5 Jaar terug het ek hierdie geskryf: https://gedagtes.wordpress.com/2012/03/15/ek-het-geval/ , genade maar die tyd het omtrent gestap.
Soooo baie het in hierdie 5 jaar gebeur. Beste van alles ek en my blouoog is nogsteeds saam en ons 6jaar herdenking is een van die dae – jippeeee hoeraa!!!!
Hy en my seun kom uitstekend oor die weg, hulle het nou n sterk band al is hulle nie bloed pa en seun nie. Hulle doen dinge saam soos wat n pa en seun sal doen. My seun het hom baie maal nou al in trane gehad – van trots, op spesiale dae soos vadersdag en sommer net omdat hy weet hy het nie n kind van sy eie nie.
My seun doen nog steeds gimnastiek met sy fokus op trampoline, en het groot drome, waarvan die eerste groot een is om volgende jaar aan die World Championships deel te neem.
Ek gaan probeer om hoogtepunte hier te gee:
2012 – Ek en die liefde van my lewe begin weer n paadjie stap. My seun is gereed vir n man in ons lewe.
2013 – Seun leer baie by liefie en hulle band word sterker en sterker.
2014 – Ek en liefie besluit om saam in te trek – tog net goedkoper om een huishouding te hê en nie twee nie. Seun speel die Verlore Seun tydens die skool se Passiespele. Ook die jaar wat seun klaar maak met Laerskool.
2015 – So begin n nuwe era vir ons met seun wat Hoërskool begin. Ek skuif hom ook na n ander gimnastiek klub met n great trampoline afrigter. ‘n Skuif wat ek eintlik lank terug moes gemaak het.
2016 – Seun kry die trofee vir beste Senior Euro Trampoline tydens die VS Prestige Prysuitdeling. Hy word ook gekies vir die SA span wat in Zimbabwe gaan deelneem en daar wen hy silver vir Euro en goud vir Dubble-Mini.
2017 – Ons kry die kans om n huis naby die rivier te kry en ons begin ons volgende avontuur om ‘n entjie buite die stad te bly en die rustigheid van die natuur elke dag te kan beleef. Voel of ons elke dag in die bosveld wakker word :-). Seun kry die trofee vir beste Senior Dubble-Mini tydens die VS Prestige Prysuitdeling asook n trofee vir sy deelname in Zimbabwe. Hy word tydens die SA Gym Games weer gekies vir die SA span wat Desember in Walvisbaai gaan deelneem.
Volgende vertel ek van die nuwe verwikkelinge wat ons beplan.










