip of miseries. And long bouts of boredom. And occasional triumphs. It was feeling honoured by the privilege of getting to be present for another person’s most dismal moments. And knowing that you could be dismal around [them] in return.” – A little life
Vonkelwyn, vriendskap in die verte en virusse – dié jaar se vreemde omstandighede rakend Vimos-dag. ‘n Dag waarin ek gewoonlik myself omring met die mense wat my na aan die hart lê, oombliklik verander in video-oproepe. Ek gaan vir jou lieg as ek gedink het dat ek die jaar se vieringe so sou moes benader, inteendeel, ek gaan vir jou lieg as ek dit selfs gisteroggend oorweeg het. Ek het gisteroggend, 15 Mei 2020, wakker

Vimos-dag se eerste vieringe: 8 uur koffie date met die Pretoria Gazette Redaksie | The first celebrations for the day with a virtual coffee date
geword met die opgewonde gevoel om die voorreg om vriende te hê en saam met twee in lockdown te wees te vier: een van my gunstelingdae van die jaar. Die vonkelwyn was al vroeg in die yskas en die opgewonde bui saam met dit. Ek het selfs heildronke in my kop voorberei. Ek het heeldag gewonder wat gaan ek die jaar anders skryf as vorige jare – wat is daar nog rondom vriendskap waaroor ek nie geskryf het nie? Ek het, aangesien ek my mense nie kon sien nie, ‘n paar virtuele vieringe gehad en natuurlik ook ‘n paar se gedagtes deursoek vir antwoorde en gedagtes rondom vriendskap. Die jaarlikse hoogtepunt egter, die oproep uit Texas uit met die stigter van die eerste Vimos-dag 35 jaar gelede (lees hier: Vriende & Vonkelwyn • VIMOS • Friends & Champagne).
Vir my vorige vieringe en inskrywings, lees hier: 2017, 2018 en 2019.
Wat ek veral nié voorsien het nie is om alleen ‘n bottel sjampanje se bodem te ontdek, terwyl my lockdown selmaats beide op foonoproepe en rekenaarspeletjies verkeer direk na aandete. Die digterlike instink in my wou dit natuurlik romantiseer en betekenis soek op plekke waar dit nie altyd nodig is nie. Ek het; en ek het die betekenis gekry.
Maar eers, wat sê die ander mense oor vriendskap hierdie jaar?
Gunstelingeienskap van vriendskap
- Byna almal het genoem ‘enige tyd vriendskap’ en open door policies– hoe mense daar is vir jou ongeag die tyd, die omstandighede of die ligging. Hulle kan honderde kilometers weg van jou af wees, en steeds, aan die ander kant van ‘n oproep is hulle ten volle daar vir jou.
- Die buigbaarheid van vriendskap en hoe sommige vriendskappe net altyd voel asof jy mekaar gister laas gesien het. Dis ongelooflik hoe vriendskappe kan verander soos jou lewensfases verander oor die jare.
- Vriende hoor jou stilte. Vriende hoor jou stilte selfs wanneer jy praat reg langs hulle.
- Nog ‘n ding wat klomp genoem het is dat een van hulle gunstelingdinge is dat ongeag of jy die vriende ‘blue tick’ of besig raak en soms effe vergeet om gereeld in te check – dit fine is. Iemand sê so ewe ongeag hoe lanklaas hulle gepraat het, of dit nou ‘n uur gelede was of weke gelede, die antwoord is altyd: “nee man, ons het net net nou gesels”, want dis hoe dit voel. Hierdie is vir my self een van die mooiste eienskappe. Daardie vriende met wie mens ‘n running chat het, daar word nooit hello of totsiens gesê oor Whatsapp nie, want die chat hou aan. Soms antwoord jy binne ‘n minuut, soms neem jy 3-5 besigheidsdae(weke). En wanneer dit regtig dringend is, tel jy die foon op en bel – anders wag jy vir die volgende koffie wetend julle gaan net optel waar julle die laaste keer opgehou het.

Vieringe saam met die gesin in die verte. | Celebrations with the family all the way at home.
Minste gunstelingeienskap van vriendskap
Ek dink oor die algemeen het mense die vraag verkeerd verstaan en gepraat van rugstekery, dislojaliteit en vals wees. Ek dink nie regtig dis eienskappe van vriendskap nie, maar eerder die tekort daaraan.“Hoe moet ek iets sleg noem van iets wat nét mooi en goed is vir my?” was die een antwoord so ewe.
Iemand het wel dié genoem, en ek vrek daaroor: dat mens niks vir jou vriende kan wegsteek nie. Soms probeer jy, soms wil jy nie nou praat nie, of wil jy nie wys dat iets jou pla nie – en dan sien hulle dit nog voordat jy gedink het wat om te sê. Vriende sien alles, weet alles, probeer alles verstaan. Jy kan nog daarmee weg kom om soms die oorsaak van iets te verbloem, maar hulle sien byna altyd die gevolg raak.
Gedurende Covid-19 het ek opnuut waardering gekry vir die blue tick-running chat vriende wat nie omgee dat jy vir ‘n ruk in jou eie gat verdwyn nie. Vir die wat weet jy gee steeds om en bevraagteken nie die vriendskap nie. Alles gaan mos weer piekfyn wees die volgende keer wat ons mekaar sien.
Vriende is ‘n permanente ondersteuningsnetwerk – so permanent dat ons soms vergeet hulle is daar totdat ons val en besef hoe sag die landing is. Byvoorbeeld, wanneer hulle tog na hulle foonoproepe kom saam gesels en droom op Vimos-dag as troos.
En dis waarmee ek wil die jaar wil afsluit: vriende gaan nie altyd iets so belangrik ag soos jy nie; vriende gaan nie altyd 100% verstaan nie en vriende gaan nie altyd die stiltes hoor nie. Hulle gaan meeste van die tyd, maar nie altyd nie. Almal het hulle eie lewens en dit maak dit so bitter belangrik dat jy met jouself vriende moet wees. Vermy jy oogkontak in die spieël?
In elk geval, cheers. Ek lig ‘n glasie vonkelwyn op elke tipe vriendskap. Op alle vriendskap. Op lag en huil.
Op vriendskap: verlede, hede en toekoms.
L xx
**English version**
“Friendship was witnessing another’s slow drip of miseries. And long bouts of boredom. And occasional triumphs. It was feeling honoured by the privilege of getting to be present for another person’s most dismal moments. And knowing that you could be dismal around [them] in return.” – A little life
Champagne, friendship from far and viruses – this year’s circumstances for Vimos day. A day in which I usually surround myself with my loved ones was unexpectedly changed into video calls and virtual toasts. This year I picked some brains for their opinions on some aspects of friendship and added them to the mix. While I sipped on my cold champagne in the quiet evening, I listened and read the opinions and I still realised how blessed and lucky I am with amazing people regardless of their distance. Even though they do not necessarily surround me at the moment, I know they are all there. Impatiently waiting to come out and have a braai. I had a few virtual celebrations and also had the traditional phone call all the way from Texas with one of the founders of Vimos day which started 35 years ago (read more about this here: Vriende & Vonkelwyn • VIMOS • Friends & Champagne).
Here are also my previous posts about Vimos-day which I have been celebrating for 5 years now: 2017, 2018 and 2019.
I did not see the night turning into me and the bottle of champagne listening to the phone calls and video games from either sides of my home as my lockdown-housemates continued living their lives. Especially not with the day-long prepped toasts in my mind. As a poet and writer, I obviousy looked for meaning even in places where I don’t have to, and I am happy to announce that I found some. But first, what did everyone else had to say about friendship:
Favourite things about friendship
- Almost everybody mentioned ‘any time friendship’ and open-door policies; the way in which people are there for you regardless circumstances and distance.
