
Rooi
Ek dra jou seker te veel
Ja ja vir die onthalwe van mooi
Maar ek en jy weet albei
Ek soek jou om my te troos
Behang jou soms aan my soos ‘n krismisboom
Krale, bangles, oorbelle en die ewige rooi serp in my wilde krulle
Ek dra jou vir jammergatgeit,
Vir bedonnerdgeid,
Vir onsekerheid,
Natuurlik vir elke bleddie -geit
ook vir my soms te dikwels droewigheid
Vandag voel ek ‘n bietjie van als
En dalk dink jy jy is overrated
Vandag staan my krulle erg woes
My kop voel te klein vir die wilde gekroes
En my hart voel heel discombobulated
So kom tem tog maar weer my kop
Kom jingle maar aan my ore
En hang maar weer aan my nek
En laas maar allermins jou liewe ou Rooi
Kom plak jouself baldadig op my bek.