2017

Goeie Dag Kombuis maats

Dit is ‘n hele twee jaar sedert ek hier kom inloer het. Bobbejaantjie het nou die dag daar op Facebook kom onthou van onse kombuis kuiers en my sommer lus gemaak vir afstof en ‘n lekker kuier.

Ek sien ‘n oulike idee vir die jaar – vat ‘n jar en gooi elke week ‘n nota daarin met iets positiefs wat die week gebeur het, aan die einde van die jaar maak jy hom oop en lees deur al die mooi dinge om voor dankbaar te wees. Klink mos nou na ‘n altevol blink plan vir my daai. Dis moeilik om ‘n hoogrepunt uit ‘n amazing week te kids, as ek een memory moet kies was dit my en Hannie se lazy rivier ride by Ushaka en ons heerlike warm lagoon swem by Uvongo.

Ek is passionate oor reis in ons eie beautiful land. In 2016 was ons in 7 van ons 9 provinsies meesal te danke aan atletiek en sien daarna uit om dit 9 te maak in 2017.

Kom reis saam met ons op die byways van ons land terwyl ek bekostigbare soms rustic, maar altyd met warm water en ‘n funksionele toilet, gaan uitsnuffel.

Ek sien sommer baie daarna uit om weer saam met bekende en hopelik sommer baie nuwe kebuismaters te kuier.

Groetnis van tafel tot tafel.

Ingrid

Demone

Ek het nog altyd gewonder wat dit vat om demone te laat wakker word. Ek wonder nie meer nie, want sien ek het dit eerstehands ervaar en ook presies wat gebeur wanneer hulle walker geraak word.
Dit het amper 6 en ‘n half jaar gevat om hulle vas aan die slaap te kry in ‘n diep donker grot en toe net toe ek begin gerus raak dat julle vir ewig slaap kom ruk ‘n paar sinne gespreek binne minder as 2 minute hulle wakker, grou die roostuin gemaak uit die mooiste oomblikke van die laaste jare op en breek deur die rotslaag om die grot oop te maak en hulle vry te laat.
Hulle kom tree aan met militere presiesie wat ons vorige weermag sou last skaam kry.  Hulle is helderder en louder as wat hulle die dag was toe hulle daar toegesluit is. Ek het nooit gedink dat die seer nog seerder kan wees as wat dit was toe hulle gebore is nie…
Nou is daar net een vraag: “hoe kry ‘n mens hulle weer weggebere?”

Jou empire

Dagse
Ek weet ek skryf baie min hier, maar ‘n klein blonde seuntjie en sy ma see gesigte spook nou al vir die by my.  Net so bietjie agtergrond:  ek laai elke dag  by drie skole kinders op en af die een ‘n gegoede hoerskool, sy voerder skool, dis met dieselfde ouers wat in hulle luukse voertuie groter parkeer spasie nodig het en dan die ander laerskool waar kinders in taxis, nie altyd padwaardige voertuie of aan die hand van ‘n ma aankom en vertrek.
Omdat baie vroeg al by die “soutmyn” moet wees sien ek min van hierdie kinders aankom en gewoonlik is die meeste reeds weg as ek uiteindelik weer daar stop on die oplaai ding te doen. Gedurende die eksamen was dit anders, ek het hulle vroeg gaan haal en hulle moes maar tussen die sout hope sit en leer en dit was toe dat hierdie toneel my tot stilstand gebring het.  ‘n Fyn blonde vrou staan en wag by die skool, haar rok duidelik nie hierdie seisoen gekoop nie, maar ook duidelik al baie gewas en silwerskoon, dan tussen die geroesemoes wat losbreek wanneer die klok lui kom ‘n kaalvoet grootoog blonde seun, seker so 12 jaar our aangedraf, sy gesig helder op en ma en seun se oe blink toe hulle mekaar raaksien. Die seun hardloop in sy ma se arms in, hulle vroeg en lag en gesels met handgebare en gelukkige gesigte, sy vra uit en hy kan nie vinnig genoeg praat on alles te vertel wat in sy day gebeur het nie, hand aan hand en geselsend stap hulle weg. En ek vrae myself die vraag how gereeld is ons kinders nog so bly on ons te sien aan die einde van die dag? Hardloop hulle kar toe omdat hulle bly is om weer by jou te wees, of omdat hulle weet jy is haastig? Hoeveel keer is jou maat so bly om weer by jou te wees? Is die vooruitsig om ‘n aand of naweek saam met mekaar te spandeer genoeg om sterre in jou gesin se oe te sit? Wanneer laas het julle saam gelag? Geniet jy dit om jou kinders te hoor lag of is die enigste reaksie wat hulle kry “sagter, ek is moeg”?
Ons praat elke dag van nice to haves and must haves in ons besighede, besef ons nog dat al die goed waarvoor ons so hard werk die nice to haves is en ons eintlike must haves is die geluk van ons gesinne. Eendag wanneer ons ophou werk aan die bou van ‘n materiele empire, sal daar genoeg must haves oor wees om jou hart warm te maak? Sal daar genoeg lag en sterre oomblikke wees om jou notebook vol te maak? Is jou tyd weg van die werk af tyd om te bele in die geluk van jou geliefdes of word dit net gebruik om te kritiseer en gereed te maak vir nog ‘n tyd weg van hulle af?
Die kinders leer nou op laerskool van Maslow en sy teorie van behoeftes en begeertes en dis reg so, maar hoeveel van ons onthou nog dat die mens se grootste behoefe validasie is. As jy nie genoeg bele daarin om seker te maak die wat vir jou belangrik is voel spesiaal en belangrik nie sal hulle dit soek en so dikwels op die verkeerde plek kry. Hoeveel het ons al gehoor, ” ek verstaan nie hoekom hy/sy by iemand of kinders by ‘n group betrokke geraak het nie, ek het dan alles vir hom/jaar gegee” die vraag is hoeveel tyd en energie het jy bele in hierdie empire of het jy net geld uit jou ander empire na hierdie een oorgeplaas en nooit gedink dat daar tyd, aandag en liefde nodig is om sterre en glimlagte te laat broek nie.

Vroue – meer kosbaar as korale …

Dit is mos wat die wyse Salamo geskrywe het of hoe?
Vandag is dan ook vrouedag en dit is tyd om hierdie bonatuurlike spesie te eer.  Toe ek jonk was, so 200 jaar gelede en die eerste keer geleer het van die wyse man en die woorde wat hy oor vroue gespreek het, het ek in my jeug besluit dat dit die mens is wat ek ook eendag sal wees. Toe word ek vrou en ma en besef baie vinnig dat dit nie so maklik is as jy nie in die Bybelse Israel bly nie.  Getrou aan die voorbeel wat my gryse (nou oorlede) pa my gestel het, het ek ‘n groente tuin geplant, want Salamo se vrou het die aarde bewerk om vir haar gesin kos te gee; ek het vir my kinders truie gebrei en klere gemaak, want dit het sy ook gedoen (Amber is in ‘n handgebreide babygrow huistoe).  Natuurlik het ek gewerk en gesorg dat my verdienste genoeg is om vir almal te sorg, want onthou sy was ‘n goeie rentmeester wat haar man se geld goed bestuur het (never mind dat daar nie geld van ‘n man ingekom het nie).  So is ek voor son-op op, net soos sy, sorg dat almal en alles versorg is, jaag werk toe, werk myself doodmoeg en jaag huistoe, versorg die tuin, maak seker die kinders eet, bad en is aan die slaap en dan begin die leer werk.  Natuurlik kon dit nie so aanhou nie, want sien ek is toe nie die Israel se vrou wat nie ook nog ‘n voldag se beroepsvrou is nie.
Ons kom stad toe en begin ‘n hele nuwe lewe, WOW wat ‘n amazing lewe vol uitdagings en ek vergeet van Salamo en sy slimgeite, so elke nou en dan herinner Oudaas (7de Laan) my dat Hilda meer werd as haar krale is, maar dit gaan my verby.  Vandag op vroue dag, doen ek ‘n eg Suid-Afrikaanse ding, maak vir my gesin sop en soos ek hier skryf pannekoek, soos Ouma van ouds en oorlede Pa dit gedoen het., ok sonder die glas rooiwyn so neffens die stoof.  Ek kyk so om my rond en ding:  “Jislaaik as ou Salamo nou hier moet inloop word jy buite die stadsmure gesleep en gestenig, kyk net hoe lyk jou huis!”  Sien eintlik sal jy dit nooit verwag nie, want so tussen die studies was goggas en higiene ‘n groot ding gewees en het ek selfs ‘n spesialiteit daarvan gemaak. (nou dompel Ebola ons kontinent in ‘n krisis en ek steek my hand op om te help, want ek het mos die kennis – maar dis ‘n ander storie).  Die kinders is groot en wil nie meer gemaakte of gebreide goed dra nie, die winkel goed is beter, shame, Hannie dra die trui wat ek gebrei het, maar so tussen ons ek dink dis net omdat sy te ordentlik is om te se dit was nie ‘n goeie idee nie, want wie dra nou in 2014 gebreide goed?  Ja die groente tuin is wel hier buite, maar Fruit and Veg moet help, anders is daar ver te min vitamiene in die huis.
So tussen die pannekoeke, die dishwasher, ja ons het een wie was nog skottelgoed met die hand? onthou die goggas, die sop wat amper brand en die sonnestelsel wat gebou word begin ek tog dink:  “Salamo jou stert man! ons is Suid-Afrikaanse multitasking vroue en die stad het afterall nie ‘n muur om nie, so why worry?”  Dink julle dit kan die hitte van die stoof of daai tweede glas wyn wees wat my laat besluit het ek is toe tog nie so bad nie.  Nee vrinne, nie een van die twee nie, die feit dat my geliefde Hannie tevrede is met my, my 190% vertrou, dat Amber nou en dan op haar BBM status se dat sy die best ma het en dan die verrassing toe Pokkel vandag die parkrun saam met my gaan doen en elke tree langs my stap en dan by die huis aankondig dat sy besig in om ‘n loomband vir iemand spesiaal te maak en dan die oorhandiging aan my doen.  So dalk is ek toe nie so ‘n bad vrou en ma nie.
Aan al die amazing vroue wat hier lees, julle is meer werd as korale net omdat jy as ‘n vrou gebore is.
Mooi aand en woderlike naweek aan elke bonatuurlike wese – jy!

Wat ‘n naweek!

image

image

image

image

image

image

So vat one toe vroeg Saterdagoggend die pad uit die stad  uit  die doel van die rit is om ons ses jaar se saamesein te vier en sommer terselfdertyd Quinton se verjaardag te gedenk.  Ons ry die reservaat binne en kyk rond, in my hart het ek net een wens en dit is om net een lewendige renoster te sien, mens weet nooit vir hoe lank hulle nog daar gaan wees nie.
Ons sien mis langs die pad en weet dat hulle iewers moet wees, gelukkig roep die natuur en moet ons by die koffie winkel stop om badkamer toe te gaan.  Ons hoor ‘n geluid, amper soos ‘n snork en Hannie se skerp waarneeemingsvermoe maak dat sy die bruin grys kolos raaksien.  Ons gaan nader en daar is hulle so nabay dat ons amber aan hulle kan vat, nie een nie, nie twee nie, maar sommer ses volwassenes en die simboliek van ses jaar se saam wee gaan nie by my verby nie en dan die bonus sommer twee van die mooiste goed wat jy ook kan sien, twee babas wat agter hulle mammas aan huppel!!  Niemand kon my ‘n groter geskenk gegee het nie.
Hulle stap weg bly ‘n ruk weeg en kom later weer nader so asof hulle weet dis veilig so naby die mense, net jammer dieselfde spesie is besig om hulle uit te moor!
Ons braai in die piekniek area en so dan en wan sien jy die mooi groot ore so om die hoek uitsteek.  Die kinders hardloop, speel en spring trampolien en dit word sommer maklik een van die mooiste dae.
Sondag maak ons tuin, dis tyd om seker te maak dat daar vars groente sal wees om klein lyfies en besige beentjies fiks en gesond te hou, nou vir die uitsien na die groente om hulle koppies bokant die gond uit te steek.
So begin daar nog ‘n week met die harsteer nuus dat ‘n 3 jarige seuntjie op sy ma se skoot in die kop geskiet is terwyl hulle oppad huistoe was na ‘n partytjie op dieselfde Saterdag as wat ons fees gevier het.  Weereens besef ek hoe gelukkig ons is en hoe kosbaar die lewe is.
Groetnis tot volgendekeer
Ingrid

6 jaar and counting

Goeienaand Vriende
Somminge van julle het saamgetrek Facebook toe, vir bake lank het ons gereeld hier kom koffie drink. Danksy my amazing vrou wat tegnologie tot op my vingerpunte gebring het met ‘n great tablet as geskenk kan ons  nou were saam  koffie en koek en natuurlik wyn en Baby tjoklits net vir cupcake. Die patio is mooi skoon gemaak en Bobbejaantjie was hier en het aan haar stertjie geswaai on die vensters te was.
Vanaand gaan die gedagtes ver  terug, so ses jaar terug.  Ja, kan julle dit glo dit is al 6 jaar sedert ons die besluit geneem het om ons kinders te vat, net die klere aan hulle lywe en ‘n paar stukke in sakke en die wye wereld in te stap om saam ‘n lewe te begin.  Teoreties het ons eers die 2de Augustus in die wye wereld ingery, maar vandag was die spesiale dag waar alles regtig vir ons begin het.
In alle eerlikheid moet ek erken dat daar toe baie onsekerheid was en ook vrese vir die onbekende, dit is na alles net normaal vir mense om nie seker te wees waar jy die volgende dag aan wees en waar jy more aand gaan slaap nie.  Daar was amazing vriende langs die pad vir wie ek ewig dankbaar sal wees, Anet julle was great om ons ‘n hawe te gee in daardie onseker dae, dit kon nie vir julle maklik gewees het nie, maar julle was vriendelik en verdraagsaam.  So is daar nog baie ander mense wat net altyd daar was wanneer ons dit nie minste verwag het.
Ek moet ‘n spesiale woord aan Mr. M rig:  “Sir, rooibos tea, milk and two sugars, that is how I will always remember you, also that you trusted me enough to say that every-one deserves a chance.  I hope that in a small way I have made you proud and that you never regretted your decision.  I will always look up to you and the lessons that you have taught me.”
Kombuismaakies, julle het ons deur soveel donker tye gedra en ‘n lig gewees op ons pad.  Baie dankie daarvoor.
Ons kinders was die sterre aan ons hemel, keer op keer het hulle ons trots gemaak.  Amber ons atleet en akademiese sterretjie, jy is besig om ‘n pragtige jong dame te word, bly altyd die nederige respekvolle kind wat jy nou is.  Simone, jy is op die rand van groot meisie wees, daar is baie deurmekaar tye voor, maar saam sal ons daar deur kom.  Shandre, wat kan ek vir jou se?  Wat ons nou soms as hardegatgeit sien kan jou grootste bate eendag in die wrede ou wereld wees.  Met tyd sal jy leer om dit positief te gebruik.  Quinton, ons stoutgat seuntjie, vandag is ook jou verjaardag en deur baie trane, baklei en sukkel deur wil dit lyk asof ons nou die regte kombinasie van medikasie en dissipline gekry het.  Ons sien uit na ‘n great rapport die einde van hierdie kwartaal en baie eerste plekke op die landloop baan.
Die een persoon waarsonder niks hiervan moontlik sou wees nie is natuurlik Hannie:  “Ses jaar gelede het jy die keuse gemaak om jou lewe 180grade om te keer.  Vandag kyk ek terug na soveel sakke sout wat ons saam opgeeet het en die wonder van sout is dat dit verrotting voorkom, natuurlik is dit hier ook die geval, sonder daardie sout sou ons mekaar nie so kon waardeer nie, ons sou nie elke dag besef het dat ons moet werk om dit wat ons het van krag tot krag te kon laat groei nie.  Die enigste ding wat ek berou is dat ons nie al 30 jaar gelede al hierdie paadjie begin loop het nie.”
Vriende ons kuier sommer gou weer saam, nou eers tyd om kinders te versorg en dinge reg te kry vir more se uitstappie Rietvlei toe om sommer alles daar in die natuur tussen ‘n paar wonderlike diere te gaan vier.
Mooi aand vir almal, dis so lekker om weer by julle te kuier.
Ingrid

1 elke 4 minute!!!

Dagsê

 

Enige iemand wat vandag 94.7 geluister het sal weet dat Darren vanoggend saam met Lead SA focus geplaas het op verkragting in SA.  Ons is op die oomblik bekend as die rape capital van die wêreld, wat ‘n title om te dra!  Daar word elke 4 minute ‘n verkragting aangemeld en slegs een uit elke 9 verkragtings word aangemeld, so dink net hoeveel daar werklik plaasvind!!  Die metode waarop daar besluit is om deur die radio stasie awareness te create was om elke 4 minute ‘n bleep geluid te laat speel, dit gebeur outomaties, dus kan die omroeper dit nie afskakel nie en dit gaan vir 12 ure so voortgaan.  Dit is een van die mees effektiewe maniere wat seker nog gebruik is.  Elke keer as die bleep gehoor word is dit soos ‘n ysblokkie wat in jou rug afgegooi word.

 

Ek stap deur die gange en hoor die gevreesde woorde toe daar vir ‘n kollega gevra word: “Will you come and do the post test counselling” en die antwoord: “yes, is it a survivor” en ek weet, ja, die een van gister.  Ek kry die geleentheid om ‘n counsellor uit te vra oor hoeveel “survivors” gesien word en sy is vinnig om te sê dat dit stil was, maar nou dat die “skole” oop is gaan dit baie meer word.  Haar volgende woorde is skokkend en laat my dink, lank en diep.  Die woorde: “these girls are stupid they don’t listen, they go with the guys to buy drink and go back to their places and then wake up naked.”  Kollega is ‘n spesiale sagte mens, iemand wat ek tot op die punt vertrou dat ek haar hand pick om vir my ‘n inspuiting te gee, maar die vraag wat in my kop skree is:  hoekom word die victim die skuldige? Net die feit dat sy iemand vertrou het, saam met vriende ‘n drankie gedrink het en na sy kamer toe gegaan het maak dit NIE reg om haar te drug en te rape nie.  Dit is dieselfde redenasie wat al so lank gevoer word dat ‘n vrou daarvoor vra as sy ‘n kort rokkie aan het, hoekom moet iemand se reg om mooi te lyk misbruik word deur ‘n siek misdadiger?  Wat het die 94 jarige ouma gedoen om hom aanleiding te gee of die 7 jarige kind?  Hoe kan enige iets wat enige iemand doen jou die reg gee om haar op so ‘n wrede manier aan te val?  Hoekom is die vrou die skuldige een?  Nou ek weet Kollega sal nooit, ooit die persoon laat weet dat sy dink sy was stupid gewees nie, maar daar is hoeveel wat ook so voel en dit nie so mooi vir hulle self sal hou nie.

 

Hoekom word so min verkragtings aangemeld?  Een van die redes is juis om sekondêre verkragting te ontkom, dit is wanneer jy deur die trauma van beskuldigings van die polisie, familie en hartseerste van alles mediese personeel moet gaan.  Die manier hoe hierdie bang stukkende mense hanteer word is die rede waarom soveel van hierdie gemors nog vry en gelukkig rondloop.  Wanneer gaan die verskillende stelsels tot op die punt kom waar die victim as victim en nie skuldige gesien word nie?

 

Amper 6 jaar gelede was ek deel van ‘n taakspan wat hard gewerk het om te verseker dat daar by elke staats hospitaal in die Oos-Kaap ‘n holistiese benadering tot verkragting sal wees.  Die doel was om te sorg dat die slagoffer se eerste punt van kontak by die hospitaal sal wees.  Dat hierdie persoon deur opgeleide mediese personeel gesien word, die nodige ondersoeke word gedoen en monsters versamel, ‘n SAPS lid kom neem die verklaring by die hospitaal af nadat die persoon gestort en skoon klere gegee is om aan te trek en sosiale en sielkundige ondersteuning is daar en dan beskikbaar insluitende ARVs.  Hoe ver hierdie program gevorder het en of dit ooit uit die beplanningsfase gekom het weet ek nie, maar ek hoop van harte so en terwille van die “survivors” is my wens dat dit een dag by elke hospitaal en kliniek in die land beskikbaar sal wees en dat die regstelsel die slagoffers sal ondersteun eerder as om hulle te laat lyk soos die kriminele.

 

Gister oppad huistoe het ons ‘n pap wiel gehad, hier staan ek met vier kinders langs die pad. Vandag wil ek sê dankie dat my pa my geleer het om basiese dinge self te doen, binne 15 minute was ons weer oppad huistoe, danksy die feit dat ek die band kon ruil.  Dink net wat kon gebeur as daar een van hierdie monster bendes daar aangekom het terwyl ons bv. vir road side assist moes wag, soos mense vandag in hulle slimheid gevoel het die regte sou wees om te doen.  Om vir die AA in Johannesburg tydens spits tyd te wag gaan jou ‘n hele paar uur neem.  Ek wil vandag mooi vra asseblief ouers maak seker julle kinders het kennis van hierdie goed sowel as self verdediging en probeer hulle leer om hulle ogies oop te maak en gevaar raak te sien, want ons s.g. beskermings dienste faal monumenteel in hulle doel.

 

Veilige naweek vir elkeen.

Ingrid