My hande gryp na drade wat nat is met my trane.
Geniepsig is die windjie wat my herinner van my verlede.
Tragies is die begin van nog n dag – met gister se gewete.
Sewentig maal sewe, vergewe my dorstigheid na die lewe,
Dis ingebou in my reedsbestaande beendere van geboorte liedere.
Dis daai wind wat my lieg en bedrieg – sodat ek kaal staan – voor n leuen.
En dan beklee dit my met woorde wat belaai is met onwaarhede – oor myself.
Myself wat soveel keer strewe na n lewe – waar daar lewe is.
Waar dit wemel met tolbosse soos visse wat n tornado vorm.
Onder water – waters waar rus is.
Rus vir my siel, rus vir my gees wat bars om oor te wil neem.
Neem oor Heil’ge gees. Mag ek dans in die wind van verlange na n liefde wat die dood skaam maak.
‘n Ander wind, ‘n dieper wind, ‘n koesterende wind wat my wange spelend knyp en ontfermend my rokpante waai.
Heen en weer waai die nuwe wind, waai dit die lewende water.
Maak dit branders wat my verlede wegspoel en al wat oorbly op my strande is mooi herinneringe.
Die Mooiheid van n Vader wat sy kind liefhet.
Sy sonskyn tap met sinne vol geloof.
Soos heuning – taai van beloftes wat aan my vassit.
Lovesongs that are as old as time, all speak the same, deep message
I will love you forever.
I will protect you from the storms
I will respect your walk
I will celebrate your victories…
And this one is no different, but my love let’s dance in the storm
Let’s praise in the presence of a love born to be loved and to be love in essence.
I was born to love. We were born to sway in the innocence of a memory crafted to be so organic in its creation.
My walk was a separate one until I could not go around you any longer – and we collided in a fury of words. The word – left behind in a person and a presence.
Vergete is my dae van daai tergende wind wat my verlede in neuropathways inwaai.
Ek slaag nie altyd nie,
Ek oorkom nie altyd nie
Ek oorreed nie altyd myself dat dit nie die ware ek is nie – maar – ek probeer.
I try to forgive my own mind for betraying my spirit. But the spirit is never overpowered.
It is never tainted and it can never be stopped.
Tap into it, dig deep into the caverns of mystery.
Dis soos n fyn wierook wat soos parfuum altyd onderliggend smeul in die gange van my gedagtes.
Mag die reuk altyd dwaal in my onderbewussyn.
Mag dit my party dae oorrompel met diep gesprekke tussen ons.
Ons….
Nie meer net ek.