Ek het jou nog steeds lief!

Ek wonder of daar n dag gaan kom wat ek gaan opstaan en nie meer aan jou dink nie. Wat ek nie meer gaan onthou hoe lief ek jou het nie. Gaan daar n aand kom wat ek gaan slaap sonder om jou te onthou? Eeerlik waar ek weet nie.

NL het my gisteraand gevra wat is dit wat maak dat ek so vashou aan jou? Ek weet nie, eerlik waar, ek weet nie.

Ai ek wil al in my mond kots as ek hoor “maar jy is so mooi, jy moet n man he” Regtig? Ek was nie mooi genoeg vir my man nie. Ek wil daai mense na jou te sleep dat hulle vir jou moet vertel hoe mooi ek is! Ek wens ek was mooi genoeg vir jou.

Ek het jou nuwe vrou gesien, sy is mooi, jonk, blond… Ek kan nooit mense se gesigte onthou nie. Ek sal nooit haar gesig vergeet nie. Dit is ingebrand. Ek het vir twee dae gehuil, net gehuil, gehuil, gedroom en gewens. Gehoop dit sal nie tussen julle werk nie, jy sal terug kom, jy sal besef hoe lief jy my het.

Niemand praat meer van jou nie, seker bang ek raak weer onstabiel… Dis beter, dit maak te seer om van jou te hoor.

Ek mis jou elke dag. Ek het jou lief.

Posted in Uncategorized | Leave a comment

Sonder jou

A se verhouding het in die laaste twee maande deur n storm gegaan. Soos ek na haar luister en vir haar raad gee, besef ek die heeltyd dis vir my ook.
Ek het op gehou bid vir ons, en vir jou.

Ek kon nie verstaan hoekom ek heeltyd ervaar wat ek vir haar se is eintlik vir my ook nie.
Tot vrydag. Ek het besef dat ek nog die hele tyd HOOP dat jy sal terug kom na my toe. Dat jy meer weer gaan lief kry. Dat jy sal besef jy mis my en jy wil saam met my wees. Dat jy tot inkeer sal kom en terug kom na my toe.

Ek het die heletyd gehoop dat jy my lief genoeg het om terug te kom na my toe!

Vrydag het ek besef dit gaan nooit gebeur nie. Jy het my nie so lief soos ek vir jou nie. Ek moet n manier kry om hierdie liefde wat ek vir jou voel te versmoor. ek gaan n manier moet kry om van jou te vergeet. Om aan te gaan met my lewe. Sonder hierdie seer in my. Sonder hierdie brandende gevoel in my. Sonder die ontelbare trane wat ek al oor jou gestort het. Sonder hierdie geveol dat my keel so vol seer is dat ek nie woorde kan uit kry nie. Sonder hierdie gevoel dat ek nooit goed genoeg is vir jou nie. Sonder die vrees vir jou. Sonder hierdie skuld gevoel dat ek meer moes doen.

SONDER JOU

Ek moet n nuwe hart kry, myne is so stukkend soos n eier wat geval het….
ESEGIËL 36:26 En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee.

Posted in Uncategorized | Leave a comment

Trust

Trust before you love.
Know before you judge.
Commit before you promise.
Forgive before you forget.
Appreciate before you regret

Posted in Uncategorized | 1 Comment

Soms

Just because a relationship ends, doesn’t mean two people stopped loving each other. Sometimes, they just stopped hurting each other.”

Posted in Uncategorized | Leave a comment

NEE.

Regtig? hoe moeilik kan dit wees?

Ek wil nie n ander man in my lewe hê behalwe my man nie. Al hy hy van my geskei, in my hart is hy nog steeds my man.

Ek gaan kuier by familie, wanneer daar nie ander mense kuier nie. Ons is baie kinders, as ons saam kuier is daar gewoonlik nie nog plek vir kuier mense ook nie 

Ek gaan kerk toe, my pastoor en so 2-3 mense weet dat ek en my man geskei is. Hy het nooit regtig saam met my kerk toe gegaan nie. Dit maak nie regtig saak nie, niemand kom eers agter nie.

Ek gaan werk toe. Meeste mense by die werk weet nie ek is geskei nie.

Verder gaan ek winkel toe as ek MOET, gooi petrol in as ek MOET. Meeste van die tyd vra ek vir Shalstar en die BF om vir my te gaan.

Shalstar het baie vriende tussen 16-18. Daar is gereeld vriende wat kom kuier en hulle is mos soos wolwe in groepe, ek hou my een kant, maar soms sal hulle aanhou ek moet bietjie by hulle sit. So sal ek uit vind een van die seuns vertel vir almal(die onderwysers en sy meisie), hy is verlief op my. Hy gaan met my trou. Shalstar is baie verlee daaroor, maar kom vertel my. Dit het my regtig geskok. Ek het eers nie geweet wat om te doen nie, maar het besluit sy sal hom nie weer oornooi wanneer ek by die huis is nie. Sy sal ook almal verseker ek stel nie belang nie, vir hom inkluis.

Ons bly in n kompleks. Ek ken niemand daar nie. So twee maande terug breek hulle in die kar in. Vroeg oggend kom klop n tannie aan my deur en se daar is by die kar in gebreek. Later kom maak haar dogter n draai. Baie vriendelik en behulpsaam. Ruil selfoon nommers uit. As enige iets gebeur kan ek haar net bel, sy is nie bang nie en het n geweer. Ek was baie dankbaar want ek is bang. So hou die vrou aan om te kom in loer en chat via BBM. BBM sy my dat sy die “hot’s” het vir my. Regtig????

Nou begin my vriendinne, hulle het so oulike man’s om aan my voor te stel!

NEEEEEEEEEE

Ek is nie op soek na n man nie. Waar ek vandag is, is nie my keuse nie. Ek wil geen ander man in my lewe hê behalwe my man nie.

Hoe lank mag mens hartseer wees? Hoe lank mag jy huil oor liefde wat net op gehou het en weg gestap het? Hoe lank mag jy seer hê? Hoe lank mag jy voel jy kan nie voorentoe beweeg nie.

Hoe lank mag ek ……?

Posted in Uncategorized | Leave a comment

This is our story

“Just A Fool”
(CHRISTINA AGUILERA with Blake Shelton)

Another shot of whiskey please bartender
Keep it coming ’til I don’t remember at all
How bad it hurts when you’re gone (no, no, no, no)

Turn the music up a little bit louder
Just gotta get past the midnight hour (uh, huh)
Maybe tomorrow it won’t be this hard

Who am I kidding?
I know what I’m missing

Oh, I had my heart set on you
But nothing else hurts like you do
Who knew that love was so cruel (yeah, yeah, yeah)
And I waited and waited so long
For someone who’ll never come home
It’s my fault to think you’ll be true (yeah, yeah)
I’m just a fool
(Yeah)

[Blake Shelton]
I say that I don’t care and walk away, whatever
And I tell myself we were bad together (uh, huh)
But that’s just me trying to move on without you

But who am I kidding?
I know what I’m missing

I, I had my heart set on you
But nothing else hurts like you do
Who knew that love was so cruel (yeah, yeah, yeah)
And I waited and waited so long
For someone who’ll never come home
It’s my fault to think you’ll be true (yeah, yeah)
I’m just a fool

For holding onto something that’s
Never ever gonna come back
I can’t accept that it’s lost

I should’ve let it go
Held my tongue
Kept my big mouth shut
‘Cause now everything is just wrong, wrong, wrong

I’m just a fool
A fool for you
I’m just a fool

I, I had my heart set on you (uh)
But nothing else hurts like you do
Who knew that love was so cruel (yeah, yeah, yeah)
I waited and waited so long
For someone who’ll never come home
It’s my fault to think you’ll be true (yeah, yeah)
I’m just a fool
I’m just a fool
I’m just a fool

It’s my fault to think you’ll be true (yeah, yeah, yeah)
I’m just a fool

Posted in Uncategorized | Leave a comment

Nog steeds

Ek kruip nog steeds weg. Ek kan nog steeds nie die wêreld in die oë kyk nie.

Ek wil nie eers petrol in gooi nie, ek wil nie in iemand so oë kyk en iets vra nie. Dit voel of hulle reg deur my kyk. Asof hulle kan sien dat ek nie goed genoeg is vir jou nie. Dat jy my weg gegooi het. Ek is bang hulle sien die seer in my raak.

Ek haat dit as iemand vir my vra of ek ok is! My keel trek dadelik toe en die trane skiet in my oë op. Ek wil skree dat ek nooit weer gaan ok wees nie!!!!!! Dit is al n jaar en dit voel elke dag of jy my nou net gesê het jy het my nie meer lief nie. Jy hou nie eers van my nie.

N het jou raak geloop. Jy het nooit van haar gehou nie, was elke keer kwaad vir my as sy kom kuier het. Dit het jou nie gekeer om haar te vertel hoe fantasties jou lewe nou is nie. Wat jy alles doen en wat jy nog wil doen, al die nuwe girls…. ens.

Ek kon net luister en geluidloos huil. In my kop het dit gegil. Hoekom??????

Hier is ek, ek staan in die oggend voor die deur en dit is moeilik om die deur oop te maak en uit te stap. Ek kry paniek aanvalle as ek dink ek moet die wêreld gaan face. Ek moet aan gaan met my lewe. Ek moet sterk wees. Ek moet aanhou, al voel dit of ek uit mekaar uit val. Ek moet lieg en sê dit gaan goed. Ek kom reg. Alles is peikfyn.

Dit is nie, ek wil nie aangaan nie en ek wil nie strek wees nie! Ek wil weg kruip, ek wil in my huis sit en huil, waar niemand my sien nie.

