Gits, Fritz!

Dit gaan willer as die wildtuin in my lewe.  For one, ek werk my gat af – donker uit die huis uit, doen meer as my deel by die werk om almal tevrede te hou en kom eers weer amper donker by die huis, waar ek verder ander mense moet tevrede hou.  Maar, ek wil nie kla nie, die besig-wees hou my uit die kwaad uit.

Maar waar skrik ek myself vandag uit my suspenders uit! Terwyl ek so lekker sit en werk, kom ‘n ou in my kantoor in – die ou werk so om en by 2 maande by ons, om een of ander iets uit te vind.  Na ek hom nou mooi gehelp het, loop hy, maar draai so kort by die deur om, maak die deur half toe en vra of ek al daaraan gedink het om ‘n affair aan te knoop… HOE BEDOEL MNR NOU?  Ek het skaars genoeg krag om my eie, persoonlike, wettige man gelukkig en tevrede te hou, hoe de joos wil jy he ek moet ‘n skelm affair aan die brand ou – maar ek hou my koel en antwoord net; Nee jong, nog nie daaraan gedink nie, het jy?  Met die antwoord hy, as jy dit ooit oorweeg, laat weet my, ek stel belang.  Daar draai hy om en stap uit my kantoor uit.  Ek dag ek rol my stoel van skok.

Sulke arrogansie het ek nog nooit in my hele lewe gesien nie.  Die ou is getroud, het 2 kinders en hy’s nog jonger as ek ok nog!

Ek het nogal hoeka gewonder of werk die nuwe anti-aging roompies wat ek nou die dag ten duurste gaan koop het en so waar as wragtag …

Die ou se arme vrou!  Hy kan baie bly wees hy’s nie my man nie, want as ek klaar was met hom, sou hy van geen nut vir geen man of vrou op hierdie aarde gewees het nie…!

Leave a comment »

Carwash

Ag julle outjies, jammer dat ek so stil was. Ek was by die Car Wash en hulle moes 3 keer oor was want hulle het aanhoudend klein plekkies gemis. 

carwash2.jpg

Ag tog! Ek moet alweer ry, hulle het wragtag nog ‘n spot gemis….!

Sien Later!

Comments (6) »

‘n Aandjie uit

Heerlike naweek agter die rug.  BAIE min geslaap, maar who cares dat ek vandag biedjie rooi-oog en bemoerd by die werk sit?

Ons is Saterdag-aand Carousel toe om na die skreeusnaakse Barry Hilton – “The Cousin” te gaan kyk.  Hy het jare terug by Carousel begin shows hou en ons was toe al getroue ondersteuners.  As jy lus het vir ‘n serious lag, gaan kyk gerus sy live show – dis die moeite werd.

Na die show het die mense die dansbaan betrek en lekker biskit geskud.  As iemand op ‘n dansbaan klim, kan jy ongelukkig ook sien hoeveel alkohol daai ou / girl inhet.  Meeste van die tyd, maak jy in elk geval in so situasie jou naam gat.  Die een ou het gelyk soos ‘n veldmuis wat ‘n orgasm kry, soos hy sy gat swaai.  Die ander ou, het so min ritme, as hy net biedjie kou terwyl hy dans, verloor hy die beat.  Die een girl het sulke weird moves gemaak, dit lyk of sy Jacameister gesnuif het – wat, by the way, deesdae die inding is, hoor ek.  Ongelukkig was ek nog nooit so lus vir drank nie.  In elk geval het ek nie drank nodig om soos ‘n hooligan tekere te gaan nie – ek het sommer ‘n natuurlike wilde streep!

Verder, was dit maar ‘n rustige naweek.

Leave a comment »

Vrouens en seks (sug)

Ek het die onderwerp van hoeveel keer ‘n week is genoeg seks op Seksvrae (wat hiermee begin het) en op Oor.Dose raakgelees en toe my gedagtes laat gaan en ook sommer aan iemand wat ek ken, gedink. 
Kyk, vir ‘n vrou om te kla sy kry te min seks, wil gedoen word.  En nee, sy is nie ‘n nimfo nie, sy het rerig ‘n gevrekte man, want hy swig nie eers voor haar verleiding-tegnieke nie.  Of, nou dat ek daaraan dink, dalk doen sy dit verkeerd…?  Hoe dit ook al sy, ek kry die vrou nogal jammer, want as jy genoeg seks kry is dit nie ‘n issue nie, maar as jy nie genoeg kry nie, is dit ‘n serious issue wat alle ander issues oorskadu.

Ek, as vrou, dink regtig ons vrouens kan ook maar biedjie meer effort aan die dag le en ons mans biedjie serious verlei.  My man hou nogal daarvan as ek biedjie initiatief aan die dag le as dit by seks kom.  Waar’s die wet wat se, dis net mans wat seks mag inisiate?  NERENS!  Maak nie saak of jy ‘n vrou is nie, as die natuur roep, antwoord.  Jy sal dalk jou man uit sy koma uit laat kom.

