Vanoggend die in my inbox gekry –
“Hoekom het jy die miljoen rand gesteel?”
“Ek was honger!”
So lui ‘n stokou grappie waaroor middeljariges van vandag destyds in
hulle kindertyd gelag het – min vermoedend dat hierdie situasie nog in hulle
leeftyd ‘n werklikheid sou word.
Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as heel aanvaarbaar, jy
moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid of die waan
dat jou oer-voorouers onderdruk was.
Laat ons dus maar vandag oor ‘n paar sake reguit praat:
‘n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie – jy steel
omdat jy skelm is.
Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk
soos die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie.
Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe
oorleef het, het na die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer-
uitgehonger, hartseer en verpletter. Maar hulle het nie geroof en
gemoor en gesteel nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry
so presteer dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle
huidige onderdukkers, goed kon versorg.
Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is
as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe
gegooi en skole afgebrand en geweld gepleeg nie.
Hulle het hard geleer, hulle eie CNO-skole gestig en
uiteindelik bo uitgekom sodat die Afrikaner vandag vir niemand op akademiese,
tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie.
Na die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanermynwerkers
absoluut geen regte gehad het nie en moes hulle gesinne met minder as ‘n
hongerloon probeer onderhou. Maar hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en
gesinne uitgemoor nie.
‘n Mens word nie ‘n agtergeblewene omdat iemand anders nie
genoeg vir jou doen nie. ‘n Mens word ‘n agterblyer omdat jy nie presteer
nie. Niemand het die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp
nie – ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal.
En elke ding wat ons het, het ons verwerf – apartheid het
nooit plase en poste en posisies aan die Afrikaner uitgedeel nie.
As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit
enige vordering nie, is dit dalk ‘n goeie gedagte om op te hou soek wie
anders as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer
jouself in die voorspoed in.
En dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en
geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en
of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.
Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir
vindingryke, geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself ‘n toekoms los te spook.
Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie

.





Die hele gedagte van God se Koningkryk laat my baie veilig voel , want ek weet ek is deel daarvan , deur Jesus Christus. Maar om jou plek daarin te vind en vol te staan is vir my ‘n heel ander storie. Om deel te wees van die Koningkryk is vir my belangrik, die Woord praat immers van die gemeenskap van die heiliges en ek is mal oor kerk toe gaan (mits dit my siel voed), Maar êrens bly iets missing. Partykeer kan ek myself vreeslik condemn en dink dis oor ek nie goed genoeg is dat ek nie in pas of iets in daai lyn, maar ek weet dis twak. Iets soos goedgenoeg is daar nie. Nou maar dan vra ek weer, wat is die missing link. Waar mis ek dit? Vanaand met iemand van my kerk gepraat (ek was nie vanoggend in die kerk nie agv siekte) en skielik het ek net gewonder wat dink ons is ons besig om te doen. Ons speel kerk, een belangriker as die ander. In my kerk is ek niks, ek meen ek doen niks. Dit was ‘n besluit, ek hou my uit die dinge, want so wil ek nie my brownies verdien nie. En aan die anderkant voel ek totaal useless in God se Koningkryk. Ek het nie ‘n brandende begeerte om siele te wen nie, bid ja, ek sal hulle inbid, maar eks nie ‘n evangelis. Ek wil net vir die Here werk, maar eerlik, verkieslik nie in ‘n kerk nie. Al gedink ek moet gaan kerke bou, fisies met stene en modder. Of saam met hierdie groot uitreike in Afrika ingaan en pakkies uitdeel vir honger kinders en saam met die pakkies net drukkies en smiles en liefde. Ek is so moeg van kerk speel, maar waar ek is kan ek nie daarsonder, want ek het die samehorigheid nodig. Ek het al probeer en die Woord het Homself bewys – there is safety in a multitude – ek het God se kerk nodig. Maar waar gaan ek haar kry. Ek is sekerlik nie special of anders nie, dis net dat ek nooit deel voel van die groep nie. En dis nie rejection nie, daai pad het ek ook al geloop. Om mee te begin is ek nie ‘n groepmens nie. Ag weet jy, ek’t dit klaar gese, eks moeg kerk gespeel, so wat nou? Ek dink Afrika roep my. . .