10 Jaunuarie 2019

Omtrent kwart voor twaalf op die aand van 10 Januarie 2019 wil ‘n muskiet my nie uitlos en ek begin krap en klap en rond rol van frustrasie. Nege minute voor twaalf sien ek my selfoon, wat vir die eerste keer in baie jare op silent is, se liggie ophelder en die naam wat verskyn laat my vir ‘n oomblik na my asem snak, SD is nie die tipe mens wat in die aand bel tensy daar ‘n probleem is nie.

Read more

Die kolk in my siel

darling-you-feel-heavy-because-you-are-too-full-of-5654992

Ons almal kry daardie dae waar jy net voel of jou siel nie sy lêplek kan kry nie, en jy kan nie werklik jou vinger sit op wat die oorsaak van jou gemoedsbekakking is nie. Jip ek het sopas daardie woord gebruik, want dit is my blog en ek kan hier sê presies hoe ek voel en kerm en teem oor al die dingetjies wat my krap en irriteer en hopelik kan ek so die wortel van die kwaad ontdek. Ek het dus as gevolg van my irritasie met my gemoedsbekakking besluit om te delf vandag en al die moontlikhede te ondersoek.

Read more

Kat in die donker

images

Hierdie is nie heeltemal my storie nie, meer ‘n observasie.

Ons voel soms so alleen wanneer ons probleme in ons verhoudings en lewe ervaar, maar daar is gewoonlik soveel ander mense wat deur dieselfde ding gaan. Soms het ons die moed om daaroor te praat en ander kere krop ons dit op, en probeer net daarvan vergeet, tot eendag wanneer iemand daardie rofie van die wond af ruk, en al daardie ou seer weer na die oppervlak bring.

Read more

Die jaar wat verby is

20150718_180457.jpg

Die laaste twaalf maande was die moeilikste, opwindendste, deurmekaarste en inspirerende jaar van my lewe.  Ek het rock bottom geval, opgestaan en my pad dag vir dag probeer vind.  Ek het vriende verloor en nuwe vriende gemaak en terselfdetyd uitgevind wat werklik vir my belangrik is in die lewe.  Ek het myself gevind en weer langs die pad verloor en dis miskien nie die ergste ding wat kon gebeur het nie.  Ek staan steeds al het ek moed verloor langs die pad.

Read more

Kry jou feite reg

download

Iets wat my geweldig pla van die samelewing is dat mense ‘n opinie wil lewer oor dinge waarvan hul niks weet, of wat hul nie verstaan nie.  Lig liewer jouself in oor die onderwerp voordat jy jou mond oopmaak en jouself soos ‘n aap laat lyk.

Read more

Liewe Potato

IMG-20150904-WA0008

Jy het onverwags ‘n vriendin geword, iemand waarmee ek dinge in gemeen het wat ek nooit regtig verwag het nie.  Jy het my eintlik verstom toe ek jou beter leer ken.  Jy is meer as net die bubbly tienermeisie wat altyd lag, jy het in my hart ingekruip en vir my soos ‘n klein sussie geword.

Read more