Frans en nog ‘n Kans

“Al is ek ook swak en blind, nogsteeds noem Hy my Sy kind,” prewel Frans se ma daar op die hospitaal bed, waar sy sedert Maandag le.

Sy is ‘n klipgooi van 82 af.

Frans het groot dele van sy eie 51 jaar met haar gedeel.

Hy is dankbaar.

Sy was ‘n goeie ma – die beste wat sy kon, met wat sy in haar hande gehad het.

Sy het Frans en sy broers en suster versorg.

Sy’t vir hulle aangespoor.

En vir hulle rigting probeer wys.

Sy was nie net ‘n goeie ma nie.

Sy was ‘n goeie vrou ook.

Lojaal.

Altyd goed versorg.

Altyd besig om haar man te ondersteun in sy loopbaan.

Wat haar ‘n uitnemende Predikantsvrou gemaak het.

Ek weet nie of jy weet wat ‘n Predikantsvrou is nie?

Dis ‘n beroep wat kom sonder salaris of pensioen.

Ek dink tot hier by die ’80s of ’90s was dit nog dikwels gesien, maar sedertdien het Predikante vrouens geword (wat niks mee fout is nie) en Predikante se vrouens het hulle eie professionele lewens, as onderwyser of prokureur of dokter of iets wat salaris verdien terwyl die kinders by dagsorg en skool en nasorg hulle eie pad moet vind tot vanaand wanneer Mamma huistoe kom en Pappa oppad is na ‘n vergadering.

Daai jare het Elsie na ons gekyk, terwyl hulle biduur of Bybelstudie of Wyks-byeenkoms hou.

Of as Elsie vir ‘n slag huistoe is – dan is ons ingespan om die gemeente-kinders besig te hou, terwyl die Ooms en Tannies in die pastorie se sitkamer bid en bedink en tee drink.

Kinderkrans.

Sondagskool.

Vrouediens.

Vrouens wat aan die deur kom klop en tee kom drink om raad te vra.

Vrouesendingbond.

Gebedskettings.

Dit was ‘n voltydse werk om by haar man in te haak en saam met hom in die bediening te wees.

En dan’t Sy nog tyd gemaak vir naaldwerk, en laslappie kussings maak en bauermalerai verf en houtsneewerk en elke nou en dan ‘n naaldwerk klas ook nog vir Tannies van die gemeente.

Ek weet nie of daar nog Predikantsvrouens is nie?

Miskien het ons dit verloor, omdat ons dit as vanselfsprekend hanteer het?

Miskien het ons dit prysgegee, omdat ons so graag so onafhanklik wil wees en Predikante en huisbesoek en Predikantsvrouens kan bietjie inmeng met ons wil-sinnigheid.

” … al is ek ook swak en blind, nogsteeds … noem Hy my Sy kind … ” val Sy ma Sy gedagtes in die rede.

Haar asem is vlak.

Ouderdom kom eis sy tol.

As sy die woorde se, is haar oe vir ‘n oomblik oop en sy kyk vir Frans – wat sy dink kan Frans nie sien deur die dowwe spieel nie.

En dan onthou Frans die lied waaruit sy ma so ewe ‘n mantra gemaak het:

“Jesus min my salig lot, dit leer my die Woord van God, al is ek ook swak en blind, steeds noem Hy my Sy kind.”

En dan die refrein …

“Ja, Jesus min my! Ja, Jesus min my! Ja, Jesus min my! Dit bepaal my deel en lot.”

Frans hoor die liedjie wat hy dikwels by die kinderkrans en Kerk gesing het en terwyl dit speel op die band van herhinneringe, se hy vir sy ma: “Dit is so, Ma. Hy is lief vir jou. Jy is Sy kind. Jy’t goed gedoen. Jy was ‘n wonderlike ma vir ons en ‘n fantastiese vrou vir Pa en ‘n uitnemende Predikantsvrou. Jou lewe was vol. Jy het geleef in geloof en oorwin oor so baie dinge. Jy het 46 jaar se genade tyd ontvang – alles is genade, maar hierdie laaste 46 Jaar was ekstra genade.

In 1976 is Frans se ma gediagnoseer met skildklier moeilikheid. Dit was kwaadaardig en is verwyder en sy moes een of ander radio-aktiewe drankie drink.

“Ses maande, mevrou.” het die dokter vir haar gese.

En ses maande het ses jaar geword en van tot dood veroordeel wees op 36, het Sy geleef tot ‘n vol lewe en ‘n verswakte lyf op 82 in die hospitaal waar dokters probeer om infeksies te stop met oordosisse antibiotikas.

‘n Beautiful wonderwerk – die reels gebreek en lewe geleef, ten spyte van.

Frans onthou die trauma van 1976 in sy 5-jarige kinder wese, die ongesproke vrese en angs en diep rou, wat nooit in woorde gesit is deur geweldig private en trots ouers nie, maar wat in emosies en gevoelens oor sy kinder-hart gespoel het en met geloof woordloos ontvang is.

Dis die lewe, dink Frans.

Verlies.

En wins.

En weer verlies.

Soms as deel van die ritme wat ons Oorsprong in alles ingebomu het.

Dikwels as gevolg van boosheid, soos die gulsigheid van komersiele boere wat mis-wolke van gif oor ‘n kloof laat hang en honderde dogters wat vrouens word se sisteme vergiftig, die goedkoop prys van groter opbrengste en groter wins.

En Frans kry nog ‘n kans.

Om te ontvang.

En om te bid.

Saam met sy ma te bid.

Want al is dit twee leeftye sedert Frans, daai aand aan die einde van Oktober, die laaste keer, vir ‘n handjie vol mense probeer help het aan hoop en geloof en lewe in oorvloed, is dit nie twee leeftye sonder geloof en hoop nie.

En daar, waar dit blyk dat gebede skaars geraak het, en dominees en priesters en pastore nie meer besoek afle nie, neem Frans sy ma se hand en bid, saam met haar, want verseker is haar mantra gebed:

“Die Here is ons Herder, niks sal ons ontbreek nie, Hy laat ons neerle in groen weivelde na waters waar rus is lei Hy ons heen, en al gaan ons deur die dal van doodskaduwee, Sy stok en Sy staf sal ons beskerm – ons hoef niks te vrees nie.

“Dankie vir lewe – lewe in oorvloed.

“Dankie vir genade, vir goedheid en guns wat ons volg, al die dae van ons lewe.”

En terwyl Frans huistoe mik, dink hy aan wins en verlies – gemisde geleenthede en ontvangde genade – aan die skoonheid van die lewe en die wonder van die Een uit Wie ons kom.

En in Sy hart, op die bruin band van herhinneringe speel die lied van gister se dae wat nou verby is, verlore: “wat ek is, is net genade, wat ek het is net geleen, eindelik smag ek na U goedheid en guns, lei my Heer vanaand daarheen.”

Lei my, Heer.

En laat my lewe ook vol betekenis wees.

Alles kom tot ‘n Einde

2014, ons Village Huisie 🏡
op die buitewyke van Beijing

Vanoggend sit ek en Zuko in die bed 🛏️ met ons eerste koppie koffie ☕.

Dis so skuins na 7.

Ons is in Port Elizabeth – of GQeberha, Soos dit deesdae genoem word.

8 uur gaan die krag af.

Beurtkrag, word dit genoem – ons beurt om nie elektrisiteit 📴 ⚡ te he nie.

Zuko haal haar foon uit en wys my waarop sy afgekom het: fotos van 2013 en ’14 en ’15.

Haar Google Drive het haar skielik aan die herhinner.

Maddi se 3de verjaarsdag.

‘n Minion koek in Jiamusi.

Sophia se 13de verjaarsdag.

‘n Feesmaal met Beate en Hadassah en ons Dude 😎 ook op die gastelys.

Laat Somer fotos 📸 van ons ‘Village’-huisie 🏡 op die buitewyke van Beijing.

En ‘n stroom gedagtes kom los in my.

Gedagtes en gevoelens.

Sommige is herhinneringe.

My en Sophia se ver stap en lank gesels van ons village na die volgende een om lewe en waardes en lewensbeskouing deur te praat, voor haar 13de verjaarsdag.

My fietsry na die busstop 🚏 om bus the vat na die moltrein 🚇 om pad te vind werk toe – al die dink en deurdink-tyd, wat die daaglikse pendel my gegee het.

En skielik is ek oorweldig met dankbaarheid.

Ek kyk die fototjie hierbo en weet van al die swaar wat by daai huisie afgespeel het, want swaar is altyd daar.

Maar ek weet ook van die mooi en die lekker, en my dankbaarheid is in een oomblik 🎈 vir dit alles, inmekaar geweef.

Saam met die besef dat ALLES ‘n einde het.

En dis okay.

Want die eindes maak weer plek vir ander beginne.

En as dit nie was vir die beginne nie, dan was daar nooit eindes nie.

En ek besluit om biki minder te rou.

Oor alles wat eindig.

En biki meer dankbaar te wees – oor dit wat is en was en dit wat kan wees.

Aan die Anderkant

Sjoe, julle – hier sit ons.

Sondag middag.

Almal van ons bymekaar.

Aan die Anderkant, van baie goed.

Ek is dankbaar vir die vrede.

En die liefde.

Wat ons deel.

Ek is dankbaar dat ons dit gemaak het.

Tot hier.

Saam.

Hierdie week het julle my laat “verjaarsdag” vier.

Wow!

Dit was lekker.

Van Woensdag se ontbyt, deur die middag braai en koek en sing, tot by Donderdag se eet by Golden Coast, verby die kuier by Andre en Charmaine, tot by die Street Music Festival en die Goliaths se Comedy Show.

En vandag die lekkerste rustige dag.

Ek “love” julle.

En hierdie week se “celebrate” is vir my nie soseer oor “verjaar” as wat dit oor “lewe” en “liefde” is nie.

Oor, aan die anderkant, van baie goed kom en leef en liefhe.

Ek het 51 geslaan.

Amper 27 daarvan het ek met Zuko gedeel.

Amper 23 daarvan met, Dude.

21 met Wilhelmina.

20 met Sophia.

En bykans 11 daarvan met Maddi.

In ons gedeelde jare was daar baie goed.

Mooi goed en lekker goed, “exciting” goed en taai goed.

Soms het ons gehe.

Soms nie.

En dikwels was daar goed wat ons nie kon verander nie – goed waarmee ons maar net moes vrede maak.

Partykeer het ons dit reggekry om die reels so ‘n bietjie te buig.

Maar of dit nou deur tot vrede kom of die buig van reels was, ons het altyd na die anderkant beweeg en aan die anderkant gekom, en gelewe en geniet.

Dankie 🖤🤲 julle.

Vir vergiffenis.

En deel.

En saam.

En eerlik.

Ons weet nie wat more inhou nie.

Nobody knows.

Ons weet nie eens of ons daar ‘n more vir ons ingehou word nie.

Maar hoeveel dae ons ookal nog het, mag ons dit weet en dit glo van mekaar: dat ons was en is lief vir mekaar, sonder voorwaardes, vir altyd en altyd, maak nie saak wat gebeur het of sal gebeur nie, onvoorwaardelik, nie in ruil vir iets nie, maar omdat ons is.

Mag ons mekaar altyd terugroep en herhinner aan die “beauty” waarin ons elkeen gebore is.

En as een van ons val, of moed verloor, mag die ander van ons regstaan om op te help en moed te gee.

En as een van ons wen, mag die res van ons saam “celebrate” 🥳asof dit ons ander is wat ook gewen het.

En mag ons, soos ons die “gift” oopmaak van tyd wat aanstap en ons wat nog hier is, en ons wat groei 🪴 en word – mag ons mekaar weer en weer en nog ‘n keer om-arm en ontdek en liefkry, in en deur al ons vorme.

Dis hoe☝️ dit is, tot hier.

Dis wat ek beleef, terwyl ons hierdie week “celebrate” 🥳 midde in alles.

Dankie 🤲 🛖 my Tribe.

Ek “celebrate” 🥳 julle en ons en alles wat ons ontvang, die “gain” en die “loss” en weer die “gain”, soos dit vir ons gegee word.

Hierdie Sondag se Belydenis

Dis 7 Augustus, 2022.

Oor so 3 weke vier ek 51 jaar hier, op hierdie aarde.

Plus minus.

Gister was 6 Augustus en die 30ste Herdenking van die Organisasie, “The Gift of the Givers”, of te wel “Waqfu’l Waqifin”.

Ek sien wat hulle doen, elke dag, en bewonder hulle werk – dink, elke keer as ek die volgende werk van hulle hande sien, hoe sinvol dit is, betekenis vol – baie meer as om ‘n Moskee or Kerkgebou op te rig, met duur media-toerusting, wat 6 dae van die week rus en op die 7de dag arbei.

Ek het nie groot geword in hierdie ouens se Godsdienstige Tradisie nie – vir my het ons Oorsprong dit afgemeet dat ek gebore word uit Isak se geslagslyn, eerder as Ishmael sin – en gevolglik ken ek die Ou en Nuwe Testamente beter as wat ek die Quran ken.

En tog, as ek die woorde van die Sufis, Sultan Sheikh Muhamed Safer Efendi al-Jerrahi van Turkye hoor, dan spreek dit tot my hart en dwing my tot self ondersoek: “Best among people are those who benefit mankind.

En ek vra myself, in al my lewe, die bykans 51 jaar wat ek sover ontvang het, met al sy wins en al sy verlies en weer wins, soos Somer plek maak vir Winter en Lente altyd weer kom en Boosheid nesskop in die skaduwees van ons goeie bedoelinge: “hoe het ek goedheid gebring tot ons mensdom?”

Ek.

Met my wees.

My lewe.

Selfs in daardie kort dekade dat ek georden of geroepe was om tot diens te wees, in die skaduwee van ou Kameeldoringbome en Kalahari sand en die ongewoon harde teer en leerpaaie van Port Elizabeth: “hoe het ek goedheid gebring tot ons mensdom?”

Miskien was (is?) 51 jaar verlore?

Uit geleef, soos ‘n erflating ontvang deur te jong en onverskilkige hande?

Miskien was (is?) 51 jaar die roete tot hier gereis en het ek nodig om dit wat in my hande is nou op te neem en daarmee “goedheid te bring” tot die “mensdom” wat naby my is?

Miskien?

Miskien is dit nie my pad, om so te stap, dat die mensdom tot wins kom, deur my menswees nie?

Hieraan moet ek kou.

Nou.

Want wie wil nou die ewigheid ontmoet en met lee hande deur die hekke stap?

Frans Reisema 📚 🗺️ en die Ring

Tyd is soos die water van ‘n Rivier – dit loop altyd, en ons kan nooit twee keer aan dieselfde water vat nie.

Maar ‘n ring maak ‘n sirkel en sirkels loop ‘n draai en bring ons altyd weer waar ons was, miskien totdat ons nie meer is nie?

Lank terug het Frans eendag gese: our geography determines our reality – waar ons is het ‘n invloed op wat ons beleef en wie ons word.

Miskien is dit ook so.

En tyd loop.

En ons kan nooit weer beleef, wat ons reeds beleef het nie.

Want ons is nooit weer wie ons was, op daai oomblik nie.

Krismis kom weer.

Soms.

Maar selfs as Krismis weer kom, Frans sal nooit weer daai Krismis van 1977 op Kenton-on-Sea in die Klein wit huisie in die Bos, naby die Blue Pool kan he of beleef nie.

En daai eerste Krismis op Bray, net na Pippa se geboorte, toe Karnalie skaars twee jaar oud was en Bob the Builder Tools sy hart vol vreugde kon maak.

En die een in 2006, toe Frans se hart stukkend en aan skerwe was, toe die kinders Krismis Dinner aan mekaar gesit het en gifts gemaak het, want die bank was leeg en Frans het nie geweet wat more sal bring nie.

En die een in Jiamusi – hulle eerste een in die Verre Ooste.

En later in Beijing, in die village saam met mense vir wie hulle Klein Tribe 🛖 liefde kon gee.

Wit Krismis op Wit Krismis.

En toe ‘n paar in Xiamen.

Nie een dieselfde nie.

En met elke een miskien ‘n iemand anders wat deel en geniet en beleef – en soms net hulle handjie vol, maar altyd hulle almal op nuwe plekke in hulle wese en wees, want hoe kan ons dan dieselfde bly as ons werklik lewe en beleef en ontvang wat vir ons gegee word, die wins en verlies en nogeens wins.

Dis nie nou Krismis nie.

En die laaste paar Krismisse het hulle eie “spesiaal” gehad met “COVID-19” en “lockdowns” en kanker en ‘ nuwe wete dat elke oomblik wat ons lewe ‘n ongelooflike geskenk is en niemand kan waarborg dat more sal wees of selfs hoe more sal wees nie.

Frans en Sy Klein Tribe 🛖 is ook nie meer in die Verre Ooste nie – so oor die laaste paar maande het hulle stuk-stuk, met moeite, teruggekeer na Afrika en die land van hulle geboorte en die stad waar hulle kinders kinderjare onthou.

Geografies is hulle weer waar hulle was, maar eintlik, as jy mooi kyk, dan was hulle nog nooit hier nie, want “hulle” is nie dieselfde mense wat bykans ‘n dekade gelede hulle huisie opgepak het en op ‘n Etihad Vlug die onbekende in gevlieg het nie.

In al die omswerwinge het Frans ontdek dat die lewe ‘n ritme het – een van verlies en wins en weer verloor – en dis, Soos Sy Poppertjie hom altyd vertel het, dis okay. Eintlik is dit goed, want die verlies maak altyd weer ruimte vir ander wins en nuut ontdek en beleef.

Hy’t geleer, dat om te wees, volledig, wie jy is, met onbeskaamde eerlikheid – dit is die heel beste manier om te lewe. Eintlik is dit die enigste manier om te lewe, want al die ander “lewens” is glad nie jy nie en waarvoor anders is ons tot lewe geroep of gebring as om te wees, wie ons is?

Hy’t ook geleer dat dankbaarheid ‘n sleutel is, wat lewe ontsluit.

Want lewe is Geskenk.

Ontvang.

En nou doen Frans sy stukkie werk, elke dag, en hy is, wie hy is, by sy mense 🛖 en hy gee sy gelapte liefde waar hy kans kry om te wees, en hy speel backgammon 🎲 en lees ‘n boek 📖 en kyk ‘n storie 📺 en maak ‘n vuur 🔥en geniet die wonder van die oomblik, van kinders wat groot mense geword het en self lewe vind en van ‘n Poppertjie wat in China Groot geword het maar mal is oor Afrika 🌍 en bos en diere en veld en vry …

Dankbaar.

Want dit alles is Geskenk uit die hand van Die Geskenk uit Wie alles kom en tot Wie almal lewe.

En Frans hoop.

Dat daar “betekenis” sal wees, in die eenvoud van wat hy kon maak met die lewe wat vir hom gegee is.

En hy hoop.

Dat waar sy growwe kaalvoete ‘n oomblik ‘n spoor 🐾 los, daar helder geel en oranje blomme sal opkom.

En as die volgende Krismis dan nie kom nie, dat sy Poppertjie en sy Karnallie en sy Pippa en sy Soffie en sy beautiful 🥰 vrou sal weet, sonder twyfel dat hulle liefgehe was, vir alles wie hulle is, altyd sonder voorwaardes en sonder verwagting en dat om saam met hulle te lewe en te wees en te dwaal die grootste Geskenk is wat hy ontvang het in die rukkie wat hy hier was.

Frans het nog ‘n keer of wat verlies geproe.

En wins.

En weer verlies.

Frans het nog ‘n rukkie die reels gebuig, want dis wat gebeur as mens die sleutel van dankbaarheid aan ‘n rooi lint om jou nek dra.

Sy vrou het hom dikwels gekry, waar hy iewers sit, nie meer kruis bene nie, want die bene wou nie meer kruis nie 😉maar verlore in gedagtes, met so stupid-rigge glimlag op sy gesig en raserigge asem wat diep gehaal word – hy altyd bly om haar te sien ☺️💞 en gou om haar te vertel wat hy dink en wonder.

En een more toe was hy weg.

En op die grasperkie duskant die eenvoudige hout huisie, waar niemand eintlik kyk of sien nie, dàar blom die mooiste geel en oranje veld blommetjies met skoenlappers 🦋 wat flatter en bye 🐝 wat zoem.

Vir ‘n oomblik.

Een beautiful asemrowende oomblik.

Jy’t my kom kry

Jy’t my kom kry

in Paul Kruger Rylaan

waar herfsblare die strate geel en oranje maak.

Jy’t my kom wys

elke laaste fliek by Noordstad

en lekker eet by Characters

Frozen Yoghurt by die Mall

dans tot laataand in die Scholtz Saal

Jy’t my kom leer

backgammon en Griekse Koffie by Barbarras

En toe vat jy my

na die asbes huisie in die koelte van die ou Kameel Doring Boom

En jy wys my hoe mens hartklop gee aan plekke wat lanklaas hartklop gehad het

En jy help my

om te wees

en te geniet

en te hoop

en te droom

en te glo

enigiets kan wees

en nou hier is ons

weer bo-op die Koppie

waar jy my gelei het

met Poon en Appel en later Felix en Royal en Bells om roekeloos te jaag deur verbode woude en oor kaal skoon strand

Nettie en Katinka en 3 Klein Schnauzers in tou met ‘n meerkat en kraai en tarentaal nooit te ver weg nie

hier is ons

weer

na vreemde Tempels

en onvertelbare verhale

en al is ons nie meer die ongeskonde kinders

wat eens met n ou groen Cortina Kenton toe is vir 2 weke se heuning nie

en al voel ons die letsels op mekaar se lywe

laataand

en vroeg oggend

wanneer jy my steeds leer

dat ons is

saam

en in my our leer travel-pouch is daar net ‘n hand vol klippies

elke een opgetel

op ‘n ander plek

waar jy saam met my was

en my weer vind

en wys

en leer

Die Storie van Oom Braam, Sipho, Andries en Thembi

Miskien is die storie oor Oom Braam?

Miskien is dit oor Sipho, Andries en Thembi.

Miskien is die storie oor Iemand heeltemal anders?

Hoe dit ookal sy, dis die moerse saamtrek in Bloemfontein, nou onlangs (April 2017), wat Frans herhinner aan Oom Braam-hulle.

Veral die ding wat Oom Angus gese het: we go home to put our house in order, we put the Bible first, the change starts with us.

Dit was 1990 toe Frans vir Oom Braam ontmoet het, daar, ver, in die ou Kalahari.

Teen daai tyd was Oom Braam al ‘n suksesvolle boer.

Hy’t die wins gehad van die stabiliteit van die 70’s en die vroee 80’s.

En van ‘n Pa wat voor hom geboer het.

As’t ware pad vir hom gemaak het.

Op grond wat die Ingelse Regering uitgesit het, na die 2de Wereld Oorlog.

Sy Pa was Italie toe vir die Queen en die 3000ha, dorsland, sonder water of pad of kamp of heining of huis of stoor, dit en ‘n paar beeste was Oom Braam se Pa se beloning.

Nie net syne nie.

‘n Paar ander ‘die-hards’ sin ook.

Natuurlik met die verwagting dat hulle kos sal produseer, en voedsel sekuriteit sal skep vir ‘n Empire oor wie die son nooit sak nie.

Hulle het met die beeste, ‘n ou hout wa, ‘n paar flenter tente en de nodigste voorade uit Vryburg pad gevat plaas toe.

Oom Braam se Pa het nooit oor die oorlog gepraat nie.

Hy’t darem sy jong vrou, twee perde, ‘n paar donkies en ‘n handjie vol arbeiders ook saam met hom gevat.

En hy’t geboer.

Poste gebou.

Kampe gemaak.

Leeus en luiperds en jag luiperds en Wilde Honde en Weer Wolwe wat sy kallers wil vang en sy beeste wil verniel verjaag en geskiet en gejag en ge’trap’.

Toe Braam oppad was, so teen 1950, toe staan daar al ‘n huisie en ‘n stoor.

En in die stoor ‘n paar implemente.

Op ‘n droee land het mielies gelowig gegroei.

En die handjie vol beeste was al mooi besig om te ontwikkel in ‘n kudde.

Teen die tyd dat Oom Braam skool klaar gemaak het, het die 3000ha gegroei na 6000, die huis was geriefliker en die kudde beeste het ‘n goeie bydra gemaak tot voedsel sekuriteit.

Toe Frans Oom Braam ontmoet, was Oom Braam se Pa semi-retired en die boerdery het seepglad geloop op 12000ha met ‘n kudde van 1200 koeie.

Oom Braam se twee seuns was al op Universiteit – die 1stes in sy gesin om te werk aan ‘n graad en sy dogters was in die laaste jare van skool.

Die kinders met wie Oom Braam as kind gespeel het, het hom nie meer klein-basie geroep nie. Hulle het groot geword, nes Oom Braam, en hulle kinders het groot geword saam met Oom Braam se kinders, en terwyl Oom Braam se kinders in Bloemfontein uithang in De Ja Vu, het hulle kinders gehelp om 1200 beeste te versorg.

Jy kan dink, kalf tyd was ‘n bedrywigheid en speen tyd ‘n gedoente.

Oom Braam het gespog met 98% kalf syfer, jaar in en jaar uit.

Sy beeste het rekords gebreek en pryse gewen.

Hormone en voere en anti-biotikas het hom help winste maak waarvan sy Pa nooit gedroom het nie.

En toe’s Oom Braam eendag Bloemfontein toe om na n nuwe trekker te gaan kyk, sy seuns te groet en oor Harrismith huistoe te mik, want daar was ‘n ou wat ‘n bul gehad het waarin Oom Braam belang gestel het.

1200 koeie het ‘n hele paar bulle nodig en om kwaliteit vleis te boer, moet jy bele in kwaliteit bulle.

In Bloemfontein het alles glad geloop.

Die nuwe MasseyFerguson sou dalk op die plaas wees nog voor Oom Braam.

In Harrismith het dit anders afgeloop.

Niks fout met die bul nie.

Die is gekoop en gestuur.

Maar die aand, toe’s daar ‘n ou wat Oom Braam se om saam met hom stadsaal toe te gaan. Hoe hy dit reggekry het en wie presies hy was weet niemand tot vandag toe nie.

Moet my nie verkeerd verstaan nie.

Oom Braam was nog altyd ‘n goeie ou.

Sout van die aarde.

Maar Sondag oggend was vir Kerk.

Elke ander oggend was vir werk.

En in die aand het Oom Braam ‘n Braamfyn verkies bo ‘n Sondagskool les.

In elk geval – Oom Braam het gegaan, en niks was ooit weer dieselfde nie.

Hy’t by die huis gekom, sy vrou in die bakkie gelaai en met haar ‘n ver end die veld in gery.

Daar, onder ‘n groot ou Kameel Doringboom, het hy in die koelte van die laat middag parkeer en naderhand sy hart leeg gemaak.

Hy’t haar vertel.

Waar hy was.

Wat hy gehoor het.

Wat in hom gebeur het.

Sy was verlig.

Sy dag sy’t kak aangejaag, of na 22 jaar se gedeelde lewe het hy besluit sy moet ingeruil word vir ‘n nuwwer model.

‘Ek dien net myself’, se hy vir haar.

‘Die man, daar in Harrismith, hy het gepraat oor die ‘ryk jong man’ wat by Jesus gekom het.

‘Vir hom gevra het wat hy moet doen om hom te kan volg.

‘En toe se Jesus vir hom, gaan verkoop al jou goed, gee die geld weg, en kom dan terug.

‘Fokkit, Bessie. Ek’t daai storetjie al 20 maal gehoor. Maar nou die aand. Daar in die saaltjie. Ek weet nie. Dit was ‘n nuwe storie wat ek gehoor het. ‘n Ander storie.

Bessie het net geluister.

Sy is lief vir haar Braampie van altyd af. Sy ‘adore’ hom. En sy weet, as hy haar hier na die groot ou Kameelboom toe bring, dan is dit diep hartsgoed wat hy nodig het om te praat.

Daar was net twee ander kere wat hy haar hierheen uitgery het.

Lank terug toe hulle net-net nie meer kinders was nie.

Daar was ‘n kombers op die sand en ‘n piekniek op die kombers.

En ‘n ‘proposal’ op sy lippe.

En ‘n baby 9 maande later in die kot.

En dan was daar die keer toe haar Braampie se sussie in die ongeluk dood is.

Die boom is hulle kapel.

Hulle bruidskamer.

Hulle heilige plek.

‘In die storie. Daai ryk ou. Hy’t nie kans gesien vir die ding wat Jesus vir hom gese het nie. En ek se jou. Toe ek die ding hoor. Bliksem, ek het ook nie kans gesien vir die ding nie.

‘Die man daar op Harrismith. Hy’t gese die Here is vanaand by ons in die saal.

‘Ek sweer, Bessie. Hy was reg.

‘Hy was nie net in daai saal nie.

‘Die eerste ‘gap’ wat ek gekry het, het ek myself uit die voete gemaak.

‘Klub toe gemik vir ‘n fynetjie.

‘Die donner.

‘Hy’s saam met my.

‘Die prediker?’, vra Bessie verdwaas.

‘Nee-nee. Die Here.

‘Hy’s saam met my uit daai saal. Ek’t skaar my eerste slukkie gevat toe’s Hy hier in my ore.’

‘En jy Braam?’

‘Ek voeter amper van my stoetjie af.

‘Jy ken my. Ek is nie ‘n ou vir die goed nie.

‘Maar ek se jou. Daar in die klub. By die kroeg. Los my not-de-fok.

‘Wat gaan jy maak?’, vra Hy.

‘Gaan jy jou huis in orde stel?’

‘Gaan jy die Bybel eerste sit?’

‘Gaan jy My dien?’

‘Gelukkig ken die ouens op Harrismith my nie. Ek se jou, as hulle my geken het, sou hulle geweet het iets is aan die broei.

‘My Pop.’

‘Jy weet.’

Oom Braam praat stadig.

Asof hy nie eintlik die woorde het om die ding wat in hom gebeur het, te se nie.

‘Ek’s ‘n fokkin bliksem.’

‘Net vir myself.’

‘Al die bleddie jare.’

‘Ek maak myself ryk.’

‘Meer en meer en fokkin meer.’

‘Dis nooit verdomp genoeg nie.’

‘Jy weet, die Here is saam my daar uit die kroeg uit. ‘n Stalker se ek jou. In die bakkie. Al die pad hiernatoe. Hy sit seker nou daar agter op die baal. Fokkin los my nie uit nie.

‘Daai ryk jong man.

‘Hy wou he wat die Here het om te gee.

‘Maar hy wou dit he op sy eie terme.

‘En dit werk nie, my Pop.

‘Dit fokken werk nooit nie.

‘Dis soos Hermaans wat sy lone wil he, sonder om een dag sy kop uit die stroois te steek.

‘Ek is soos Hermaans.

”n Sleg arbeider.

‘Jy’s ‘n goeie man’, kom Bessie tussen beide.

‘Kak!’, protesteer Oom Braam.

‘Jy kyk mooi na jou mense. Jy versorg ons. Jy smokkel nie. En as iemand hulp nodig het, dan’s jy daar.’

‘Goed se moer, my Pop.

‘Ek is miskien nie sleg nie. Of dalk darem nie kak-sleg nie. Maar ek is nie goed nie. En in elk geval, so lyk dit my, maak nie saak wat jy doen nie. As jy jouself dien, dan kan jy maar die mooiste goed doen, dit beteken fokkol. Want jy help net jouself.’

Hulle het lank daar in hulle bruidskamer-kapel gesels.

Oom Braam het sy hart probeer leegmaak.

Op die ou einde, toe die bakkie se ligte soos spoke oor die lang gras speel, het Oom Braam die ding vir sy Bessie gese:’Ek weet nie wat gebeur het nie, my Pop. Ek weet nie wat dit alles beteken nie. Ek weet nie waarheen dit ons gaan vat of wat ek moet doen nie. Maar iets het gebeur. En ek wil graag klaar aan myself gedien wees. Ek’s sorry. Ons twee. Ons deel dekades en ek was nie ‘n goeie man nie. Ek het jou saam met my gesleep in my ‘self-serving slime’. Jy, die mooiste van alle vroue. Ek het jou besmet met my stront. Ek hoop jy kan my vergewe. En ek hoop ons kan saam op die nuwe pad stap.’

Die volgende oggend is Oom Braam af na die strooise.

Hy’t nie veel geslaap die nag nie.

Hy’t gebid.

En gedink.

Gelees.

Hy’s in by Hendrik se huis.

‘Nou wats dit nou vanmore, Basie?’, was die verbaaste uitroep.

Oom Braam het kom om verskoning vra.

‘Hendrik. Jy en ek, en Gert en Hermaans, ons was maters as kinders. Ons het saam gespeel. Saam kak aangejaag. Saam slae gekry en saam die eerste keer dronk geword op jou Pa se bier.

‘En ek is vorentoe. En hier is julle.

‘My kinders is vorentoe.

‘En hier is julle kinders.

‘Ek is jammer, my vriend. Ek is ‘n kak vriend. Nie een dag het ek aan julle gedink nie. Toe ek hoerskool toe is, toe fok julle die veld in agter wegloop bokke.

‘In elk geval.

‘Op ‘n manier kan mens nie die kak wat jy gemaak het, wegmaak nie.

‘Maar mens kan probeer om nie nuwe kak te maak nie.

‘Julle is my een voor. Julle is al Oupa’s en Ouma’s. My laaities fok nog rond.

‘Julle kinders is my kinders.

‘En julle kleinkinders is nou my klein-kinders.

‘Sorry dat ek dit nie geweet het nie.

En Oom Braam het ‘n Juffroutjie van die dorp af laat kom.

En hy’t ‘n voorskooltjie begin, net daar naby sy huis, tussen sy huis en die strooise.

Nie ‘n halfgebakte ding nie.

“‘n Fokkin ordentlike ding waar ek my eie kinders sal stuur,” het hy gese.

Met al die toerusting wat nodig is.

En ‘sy klein-kinders’ is geskool.

Die voorskool het ‘n Laerskool geword.

Die een Juffroutjie het 6 Juffrouens geword.

En die 12 ‘kleinkinders’ het 60 geword, met nog ‘kleinkinders’ wat van buur-plase af aangedra word om te kom deel in dit wat Oom Braam vir sy mense doen.

Een aand, net so ‘n paar weke na Oom Braam se skool mooi op dreef gekom het, was hy en Bessie by die Boeresaal.

In een hoek het die staats veaarts en staats dokter gesit en ‘Stout’ drink.

‘n Paar manne het gestaan en ‘darts’ speel.

Bessie en van die ander vrouens was besig om aartappeldis aanmekaar te slaan, want die vleis was amper gaar.

En toe die kinders die vleis inbring.

En almal ‘n lekker bord geskep het.

Toe se Oom Braam:”Manne! Julle weet ek was in Harrismith. Julle weet ook dat iets nou anders is. Ek weet nie wat dit is nie, maar dis anders. In elk geval. As ek siek word, dan klim ek in my bakkie en ek ry Vryburg toe. En as hulle my nie in Vryburg kan help nie, dan stoot ek deur Bloemfontein toe. En as ek te fokkin siek is om in my bakkie te klim, dan laat kom ek ‘n fokkin chopper en vlieg. Maar ons werkers is nie so lucky nie. As hulle siek is, dan moet hulle wag tot Donderdag om die dokter te sien, want hy’t baie plekke om by te kom. En as hulle baie siek is, dan moet hulle wag tot Saterdag, vir die ‘patient transport’ om hulle hospitaal toe te vat. En wie weet wat daar gebeur. Die mense is ons mense. Hulle werk vir ons. Hulle is ons hande. Baie van hulle het saam met ons groot geword. En saam met ons gespeel. En ons is ryk. En hulle is arm. Want die Ingelse het vir ons die grond gegee. En ons het dit geboer. As ek doodgaan wil ek wragtig nie net onthou word vir die fokkin vetste Os op die veiling nie. Ook nie vir daai aand toe ek met my bakkie op die sandhoop op gejaag het, sonder om te weet nie, en rustig daar op die sandhoop vorentoe gestoot het, asof ek nog oppad is, totdat Schalkie aan die venster klop en vir my vra wat ek maak. Ek wil onthou word as iemand wat nie net vir homself geleef het nie. Iemand wat nie homself gedien het nie. So ek het gedink dis tyd dat ons ons eie hospitaal begin.’

En hulle het.

‘n Paar van hulle saam.

En dit was beter vir die mense.

En hulle het ingehaak by die plaaslike staat skool. Net ‘n Laerskool, maar darem ‘n skool. En hulle het sportgronde gebou. En hulle het ‘beheerraad-onderwysers’ aangestel. En hulle het heel gemaak en reggemaak. En opgegradeer.

‘Ons kan tot more sit en ‘bitch’ oor wat die staat nie doen nie’, het Oom Braam gese.

‘Of ons kan van ons selfsugtige gatte af opstaan en ordentlike mense wees.’

En hulle was.

Die skool het floreer.

En die hospitaal.

En die voorskool op die plaas.

Later het hulle ‘n bus gekoop en ‘n drywer aangestel.

Om kinders na ‘n ordentlike Hoerskool te vat.

‘Nie een fokkin kind van hierdie wereld sal met standard vyf te vrede wees nie. Nie een fokkin kind sal op 12 die veld ingejaag word om bokke te soek nie. Daai kak is op ‘n einde,’ het Oom Braam gese.

En dit was.

‘As dit nie goed genoeg is vir my kinders nie, is dit nie goed genoeg vir jou kinders nie’, het Oom Braam aan Hendrik en Gert en Hermaans verduidelik.’

En vandag is, 27 jaar na daai aand in Harrismith, is Sipho Oom Braam se prokeur.

Hy en Andries en Thembi was die eerste geslag wat uit Oom Braam se strooise voorskool toe gebring is.

En Andries is Oom Braam se ‘Personal Banker’.

En Thembi is onderwyseres by die Laerskool. En Voorsitter van die Trust wat die Beheer-raad Poste dra.

Hulle is maar net 3.

Die 7 verpleegsters van die klein privaat hospitaaltjie wat 27 jaar gelede gebore is kom almal van die plase af.

Binnekort sal die dokter ook ‘n boorling wees.

En Hermaans se kind, jy sal dit nie glo nie, hy is nou sy eie boer.

Pa en seun saam.

Oom Braam het 3000ha gekoop.

‘Ek gaan nie laat jy my bedonner nie. Ons is ‘partners’ en as jy my wys die Landbou Graad wat jy in Bloemfontein gaan haal het is iets werd, dan sal ek ophou om jou ‘partner’ te wees.’

En hy het.

Opgehou.

Want Hermaans se kleintjie het nie sy kleuterjare aan ‘n opgebruikte Ouma se tiet deurgebring nie.

Hy’s geskool.

Met die beste moontlike skool.

En hy’t geleer van karrakter.

En opstaan.

En werk vir wat jy wil he.

Hy’t geleer van goed wees en goed doen.

En teen die tyd dat hy begin boer het, hy en sy Pa, op hulle eie grond, was hy nie net nog ‘n ‘slaaf’ met ‘n ‘slaaf-mentaliteit’ wat oor dekades en dekades gekweek is nie.

Hy was ‘n mens.

‘n Man.

Wat weet van reg en verkeerd.

Wat ken van werk en beplan en doen.

Nie om homself te dien nie.

Maar om die Here te dien wat Oom Braam daai aand van die saal af, na die kroeg, na die bakkie, na die plaas gevolg het en nooit weggegaan het nie.

Dis goed om te se: ‘we will put our house in order.’

Dis puik om te se: ‘South Africa belongs to Jesus.’

Dis uitstekend om te se: ‘we will put the Bible first.’

Dis wat Oom Braam gedoen het.

En dit maak my opgewonde dat 1 miljoen ouens met hulle Fortuners en GSX650’s en Choppers Wilde Als toe gemik het en die ‘sinners prayer’ gese het en die ‘wind’ op hulle gesigte gevoel het en hulle ‘commit’ het aan ‘the change begins with us’.

Want 27 jaar van nou, wat de fok ookal met Zuma en die ANC en die DA en Mmusi gebeur … 27 jaar van nou sal Suid Afrika ‘n helemal ander plek wees.

Want dis hoe dit lyk as ons ophou om onsself te dien.

En begin om die Here te dien.

Oom Braam is nie regtig nie.

Dis sommer ‘n storie wat ek opgemaak het.

Fok.

Imagine hy was regtig.

Victor Hugo se in sy boek Les Misrables: “God delivers over to men his visible will in events …”

Wat ek en jy doen, terwyl ons Hom dien – dit is sy wil.

En as ek en jy Hom dien, regtig dien, soos Oom Braam van ons storie, dan word Zuma en al die ander kak irrelevant.

En jy kan nou maar beswaar maak, soos ouens sekerlik doen en se, ja, maar ek het nie 1200 beeste op 12000ha nie en ‘n bank vol geld nie.

Ek los jou met wat Oom Braam vir die predikantjie van die plaaslike Kerk gese het, toe die allerhande redes uitdink om vir Oom Braam te oortuig om die geld wat hy nou mors op skole en hospitale eerder vir die Kerk te gee, sodat die Kerk kan doen wat hy moet.

“Wie de fok dien jy? Jy dien net jou fokken self en jou eie fokkin belang, jou sleg moer. Jy praat, praat, praat oor die Here dit en die Here dat, maar jy’s ‘n bleddie ‘con-artist’, want dit gaan nie vir jou oor die Here nie, dit gaan net oor jouself. Wake-up! En luister ‘n slag na Die Here van Wie jy so praat. Hy’s bleddie ‘relentless’. Hy sal aanhou. Maar jy moet fokkin ophou. Ek en jy en almal van ons soort. Ons moet fokkin ophou om onsself te dien en van ons selfsugtige gatte af opstaan en ‘be the change’, ‘by serving God’ en daars nie ‘n manier dat ek of jy God kan dien, solank as wat ons nog onsself dien nie. So komaan dominee, ‘be a man’ en ‘own-up to all the shit’ en kom ons doen dit soos ons nog altyd veronderstel was om dit te doen.”

SaveSA

Our country needs saving.

We need saving.

The people who came to be citizens of South Africa.

We need to be saved from Zuma.

We need to be saved from Zuma’s government.

We need to be saved from our materialism.

And our selfishness.

From our individualism and our personal aspirations.

In a sense, Zuma and his greedy government, are merely representative of the ultimate consequence of our values.

For, if we give ourselves to the accumulation of stuff, and the collecting of benefits and privileges and advantages for me and my family and my business and my interest group, be it race or gender or cause, we choose the path which Zuma snd his government chose.

The path of self.

Self interest.

And as we protest, we should protest against ourselves.

Against our own fearful hearts.

So that we come out on the other side, truly saved.

Free, from selfishness and fear.

Free, to live from love and peace, humbly giving up ourselves, regardless of what we may or may not gain.

I wonder if we are ready to be free?

If we are willing to embrace a life of collectiveness, regardless of everything which happened to this moment?

Frans Reisema en die Krismis Boodskap

Hy’t nie gedink hy sal ooit weer ‘n Krismis boodskap bring nie.

Sy 1ste Krismis boodskap was baie jare gelede bedien.

Hy was ‘n klein seuntjie.

Dit was ‘n ander tyd.

‘n Ander wereld.

Salvia Singel.

‘n Soel Somers aand.

‘n Opgewonde mense in die pastorie se groot agterplaas.

Kurry Bunnies.

Pannekoeke.

Javvels.

Frans in ‘n lang wit laken, soos ‘n Romein, handoek om die kop, met ‘n lang riet-stok in die hand.

Opgedress soos ‘n herder.

Kaalvoet op die groen gras.

En op ‘n stadium kom al die klein herdertjies, soos skapies, bymekaar gejaag, en dan sing hulle, soos Engele:”Herders op die ope velde, het die nag die Engle koor, met die blye Evangelie, uit die Hemel aangehoor.”

Die ooms en tannies ‘ooo’ en ‘aah’, kyk hoe pragtig is die kindertjies.

‘n Mooi Krismis aand.

Later het Frans by die Beachview Strandoord vir ‘n handjievol vakansiegangers in sandale en kort broeke vertel van die gebeure van ‘n aand in Bethlehem.

En in die Kalahari vir boere en onderwysers.

En in die middestad van Port Elizabeth vir Dokters en Prokureurs en sakemanne.

Asof hulle nie geweet het van die gebeure nie.

En toe, een aand, laat in Oktober, toe’t Frans vir oulaas voor mense gestaan, nie om vir hulle te vertel van die Krismis gebeure nie, want mens praat nie in daai omgewing, in die laat Lente oor Bethlehem en herders en wyse manne nie.

Daai aand, sonder dat iemand geweet het, het hy koebaai gese.

Vir hulle.

En vir ‘n stuk van sy lewe.

Nie omdat hy nie meer in die Krismis storie geglo het nie.

Omdat die lewe nie toevallig is nie.

En ons nie die kaptein van ons eie skip is nie.

Ons is nie die Meester van ons eie Bestemming nie.

Eintlik, in Frans se hart, was dit nog altyd die ‘boodskap’ van Krismis.

Vanoggend lees hy ‘invloedryke teoloe’ se gesprek.

Hy’s ver van al die goed.

Hy sit in China, in die kombuis van sy ‘village’ huis.

Drink ‘n koppie koffie wat hy gemaak het met moer wat op JD.com bestel is en met ‘n elektriese scooter-trokkie in die ‘village’ afgelewer is.

Die manne, die slim ouens wat naby aan die hartklop van die Afrikaanse Kerke in Suid Afrika is, en nie te ver staan van die hartklop van Evangeliese en Gereformeerde Kerke in Europa en Amerika nie, wonder of dominees en predikante moedig genoeg sal wees, die jaar, om eerlik te wees daaroor dat die ding van ‘n maagdelike geboorte en ‘n stal en ‘n God wat mens word, en ‘n Engele koor, sommer maar fabel is.

Storie, gebou oor eeue heen, om mense te mislei.

Frans skud sy kop.

Dis nie somer waar hy is nie.

En Krismis, hier, is versierde bome, goue letters en ‘n ou vet man met rooi klere en ‘n lang grys baard.

Miskien is dit maar Krismis, oral?

Nie dat Krismis ‘n ‘heilige tyd’ is, meer as enige ander tyd nie.

Die geskenke, die saam-wees van familie en vriende, die kuier en eet, dis alles baie mooi.

En lekker.

Maar, as hy nou reg onthou, is die ‘tyd’ van die jaar histories misplaas.

En in elk geval, die ‘geboorte’ is nie so belangrik soos die lewe nie.

“So this is when you celebrate the birth of your God?” vra iemand vir Frans.

Mmmm

Nee.

Maar hoe verduidelik jy nou dit?

Vir iemand met beperkte Engels, as jou eie Chinees nog meer beperk is?

En tempels vol staan met groot goue beelde?

Van ‘n span gode wat maklike genoeg is om twee rugby spanne, met reserwes en afrigters op te maak?

God is nie gebore nie.

God is.

Van voor tyd.

Van ewigheid tot ewigheid.

God is die Oorsprong van alles.

God is die Bron en die Brongewer.

God is die Onderhouer.

En die rigtingewer.

Ons.

Ons weet hiervan.

En ons probeer hard om ‘n houvas hierop te kry.

Ons bou altare, met growwe klip, en brand karkasse.

Ons laat torings styg hoog die hemel in, in Babel.

Ons smelt oorbelle en armbande, maak ‘n kalf, en dans daarom.

Ons ontwerp en sit aan mekaar, groot geboue, met kruise en kerse en duiwe en prentjies teen die mure en in die ruite.

Oorweldigende geboue wat ons klein laat voel.

En ons hoop, iewers in dit alles, sal ons aan God se kleed kan raak.

Krismis se vir ons, ons hoef ons nie in te span, om te probeer om naby God te kom nie.

God is met ons.

As daar nie ‘n stal was nie.

As daar nie ‘n maagd Maria was nie.

As daar nie herders was en wyse manne met goud, wierook en mirre nie.

Dan was daar ook nie ‘n skepping nie.

Dan is daar nie ‘n God nie.

Dis nie complicated nie.

Of God is.

Of God is nie.

‘There is no middle ground’.

En as God is, dan is God God.

Onverklaarbaar.

On verduidelik baar.

Meer as wat ons hart of intelek kan beskryf of beduie.

Teoloog?

Theos Logos?

Wat ‘n laster.

Hoe kan ‘n mens so verwaand wil wees, om te kenne te wil gee, dat hy Godskennis het?

Dat hy God bestudeer het.

Soos n fokkin springkaan of ou ou skedel van een of ander sapiens wat in ‘n grot opgegrawe is.

En nou kan jy se, dis hoe dit is.

Miskien is dit waarom die teoloe so ywerig is om mietes en fabels op die tafel te sit, want in al die jare van studie kon hulle God nie onder die vergrootglas en mikroskoop ingedruk kry nie – en as hulle dit nie kon doen nie, dan kan God nie wees nie?

Maar God is.

Dit weet Frans.

In sy hart.

Hy’t al probeer om die wete af te skud.

Hy’t gelees.

Alles wat hy kon lees.

Al die verduidelikings.

Al die idees.

En hy’t probeer leef, sonder God.

Asof hy God eenkant toe kan stoot.

Asof God eenkant toe stoot baar is.

God is.

Die Oorsprong.

Van alles.

En almal.

Een God.

Erken deur Jood en Moslem en Christen.

Die God van Genesis.

Van Abraham en Ishmael, Isak en Jakob.

Van Jakob se 12 seuns en Moses en Josua.

Van Dawid.

Van Salomo.

Van elke mens wat nog ooit was en is en sal wees.

Van Frans.

Nie die goedkoop ‘Jesus’ van die Kerk wie se verdienste so onvoldoende is dat mense moet doen en probeer en offer en anders leef, om guns te wen nie.

God.

Begin.

En Ewigheid.

Verbind aan hierdie bestaan.

En elke ander bestaan.

“Nee. Ek kan dit nie vir jou bewys nie. Sorry, man. Vat ‘n oomblik. Sit onder ‘n boom. Maak jou oe toe en se ‘hallo’. En luister.

“Jy sal God hoor. Want God is nie ver nie. Maar God is ook nie ‘over bearing’ nie.

“Luister goed.

“Want God is nie ‘n storm wind en donderweer nie.

“Luister vir die fluister.

“Met jou wese.

“Ek kan God nie vir jou wys nie.

“Ek kan God nie vir jou verduidelik nie.

“Ek is nie ‘n teoloog nie.

“Daar is nie so iets nie.

“Dis alles ‘smoke en mirrors’.

“God wys Self.

“God praat Self.

“God is.

“En daarom is ons.

“En daarom het ons nuwe dae.

“En lewens vol met betekenis.

“God is.

“En daarom kan ons, midde in die ‘loss and gain and loss again’, lewe.

“Vol.

“Met liefde en vreugde en vrede.

“Ontvang.

“Met geduld.

“Vriendelikheid.

“Goedhartigheid.

“Getrouheid.

“Nederigheid.

“En self beheersing.

“Nie offers op ‘n ‘crude’ altaar om God se guns te wen nie.

“Geskenke.

“Uit God se hand.

“Om ons te gee, wat ons is.

“En was.

“En sal wees.

“Om ons te ‘enable’ om te wees.

“Ons kan baie praat.

“Baie spekuleer.

“Maar iewers, in dit alles, het ons nodig om terug te kom hierby.

So se Frans màar vir die wind.

Vir die eenvoudige opslaan tafel in sy kombuis.

Vir die yskas en die stoof.

Want daar is niemand anders vir wie hy dit kan se nie.

En daarvoor is hy ook dankbaar.

Want, ook dit, is Gods geskenk.

Frans Reisema en die Tempel

Vanmiddag is Frans by die Tempel.

Dis ‘n ou Tempel.

Een van die oudstes in die omgewing.

Eeue gelede, nog in die Qing Dinastie, het mense van Beijing en Tianjin ver gereis om hier te kom bid.

Die ‘Emperor’ het hier, teen die mooi berghange vir homself ‘n tydelike paleis gebou en die monnike het ‘n massiewe pot uit koper beslaan, waarin ‘pap’, of wat westerlinge ‘sop’ sou noem, vir 1000 mense voorberei kon word.

Die pot staan nog hier.

Die ‘duisend-monde-pot’ word dit nou genoem en daar word vertel, pelgrims het geglo as jy uit die pot sop ge-eet het dan sou dit nie net jou honger stil nie, dit sal jou algemene gesondheid goed maak en selfs ligte krankhede genees.

Miskien is daar waarheid in?

Dat mense wat hierheen gekom het, ‘n groter welstand ontdek het, nie soseer omdat die sop in die pot betowerd was nie, maar omdat hulle ‘n reis onderneem het, vir ‘n oomblik uit hulle sisteem geklim het, die geskarrel van elke dag agter gelaat het en kom fokus het op iets anders?

Frans is nie hier om te bid nie.

Nie dat hy ongelowig is nie.

Geloof het nog altyd in Frans gelewe.

Vandat hy kan onthou het hy geleef met ‘n wete, ‘n oortuiging dat God is.

Lank voor sy Ma hom laat kniel het, hom toegewyd voorgegaan het en hom ‘help’ bid het “Jesus, maak my hartjie rein, vergewe my sonde, en neem my lewe, laat dit U gewy wees”, het Frans op sy eie gebid.

Hy onthou die dag.

Vandag weer.

Terwyl hy dink aan die dowwe spieel waarin ons kyk.

Sy sussie was ‘n babatjie, miskien ‘n paar maande oud.

En hy’t met haar gespeel.

Sy was sy geskenk.

‘n Geskenk vir baie ander.

Maar syne ook.

Want hy’t gehoor van die God wat vir Abraham ‘n seun gegee het.

En vir Dawid gehelp het om Goliat met ‘n klein wit klippie en sy eie reuse swaard te verslaan.

En vir Moses die plae laat bring het.

En manna uit die Hemel.

Die God wat ‘n See oopgekloof het en water uit ‘n klip laat kom het en vir Daniel in die leeu kuil en die vuur oond beskerm het.

