Woensdag, Jun 15 2011 

Was gisteraand op die  lughawe David het my kom afsien, ek oppad oostenryk toe, sommer net oe toe gemaak en my vinnger op die aardbol geplonk. Ons spandeer nie krismas saam nie. sy kinderskom van New York af om by hom in texas te gaan kuier, dis wanner ek die pad vat. Jy sien ons is nie parteners nie, meer kennisse van die siel. ons praat nie veel nie, ons sien mekaar wanner ons mekaar sien.

I am, I said
To no one there
And no one heard at all
Not even the chair
I am, I cried
I am, said I
And I am lost, and I can’t even say why
Leavin’ me lonely still

Did you ever read about a frog who dreamed of being a king
And then became one
Well, except for the names and a few other changes
If you talk about me, the story’s the same one

My David is dood Dinsdag, Jun 14 2011 

Hy het onder ‘n trekker gaan indonner en daar gele vir weke. mors fokken dood!
My david is so dood soos die jaar wat ek oor hom getjank het, myself toegesluit het in cheap hotel kamers en versuip het in my wyn en wisky en braak en stank.

Fokken dood!

Kan jy dit oorvertel, ek dog nog ek holiday en toe bel sy kinners my uit die bloute. 4 weke na sy begrafnis het hulle besluit om sy slaapsak slet te laat weet haar enigste lover is dood. my enigste lover is dood wiped out by time. ek het fokken alles verloor. ek bekak myself om te dink hoe stupid ek was en is om lief te raak vir ‘n ander. almal los ons eendag op die einde sit ons maar soos ‘n drol op ‘n ashoop uit gekak en gekou deur die lewe wat soos wurms stukkie vir stukkie jou biekie happiness opvreet, en weer verteer en uitkak.

dit was ‘n salige sondag oggend, my esspersso asem was vol rook en my gedagtes ver oor die waters. toe bel cilia, eenigste rede hoekom sy kinders my gebel het is omdat hulle uitgevind het dat ek sy password het vir die will in die kluis anders sou hulle my nooit ‘n ding vertel het nie en ek sou soos ‘n poephol opdaag op ‘n lee plaas waar my lover begrawe sou le en wag vir die wederkoms. fok ek het gesit en wag vir die wederkoms tot nou toe. elkeen wou sy erfporsie erf en nou erf. Dis erg as die kinder bid dat hulle ouers dood gaan net sodat hulle en hulle spouses kan erf dis fokken sad eintlik dat mens reduce is tot wat in jou bank rekening is. ek wonder of sy kinners hom net gehumor het om met kersfees en verjaarsdae hom te bless met hulle presence net sodat hulle inni die boedel deel kan het.

Ek het op sy graf gaan le, todat hulle my wegejaag het soos ‘n hond, ek het myslef gaanverdrink maar ek wou nie vrek nie. maar die here is goed en het my letterlik met die bybel oor die kop geslaan toe ek dronk van die single motel bed afgedonner het en my kop oopgestanmp het teen die nightsntand, toe ek bykom le die bybel en bedkas laaitjie vasgeplak teen my wang met gomerige kots en bloed, toe lees ek maar en Hy raas met my en empower my … ” Before I formed you in the womb I knew you before you were born I set you apart, I appointed you as aprohet to the nations!” halelujaaaaaaaaa.

Dis ‘n week terug, ek is sober en skoon en ek moet nou aan ploeter want daar is ‘n ding in my wat brand, iets moet gedoen word ek weet nie wat dit is nie en ek moet dit doen WIES MET MY???? al is dit net my gedagtes wat in cybersace rond waai soos ‘n spook val dit net dalk op iemand se screen. ek weet nie wat dit is nie maar die ding moet gedoen word, dalk issit my storie of my filofofie of idees of experience wat iemand touch en change, want fok weet dis sad as mens dink jy is die enigste een met die struggle van sadness en loneliness en seer en die pyn van wat dit is om passionate te wees oor die dinge wat in jou kop draai. iewers is daar iemand wat moet voel soos ek voel end dink soos ek dink en passionate is, ek will nie meer die drol op die ashoop wees en net verteer word deur tyd nie. life is too long to be a statistic, to be alone life is too long just to end up being dead! There is more to it.almal het ‘n storie, al is dit die enigste ding wat die mensdom in geemeen het met mekaar. almal haat en huil en het lief en verloor en drink die van die sap wat purper brand in ons are. niemand is alleen in hulle alleenheid nie. so leeser as jy fokken suicidal is, of net gatvol is vir die monotony of your monotunous life, lees weer. wees saam met my sad, happy die moer in wees saam met my alleen en dronk wees saam met my human en bo alles wees saam met my passionate, wees meer as net dood onder die trekker van jou siel en gedagtes en sorge en genot. los iets meer as net ‘n erf porsie, al los jy dit vir een arme enkle sot wat niks beter het om te doen as om blogs op die interweb te lees nie. jy is dalk daai sot ….so sot….. whatever you do just be passionate about your sodding self..

oor en uit

10c se los kak Maandag, Mei 10 2010 

So besluit ek, ek gaan back pack. God weet alleen wat het my besiel,
Net een aand net-net gemaak in ʼn hostel toe besluit ek kak met dit ek deel nie my kamer nie en gaan boek in by ‚ʼn hotel. Nee aarde so geswoeg sweet en moan in die nag kan geen een deur slaap nie. Vrouens my ouderdom soek privacy waar ons kan hoes en poep sonder om gesteur te word.

‚ ‚ʼn koel Sondag oggend gaan drink ek ‚n glas wyn vir breakfast en slinger my gemoed en gedagtes deur die web op my lap top, nuut gekoop gechrome en gealles. deesdae is die internet cafe’s te duur veral as jy begin travel en mens soek mos jou eie goeters op jou eie plekke waar jy weet om te soek as jy nou iets wil soek of skryf of sè. So vang my oog ‚n nerf ogie besig op sy lap top. Ek sien dit praat, en dan skarrel en tik dit en so en so. Die arme kind wonder toe later wat is die tannie met die lipstick se probleem, want ek bly kyk op sy skerm. Dog toe eers dis my rook wat pla, want ek kry sulkke kyke van uit die klein oog hoekkies.
Die kind was besig op youtube. Ek kyk nogal na die, want daar is soms interessanthede op.

Die internet is nou ‘n platform vir fame. elke ou het mos maar ‘n opinie en sê ietsie, praat bietjie kak en soek seker maar die “big brake” dat iemand sal sien wat hulle nou eintlik wil sè. En woeps dan is jy famnous. Nou nie einlik waar nie maar die wëreld kan jou sien, as hulle sou wou kyk. Dis mos die new generasie, geen delayed gratification nie. Elke tiener dink hulle is spesiaal en gaan net so oornag famous word. Maar dis darm maar vir jou amaizing hou die wêreld progress het. Jy kry alles op die internet ne. Met al die social netwerke en dinge is daar die geleentheid om, wel nie alleen te wees nie. Gesien te word. Check julle hier is ek, check my uit en luister wat ek dink. Eks K W A A I. gha

So lok ek bietjie tien se los kak geselsies uit die oukie uit. Hy is van hong kong en het sy eie stasie op youtube oor argitektuur en werk dus so aan opdragte wat hy dan vir sy professors stuur. Kan jy nou glo dat swottings so ingewikkeld en tegnies geraak het dat mens ‚n fliek produksie kan doen en dan punte kry. Heel interessant. So raak tien sent se kak geselsies ‚n pond sin en drie wyne later wys hy my die ins and outs en nou kan ek my eie flieks maak! Belaglik. Die oulike ou japperneusie het seker nie geweet wat hom tref nie. Maar ek sê vir jou hy het weggestap met nuwe insigte en na gedagtes laat ek jou dit vertel. Tussen ons twee foreign aksente het ons van oggend tot middag ‘n paar topics gecover, van geloof tot kuns tot politiek en poësie.
Ek het vir my ‘n pro 2000 micro”wave”fone gekry, ‘n movie maker en so en dit. Here dis lekker, dis makliker om te praat as om te skryf nè, (die dat die kinders van vandag nie meer kan spel nie), en dan kan jy mos pretty pictures ook insit. Dis nou my eerste fliek. Believe it or not. Seker nou nie ‘n Peter Jackson produksie nie, maar vir ‘n first try dink ek dis nogals nie te kak nie. Daar is te min fokken Afrikaans op youtube, of die internet for that matter. so nou gaan ek probeer om dit bietjie op te wakker. Ons is mos op level four van genocide, more is daar fokol oor van afrikaans. Ek sê se hol met dit. Revive en preserve what is left.

Die ding van musiek Sondag, Jan 24 2010 

Die ding van musiek is, is dat dit ;ʼn storie vertel,
ʼn storie wat diep in iemand se siel gesetel lê.
Die woorde die melodie, is die taal van ‚ʼn siel wat voel.
Die wat wil luiter kan voel wat die moer voel, al is dit slegs brokkies en vereenvoudigde “glimpses” van daai gevoel.
Musiek, regte musiek, vat jou aan jou hoofslagaar en wurg jou sodat jy versmoor en verstuk aan die rou sentiment.

Ons vereenselwig ons eie stories met ander se stories.
Want almal wat mens is voel maar. En ons het nie altyd die geleerdheid om dit wat kan diep vat en raak vat wat ons voel te laat “wees” nie. Musiek vat ons op ontvlugtings reise na plekke waar ander sweef.
Dis ʼn dans, wat tussen die dood en die lakens spook en spartel om terug te gaan waar dit ontstaan het, en daarmee vat die klank almal saam wat kan hoor.

Dit is dus hoekom mens so tussen die dood en liefde kan balanseer, want die passie van musiek is heilig, transendeerend en misties.
In ʼn konstante wroeging om terug te gaan na die begin, die oorsprong waaruit die noot, die gedig die gedagte en gevoel geskiet het.
Dis asems en klanke in die lug wat wil terug keer na diè se geboorte.
Dit slinger rond en vul ruimtes onbekend, vreemd, en is dus so dat mens onrustig raak, nostalgies.
Wals ons met die makker van die klanke wat sing in die geheue van die musiek, verdrink ons in hulle en ons eie seer, sorge, passie en liefde en dromme. ʼn oneindigende rewind fastforward pause, soekend na die begin, wat weer en weer eindig. Gehoor word en verdoof word.

Africa’s Selective Mutism Woensdag, Jan 13 2010 


Soos die ysgletsers smelt, en die bomme kinders vas ys in die dood, en Kopenhagen-save-the-whale-hug-a-tree-feed-Etheopia aktiviste oor mikrofone hulle besware uitblaker teen die dooie ore van wêreld kapitalisme en die illuminatie. Terwyl mammas en pappas werk toe hardloop vir ontvlugting van hul ps3-xbobx en ecstecy dwelm verslaafde kinders in rehab, en hulle self uitleef in facebook/SL-virtuele cybersexorgies wat uitloop oor hulle hande en tonge en slymerige fantasie van ʼn virtuele realiteit……………..

…Lê die Afrika-landskap uitgestrek soos jong verdorwemaagd wat bloei uit haar bekken soos sy ge“gang rape“ word deur haar, wittes, swartes, tsotsies, awb-wannabees en has-beens, rassiste, Anlo-american golddigger en self-deceiving optimistiese suiers wat miljoene gaan maak met ʼn 2 slaapkamer woonstel in Bothaville/Koster/Springbok en De aar, wat uitverhuur gaan word aan 2010 soccer toeskouers.

Lees die koerant, luieter radio, kyk TV, connect met die Web en jy sal WEET- ons is in die KAK

Verlate en verlore, skree Sy in ‚ʼn stilte wat klip hard vibreer in die dieptes van die golf. Soms hoor ek haar klaaglied deur my hard kleppe, wat haar bloed in my laat vloei. Ek is ʼn kind van Afrika. ʼn sielsgenoot. So is jy wat hier kan lees en almal wat gebore is uit haar grond, haar maagd besmee met ʼn stilte en hoop.
Hoop is ʼn waaghalsige ding-en die wat kan hoop is dapper. Party mense reken die wat hoop is vertraag -maar dit is ook seker ;n defese system of survival.

So survive ek nog altyd- ek praat nie, ek bly eerder stil, ek sê nie veel nie, en as ek dit waag om iets te sê dan hang dit aan dooie takke op ‘n ashoop in ‘n ander geografiese streek-of op ‘n blog waar niemand my ken nie en waar niemand my stem hoor nie.
Selectivly mute.
Ek kon nog nooit my sê, sê nie want ek het nie die education en vocabulary om my ervaringe, insigte en wese te onbloot nie. Nog nooit het iemand al na my geluister nie, nie in my familie nie, in my land nie, of die mense wat my ken nie.
As ek al “gesê” het, was ek dronk. Wat weet die dronkaard?

