ding is natuurlik (volgens my beskeie mening) die antwoord op die vraag: “Wat word van jou siel wanneer jy sterf.”
Daar is baie dinge in die lewe wat belangrik is, natuurlik. Liefde en Vroulief en die kinders en om ‘n goeie mens te wees en so aan. Daar is ‘n lang lys van belangrike goed. Maar vir my is DIT die belangrikste.
Okay. Ek glo ook nie in reïnkarnasie nie. Maar…
Is my siel onsterflik? Daar is net twee moontlikhede, reg!? Ja of Nee!
Indien mens twyfel daaroor, dink so daaraan – jy het ‘n 50% kans om reg te wees. Soos om rooi of swart te speel op die roelet tafel; so wat is dit vir jou meneer, rooi of swart? Jy sit jou chip (jou siel) op die tafel neer en daar spin die wiel!
Sê nou maar ek raai nee dan kan ek mos myself geniet en alles doen wat ek wil, wat ek mag en wat ek nie mag nie, sodra ek net nie uitgevang word nie, reg? En aan die einde is daar geen vergelding nie, geen verantwoording nie! Dan is mens mos dom om nie voluit te gaan en alles in te prop in die kort tydjie tot jou beskikking nie.
Maar sê nou ek was verkeerd en o gonna! Dit draai uit dat my siel toe wel die hele tyd onsterflik was en gepaardgaande daarmee, alles wat staan in die Bybel was toe ook die waarheid! Wel, indien dit so is dan sal alles wat in daardie Boek staan omtrent die hel ook waar wees. Kyk ek is mal oor vuur en braaivleis en kaggels en kaggel vure en so meer, maar om vir ewig en ewig te braai en dit kom NOOIT klaar nie. Dit is ‘n gedagte wat mens mos sal slapelose nagte gee!
So wat dink jy, wat is dit rooi of swart…