Kyk hier om jou eie weergawe te kry. Hoop dit hou jou NAGTE opwindend!
Chiquitita

- Photo by THE COLLAB. on Pexels.comChiquitita
Chiquitita, vertel my wat verkeerd is
Jy is betower deur jou eie smart
In jou oë is daar geen hoop vir môre nie
Hoe haat ek dit om jou so te sien
Daar is geen manier waarop jy dit kan ontken nie
Ek kan sien dat jy so hartseer is, so stil
Chiquitita, vertel my die waarheid
Ek is ‘n skouer waarop jy kan huil
Jou beste vriend, ek is die een waarop jy moet vertrou
Jy was altyd so seker van jouself
Nou sien ek jy het soos ‘n veer gebreek
Ek hoop ons kan dit saam oplos
Chiquitita, ek en jy weet
Hoe die hartseer kom en gaan en die littekens wat dit agterlaat
Jy sal weer dans en die pyn sal eindig
Jy sal nie tyd hê om te treur nie
Chiquitita, ek en jy huil
Maar die son is nog steeds in die hemel en skyn bo jou
Laat my hoor jy sing weer soos vroeër
Sing ‘n nuwe liedjie, Chiquitita
Probeer weer soos voorheen
Sing ‘n nuwe liedjie, Chiquitita
Die mure het inmekaar geval
En jou liefde is ‘n uitgebrande kers
Alles is weg en dit lyk te moeilik om te hanteer
Chiquitita, vertel my die waarheid
Daar is geen manier waarop jy dit kan ontken nie
Ek sien dat jy so hartseer is, so stil
Chiquitita, ek en jy weet
Hoe die hartseer kom en gaan en die littekens wat hulle agterlaat
Jy sal weer dans en die pyn sal eindig
Jy sal nie tyd hê om te treur nie
Chiquitita, ek en jy huil
Maar die son is nog steeds in die hemel en skyn bo jou
Laat my hoor jy sing weer soos vroeër
Sing ‘n nuwe liedjie, Chiquitita
Probeer weer soos voorheen
Sing ‘n nuwe liedjie, Chiquitita
Probeer weer soos voorheen
Sing ‘n nuwe liedjie, Chiquitita
Totale Hartsverduidtering (Total Eclipse of the Heart)
Elke nou en dan word ek ʼn bietjie eensaam
Maar jy is nooit daar nie
(draai net om)
Elke nou en dan word ek ʼn bietjie moeg
om na die klank van my eie hartseer te luister
(draai net om)
Elke nou en dan bekommer dit my
dat die beste van my jare verbygaan
(draai net om)
Elke nou en dan pak die vrees my
as ek daar die uitdrukking in jou oë sien
Elke nou en dan stort my lewe in duie
Ek het jou vannag nodig
Ek het jou meer nodig as ooit tevore
As jy my net styf vashou
sal ons mekaar vir ewig vashou
en ons sal dit regmaak
want ons sal nooit verkeerd wees nie
Saam kan ons dit ʼn ewigheid maak
Ons Liefde.
Die ironie van erotika
Mense kruip weg vir seks…
Dis waar maar ook beter so want ander sou dit nie vir ons so aantreklik en opwindend gewees het nie.
Afrikaanse Resensie en Vertaling van ʼn Uittreksel van: “How to Build a Girl” deur Caitlin Moran
Caitlain Morgan, wat in 2011 die “debatteerbare” fenomenale boek “How to be a Woman” geskryf het, het nou ʼn (moontlike outobiografie?) boek geskryf oor die lewe van ʼn 14 jarige protagonis wat uit haar lewe, van ʼn oorgewig, maagd-tiener, wil kom. In haar verbeelding bou sy ʼn ander “ek” wat ʼn drinkende, wysneus meisie is. Die storielyn is liefdevol en grappig maar tog skep dit die protagonis as ʼn karikatuur van haar eie omstandighede.
Daar is ook heelwat erotika. Die protagonis bepeins, in die opsig, deurentyd die onregverdigheid van haar oorgewig liggaam. Daar is verskeie verwysings na haar eie erotiese gedagtes soos “”You wouldn’t denigrate a plumber with a lot of experience fitting bathrooms.” en tydens ʼn oomblik saam met ʼn goed bedeelde man “I feel like a snake handler on Blue Peter”. Wat seksuele verhoudings betref is daar verskeie selfsugtige minnaars en sy besef hulle doen niks vir haar ontwil of bevrediging nie. In haar eie woorde wil sy “Sex with more of me in it.” hê. Dan is daar natuurlik die verwysings na mastrubasie waarna in die vertaling onder verwys word.
How to Build a Girl is ʼn verwysing na persoonlike ontwikkeling proses waardeur ʼn persoon gaan eerder as ʼn eksakte wetenskap van ontwikkeling. Dit spreek van die innerlike stem van ʼn oorgewig, opgevoede, werkersklas tiener. Dit geld eintlik vir enigeen, ongeag jou ouderdom, geslag of omstandighede.
Dit kan beskryf word as ʼn bietjie wild maar dit is tog grappig, ryk aan verbeelding en goeie vermaak.
Uittreksel (vertaling):
“In die begin was my bondgenoot hierin, die familie haarborsel. Bedags, na ek my kuif met die groot kombuisskêr gesny het, het ek dit gebruik om my hare te borsel. In die aande het ek die steel van daardie versorgings item gery asof die ʼn seksperdjie is. Ek het sy funksionaliteit in een beweging verdubbel. Die feit dat ek dit gebruik het om te masturbeer het daaraan, in die opsig, meerdoelige funksies gebied. Twee aparte lewens. Een altyd verbloem. Daardie brawe ou borsel… en niemand het geweet nie.
Ek het in daardie tyd besluit om my ontluikende onderarm reuke te verbloem. Ek het ʼn botteltjie Mum onderarm-reukweerder in ʼn apteek gegaps. Op die bus, op pad huis toe, het ek besef dat die bottel verbasend, nuttig en blatant, soos ʼn gelukkige, bonkige penis gevorm is. Duidelik, met die Britse-tienermeisies in gedagte, is die pink, koepelvormige proppie en die versigtig gekontoerde vorm van die bottel, ontwerp. In die laat 1980’s was dit die Britse-tienermeisies se gewildste reukweerder. Die waarheid was ooglopend: Proctor en Gamble het aan die adolessente meisie, ʼn Beginner Dildo vir net 79 pennies verkoop. Het hulle geweet? Natuurlik het hulle geweet – hulle het “mind games” met ons gespeel. Vir watter rede – anders as ʼn sadistiese spel – kon hulle nie minstens dit, waarmee miljoene tiener meisies hulle self tot die uiterste seksueel bevredig het, iets anders as “Mum” noem nie? Is jy so desperaat dat jy seks met jou “Mum” sal hê? My eenvoudige antwoord daarop was, terwyl my kamerdeur gesluit was en ek op die mat gelê het: JA.”
Erotiese Fantasie
Fantaseer jy as jy sex het of matrubeer?
Seks – Ons doen dit…maar sê nie
Ek het al baie daaroor gedink en gewonder waar kom die houding van mense met betrekking tot seks vandaan?
Almal doen dit (ek hoop so) en almal geniet dit (ek hoop ook so) maar niemand mag dit erken nie.
Die vrae wat opkom is:
- Hoekom beskou mense seks as ‘n skande?
- Hoekom is mense skaam om te sê hulle geniet seks?
Ek dink dit het te doen met die feit dat mense dit vrees wat hulle nie kan beheer nie. Wees eerlik, daardie oomblik wanneer jy ‘n orgasme bereik is jy glad nie in beheer van jouself en jou emosies nie. Dit is wat mense vrees.

Slaaptydstories vir Grootmense
Uiteindelik is my kortverhaal-bundel gereed vir publikasie. Dit voel of ek te bang is om te laat gaan. So asof ek iets kosbaars uitleen… nie weggee nie… uitleen.
Van die stories se skeppingsdatum op MSWord is 2002 maar van hulle is in werklikheid langer terug geskryf. Ek het van hulle, in die dae toe ons Lotus123 gebruik het, geskryf. Iewers in ʼn laai is ʼn storie wat met potlood op musiekpapier geskryf is.
Ek moes veertien stories, van die twee en veertig wat ek op my rekenaar het, kies.
Die skryfproses, ʼn eensame werk volgens kenners, was nie vir my so eensaam nie. Ek het eerder myself onderbreek deur gou iets te doen wat niks met my skryfwerk te doen het nie.
Dit voel egter of ek saam met die karakters gelewe het en of ek nou wegtrek na ʼn ander dorp toe. Ek gaan julle mis Henrietta, Ta’ Annie, Amelia Joubert en julle ander wat nie name het en nie name het nie maar wie se gesigte… en anatomie… vir my so bekend is.
Hou die spasie dop! Ek publiseer eers net op Amazon Kindle daarna sal ek die ander verspreiders pak.
Tyd van alleen wees

Hy het saam met sy ouers daar vakansie gehou. ’73 tot so ’77. Toe is hy klaar met matriek. Daarna het hy alleen kom vakansie hou.
Hy het haar in ’76 ontmoet. Hy, 17 en in standerd nege alleen op die strand.
Sy 26 en bou met haar twee kinders sandkastele.
Hulle het gesels. Hy eensaam van alleen wees. Sy wil eensaam wees.
Hy het aan haar arm gevat en sy hand terug getrek. Sy het gese haar man vang elke dag vis en suip dàarna by een van die kroee.
Hy het weer aan haar hand gevat en nie weggertrek nie.
Die kinders het gekyk en weggekyk.
Daardie aand het hulle by die strand ontmoet. Haar kinders het geslaap en haar man was dronk.
Hulle was lief
Hulle lywe was nat soos hulle soene.
Die sand korrels aan sy ereksie het haar vulva geskuur.Die wrywing het die orgasme aangejaag.
Hulle het vol sand en sweet in die oggend son wakker geword en met die seewater afgespoel.
Nooit sal dit weer gebeur nie maar in hulle gedagtes… oor en oor.
Wat was haar naam?… wat was sy naam?… wat maak dit saak?
Tyd van alleen wees
Hy het saam met sy ouer daar vakansie gehou. ’73 tot so ’77. Toe is hy klaar met matriek. daarna het hy alleen kon vakansie hou.
Hy het haar in ’76 ontmoet. Hy, 17 en in standerd nege alleen op die strand.Sy 26 bou met haar twee kinders sandkastele.
Hulle het gesels. Hy eensaam van alleen wees. Sy wil eensaam wees.
Hy het aan haar arm gevat en sy hand terug getrek. Sy het gese haar man vang elke dag visen suip dàarna by een van die kroee.Hy het weer aan haar hand gevat en nie weggertrek nie.
Die kinders het gekyk en weggekyk.
Daardie aand het hulle by die strand ontmoet. Haar kinders het geslaap en haar man was dronk.
Hy was eensaam.
Hulle lywe was nat soos hulle soene.
Die sand korrels aan sy ereksie het haar vulva geskuur.Die wrywing het die orgasme aangejaag.
Hulle het vol sand en sweet n die oggend son wakker geword. Met die soutwater afgespoel.
Nooit sal dit weer gebeur nie maar in hul gedagteso oor en oor.
Wat was haar naam?… wat was sy naam?… wat maak dit saak?