En die God het hy gevra vir ‘n sussie, onwetend dat wat hy vra ook is vir ‘n ma om eers van klier kanker genees te word en ouers wat nie meer kinders wou he nie te bring op ‘n plek waar hulle ‘n dogtertjie met oop arms ontvang.

Sy was so tussen kruip en loop.

Al miskien 7 of 8 maande saam met hom.

En hy’t haar opgetel.

Met sy 5 jarige seuntjies arms.

Die gang af gedra na waar hy speelgoed neergesit het om haar mee te vermaak.

By die punt van die gang het hy gegly op ‘n teelepel wat op die mat gele het.

Hy’t geval.

Met haar in sy arms.

Hy’t seergekry.

Sy kop gestamp teen ‘n arm leuning van een van die stoele in die TV kamer.

Hy’t gebloei.

Hy onthou die bloed.

Die bloed.

Sy’t ook seergekry.

Hy’t gedink dis haar bloed.

En dit was vir hom erger.

Want hy was lief vir sy sussie.

Van voor sy gebore is.

Sy’t gehuil.

Hart stogtelik.

Soos net ‘n baba dogtertjie van nog nie 9 maande nie kan huil.

En hy’t gehuil.

Oor die stamp teen die kop.

En oor die onvermoe.

Oor die goeie bedoelinge wat skeef loop.

In sy lewe sou Frans nog baie daaroor huil.

Oor Sy goeie bedoelinge wat skeef loop.

Hy was nie ‘stout’ nie.

Hy’t dit geweet.

Maar op ‘n manier is dit wat in die oomblik kom sit het en sy Ma het die Evangeliese oomblik uitgekoop, midde in die storm van 2 huilende kinders, om vir hom te verduidelik dat ons baie verkeerde dinge sal doen en ons enigste hoop, ons enigste troos, is dat Jesus ons vergewe en ons help aan die lewe.

Frans is dankbaar vir sy Ma.

Nes hy het sy ook maar net kon kyk in ‘n dowwe spieel.

Haar spieel was die Evangelies Gereformeerde Blye Boodskap wat in die NG Kerk van die sestiger en die sewentiger opgehou is.

Dit was deur beskikking haar spieel.

Want as daar ‘n God is dan’t God tog sekerlik beskik dat sy aan die Suid punt van Afrika gebore is, die eerste dogter van Andries Daniel Faber en Catherine Dorothy Verster, wie sou groot word om te trou met die seun van ‘n Franse vlugteling en ‘n Ierse Katoliek wat sy lewe sou gee aan bediening van die Evangelie en sakramente en bevestiging van huwelike en hou van begrafnisse?

Beskikking.

As daar ‘n God is, dan was die God tog sekerlik nie afwesig, 1000 jaar gelede, hier by die ‘Tempel van die Wolk Woning’ in die Jishing Berge, waar ‘n duisend mense op een slag sop ge eet het uit ‘n enkele pot nie?

Frans en sy dogtertjie stap die Tempel deur.

Van wierook bak na wierook bak.

Op teen die trappies.

Die eerste bid plek is vir gewone goed soos kos en klere.

Hulle elkeen steek 3 wierook stokkies aan en plant dit langs ander wierook stokkies buite die kamer waar die beelde van Bhuddas wag.

Binne, voor die groot beeld van ‘n effe oorgewig, vriendelike man wat kruisbene sit, is daar bordjies met vrugte en gebak.

Helder kleurige lappe hang van die ongelooflike mooi geverfde plafon tot omtrent ‘n meter bo die grond.

Die geel en groen en rooi en blou soos verf wat drup uit gedetaileerde krulletjies en versiering.

Nee, meer soos toue waarmee opgeklim kan word in ‘n skool saal wat dubbel diens doen as Gymnasium vir die Standerd 2 klas se LO periode.

Mooier.

Maar net so ‘daunting’ soos daai toue.

Want niemand kan klim nie.

Op teen die trappe, by die volgende bid plek is daar ‘n beeld waar gebid word vir gesondheid.

Terwyl Frans en sy dogtertjie se twee maal drie wierook stokkies die koue vroee winter lug geur, dink hy daaraan dat ons almal tog op ‘n manier dieselfde is.

In wat ons hoop.

En wat ons besef.

Ons almal hoop om genoeg te he.

Genoeg om van te lewe.

Om vir ons gesin te kan sorg.

Skuiling teen hitte en koue.

Klere.

Kos.

En ons almal hoop om gesond te wees.

Niemamd van ons, of ons nou deur beskikking in die Weste van Europa gebore is, of die Verre vreemde Ooste of die wilde onbekende Suidpunt van Afrika, ons wil nie leef onder die las van siekte nie.

En op ‘n manier weet ons almal dat, op die ou einde, na al ons pogings, die uitkomste van hierdie dinge nie regtig in ons eie hande vasgehou word nie.

Dat daar ‘n Ander is.

Uit Wie ons lewe tot ons kom.

‘n Entjie verder op, by die volgende bid-plek, word daar gesmag na krag.

Vermoe.

Om te kan.

Want hierdie lewe vra van ons almal deursettingsvermoe.

Om te kan aanhou.

Want dit is meedoenloos.

In die ritme van verloor en wen en weer verloor.

Frans en sy dogtertjie steek elkeen weer 3 wierook stokkies aan.

Hulle bid nie.

Of miskien bid hulle tog?

Want in hulle elkeen se harte is daar hoop.

“I made a wish, Daddy”, se sy dogtertjie vir hom in Afrikaans en Engels en Chinees gemeng.

Want dis haar taal.

Hierdie dogtertjie wat ook deur beskikking tot lewe gekom het.

En deur beskikking so anders lewe as haar twee ouer Sussies en Ouboet.

So anders groot word.

“Wat het jy gewens, my Poppie?” vra Frans, nuuskierig om te weet wat lewe in haar hartjie.

“I wished that we will be happy. Dat ek die Kindergarten ding sal regkry. En ha-ou Ren sal wees.”

‘n Goeie mens – om ‘n goeie mens te wees … dis haar harts begeerte.

Haar wereld.

Haar hart.

En dan as hulle binne kom, in die saaltjie waar die groot beeld van ‘n sterk man met ‘n swaard in die hand en ‘n voet op die kop van ‘n roofdier, die spasie domineer, dan vra sy:”Ta shu shy?”

“Wie is hy?”

En Frans verduidelik dat hy ‘n voorstelling van vermoe is.

Frans weet ook nie regtig nie.

Hy ken nie Bhudisme nie.

Hy’t nog net fragmente daaroor gelees en by homself gedink dis heeltemal te ‘n ingewikkelde sisteem van denke om mee sin te maak van die lewe.

“Hy’s sterk”, verklaar sy dogtertjie.

“Hy lyk so”, stem Frans saam.

En dan mik hulle weer boontoe.

Nog ‘n stel trappe op teen die berg, deur die Tempel Kompleks met sy ongelooflike tuine en verstommende argitektuur wat skuins teen die berghange opklim, boontoe.

Die volgende bid plek is vir Wysheid.

Kos, klere, skuiling.

Gesondheid.

Vermoe.

Wysheid.

Dis amper soos Maslow se pyramid.

“Sonder wysheid maak ons dit nie, my Pop”, verduidelik Frans, meer vir homself, as vir sy 4 en ‘n halfjarige dogtertjie wat styf teen hom staan.

“Wat is wysheid, Daddy?”

“Miskien om te weet?

“Om te weet hoe om ‘n Pappa vir jou dogtertjie te wees?

“Om te weet, as jy ‘n Pappa is, hoe om Man vir daai dogtertjie se Mamma te wees?

“Om te weet wat is goed en reg?

“Wat is belangrik.

“Wat is die beste om te doen en die beste redes om dit te doen.

“Miskien is wysheid om te weet hoe om te lewe, midde in die verloor en wen en weer verloor, op so ‘n manier dat jy nie ander seermaak nie, maar help?”

“Wa sijangjou wysheid, Daddy.”

“Ek wil he, wysheid, Pappa.”

“Dan het jy dit al, my Pops, want om dit te wil he, en te weet dat jy dit nodig het, dit is miskien die grootste wysheid.”

“En jy, Daddy. Nie jou hou. Jy’t dit ook”, verklaar sy.

En hulle steek elkeen hulle 3 wierook stokkies aan.

Staan ‘n oomblik in die skoon berg lug.

Steek die stokkies, langs mekaar sin, in die wierook bak, by baie ander wierook stokkies wat die lug versier.

Hulle harte hoopvol.

Saam.

Vol verlange.

Dat wysheid hulle sin sal wees.

Dat hulle sal weet.

Hoe.

Om te lewe.

Nou stap hulle Suid en Noord.

Kante toe.

‘n Onderbreking in hulle boontoe mik van wierook bak tot wierook bak.

Hier, op hierdie vlak van die Tempel is daar ‘Pagodas’.

Een aan die Noorde kant.

Opgerig in die 1600’s.

Om belangrike dokumente en instrumente te bewaar.

13 meter hoog.

Uit klip en teels gebou.

Ook, om te onthou.

‘n Man wat voor daardie jare baie beteken het vir die mense wat hier geleef het en gekom het.