- The flexibility of friendship and how it feels like no time have passed when you see each other again after ages. I love how friendships can morph over the years into different kinds of friendships over different phases of your life.
- Friends hear your silence, even when you speak right next to them.
- Something that a few also mentioned is how you get those friends with whom you have running chats. They don’t check up to see when is the last time you replied, whether they blue ticked you or whether you are online and not talking to them, because life is busy and it is fine.
Least favourite things about friendship
Generally I think this was misunderstood, because listing things like disloyalty and backstabbing is not qualities of friendship, it is rather qualities of the lack of friendship. “How must I say something I don’t like about friendship which is inherently a beautiful thing?” one even remarked.
I did however get one fitting remark that I loved: you cannot hide things from your friends, even when you want to. You can sometimes hide the cause of upset of heartache, but never the product of it. They will almost always pick up when something is off and see right through your cover up stories.
**
During Covid-19 I personally found a renewed appreciation for my blue-tick running chat friendships. There is never a hello or goodbye, just a 3-5 business day reply conversation and I love it – because the friendship or the care is never questioned when you disappear into your own world for a while.
Friends provide a permanent support network – so permanent that you sometimes forget about it until you start slipping and the landing is soft. For example, when they do finish their phone calls and online games to come and end Vimos-day off with you as a sort of comfort.
And that gets me to what I want to conclude with this year: friends will never see things exactly through your eyes, and won’t always get why something is important to you. They will try, but they might miss a few silences and that is okay. That is why it is important to also be your own friend. Do you avoid eye contact with the mirror?
In any case, cheers! I toast to every type of friendship, and all friendships. To laughter and tears.
To friendship: past, present and future.
L xx



















Haar gunsteling eienskap van mense is eerlikheid. Sy wil ‘n tweede boek uitbring: The 10 commandments of happiness. Haar tande is super belangrik vir haar en sy het al selfs een keer in iemand se tuin tande geborsel. Sy stel vir haarself week-lange uitdagings soos om nie in ‘n spieël te kyk nie, of nie op ‘n stoel te sit nie. Sy glo daarin om haarself te omring met mense wat haar inspireer. Haar gunsteling koffiewinkel is Mugg & Bean omdat sy hier haar boek klaar gemaak het… en omdat hulle bodemlose koffie het. En ten spyte van al die lelik wat sy al gesien het, glo sy steeds vas dat meerminne bestaan, sy is dan een.
‘n Organisasie #redmylips is veral ‘n groot rolspeler in die bewusmakingswêreld. In April, 2011 is Danielle Tansino uit saam met vriendinne en is later die aand geisoleer en deur ‘n kamermaat se vriend verkrag. Die saak was uit gegooi omdat ‘hulle nie van meisies hou wat drink nie.’ Dis toe dat Danielle besef dat die sisteem hierdie slagoffers nie genoeg help nie en dat daar in gegryp moet word. Sy het die veldtog uiteindelik in Desember 2012 begin! Die Australiaanse organisasie strewe daarna om bewusmaking van seksuele mishandeling en verkragting te bevorder. Hulle is veral passievol daaroor dat die slagoffer nie blameer moet word nie (“A short dress does not mean yes”) en dat mites gebreek moet word. Seksuele mishandeling en verkragting vind nie net plaas in middestad agterstrate nie. Selfs in huwelikke, vriendskappe, jou ouerhuis. Mans kan ook slagoffers wees. Nicole is ‘n lewende bewys van iemand wat nie een van die eienskappe gewys het van die standaard-lysie “Tekens dat iemand mishandel word” nie. Mense is so gekondisioneer om te fokus op die boek se riglyne dat hulle nie besef wat reg onder hulle neuse aan die gang is nie. Of ons kyk ander kant toe? Verkragting is nie okay nie. (Gaan lees gerus op 