Gaan dit regtig so goed met jou, met my hele hart hoop ek jy het dit net vir N gesê omdat jy weet sy sal vir my sê? Met my hele hart hoop ek jy mis my ook, al is dit net n bietjie, dat jy soms aan my dink, dat dit ook nie vir jou maklik is sonder my nie.

Ek mis jou ongelooflik baie.

Posted in Uncategorized | 2 Comments

Dis hoe ek vandag voel

Miley Cyrus Wrecking Ball
We clawed, we chained, our hearts in vain
We jumped, never asking why
We kissed, I fell under your spell
A love no one could deny

Don’t you ever say I just walked away
I will always want you
I can’t live a lie, running for my life
I will always want you

I came in like a wrecking ball
I never hit so hard in love
All I wanted was to break your walls
All you ever did was break me
Yeah, you wreck me

I put you high up in the sky
And now, you’re not coming down
It slowly turned, you let me burn
And now, we’re ashes on the ground

I came in like a wrecking ball
Yeah, I just closed my eyes and swung
Left me crashing in a blazing fall
All you ever did was break me
Yeah, you wreck me

I never meant to start a war
I just wanted you to let me in
And instead of using force
I guess I should’ve let you in
I never meant to start a war
I just wanted you to let me in
I guess I should’ve let you in

Don’t you ever say I just walked away
I will always want you

Posted in Uncategorized | Leave a comment

Droom

Ek het gisteraand van jou gedroom….

Ek het gedroom almal was daar my familie, jou familie, ons vriende en almal wat ons ken. Hy het voor almal vir my gese jy wil skei. Jy het my nie lief nie, en ek is nie goed genoeg vir jou nie. Jy verdien beter. Die wooorde het vas gesteek in my keel, ek kon net vir jou kyk. Ek kon nie praat of huil nie. Almal het begin party en vir my kom se jy is reg. Ek is nie goed genoeg vir jou nie. Ek het probeer om jou alleen te kry om met jou te praat, maar jy wou nie. Jy wou net party en jou lewe geniet, sonder my.

Ek het myself wakker gehuil. Dit is alweer een van daai dae. Net wanneer ek dink dit gaan beter, gebeur daar weer iets om my terug te ruk in hierdie afgrond in. Gaan daar ooit n tyd kom wat ek nie meer oor jou gaan huil nie? Gaan daar ooit n tyd kom wat ek jou nie meer gaan onthou nie.

Ek het my hele verjaarsdag om gehuil. Ek het nie die foon geantwoord as iemand bel nie, ek kon nie praat nie. Elke keer as die foon gelui het het ek so gehoop dis jy! Ek wou so graag jou stem hoor. Jy het nooit gebel nie. Ek wonder of jy aan my gedink het? Het jy onthou ek verjaar? Ons huweliks herdenking was die volgende dag en dit was nog moeiliker.

Die egskeiding…. dit was so moeilik. Ek het elke dag gehoop dat daar iets sal gebeur, en jy sal besluit om nie daarmee voor te gaan nie. Ek was fisies siek daai dag. B het my gebel om te se jy het hom gebel en gese jy is n vry man en jy celebrate….. Jy is daai aand te gesluit vir dronk bestuur. Ek wonder of dit die moeite werd was?

Dit het gevoel of ek val en val. Ek wou en kon dit nie glo nie. Ek het geweet dit gaan gebeur maar ek het nog steeds gehoop. Ek het al ons trou foto’s op geskeur, een vir een. Ek weet nie wat was meer nie my trane of die stukkies foto’s. Dis verby! Daai dag was verniet, dis asof dit nooit gebeur het nie.

Ek wonder of jy besef hoe seer ek het? Ek wens ek kon n handleiding kry om jou gelukkig te maak.

Ek mis jou

Posted in Uncategorized | Leave a comment

Like Climbing a Waterfall

Like Climbing a Waterfall.

Somethings I can live without
Like the way that you let me down
Don’t wanna have to read about it
Couldn’t even tell me face to face
Always doing it the easy way
Left wondering how long you planned it

You’re moving on to someone
I don’t belong to no one

I can’t do this heartbreak anymore
Keeps getting harder
Holding on ’till that’s impossible
Like climbing a waterfall

Head down in a crowded place
Then I saw you and I walked away
I wonder if you saw me leaving

Didn’t really wanna have to say
How you doing where you been these days?
That’s just the way I’m feeling

Cause you’re moving on to someone
And I don’t belong to no one

I can’t do this heartbreak anymore
Keeps getting harder
Holding on till that’s impossible
Like climbing a waterfall
Yeah

I tried, for you
Yeah
I died, for you
Oh yeah

I can’t do this heartbreak anymore
Keeps getting harder
Holding on till that’s impossible
Like climbing a waterfall
Ooooh
Like climbing a waterfall
Ooooh
Like climbing a waterfall

Posted in Uncategorized | Leave a comment