Aan die suidekant staan die ouer ‘Pagodas’.

Wat nooit verwoes was deur oorloe teen Japanese of tyd of weer nie.

‘n Grote wat hoog die hemel in toring.

Omring deur vier kleintjies.

En dan ‘n entjie verder Suid, 3 soortgelyke ‘Pagodas’ wat bekend staan as ‘The Three Abots’, waar 3 manne begrawe is.

3 manne wat kort op mekaar se hakke hard gewerk het om hierdie Tempel te vestig.

En die werk te doen, wat hulle gedoen het.

Die Tempel, ‘Yunju Tempel’, soos dit in Chinees bekend is, was ‘n plek waar tekste geskep en bewaar is.

Vir die 1ste 6 of 700 jaar van die Tempel se geskiedenis is ure en ure en dae en maande gewy daaraan om Sutras in Chinees te vertaal en op klip tafels en hout tablette en papier te verewig.

Iewers langs die stroom van tyd het almal vergeet van die werk wat gedoen is en eers weer in die laat 1940’s is die klippe en tablette in grotte, hoer op teen die berg, ontdek.

En uitgehaal.

En skoongemaak.

En is nie net antieke Sutras gevind nie, maar geskiedenis van hierdie mense en wat hulle gesien het en gedink het en beleef het.

Frans wonder of die drie ‘Abbots’ ooit gedroom het dat wat hulle doen, nog ‘n duisend jaar later daar sal wees?

En of hulle van mekaar geweet het?

Of hulle beplan het om een na die ander die werk te doen en diep spore te trap wat nie deur die wind toegewaai sal word nie.

En hy wonder oor sy eie lewe, terwyl sy dogtertjie in haar bloedrooi winter baadjie tussen torings hardloop.

Hy wonder nie of hy diep spore getrap het nie.

Want om spore te trap is nie deel van die begeertes van sy hart nie.

Lig loop.

Dis eerder waarvoor hy hoop.

So, dat selfs al sou sy voete vir ‘n oomblik in druk op die sand waar hy tree, die Wind spoedig sal kom sodat tekens van sy teenwoordigheid spoedig spoorloos sal verdwyn.

Hy weet sy vinger merke sit.

Op sy kinders.

En hier, vandag, so tussen die torings wat die ‘Abbots’ onthou, bid hy weer: “bewaar hulle van my bose, sodat hulle ongeskonde kom by groot mens wees en kan wees, sonder huiwering, alles wat hulle geskep is om te wees, en kan leef, sonder vrees, uit alles wat in hulle geplant is van nog voor ek en sy kon hoop of droom om Pa en Ma vir hulle te wees.”

En Wind ritsel deur die herfsblare.

En die strome van water vloei verby in die voor.

Berg af.

Rivier toe.

En sy dogtertjie vat sy hand.

En saam klim hulle die laaste trappies van hierdie Tempel.

Tot by die wierook bak wat staan en wag voor die beeld van die vrou met ontelbare hande.

In elke hand hou sy iets vas.

‘n Vis in hierdie een.

‘n Borsel in daardie een.

Iets wat lyk soos wind of donderweer in ‘n ander een.

‘n Mandjie in nog een.

‘n Gerf koring are.

‘n Swaard.

‘n Sirkeltjie met ‘n vierkantige gaatjie in die middel.

Wolke.

Reis.

‘n Wa.

‘n Dak.

‘n Boek.

‘n Boekrol.

‘n Hemp of rok of kledingstuk.

Kruie.

Te veel hande met te veel dinge.

Alles.

So verduidelik die brons plaatjie in ongemaklike Engels die betekenis van die beeld.

Sy hou in haar ontelbare hande alles vas.

En sy wil vir ons gee, alles wat ons nodig sou he.

Die enigste vrou tussen al hierdie beelde.

Die enigste een by wie daar spesifiek verduidelik word dat sy angstig is, ywerig om te gee.

Alles.

En Frans wonder oor die dowwe spieel.

Of hier, in hierdie uitbeelding, nie miskien weergegee word, ‘n oogwink nie?

Van wat uit die hoek van die oog gesien is, terwyl met opregte bedoeling gekyk en gekyk is in die dowwe spieel wat vir hierdie mense beskik is nie?

‘n “Glimpse”?

Van Hulle van Wie ons kom?

Die Een Wie gretig is om te gee, al die goeie gawes, ingeweef in verlies en wen en weer verloor?

“Ons almal sien, soos in ‘n dowwe spieel, in ‘n raaisel”, verduidelik Frans vir sy dogtertjie. “En hier, miskien, as hulle hierdie beeld gemaak het, het hulle iets gesien van ons Bron en Lewe? Van Hulle Liefde vir ons wat deur Hulle hand en Woord en Wind tot lewe kom en gekom het en sal kom? Miskien het hulle iets gesien van ons Oorsprong se Gewer-wees, van Self en Wees en Lewe? En dit vertaal in hierdie kunswerk van ‘n vrou met ontelbare hande, waarin sy nie net vashou ‘alles’ wat ons sou mag nodig he om te lewe nie, maar ‘Alles’ wat is en was en sal wees, omdat uit ons Oorsprong alles is en tot ons Oorsprong alles weer kom?”

Miskien.

Soos daardie beeld wat die ou op die plein gesien het, waarvan die Handelinge van die Apostels vertel, wat gemaak is van die ‘Onbekende God’ van Wie hy hulle vertel het?

Hulle steek hulle twee stelle van drie stokkies wierook aan.

Plant dit in die wierook bak.

Nie omdat hulle dink dit het betekenis nie, enigsins, verder as om net die oomblik hier saam te merk nie.

Frans se hart merk ook die oomblik.

Met dankbaarheid.

Want al is die spieel dof, is daar tog genoeg te sien.

Nie net in tekste en boeke en briewe en geskrifte of beelde nie, maar in lewe.

In ‘n Sussie gebore, tot ‘n onskuldige klein seuntjie.

In ‘n groot word, met min vinger merke en nie eens die stank van rook op klere nie.

In ‘n maat wat gekies het om die lewe te deel, ongeag van die verlies en wins en weer verloor wat so noodwendig meedoenloos oor ons spoel.

In 4 kinders, geskenk in ‘n skoot wat, al is sy reip en vrugbaar, nie hierdie skeppende wonder sou kon ken nie, bloot omdat sy gekies het om die lewe te deel, ongeag van die verlies en wins en weer verloor.

En tog die wen daarvan beleef het.

En nou die verlies van kinders wat groot word, om spasie te maak vir ‘n ander wen, van lewe deel met vier uitsonderlike wesens wie self sal wees, soveel meer as wat Frans ooit was, omdat daar ontelbare genade hande is wat keer en dra en onderneem.

In ‘n betowerde lewe.

Vol.

Selfs miskien betekenis vol, ten spyte van die onbeholpenheid en onbelangrikheid waarmee gestrompel is van een verjaarsdag na die volgende.

In Die Weg van die Geskenk wat gee, sonder voorbehoud, Lewe in Oorvloed.

Die volgende oggend staan Frans en wag vir bus 835.

Hy’s oppad Ambasade toe.

Hy sukkel om sy kinders se ‘unabridged’ geboorte sertifikate te kry.

Al lank.

3 jaar.

Hy’t dit nodig.

Hulle wil reis.

En visas moet hernu word.

En beedigde verklarings werk net so lank.

Dis koud.

Hy steek sy hande in sy swart leer baadjie se sakke.

Hy voel iets.

Vat vas en haal uit.

Dis ‘n gevlegde rooi toutjie.

Hulle het dit gister vir hom gegee by die Tempel.

Toe hy die wierook gekoop het.

‘n Armbandjie van soorte.

Miskien om te wys jy was by die Tempel.

Of om te herhinner.

En soos hy opklim.

En sit.

En begin vertel, alles wat maal in sy hart, terwyl die bus sy pad vind na die middestad, weet hy nogsteeds, hy’t nie nodig om ‘n Tempel te besoek om sy God te sien nie.

Hy’t nie nodig om wierook te brand of ‘n pelgrim se tog te onderneem nie.

Ons Oorsprong is.

En was.

En sal wees.

1000 jaar gelede en verder, by daardie 3 ‘Abbots’ teen die hange van die berg.

En 45 jaar gelede in die hospitaaltjie op George in Afrika.

En elke oomblik, wat ons beleef, in ons stomp kronologie.

Met ons.

Of ons selfs eens weet of daar ‘n dowwe spieel is om in te kyk, of nie.

En Frans se nog ‘n keer dankie.

Hierdie keer tussen ‘n skare oppad.

En Hy sit die rooi gevlegde armbandjie aan Sy arm.

Gebaar.

Want om te lewe is geskenk en om te Leef.

En alles is, soos dit moet wees, want ons is nie aan onsself oorgelewer nie en ons is nie uitgelewer aan tyd en omstandighede nie.

En iewers, diep in sy hart, waar hy selde kom of kyk, weerkaats ‘n hoop, vaal onder die stof, dat tog, op ‘n manier, in sy wees en leef, die spieel vir ‘n ander dalk net effe minder dof sal wees.

Miskien.

Tog.

Uit die Hand van Hulle wat nie laat vaar die werke van Hulle hande nie?