Sien julle by


Shit vanaand dink ek terug aan die dae van SSSB.Daar was die slakke, ek was die een wat hulle so genoem het omdat hulle altyd gekwyl het oor ou Steve Stofsuier, ek het altyd gese hulle moet asb nie van die stoele afgly en slaksleepsels nalaat as hulle opstaan nie.Dan was daar die verliefdes en die wat mekaar geloof en prys het.Daar was ook die bedelaars.Die Steve-haters.En dan natuurlik ook die draadsitters.Ook die impressioniste was daar.Daar was ook die voyeuristiese tipe die soort wat Peeping Toms was en van al Steve se seksskapades geweet het so al asof hulle die vlieg teen die muur was.Ek dink eerder hulle was die vlieg in die salf.
Daar was ook die “bargain jagters“ diegene wat nie kon wag om eerste sy se te se nie.Klokslag het hulle 12:00:00 gesit en merke gereed, spreek.En ook die wat die Christendom vir Hofmeyrisme veruil het.
Hier is `n paar name kyk of julle kan onthou en watter karakter eienskappe by wie gepas het.
Harvey, Steve se blogmeester wat my gedurig wou verban en se ek is besig met “flamewar”.
Vanzyl, my aarstvyand en later vriend.
Sharona, die beskermheer.
SaMamma, wat later Sammi geword het.
The King, met sy lekker hoender.
LouiseL, smartvraat ,sukkelaar, en slak wat later verbeter het.
ITJuffrou, wat altyd te slim was en met Arabier wou trou.
Arabier, Grootneus van Saudi Arabie.
Jones, een van my grootste kritici.
007Meisie, altyd gereed vir `n gebeurlikheid en getroue geregsdienaar.
Platterfus een van my favourites en sy vat nie kak nie.
Roenel1 , Die vroom kind van die Here , maar mens veroordeler en die grootste “Die Brein“ hater wat ooit bestaan het.
Rudi2000, die filantropiese nie rassis en gaylover.
Kaptein Sardyn, wat ek vermoed is RickyLouw.
Koeksuster met `n “U“ en nie “i“ nie.Sy was ook nie Die Brein goedgesind nie.En het my die drein genoem.
Dan was daar ook Daaglikse Dosis,Boegie,Clazine,Kitte, Riaan, Vanes,Saar,Rommel,Genoeg,Calista,Dellie,Sharks,Noenoe, Angie,Rooikop101,Nouwatnou,PietCoke een van my favourites,Pluim, Griet van die Kaap en dan my grootste favourite ………..Baron von Poepenput.
Daar is letterlik duisende maar die klomp het diepspore getrap.En laaste maar nie die minste nie was daar `n ou met die naam van “Die Brein“ mense van heinde en verre van alle uithoeke van moederaarde het saans, soggens en sommer blattant helder oordag ingeloer om te kyk wat die moegoe weer kwytraak.Vroue het gejil en coil oor hom, manne het hom versigtig, dog met jaloesie probeer aanvat.Hy was geliefd en gehaat amper soos J.R.Ewing van Dallas maar net in `n ander liga.Sommige het gehoop hy verdwyn gou van die aardbol, maar onkruid vergaan mos nie, nes jy dink jy het hom onder beheer , dan pop hy weer erens uit.
Maar ek ruil dit nie vir Die Werf nie.Ek geniet dit hier en totdat Pagoda dit met my kan hou, totdan sit julle met my opgeskeep, sorry.
Dan was daar ook ouens soos Pagoda32, Anniegetyourgun7, Koekie en Koeksister.
Hastilla Vista.
Filed under: Uncategorized | 24 Comments »