Amper soos Leeuloop – om by die werk te gaan pieppie

Ek gaan dit nou stap vir stap verduidelik

Stap in, loop na die laaste deur, almal is te lui om so ver te loop, dus is die moontlik die skoonste opsie

Vat aan niks!

Stap in die klein hokkie

Stoot die deur toe met jou voet, gruip n stuk toiletpapier, sluit die deur

Gebruik jou voet en lig die toilet se deksel met jou skoen op – vat aan niks

Nou, staan jy en pieps, amper soos wanneer jy langs die pad moet pieppie

Vee jou boud af, trek op jou broek en draai om

Trek die toilethandle met jou voet, gruip gou-gou n stukkie papier, sluit vinnig die deur oop sodat die papietjie nog kan afspoel saam met die laaste paar druppels water

Gebruik weer die voet en skoen, laat sak die toilet deksel

Hak die punt van jou skoen aan die onderkant van die deur om die deur oop te maak

Klaar gepieppie en jy het aan niks gevat

Terug in die kantoor – spuit jou skoen met sanitizer spray

the struggle is real – so hierdie doen jy SLEGS wanneer jy nie meer kan knuip nie

Platteland, my oudste en die lewe

My oudste bevind haar tans, so bietjie meer as n jaar al, in my, wat haar ma is, se grootword dorpie

Nou, die dorpie is so so klein, as jy jou oe knip is jy deur die dorp, as n hond n hoender vang is die hele dorp vol vere. Daar is net een teerstraat en dit is die hoofpad wat Bloemfontein en Kimbeley bind.

Verlede week bel ek en sy se, ek sluit net gou die naskool en dan moet ek gaan help om n video vir (of was dit nou van) die kerk te maak, Ma die plek hou my besig… daar is net altyd iets…

Ken ek dit nie, terwyl ek kind was, was my ma op hierdie dorpie by alles betrokke, op die beheerliggam by die skool en ouetehuis, die kerkraad, die skou, VLU, basaar, veilings en ek wie weet wat nog.

Vandag is ek bly my kind het die voorreg om hierdie ook te beleef en selfs deel van dit te kan wees. Sy en jongste het in die stad groot geword maar met my as n enkelma was hulle meeste vakansies by ouma en oupa waar hulle reeds toe al deeltjies hiervan beleef het. Oudste was nooit n stads kind en wou nooit hier in Gauteng bly nie. Ek is dankbaar sy beleef die vandag die “krag” van saamstaan van n gemeenskap in die platteland, sy is terug na my wortels, dit maak my trots en opgewonde, al is dit dalk net tydelik, dan is dit ook goed. Sy is vriende met die mense saam wie ek grootgeword het en hulle kinders, is dit nie mooi nie.

As laerskoolkind en as gevolg van ma se betrokkenheid, het ek toe reeds al bygestaan wanneer ma by die verwerpte oumensies gesit het todat hulle sterf, sodat hulle nie alleen is wanneer die dood hulle kom haal. Ek sal dit nooit vergeet nie, en nee, ek het nie letsels oor as gevolg van dit nie, ek het meer wysheid en deernis. Ek het vroeg geweet kinders laai hulle ouers af en kom kuier nooit weer nie, maar in hierdie ouetehuis het hulle nuwe familie gekry. Een maal n maand het was daar partytjie gehou vir al die oumensies wat daardie maand verjaar het, hulle het elkeen n skouerruiker gekry, ons skoolkinders het item gelewer, n eenvoudige liedjie, gedig of wat ookal, klein bietjie vermaak om hulle spesiaal te laat voel. En dan was daar eetgoed vir almal.

Ek het verstaan dat daar sekere dae was wat ander mense my ma meer nodig gehad het en dit was ok, ma se liefdestaal is dade, hoe meer sy doen en gee hoe gelukkiger is sy. My ma dien! Ooh sus jy moet by ouma leer, ek weet jy doen reeds, maar jy moet ook vir ouma leer dat dit ok is as n mens soms “nee” se.

Baie dinge in die klein dorpie het al verander en die verval is maar groot, daar is so min mense en dieselfdes is altyd oor en oor by letterlik alles betrokke, hulle staan saam en sien dat dinge gedoen word. Anders as die stad, mense wat nog nooit deel was of dit beleef het nie, sal dit glad nie verstaan nie en dit is harsteer.

Sus, help maar waar jy kan, al is dit besig, al word jy moeg, jy gaan soveel terug kry, in jou siel, in jou menswees en jy gaan soveel leer en soveel beter verstaan, ai mamma is bietjie jaloers…

Geniet jou tyd daar, ek is trots op jou!

PS 😉

Mamma is ook bewus van “kleindorpiementaliteit” en die geskinner… wel-wel, daar het jy weer bietjie geleer toe jy in die stad was – BALANS my kind, balans. Mens moet altyd oopwees vir leer, aanpas en vernader, ek weet ook dat hulle n paar dinge by jou kan leer

So mooi

Ek het n paar vriendinne wat laat, of sal ek sê, baie later as ek, in hulle lewe deur n egskeidig moes gaan.

Ek kon sien hoe seer en swaar dit is, hulle kinders was reeds groot, maar jare was hulle huwelike al nie meer mooi en of gesond, tog het hulle gebly. Terwille van, seker elkeen hul eie redes, geld, aansien, die kinders, skande, die Bybel, wat ookal.

My kinders was klein, hulle kinders groot, tog moes hulle kinders (langer) in ongelukkige huis met ongelukkige ouers bly. Kinders is mos nie dom, hulle weet alles is nie pluis, hulle, sien, hoor en voel dit. Egskeiding of dalk moet ek se n ongelukkige huwelik, doen n kind skade, maak nie saak watter ouderdom.

Nou toe ek jonk geskei is, het ek hulle benei vir hulle “gelukkige huwelik” almal saam as familie in een huis. Min het ek van die krake, wat toe al reeds daar was, geweet. Soos die jare aanstap het krake al meer gewys en toe hulle skei toe verneem ek dat hulle krake selfs al daar was daai tyd, jare gelede toe ek geskei is. Party mense kan toeneel speel, beter as ander.

Hulle het dus langer uitgehou, aangehou, voorgegee, wat ookal. En toe kom skei hulle, toe hulle effens oud(er) is en hulle kinders reeds groot is.

Kyk, vir geen een en maak nie saak op watse ouderdom of stadium, is skei maklik of lekker nie.

Maar, dit is vir my so mooi om te sien wie en wat elkeen van hierdie vrouens geword het na hul egskeiding. Nadat hulle jare vagevang was, ongelukkig was, probeer het, regverdig het, voorgegee het. Ek het hulle, in (toe) en buite (nou) in hulle huwelik geken en beleef. Die verandering in daardie vrou, in haar menswees, haar selfbeeld, haar persoonlikheid haar bestaan.

Dan besef n mens net weer hoeveel skade gedoen word, hoeveel daar van jou gevra was, van jou weggevat, weerhou was, hoeveel keer jy moes terug staan, ten koste van jouself, verneder was, jou menswees gesteel was. Jouself verloor het as gevolg van en terwille van n ander persoon.

Om hulle herstel en metamorfose te kan beleef is vir my so mooi en ek is so dankbaar saam met hulle. Hulle blom weer, het nuwe lus vir die lewe, kyk en sien anders, glo selfs anders. Dit is vir my lekker om te sien hoe hulle blom, hoe hulle heel word, gelukkig is en ligter voel.

Saam met die mooi wat ek sien is daar altyd n bietjie hartseer saam… dat twee mense vir so lank mekaar so kon vernietig! Dit is darem net nie hoe God bedoel het n huwelik moet wees nie.

Ek lig my hoed vir elke persoon wat heel word na n egskeiding, wat weer blom. Nuwe lus vir die lewe en selfs die liefde het.

Om 45 jaar oud te wees

Op die ouderdom van 45 weet ek, want die lewe het my so kom wys en leer
Ek weet…
Wat n goeie man is want die Here het my na jare se seer geseen met een, en ek moet hom elke dag meer waardeer
Ek weet dat my kinders ewig aan my gebind sal wees, net soos ek aan my ma gebind is, ons het mos n “magoggie” as bewys en om ons te remind, al is die naelstring lankal afgeknip
Niks wat my kinders doen sal ooit maak dat ek minder lief is vir hulle nie
As iemand jou siel besoedel en konstant op jou Aura skyt, moet jy afsny en uitsny, aangaan, Koebaai Maraai, daar gaan jy
Ek weet dat ek genoeg is en dat net God so hoog sit om op my neer te kan kyk, geen ander
Ek weet dat ek nie meer wonder of mense van my sal hou nie, ek stap in en wonder of ek van hulle hou
Ek weet daar is altyd plek vir verbetering, vir verandering, ek is nie volmaak nie
Ek haat nie mense nie ek is net nie ewe opgewonde oor almal nie, ek is allergies vir fake en vir mense se issues
Ek weet ek is ongestrontlik – verseker
Genade is nuut, elke dag – dankie Vader
Ek weet ek is: Fearfully and wonderfully made; Blessed and highly favorite
Ek hoef nie voor te gee dat ek “ok” is nie, dit is ok om nie ok te wees nie
Ek weet dat ek nie n eiland is nie, ek het mense nodig. Goeies, opregtes, my keuse mense, die wat my maan in liefde as ek verkeerd is, die wat my verantwoordelik hou vir my doen en late, hulle wat my lief het net soos ek is. Ek weet, ek het ook die drolagtiges nodig, om te besef en te onthou hoe ek juis NIE wil wees nie – hulle leer mens nogals goeie lesse
Ek weet ek is nie van opgee aanmekaar gesit nie – die lewe het my al bloedbek geslaan, maar ek het nooit bly le nie, dit het my geleer, gevorm, gemaak wie ek is en my karakter gebou, my ook geleer om grense te stel
Die lewe is nie n perfekte plek nie, maar God het n perfekte plan.
Die lewe is “bittersoet.” Nerens word gese dat dit maklik sal wees nie, maar wel dat dit die moeitewerd sal wees – PS het ek gese, ek hou van soet 😊
Ek weet dat daar waar ek en jy veilig en geliefd voel ons kan doen, se, praat en lyk net soos wat ons wil
Ek weet, al is dit moeilik, dat ek geduldig moet wees en so ver moontlik, ek binne God se wil moet wandel
Ek weet verseker opregte familie en vriende is ALLES en ek waardeer hulle
Ek weet my naels kom uit en my snawel gaan oop as dit by my man en kinders kom, sorry ne! Bly in jou baan en ken jou plek – hulle is myne, al vier van hulle
Ek weet dat die lewe bedoel is om te lewe, voluit, al het ek nie altyd die krag en lus daarvoor nie.
Maak memories, neem foto s, lag uit jou maag, dans, en huil as jy moet. Ja en raak befok, dit is ok, jy is mos mens, geen pretensie – wees eg en opreg, JY, sonder voorgee!
Ek weet en verstaan; manupilsie is n bliksem!

Genoeg nou!

Cheers op n nuwe lewensjaar, liefste Ek – want ek is vir jou lief net soos wat jy is – stay true to who and what you are!

Afrikaans jou lekker ding

Ons het darem n lekker taal.

Kyk die beste beskrywing in onse taal vir n Ginekoloog wat ek nog gehoor het is mos, Koekeloerder en Roofkyker, is dit nou nie raakgese nie?

Die ander dag gaan kyk ek na my “friend list” op Bakkiesboek en ek wonder, wat doen van hierdie mense dan hier? Hulle is dan die twee lekker woorde, Koekeloerders en Roofkykers, hulle is daar maar hulle se nooit iets, hulle “post” nooit iets, hulle “comment” ook nooit iets.

Hulle koekeloer net en hulle roofkyk net!

Nog n paar lekker Afrikaanse woorde:

Sofapokkel – Couch Potato

Stresprinses – Drama Queen

Valstande – Stieftande

Katoeter – Gadget

Eskimo Pie – Roomys

Ek was lank weg

Ek vang op, lees en kuier maar ek skryf amper nooit.

Dit is net eenvoudig dol, doller as dol. Opvangs op die plaas is min, loadshedding is baie en die werk hou my besig. Elke dag terug op kantoor, so 60km van die plaas af maar dit neem een uur en 40 minute om daar te kom. Met Wolke Kind wat nou studeer en klas het, ry ons al 6uur en ons kom drie uit die vyf aande eers 7uur in die aand weer op die plaas.

Ek kies die plaas oor en oor voor ek weer in die stad bly!

Na al die jare was ek uiteindelik vir die groot B scan en ek is so geseen met die wete dat daar geen gewas is nie. Slegs bevestiging dat dit steeds die skade van die gordelroos is. Dankie Vader.

Verder het ek intussen so klein sideline besigheid begin, een waar elke klient haar handsak kan bou soos sy daarvan hou. Ek het vir my een bestel en was gek oor dit en te besluit ek om te begin. Ek sal nou nie ryk word nie maar dit verskaf my vreugde.

Ek geniet dit so, help dames kies en bou. Dit is lekker afleiding van werk en ek kan alles van my foon af doen. Ek los vir julle twee foto’tjies want dalk maak ek nie sin nie.

Op die plaas gaan dit goed, genugtig maar nou is die winter weer om die draai… dit beteken natuurlik weer pype wat vries en bars.

Ons het die laaste tyd, met die baie reën, heelwat op die plaas vasgereen, dan was klas en kantoor nie moontlik nie.

Dan lyk dit SO

Op Ousus is ek trots, sy werk op n lodge, uitdagings is baie maar sy doen goed. My boer is steed so besig soos altyd. Oor die algemeen gaan dit eintlik baie goed met ons.

Ek hooo om meer te kom inloer en self meer te kom skryf.

GOUE VROUE

Cheers op jou, Mooistevrou
Wat aanhou en nie opgee nie,
Jy’t dit gemaak deur hierdie jaar,
Jy’t gegroei,
Jy’t gevorder,
al voel dit nie so nie,
Daar lê mooi dinge voor vir jou,
Nuwe hoogtes gaan jy bereik,
Jy’t ‘n geleentheid om weer te probeer,
Nog mense te help en aan te spoor,
Doen wat jy kan,
Met wat jy het,
Jy het wat dit vat!
Jy’s ‘n sterker mens as wat jy dink,
Jy’s mooi,
En goedgenoeg,
Jy het dit alles.
Glo in jouself
Doen moeite met jouself,
En belowe my van vandag af vorentoe sal jy kyk na jouself, heel eerste.
Laat gaan jou verlede, los dit dáár, jy kan niks verander daaraan nie, maar jy kan leer daaruit en as ‘n beter mens wegstap.
Doen meer moeite met die mense wat vir jou omgee, tyd is min.
Leef, en lag en bederf jouself,
Cheers op jou wat alles is en meer.
Jy’s kosbaar en moet nooit vergeet, God’s got your back and He’s cheering you on!

Voorspoed en seën vir 2022

Sommer so

Ek stuur vanoggend vir n “vriendin” wat vir my n paar stukkies klere gemaak het n boodskap.

Ek weet more is n vakansiedag maar is jy tuis? Soos in dadelik reply sy. Ja ek is tot so 11 uur.

Genade as iemamd my so iets vra dan vat ek n rukkie om te reply want ek moet eers dink, baie dink.

Wil sy kuier of net haar goedjies oplaai? Is ek lus vir mense? Wil ek nie eerder êrens n cocktail gaan drink, dalk n kwekery besoek? Wat gebeut more op die plaas, gaan die tuinman die tuin natmaak as ek besluit om êrens heen te gaan?

Ek lig my hoed vir mense wat sommer net so kan sê.

Ek is op n snaakse plek, weet nie aldag of ek lus het vir memse nie, weet ook nie aldag of ek lus is vir my eie geselskap nie. Beslis, soos nog altyd nooit lus vir n mall nie.

Wat ek wel weet, ek lus wegkom, see toe of bos toe, saam met uitgesoekte mense. Net bietjie wegkom.

Ek dink dit is n kombunasie van die tye waarin ons deesdae (moet) leef en my TN.

Ek is moeg.

Ek lus soms tog BAIE mooi aantrek, uitgaan, fun hê. Ek mis beslis uitkom saam hartsvriendinne.

Soms is als effort….

In my lewe

het ek nog nooit so koud gekry soos juis die jaar nie.

Ek is n gebore Vrystater en daar gewoon tot op 18, ek behoort koue te ken. Die jaar het die koue hier gewen. Elke tweede oggend kan daar eers na 10 gestort word want pype is gevries, jou neus moenie loop nie want dit, is ek seker sal ook vries.

Eers dog ek dit is die ouer word, maar tot die weer sê, nee. Dag vir dag en nag vir nag is dit kouer as by my ouers in die Vrystaat. Hier is dit plat en die wind waai, die water, tot die honde se bakke ys, al wat water is YS. Die kaggel help nie eintlik in die groot plaashuis nie. Die naaste wat ons aan braai kom is malvalekkers oor die kaggel se vlamme. As my boer nie wil braai dan moet jy weet.

Om Covid in die weer en hier te hê, is geen grap, net ek en die boer om na mekaar om te sien. Drie weke in die bed. Net da besluit my kamer se wit is te veel “hospitaal” binnekort sal een of twee mure donker geverf word, vir “hitte” Covid het ons op ons kniee gehad.

Nog geen stoepkuiers is gehou nie, dit is regtig sad, ek hou van n stoep en memories maak op n stoep, veral my eie stoep.

Tans is die grootse kuierplek die kombuis en die redes is, die oond en die tuimeldroër maak die kombuis meer leefbaar. Kombuis bly maar n lekker kuierplek.

Tuinmaak sal moet wag, al my plante wat saam getrek het is tans gerUip.

Een ding weet ek, ek kan nie wag vir somer, son en hitte nie. My hande in die grond en my lyf buite in die son, van sneeuvlokkies poep het ek nou genoeg gehad.

Ek weet nie hoe om te se waar ons nou woon. Meeste mense, ken nie van Brandvlei nie.

Op die Ventersdorp pad, naby Tarlton, naby Randfontein. Ja, ek weet dit maak nie sin. Swak sein, baie swak sein. Ons het nie eintlik bure hier nie.

Altyd iets om voor dankbaar te wees, al werk ek in Johannesburg, Aucklandpark, kon ek as gevolg van Covid die hele winter nog van die huis af werk – eers die vyfde service provider vir wi fi het gewerk. As ek darem maar al 5uur in die oggend werk toe moes ry, weet ek nie of ek dit sou maak het nie.

Uitgevang!!!!

Net omdat iemand “secretsocks” aanhet beteken dit nie dat die persoon nie kouse aanhet nie….

Jaaaa net so, net omdat ek nie hier was nie beteken dit NIE dat ek julle nie ongelooflik baie gemis het nie….. en dat ek nie aan julle gedink het en oor julle grwonder het nie.

Verdomp ek sukkel al maande lank om weer te kan in log en na ek gister met Una gesels het, het ek besluit ek MOET ekstra moeite doen want ek moet eenvoudig in.

Het julle so gemis! Maar ek is terug!

Simbool Verwondering Geloof

Ek MOET nou eers getuig.

So plant ons mos in die kerk op ons troudag ons Liefdes Boompie.
Eerste winter vergeet ek hom bietjie buite…. en hy ryp dood…. ek se vir my self, die is n simbool van ons liefde en huwelik, die dooie boom moet nou maar ewig en altyd staan maar ek gee NIE op nie.
As ek die dooie boom sien dan bid ek en bind en breek ek negatiewiteit…. ek weier om op te gee op hierdie simbool

So se my man jy moet plan maak met die dooie boom by die deur… ek se, los. Ek sal eers n nuwe een kry om te plant.

Een oggend besluit ek ok, dit lyk sleg en ek sal moet uit ruk….

Net om: God se belofte en my geloof te sien…..

Uit een van die kurk droë gevlegde stammetjies wat “agter gebly het” kom n splinter nuwe boompie uit

HOE groot en getrou is God nie… as ons net glo.
Ons boompie is oorgeplant en groei mooi, nooit ooit weer sal hy n winter buite in die kou beleef om dood te ryp nie…..
Wat dood was, was toe nooit dood nie.
Ek staan in kinderlike verwondering voor die goedheid van God oor hierdie simbool van liefde en my huwelik