Quote

Verloor jou hoed

Woeps!

Daar verloor ek my hoed:
en alles wat ek daar in gepak het.

Die Karoo wind neem
geen gevangenes nie:
hoor

luister
geen bagasie
of kak idees nie.

niks is
te swaar of donker
Alles en almal breek en brand

in dié lig.

Verloor ons, onse moed,
jy, jou kleine-self,
en ek, my verlange na jou.

Die hoed waai weg
in ‘n duiwelse skop stof wind

en toe

vind ons die towenaar-kind
die kind in ek en jou

Die magiese wereld wat ons eens verloor het.

 

Deur: James Honiball

13131277_10208885451631324_7100376268966785071_o

Tankwa Town

Daar het ons Afrika Gebrand:
in ses lip soene,
terwyl glansende vonke
soos kinders oor ons koppe baljaar.

In die rook en as van ons asem,
in die dans van die naakte nag,
die priestess, koningin en die nar:
verloor hulle self in die stof.

En soos die kuns, die sterre:
het die eindelose glorie van die Karoo,
die vuur dansers, die musikante,
die liefde
in ons are in geklim.

Niks is verewig. In die stad:
Karre dreun soos beeste,
wat wag om te geslag te word.
Nagte met die siels vuur verlange
na Tankwa Town:

En die mens.

En die mense.

En die vuur.

 

Deur: James Honiball

Tydloos

Het jy al vergeet van die dae,

toe ons vroeg oggend oppi

sneeu van Tignes geglip-stap het:

Waar franse-swiss kaas soos wolke

oor die klip-hout huisies gehang het.

Toe gepak

in hul valpre sneeu komberse.

Waar nougat so groot soos

kersfees brandewyn koeke

op feestige mark tafels

van dié god-gesëende

koningkryk gepak is.

Die koue wat ons asems weggesnik het,

en hoe ons oor Mont Olympia gesweef het.

Rockitships sonder rede.

En ons weer op ons rûe geval het op jou plaas

tussen real-deal rooinekke, gewere

en bier wat smaak soos water.

In New York tussen Chinatown en Little Italy,

op die kras subway wat vloekend op die stasie kom.

Waar die bedompige oorheersende geraas

jou gedagtes steel en my oë verblind in Times Square.

Tydloos is ons reis saam,

só voel ek:

wanneer ons op die stoep sit

by die huis.

Ek sien iets onder my bed

China kom huis toe ma

Ma, China kom:

Trek in ons skole in:

Stadig maar seker in

ons gedagtes in.

In ons winkels, boeke

en parliment en hulle sakke in.

Ma China word president.

Soos ’n donker wolk

met gou rante:

Kom China plaas toe ma,

om malls te bou,

nie soos my maat van die dorp af:

wat net kom kuier het nie.

Ma China kom om te bly.

Ma! Ons en almal se Afrika,

die Afrika wat ons so lief voor geword het.

Kom hulle:

Met die selfde glimlag

om die ou aarde

om te roer weg:

van die eensaam boer,

die Afrika kind van Lake Malawi,

die dogter van Kinshasa,

en die berge van rooi

linte  in die wind.

Ma China kom om alles

te ontbind en te herbou:

Om ons soos hul te maak.

Ma China kom,

sonder ons weet:

En spring in ons are in

en word Afrika.

Ma Afrika word China.

Verlore Verlede Tyd 5/7

Die gedig is die vyfde uit sewe:
of vyf van sewe af
Twee:
Oorspronglik van pretoria,
maar bly nou innni kaap.

Werk haar self dood en
soms aan die slaap.

Vyf van sewe gedagtes dat jy leef
dat ek jou wardeur as vriendin
in elke sin en som.

Vyf maal sewe keer het ek jou
die jaar gemis, ou maat en geliefde.

Die ander twe keer was ek net dronk
besot op diè idee:
dat geen getal kan opmaak vir
verlore tyd in die gallop na die dood nie.

 

‘n Gedig vir Johke Steenkamp 5 uit 7 gedigte wat belowe was op haar verjaarsdag.

‘n sagter ink

Nou ja, daars dit nou.
Waarheid gevind:
Dit was nie hy nie,
maar ‘n ander vrou.

Still klop
diè klokke van vrees,
oor die begeerte
van jou eie gees.

Nie kwaad nie,
nie hartseer,
net nie:

Wat jy of ek is nie.
Dis al.

Dis net
soos skaduwee daarvan hou
om in die son te lê,
en dag lelies op sonsondergang
vas hou aan die
laaste
bietjie
lig.

Wat oor is:
in jou
en ek
almal eintlik.

Maar ja.
Ek verstaan.
Ek weet.
Ek glo.
Ek is.

Ewige vas hou

Luister na my lesing hier: https://soundcloud.com/james-honiball/ewige-vas-hou

 

Dit traak my,
pla my en eet
van binne af
op.

Stuk stuk:
diè idee
dat lewe net ‘n draf na
dood is.

Al hou jy aan geliefdes
jou stukkie brood,
jou eie self, vas.

Hou dit nie terug vas,
aan jou nie.

Hoe stuiwer jou fingers
greep hou teen
die kranse vanni dood,
hoe meer maak die lewe los in
sy greep na jou.

Dit is wraak dat jy
eendag alleen moet
dood gaan.

Dat jy met swaar hoop
en trane en geen laaste woorde,
jou asem terug aan die wind moet gee.

Dat jou hart van hoop
eendag op hou klop.

Meer as enigiets,
pla dit my in die dieptes in:
Dat ek nie meer ver ewig
met jou kan wees nie.

Net ‘n bietjie meer meneer.

Kom ons hou ‘n huldebleik vir ‘n dor aarde.
Vir die armes gooi ons ‘n bottel Moët Chandon,
op die
rooi gekraakte
karroo stof
uit.

Terwyl ons rooiwyn “on tap”
uit platinum pype
spuit
en aan Versace sigarette versuip.
In die asem snik
tussen borste
van middel-klas se slete.

Leer ons kinners om flaams en mandarin te meng.
Sodat, die weste ‘n duur arm na die ooste,
kan uit
verleng.

Kom ons transformeer hulle
in billboards met bene in:
En gooi hul hemde,
broeke, en skoen veters,
vol brands met opgemaakte stront:
established in 1969,
enige jaar is eintlik fine.

Kom ons skep NET
‘n paar dae vir liefdadigheid,
sodat ons nie soos sulke doose blyk.

Naai die aarde om
en stop dit wat oor is op:
Mos vir die diere museum
en ons kaartjie verkope
en al ons great
designer kussing slope.

Vergeet van die verlede en die nou:
more se aandele,
winste en grafieke,
kom gou.

Ons kan tog nie wag om:
te maai wat ons saai:
vir net daai groter slice van die pie.

Die minste wat ek kon doen.

Waarom verlang ek na jou op vrydae,
ou pel, ou maat?
Hoekom moes jy toe en dan:
my en die ou wereled verlaat?

Dit was epic, hoor!
Ek’s seker jy’t al die
nuusberigte gesien en gehoor.

Dis omtrent nou’n maand,
toe jy op ‘n vrydag oggend:
Soes ‘n kind op ‘n fiets,
die voet neer gepiets het.
En omtrent by die maan verby
gevlieg het.

Aai jong man.
Hoekom hoor ek jou vloekende stem nog?
En die kalmte van jou siel oor diè Afrika stof.

Dit voel omtrent jy speel ‘n grap op my,
en dat ek jou eendag sal raakloop in
Rio of LA :

Tussen die streamers van ‘n party of
in die afstand van ‘n straat,
dalk in ‘n park of
net by die see.

Ek moet nou gaan en die dig gebruik:
om diè trane uit my oë uit te vee.

Sien jou eendag weer.

Aan: William Kuun (Oorlede: 2014-10-17)

Fashion Gode en Doos Drome

Ek sien hoe jy lag:
Met jou ‘nuwe’ vriende:
Hipsters met fokkol siele.
Losers wat nog aan mamma se tiet suig.
Terwyl hulle sinneloos aan fashion-gode buig.

Meer prag as sin,
terwyl hulle
op pappa se yacht dronk
is van diè yuppy-kring.

Brille,pille en stywe broeke:
Leef jy sonder self-bereikde roem,
skateboard op en af kloofstraat
donkerbrille om jou false doos droom:
te laat blyk soos ‘n goue kroon.

My skoene val uit mekaar uit
en my broeke
is almal 3 jaar oud
en vlenters.

Want ek voel ‘n fok.
Want ek’t drome ok.

Want ek mors nie my
sweet en bloed-verdiende geld
op stront en fake mense
se kak idees nie.

Jammer ek’s laat

Ek wens dat vlerke van vrede
om ons gebroke en verbrokkelende
onbestaande vriendskap
sal vou.

Dat tyd die seer van
ou: ek en jou
van gedagtes sal weg was:
en net ‘n glimlag oor sal bly.
‘n Smile vir net die goeie dae.

Dat jy ok met my sal wees,
dat jy gelukkig
die ou-een-lewe, sal leef.

Hierdie is my jammer sê:
Ek trek daai dom vloek van my terug,
en sê eks jammer jong vir
my
en my kak song.

Hoop jy weet wie jy is.

 

Ek, Jy en Afrikaans

Soes ons, daar onder platteland karroo,
in duister theatre, na lig op swart-skerm staar:
Bekyk ek dié Afrika-kind, onder flinder-lig se hoek af:

Wie al lankal haar voetspore:
Onder goue verdoemende son
werd gemaak het.

Aard en bloed geword het.
Ek praat van ou wortels hier.
Ons is diere
van ‘n ander tyd af:

terwyl ons saam, jou wyn drink,
in ‘n digters spyt.

Min kan se of dig,
soos jy toelaat:

die lig.

Daar’s ‘n diepte in jou,
wat my arms net toe sal vou,
Afrika: jou agter-plaas:

Nie groot genoeg,
vir jou hart nie, ou maat.

Aan Annalet Steenkamp