Nog ‘n ding wat ek ook so met die tyd agtergekom het is dat ons boere-girls dink ‘daai deng’ hy es net vir piepie – NOT!
Jy sal verbaas wees hoe multi-purposed daai dingetjie kan wees en hoe lekker dit is om al daai goedjies saam met jou man te explore. 
Met vandag se gejaagde lewe, is almal maar lam en tam en nie altyd lus vir baie nie.  Ek is ook maar skuldig dat ek te moeg is, of nie lus of whatever ook al. (Ek se nie meer ek het hoofpyn nie, want ek het een aand ‘n glas water en ‘n panado op my bedkassie gekry, toe ek vra wat nou, word daar gevra of nie gese het ek het hoofpyn nie.  Ek antwoord toe, wat jy waar gehoor het? En ja, dis toe dat ek die skimp vang…)  Maar, as jy deurdruk en biedjie foreplay toelaat, kan ek jou verseker, jy gaan nie meer moeg of lusteloos wees nie.
Ek wil net noem, ek dink net daar’s ‘n paar mans wat die art of foreplay biedjie kan gaan naslaan.
– Moenie van die begin af induik en gaan vir goud nie – be gentle
– Borste moet met sorg hanteer word en nie soos radio-knoppies getune word nie
– Weet waar is die on-knoppie en gebruik dit reg

Ek was eendag by ‘n kitchen tea waar daar ‘n professionele seks-terapeut was wat ‘n praatjie gelewer het.  Dit was baie insiggewend.  Ek het wel die heeltyd gebloos of gegiggel, maar ekt darem geluister ook en ‘n hele paar tips opgtel wat tot my en my man se voordeel gestrek het.
Daar is vrouens wat gaan paaldans- of bellydance-lesse vat om dinge in die kamer biedjie op te spice. As dit is wat jou man wil he, gaan groot. Kry ‘n paar vere, ‘n besemstok en maak daai heupies los en be the human coffee grinder.
Ek, persoonlik, doen dit eerder self vir hom as wat hy in ‘n strip-club gaan sit en jimpel word en dan huis toe kom en my dubbelvou oor ‘n ander girl se gedans.  Nee, ek wil werk vir my kos en ploeg nie met iemand ander se kallers nie.
Ek kan nie dink dat daar een man sal wees wat nie sy vrou met vere en baie min klere aan, wil sien nie.  En as jy biedjie skuldig voel oor die selluliet en lovehandles, relax – mans sien dit nie raak nie, hulle oog is op ‘wenpaal’.

Een van my vriendinne het met Valentyndsdag vir haar man ‘vouchers’ gegee.  Nie Timbercity of Builders Warehouse vouchers nie, maar vouchers wat sy self gemaak het.
Vouchers wat hy kan inruil vir ‘exotic room services’.  En volgens hom was dit die beste geskenk wat hy nog ooit in sy hele lewe gekry het.

Sal dit nie lekker wees as jou wederhelf 24/7 met ‘n  krokodil-smile rondloop en jy weet dis nie oor hy/sy die lotto gewen het nie, maar ‘n veel beter jackpot geslaan het nie?
Jy hoef nie elke dag seks te he nie, maar sorg dat jy dit reg doen die kere wat julle dit wel doen.

So, vir die vrouens wat nou besluit het dis tyd vir meer spice in die slaapkamer, sien die foto hieronder vir ‘n idee oor hoe jy vanaand vir jou man kan wag – and call me in the morning!

tequila.jpg

PS: Voor jy jou man inwag, sorg tog net dat die kinders in die bed is en slaap, ons wil nie he daar moet ‘n paar kinders wees wat trauma-counceling moet kry oor hulle op mamma en pappa in ‘n moeilike posisie afgekom het nie! 😉 
 

Comments (2) »

Met die maan gepla

Ek hoor dit was vanoggend maansverduistering.  Wel, ek is seker die volmaan het ‘n invloed op sekere mense, veral die vrouens, gehad. 
Ek was gister vir geen rede in ‘n bedruk en bedonnerde bui en meeste van my vriendinne was ook maar half depro.  Even ‘n vriend van ons, kla gister, hy weet nie wat aangaan met sy vrou nie, sy is in ‘n baie skuins bui.  Vir hom is dit heeltemal iets nuut, want hulle is van die gelukkige paartjies wat DALK een keer in 2 jaar seriously moerig raak vir mekaar.

Ek dag toe vanmore, laat ek biedjie ‘met die maan gepla’ google.  Al wat ek opspoor is Gian Groen se cd met die titel en ‘n paar non-related sites wat elke woord apart bevat.

Maar, nou wil ek weet, is daar regtig mense wat met die maan gepla is?  Raak jy biedjie moerig, bedruk, bedonnerd, snotterig en tranerig as dit volmaan is?  As jy ‘n vrou het en jy kry die moods, word daar mos maar gewoonlik aangeneem jy’t PMS.  En as daar nou een iets is wat vir my voel of iemand ‘n sambreel in my hol oopmaak, is dit as ‘n man vir my se, “oe, dis seker weer DAAI tyd van die maand”  EK SIEN SWART!
Dis soos Karin Zoid sing: “Nee, ek het nie PMS nie, I’m just a natural BITCH!”

Is daar regtig mense wat met die maan gepla word?

Comments (5) »

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg