Buckfever Underground

Die Volk (Is In Die Kak) :
ek weet byna presies wat’s fout met ons
ek lees my nuwe uitgawe van de kat en ek weet
ek kyk tv en ek weet
ek luister radio en ek weet
ons is deur die kak

storie van sonde by monde van die kombuiskasradio wat ewe grys en sedig en novilon-geel jou lewe se hande beperk tot ketels en wasgoed en stofsuiers
groot-uier koei jou moeisame mens jou grensende stuk lap jou sagging borste jou parow vriendinne jou gek gek obsessie met steve hofmeyr en huisgenoot-heroes en bondgenootlose naweke vol popcorn en pap en braaivleis en buurmanne vol grappe
trippe trappe trone die volk is in die kak
die belofte van môre word gister se misgissing visvang by die vaaldam vakansie by b&b’s en kos by bp express en excessive nagte vol geslagte wat lank in die donker vir jou sit en lag lag lag
bedags daai selfde stuk grond verpand vir selfone en die c-reeks en reukwater en http://www.yahooooo.com
so slinks is hy met sy cufflinks en gholfstokke en winternagjagtogte na bokke met rokke met nog woord nog styl net kwyl geen kwellings die swellings dig toegetrek agter blomrokke en donkerbril skokke en bybelversies en kersfees met die kinders
verhinder jou siklus vol siektes met rooklonge en ou tande en ‘n ingeboude bar vol
sfw kwv en sab
jou onbenydenswaardige rassehaat agter paraatheid en vrate vir vreugde sonder deugde in ‘n land van besittings en versetlose ontsetting hth pools van hoofpynpille en skrille lug wat draai en kantel soos ‘n mantel horison wat die son gryp en die donker giet deur hierdie son hierdie son
van uv factors en fabriekrook
klokke sonder bokke vir die skape sonder skade berokken jouself oortrokke deurtrek met tradisie en maniere en straatname en vervolgverhale en maagkwale en god weet wat wie het meer te sê as die besitter die ontbieder die verspieders is dood en die ontkennings te koop by boekwinkels apteke regerings stuttafords en steers
trippe trappe trone die volk is in die kak

Junie 8, 2010 at 11:52 vm 2 Kommentaar

Mode Polisie

So val die helde. Ek bieg, ek het vir my crocs gekoop. Dit lyk nie soos crocs nie, maar steeds… dis crocs.

That said, is daar twee dinge wat ek nooit sal verstaan  (en hopelik nooit sal doen) nie:

  • bootse by ‘n kortbroek
  • harem pants

DoYouHarem

Oktober 4, 2009 at 5:45 nm 5 Kommentaar

Pride and Prejudice and Zombies

387px-PrideandPrejudiceandZombiesCoverEk weet ek het gesê ek gaan nooit weer ‘n zombie novel lees nie.  Maar wie kan nou die volgende weerstaan:

Can Elizabeth vanquish the spawn of Satan?  And overcome the social prejudices of the class-conscious landed gentry?

Oktober 2, 2009 at 9:51 vm 3 Kommentaar

Onnodig opgewonde

tabasco

Ek dag hulle maak nou reuse bottels tabasco.  Dink ek moet onmiddelik die Zuit inlig. 

Toe nie.

September 4, 2009 at 11:30 vm 6 Kommentaar

Spiritualiteit & Seksualiteit

Ek voel oor Lectio Divina soos wat ek oor seks voel.  Elke keer wat ek dit doen, wonder ek hoekom ek dit nie baie meer gereeld doen nie.

Augustus 27, 2009 at 12:35 nm 5 Kommentaar

Die laaste zombie novel wat ek ooit sal lees

handling-the-undeadDit is algemeen bekend dat ek ‘n gesonde voorliefde het vir zombie-novels.  Maar hierdie was die laaste een wat ek gelees het.  Nooit weer nie.

Soos wat ‘n mens te wagte kan wees, is Sweedse zombies nice.  Hulle wil niemand verorber nie – hulle wil net graag huis toe gaan.  Dié dat hierdie werk ‘n liefdesverhaal genoem word.

En dis ook net hier waar ek die streep trek.  Natuurlik is zombies tragies.  Dit herinner ons almal aan die skadu wat die dood daagliks oor ons lewens gooi.  Maar ‘n oupa wat sy 4 jarige kleinseun met sy hande uit die graf grawe en hom dan room smeer in ‘n poging om sy lyk te bevogtig…

The horror.  Too horrible.

Ek sal volstaan by zombie flieks.  As hulle net meer zombie flieks wil maak!

Augustus 24, 2009 at 4:54 nm 3 Kommentaar

Okay, hieroor sal ek blog

Wat ‘n handige mgaftertjie!

O wee, besluite besluite… rubber, chocolate, kers…

Ek gaan sommer nou een bestel, dan sal ek die kunswerk wat ek gemaak het, afneem en vir julle ‘n foto’tjie plaas.

Skuus, FOTO.

Augustus 18, 2009 at 8:10 nm 8 Kommentaar

Net vrae en vrae

Een van my blog vriende (ons noem nie name nie) stel voor dat ek hieroor moet blog.  Ek dink dis ou nuus en gaan nie daaroor blog nie.  Wat ek wel wonder, is wat die spesifieke vriend by die spesifieke website gesoek het?

Nou goed, miskien sal ek wel blog oor “Mr. Limpy“.

The fan favorite of Fleshlight® masturbation product users everywhere, Mr. Limpy™ is always the life of the party! Made from the same Real Feel Super Skin® as Fleshlight Masturbation Sleeves, you can stretch it, swing it, pull it, pack it, or use it as a “gag” gift, if you know what we mean. Great for bachelor and bachelorette parties or simply left out on your coffee table, Mr. Limpy is a great conversation starter and ice breaker. Frequently used by trans gendered men as a packer. Just don’t expect to pitch a tent with it (Mr.Limpy is more of a novelty than a sex toy). After all, it’s Mr. Limpy, and he’s been under a lot of stress lately. Available in pink in four different sizes. Length: 16.5cm

Molded from the average Fleshlight staffer, this is the preferred weapon for any Mr. Limpy duel. Hold the balls and stretch back the head for a deadly slingshot effect, or hold the head and swing the balls for a savage medieval style ball n’ chain that would make Ivanhoe proud. Ideal for all varieties of tomfoolery this also makes a great bachelor and bachelorette gift. What can you do with Mr. Limpy?

Behalwe, wat kan ek sê?

Augustus 18, 2009 at 9:39 vm 12 Kommentaar

Die stryd om die Waarheid

Net omdat ek bietjie meer liberaal is as die gemiddelde Christen, veral as dit by seksualiteit kom, beteken dit nie dat ek geen etiek het nie. Ek glo dat jy onder geen omstandighede ander mag gebruik nie, dat ons almal na die beeld van God geskape is en daarom verdien om met respek behandel te word.

Nou wil die Hoof van die Huis by my weet waar in die Bybel dit staan dat threesomes sonde is. (Nie dat hy ooit te vinde sal wees vir my voorstel vir ‘n threesome nie.)

Ag vrek. Wat het ek gedoen om dit te verdien?

Augustus 13, 2009 at 11:44 vm 10 Kommentaar

VRA MY TOESTEMMING!

Ag donder. Hoekom is my WordPress bladsy in Afrikaans? Het ek gesê dit mag maar gebeur? Nee, ek het nie. Verstaan ek nou wat hier aangaan? Nee, ek verstaan dit nie. Weet ek hoe om dit reg te stel? Nee, ek weet nie en ek het ook nie tyd om uit te werk nie.

Wanneer, o wanneer, gaan ek tog kan ophou kla?

Augustus 11, 2009 at 9:44 vm 2 Kommentaar

Moan moan moan of: step away from HTC

Die brief wat ek vir HTC geskryf het op 27 Julie 2009:

On 2 July I upgraded my cellphone contract. Part of the contract was a payment plan for an HTC Touch Diamond. They had one in store. I took it home, loaded all my data on to it, etc.

When I tried to make a call, however, it seemed that the phone was unable to make or receive calls!

So, back to the shop, wait for a week, get a new HTC Touch Diamond.

Took it home, loaded data, tried to make a call… same thing: phone unable to make or receive calls!

Once again, back to shop (I do not stay close to them and wasted money and time on all these ridiculous trips). Once again, wait for a week. This time I refused to take the phone before they tested it. And once again it could not make or receive calls! Three out of three!

It seems to me that the Touch Diamond is your benchmark phone, since it is the one advertised the most. I have always liked HTC and wanted to stick to the brand. But how can you manufacture, market and sell phones that does not work?

This has cost me money, time and a lot of frustration. I had to pay for a phone that I did not have! This is unacceptable. I believe that a professional company should have better quality control ánd customer service. Yours

Hulle reaksie was om my te laat weet dat my brief na die plaaslike verspreider geforward is. Ek het dit self ook vir hulle aangestuur. Reaksie? Geen.

Augustus 4, 2009 at 8:48 vm 9 Kommentaar

Skuldig skuldig skuldig

Verlede Sondag vra die dominee wat ons gunsteling besitting is. Ek sê my versameling Zombie DVD’s. Iemand anders sê haar Pratchett versameling. O wee! Ek het nie eers aan my Pratchett versameling gedink nie! Ek is u nie werd nie, Mnr Pratchett. Asseblief vergewe my!

Junie 15, 2009 at 10:48 vm 6 Kommentaar

Dameskring

Ek was gister-aand by ‘n byeenkoms van die vroulike weergawe van die Broeder-, askuus, Afrikanderbond.  Wat ek geleer het:

  • Ek is steeds bang vir trappe.
  • Die petrol in my kar moet tot die einde van die maand hou, ek het nie geld vir nog nie, magtig.
  • Riana Scheepers is “Dr. Adri”  van die Huisgenoot.  Ek weet nie of sy ‘n dokter/doktor is nie.  Ons veronderstel maar so.
  • Die Nuwe Kinderverseboek is flippen briljant (I wants it!), maar kos oor die R200.
  • Ons is vreeslik opgewonde as oor ons TAAL en kan ons giggel nie hou as ons ‘n hele aand in AFRIKAANS kan deurbring nie.  Ek fnuik hulle tog, want ek doen dit ELKE AAND.  En sommer deur die dag ook.
  • Dames het mekaar nodig om mekaar te ondersteun om soos dames te wees.  Ons moet mekaar op ons plek hou, want lyk my ons is nie van nature steriotiep nie.
  • Ek is nog nooit genader om deel te word van hierdie organisasie nie.  Dalk is dit duidelik dat ek nie hul hulp nodig het om ‘n vrou te wees nie.  Of dalk lyk ek na ‘n hopelose saak.

Junie 11, 2009 at 8:00 vm 5 Kommentaar

Temalied

att00069Ek’s ‘n dapper muis
kyk hoe stap ek deur die huis
en daar’s niks waarvoor ek skrik nie!
Vir niemand is ek bang
daar is niks wat my kan vang
en daar’s niks waarvoor ek skrik nie.

O ja?  En wat dan van ‘n kat/uil/whatever

Behalwe vir ‘n kat/uil/whatever…

IS DAAR NIKS WAARVOOR EK SKRIK NIE!

April 30, 2009 at 4:12 nm 7 Kommentaar

Toevallig is daar soms geweld teen vroue…

maar waar dit vandaan kom, sal ek nooit verstaan nie. Hoekom sal enige persoon ‘n vrou sleg wil behandel? Daar word dan met soveel respek oor hulle gepraat en na hulle verwys.

So wil ‘n dominee gister baie opgewonde vir my ‘n foto wys van “die perfekte vrou in die kerk”.  Die is natuurlik ‘n foto van ‘n vrou met ‘n toegezipte ritsluiter in plaas van ‘n mond.  Die foto het hy gebruik in ‘n presentation aan leiers in sy gemeente.  Hy dink dis snaaks.  Funny, ek dink dis geweld.

Hierdie onderonsie inspireer my om te foto’s van die perfekte vrou te gaan google.  Sy lyk onder andere so:

the_perfect_woman

of so:

aperfect_woman

Haha.

April 24, 2009 at 4:56 nm 6 Kommentaar

Older Posts


Feeds


Design a site like this with WordPress.com
Spring weg