Praat ons almal nie maar om die bosveldbraaivleis vuur na ‘n paar kappe nie? of in wit-tafel-doek-reataurante, na ‘n paar bottels wyn, of ‘n rugby braai na die game nie. Dan het almal iets te sê oor die stand van sakke en ons is vas gevang in sulke diep gespreke oor aktualiteit, dat ons die punt skoon mis drink. In ‘n babelaas “the morning after” vergeet ons al die oplossings vir die wêreld se probleme wat ons is samesyn uitsorteer het. WAT HELP DIT?

So selektief kies ek my koers en fok maar voort. Ek is tevrede met wat ek het maar daar is die grootte realiteit wat knaag aan my kop. The bigger picture, wat mens sien uit die venster van die vliegtuig as jy oor die kontinent vlieg. Dis as jy die gelukkige wenner is van ‘n seat by die venster.

Maar wat doen mens tog aan die saak? Praat maar met diè wat maak of hulle luister, en bly maar stil voor die wat nie omgee nie. Hoe ook al ons dit benader-praat en luister ons verby die kruks van die saak—

Sy Lê steeds daar, sonder ‘n ridder held wat haar seer sal afspoel, en haar skoonheid koester en haar stem sal hoor. Want sy het haar stem veraltyd verloor. ‘n stukkende porselein pop wat selfs met super-glue al die scars van haar verlede sal vertoon en aanskou sal word as die misterieuse “other”- teenoor die koloniale “self”, wat justification soek vir sy eie gebrokenheid.

Die reënboog is ’n spieël aan skerwe Dinsdag, Des 8 2009 

Die reënboog is ’n spieël aan skerwe 2009-12-05 14:54 RAPORT * Breyten Breytenbach; digter, skrywer en kunstenaar.

As ontgogelde utopis glo ek ons het nie net die droom van een nasie verloor nie, maar dat die Suid-Afrikaanse samelewing in al sy geledinge terminale simptome toon van magsmisbruik, arrogansie, rassisme, vervolgingswaansin, oorlewingsvrees en ’n endemiese oneerlikheid met politieke gatkruip wat klaarblyklik belangriker as bekwaamheid geag word. En dat politieke en kulturele en fisieke moorddadigheid hoogty vier. (Natuurlik is dit ’n veralgemening: “Ons is nie almal so nie.” Miskien moet mens liewer sê: “Ons hoef nie almal so te wees nie.” En ek voeg by: Ek glo dat dit deur stryd anders gemaak kan word.)

Kan die verdere inkalwering van die land en haar instellings nog enigsins verhoed word? Hoe keer mens dat die gehawende wete van “Suid-Afrikaner” te wees verder uitrafel?

Was ons ooit “Suid-Afrikaners”? Wat is die gemene deler tussen verskillende bevolkingsgroepe en klasse wat dieselfde geografiese gebied bewoon – of dit nou histories afgebaken, geannekseer of verbeel is? Is ons enigste verbintenis dalk die negatiewe een van wedywerende nasionalismes en strydende geskiedenisse, van verspilde bloed en die intieme verhouding tussen verdrukker en onderdrukte, tussen roofdier en prooi? Indien ons dan nie kan opgaan in ’n bewustelik gedeelde “geheel” nie, is daar plek vir saambestaan wat nie deur geweld gereguleer word nie?

Suid-Afrika het nie uit die gedeelde herinnering aan ’n nasionale “geheel” ontstaan nie. Die land se kontoere en magslyne was nog altyd getrek aan die hand van opeenvolgende konstrukte van ekonomiese en sosiale bewimpeling: stamme en koninkryke wat veg om oorheersing; setlaaroorwinnings; kolo­- nialisme, en toe die Boererepublieke wat baklei om weg te kom van Britse imperialisme; ná die nederlaag, die Unie van uiteenlopende historiese en streekidentiteite almal onder die Britse kroon; apartheid soos ingevoer deur die Britte en daarna gevestig toe die Afrikaners se Nasionale Party in 1948 die mag verkry, begelei deur sogenaamde afsonderlike ontwikkeling; die nasionale bevrydingstryd, en nou die heerserskap van ’n “revolusionêre” regime wat oortuig is hulle sal regeer “tot Jesus weer kom”. In die proses is gemeenskappe verpletter en verstrooi en inheemse tale verneder tot die “volkstaal” van kombuis en myn en sjebien.

Toe afhanklike state en plaasvervangerbewegings met die einde van die Koue Oorlog skielik moes begin skarrel vir beskermhere, geloofwaardigheid, ’n gewaande legitimiteit en dikwels ook vir geld en vir wapens, was dit dalk onvermydelik dat ’n proto-sosialistiese nasionale bevrydingsbeweging soos die ANC, nou sonder Sowjet-dekking of internasionale sosialistiese voeding, sou ontpop as wagmeester van die vryemarkstelsel. ’n Nuwe bedeling sou immers nie sonder toestemming van Kapitaal tot stand kon kom nie.

Mettertyd word die een-party- heerserskap en kultuur van toe-eiening en patronisering omgesit in ’n beleid van staatskapitalisme verdoesel as sosialisme – op voorwaarde dat die staat aan die ANC behoort – en opgedoek as die Nasionale Demokratiese Revolusie. (Goeie ou Westerse begrippe: “nasionaal”, “demokraties”, “revolusie”: vandat ons almal ons samesyn in Engels begin verwoord het, is daar mos nie meer ruimte vir inheemse denkkonstruksies nie.)

Die vervanging van die minderheidsregering wat slegs die belange van die wit gemeenskap verteenwoordig het, was egter geen revolusie nie. Die staat se kankergang was en is aaneenlopend; mag bly gesentreer in die geslote komiteevuiste van die regerende party, al is dié nou ook afgevaardig deur ’n meerderheid landgenote vasgeverf in die geskiedenis; die huidige Grondwet bevraagteken in die praktyk nie die strukture van politieke magsmonopolisering óf die ekonomiese stelsel waarop die staat berus nie.

Ná 1994 was daar vir ’n wyle ’n inklusiewe wil om saam te staan rondom die droom van ’n nuwe nasieskap wat die etiek van vergewensgesindheid en dalk selfs onderlinge vertroue sou kon beliggaam, maar dit het gou afgedryf in die riool van verraaide verwagtinge en roofpolitiek, vrees en ongebreidelde vraatsug, bandeloosheid en rassisme. Daar is veral geen werk gemaak van inklusiwiteit nie. Hoe kan daar dan “genesing” plaasvind?

Ná die aanvanklike oorgangsfase van saambinding was dit gou duidelik dat die Een Nasie as beloofde land gerig gaan word deur hegemoniese Swart Nasionalisme en ’n diepe behoefte om die verlede ongedaan te maak en die geskiedenis te herskryf. Die party aan bewind se eis van, “dis nou ons tyd, dis ons beurt om te eet” – wat na­sionalisme gebaseer op huidskleur as die laaste wegkruipplek van die skurk en ’n manier om met die verlede af te reken manipuleer – beteken in die praktyk die meedoënlose verryking van ontplooide kaders ten onkoste van die res van die bevolking.

Daardie “onkoste” – verarming, gebrek aan dienslewering – het die land nou uitgelewer aan misdaad en etniese populisme. En die alledaagse werklikheid maak dit al hoe duideliker dat daar van die Afrikaners verwag word dat hulle hul vaardighede, plase, skole, bankkaarte, aandele, selfone, wapens, drank en tuinvurke stil-skuldig oorhandig voordat hulle verdwyn uit Afrika en die geskiedenis, en dat hulle geen morele reg het om beswaar te maak nie.

Wat nou?

Ons is al lank nie meer in die paradigma van versoening nie. En al sê dié wat met die lekkerkry van skuld op die knieë kruip in die versugting om “swart”, onsigbaar en monddood te word ook wat, iedere landsburger het dieselfde reg op gelyke en waardige behandeling. Die Afrikaners, net soos al hulle landgenote, het die reg op ’n eie taal wat tot haar volle potensiaal uitgeleef kan word, het die reg op veiligheid en ordentlike skole en hospitale.

Ons het die reg en die verpligting, as individue en as kultureel herkenbare bevolkingsgroep, om met elke greintjie invloed waaroor ons beskik ons saak aan die internasionale gemeenskap bekend te maak, om die onderskeid duidelik te maak tussen historiese aandadigheid (aan apartheid) en oorlewing, om te veg vir regstelling en transformasie.

Dit beteken dat gesprekke, aangevuur deur ’n morele en praktiese verbeeldingsvermoë, rondom die noodsaak van ’n opnuut geformuleerde Suid-Afrika – gegrond in ’n bestel van funksionerende federale deelstate, met dieselfde regte en moontlikhede vir almal – op alle vlakke aan die orde van die dag moet kom. (So nié, is dit nag.)

Maar hierdie keer moet die burgerlike samelewing keer dat besluite gemaak deur skelms en politieke perdediewe en plunderaars en vergelders en komiteekakkerlakke en dié wat in alle skynheiligheid op eie borste trommel, nie weer aan ons opgedwing word nie.

Breyten Breytenbach is ’n digter, skrywer en kunstenaar.

– Rapport

http://www.rapport.co.za/Content/Weekliks/Nuus/2317/96edce914f5840c99d57214544aa4491/05-12-2009-02-54/Die_re%C3%ABnboog_is_%E2%80%99n_spie%C3%ABl_aan_skerwe

Maandag, Des 7 2009 

Gister gepraat met ‘n kinder vriend, ou minaar, ‘n gedig uit die verlede. Die wonder het my beet gekry, die wyn en die diep donderse  “Dink“. Ek wonder soms waar ou minaars is en of dink hul en jy nog aan my?

”here in another place at another shore, at another time” am I in love with you still? While my beloved’s face gazes into mine, if you should take his place it would be so wrong, temporary and impalpable, untrue ….YES, perhaps

Dis fokken sad hoe ons verlede en kinderliefde ons escape sonder dat ons ooit die waarde daarin kon herken of besef.  Daai eerste onskuldige soen onder die maan en sterre  op ‚n oueraand in laerskool gronde ageter die snoepie. Buite die ryke van werklikheid se konstrukte, buite die beryk van grootmens realiteite. Daai onskuldige untainted vryheid van kinder liefde. Speel-speel, vergete verlede.Dis sad hoe vrolike liefde verby ons glip sonder dat ons kon besef hoe rein en kosbaar dit is.

As ek jou tog kon koester soos ek soms dink ek moes, as ons verder sou gaan, sou stap in die groot mens pad sou dit tog gewerk het?…ek wonder ek twyfel, maar wonder streeds. Sou die fisiese passie nie die reinheid besoedel nie. Seker.  Miskien eendag, ver in die toekoms as ons te oud is. As on geliefdes afgestorwe is en al wat oor is, is die realiteit van die verlede sal ons dan mekaar kan omhels met die vuur van vergete jeug?… nee seker nie, maar die gedagte en gewaagtheid om te hoop en te wonder oor of dit en hoe dit mag wees is daar.

Dis daar en dis verbode,…verseker en beter  vergete.

“tussen treine en stasies” Donderdag, Des 3 2009 

Was gisteraand op die lughawe David het my kom afsien, eks oppad Spanje toe en sal sien waarna toe van daar af. sommer net oë toe gemaak en my vinnger op die plastiek aardbol geplons . Ons is nooit vir krismas saam nie. Sy kinders kom en ek vat pad. Jy sien ons is nie parteners nie, meer kennisse van die siel ons praat met ons oë. As ons praat met onse monde sê ons nie veel nie. ons sien mekaar wanneer ons mekaar sien. Jy sien ons het elkeen mos maar ʼn verlede. Onlosmaaklik deel van ons. Party klou vas aan ’n verlede, party probeer vergeet. Ek het baie dinge wat ek oor skaam is, maar ek regret niks nie. Ek was te los, te slim, te lelik, te wild, te braaf… my bloed is so warm soos my pa’ sin , net soos hy ook,  is ek ʼn onrustig swerwer. Deur stede, en landskappe, “tussen treine en stasies”. Ek het nie regtig ʼn huis nie, in Texas lê my lover, in Afrika my taal, in Europa my lyf, in God my siel. En my hart? Ek wonder, of issit in my verlede, in my beken, in my praatjies, in my bottel rooi wyn op my night stand. Of in die Neil Diamnond song wat speel in die lughawe se koffie shop.

I am, I said

To no one there

And no one heard at all

Not even the chair

I am, I cried

I am, said I

And I am lost,

and I can’t even say why

Leavin’ me lonely still

Did you ever read about a frog who dreamed of being a king And then became one Well, except for the names and a few other changes If you talk about me, the story’s the same one

Dood-Stil Dinsdag, Des 1 2009 

So sit ek nou hier, dis maar ‘n duinserige ou daggie as ek so deur die vensters kyk in my kop.  dis darm maar fokken sad nè, dat mens lonely is.

Eks heel happy, maar ons is almal lonely, sometimes, of jy nou op die toilet sit, in ‘n ander land sit, in ‘n ertjieblik huisie, of ‘n graf van verlange.

maak nie saak hoe baie mense jy ken nie, maak nie saak hoe gelowig jy is nie,  as dit stil raak om my,  en ek hoor net my hart klop in my ore,  en  die assies van my sigret val op die stoep,  dan kom daai besef, ons is maar net mens.

Net mens.

Al lè jy heel aand en sweet en wroeg en vryf  in die arms van jou “Sondag Lover” ( ai Jan Blom die kind het darm maar ‘n siel wat jou hel en hemel toe stuur gelyktydig).  Al gee jy jou tiende vir die kerk, al gooi jy wille parties by jou  huis, al klim jy op jou bike en ry tussen die strate van Cape-Town, Berlin, Amsterdam, Missisippi,  Sydney,  Paris,  Athens,  en kyk hoe die kinders speel en skelms steel. Dan is jy steeds alleen….”and you think to your self what a wonderful world”

Jy sien dis wanner ons daai stilte slaan, daai bot fokken stil stilte wat jou insluk, wat jou kou, en jou uitspoeg. Dis daai stilte wat jou nederig maak.

jy is net mens.

Al raas dit hoe om jou, die fokken stilte is altyd daar. Die ewige dood wat oor jou skouer hang soos ‘n kadawer wat jy orals oor die landskap van jou lewe rond sleep. soos ‘n vrot vel hang hy oor jou skouer tot jy by die graf kom met jou naam op. Maar jy sien dis nie die stank van sy asem wat in jou nek blaas nie.

dis die stank van vergeet en weg hadrloop. Ons vergeet ons is net mens. ons vergeet ons gaan vrek, hoe ons gaan vrek weet God alleen. maar vrek sal on vrek. As ons dit net wil aanvaar, dan word daai stilte ‘n lied, ‘n kinderkoor.

Die klomp wat all high er mighty in hulle lugtorings sit en af kyk op ek en jy die avarage jo-anne, dis hulle wat die maklikste vergeet en vinnigste hol. Hulle “goeters” hulle karre en selfoone, LCD’s; xbox;  laptop, ipod, snot snuif dagga klippe, speed, P, E, ….laat hulle gou-gou vergeet —-maar —– jy kannie daai fokken stilte escape nie.

Face the music baby! gee jouself oor aan die stilte, pass die bottle oor jou skouer, en sing saam met die dood.  Sing , gesels end drink  saam met die kineders in die konsentrasie kampe, die massagrafte, Cimetiede des saints-innocents- in die Paris Catacombs;   die Warsaw Ghetto,  die plaag put. Gooi nog ‘n dop vir die ou in die ongemerkde graf, die een wat verbrand is tot as, wat gesink het tot die see se bodem.

Ashes to ashes dust to dust-

As jy weghadloop van die dood af, is jy ‘n onnoselle skaap, wat dink hy is die ‘n wolf. Die witte wat dink hy is swart, die hunter that is the hunted.

As jy hom nooi om langs jou te sit vir ‘n dop en dalk ‘n skyf, kan sy arms om jou nek, sy ribbes in jou gut en knop knee in jou blad,  biekie rus en jou psige verlig.-

Dan sing jy saam met die stilte

“O DEATH….O DEATH”!!

Antjie Krog-‘n vry fokken vrou Maandag, Nov 30 2009 

ek staan op ‘n moerse rots

ek staan op ‘n moerse rots langs die see by Paternoster
die see slat slingers in die lug
liggroen skuim
onverskrokke kyk ek elke donnerse brander
in sy gut voor hy breek
die rots sidder onder my sole
my bo-beenspiere bult
my bekken smyt die aangeleerde gelate knak uit haar uit
se moer ek is rots ek is klip ek is duin
helder sing my tiete ‘n koperklepgeluid
my hande pak Moordbaai en Bekbaai
my arms skeur ekstaties bo my kop:
ek is
ek is
die here hoor my
‘n vry fokken vrou

Volgende Bladsy »

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg