Medemenslikheid se mooi

Elkgeval, ek was eintlik aan die vertel van waar my hart, nou die dag, oppad dorp toe was. Ek het gesit en dink aan hierdie unieke tydsgleuf van die mensdom se bestaan waarin ons kinders ingebore gaan word. Ek was so klein bietjie verras deur die opgewondenheid in my eie hart oor die vooruitsig om ons eersteling in 2025 aan die wêreld om haar te mag voorstel. Verras, want AI en inentings en die wêreldnuus maak my eintlik so bietjie bang. Verras, want wie weet wát gaan die mensdom nóg probeer namaak en beheer en verdraai voordat ons kind sestien is!? Tog… tog was die Ewigheid in my hart verbasend bly, en opgewonde,  en vol wonderlike afwagting om juis nóú ’n nuwe mensie in hierdie wereld in te verwelkom! 

‘n Ode vir 1694

Dis nie aldag wat ek my joernaal oopmaak en ‘n bladsy uittik op my selfoon nie. Tog…tog het my hart nodig om vandag ‘n vlaggie in die grond te druk, ‘n merker, ‘n mylpaal. Daar is ‘n sak in ons kar. Nie ‘n rugsak of roltas nie…’n doekesak! Met doeke. Baba doeke! ‘n Doeksak wat voel soos die welkom-matjie voor die deur van ons grootste avontuur nog! Maar voor die deur oopswaai en alles wat ons ken anders word wil ek vir oulaas ‘n onthou onthou…

Waar Vrede heers

Wie ons is is altyd opsoek na ‘n stukkie groen, ek en Jason. Ons is op die oomblik in ‘n woestynstad, op die noordelike rand van die Algeriese Sahara. Tussen eindelose appelkoos-bruin het ons selfoon kaart die langwerpige blokkie groen gewys. Eergister oggend het ons koers gekies soontoe om te gaan kyk. Le Jardin Landon is die blokkie groen se naam.

Dawid, Rhodes, Suurlemoene en Ander Vrugte

Valleie is vrugbare grond. Dit is. Regtig! Skep daar. Skryf of dig of verf of maak musiek daar. Van die mooiste kreatiewe wonders wat ek ken was gebore uit ontsettende hartseer harte, moeilike seisoene. Daar is krag in dit wat ons maak wanneer ons in ‘n vallei is. Ek glo dit is omdat dit juis dáár is wat Strome Lewende water vloei. Die reënbuie van piekseisoene vloei af en word die Riviere wat deur ons valleiseisoene vloei.

Die Plek waarvan ek baie hou

Jason, brawe man wat hy is, aanskou dit alles maar loop maar net in stilte saam. Help my aanvanklik om alles te probeer dra. Kry toe eerder maar ‘n trollie. Piekkel till toe met kassies vol “champagne bubbels” papawers en mint en salie en koljander en pietersielie en origanum. En potgrond, ‘n groot sak potgrond. Oppad uitgang toe sorg ek dat ek afkyk en ten alle koste oogkontak met die binneshuise plante vermy. Amper soos die eerste kwartaal van graad agt.

Die Een wat Kom.

Dit is warm hier waar ek sit, my ore het al die sonbesies se tjirrr gewoond begin raak. Die klein stand doringbome waar ek en Jason gisteraand geslaap het se skadu is maar yl so ek sien dat ek binnekort my kampstoel gaan moet skuif. Daar lê drie leeus en dut anderkant die duin. Seker so 200m soos die kraai vlieg. 500m padlangs. Daar is nie enige heining tussen ons en die katte nie, was ook nie gisteraand nie. My vermoede is dat honger leeus ook nie eintlik padlangs stap nie.

Johannesburg, jou Beaut!

Dalk woon jy daar, maar wens jy jy kan iewers anders wees. Dalk trek jy in die toekoms soontoe, en sien jy werklik op daarteen. Dalk het jy familie of vriende daar en kry jy hulle so bietjie jammer daaroor. Dalk gaan jy die vakansie weg en is die terug huistoekom vir jou swaar. Wat ookal jou dalk is, hier is my lys lieflike dinge wat ons raakgeleef het in die Stad van Goud: