Glo jy aan Vrydag die dertiende

Ek kyk nou juis vanoggend weer op die Afrikaanse WordPress blogs rond en kom loer toe so bietjie in by die hoenderhok. Ek was heel verbaas om te sien dat die blok weer sigbaar is al vir ‘n paar jaar. Bierpens het soos gewoonlik nie teleur gestel nie en skryf nog steeds puik stories oor die dinge wat ons gewone mense steeds as vaal beskou. Van rugby en suurgatte tot lyfstraf op skool. Laasgenoemde het ek baie geniet. Baie van ons wat in ‘n sekere era grootgeword het sal ‘n storie of twee hieroor kan vertel.
Aangesien dit dan vandag weer Vrydag die dertiende is, is die vraag of jy wat nou hier lees werklik aan soiets glo?
Ek persoonlik is glad nie bygelowig nie en glo ook nie daaraan nie. Maar indien daar wel in die alledaagse lewe dinge sou verkeerd loop, is dit altyd ‘n handige skuifmeel om die blaam vir wat ook al gebeur het te verskuif.
Verder glo ek ook dat indien jy wel hierdie dag sou vrees is jy dan ook meer geneig om die foute te maak wat dan tot jou slegte geluk lei.
Geniet julle dag baie en mag dit sonder ongelukke, swart katte en wat nog alles wees.

Prag vs Splendor

FB_IMG_1519127152629As daar nou maar eenmaal iets wat ou dikkes goed kan doen is dit om n woord se betekenis te toets tot die uiterste toe. So vind ek toe vele gebruike vir die antichris se woord “Splendor”. En Splendor Express was gebore toe BBM nog in die mode was. Nou die ding met n woord verkrag of om tot sy uiterste te gebruik … Vêr verwyderd van sy moedertaal se betekenis.

Rah will rise from the house of Poseidon and spill bucket loads of splendor over the face of the earth… Maar prag kan nie n vervoer middel word nie.  So sukkel Pensie om n Afrikaanse woord te vind wat hy met mening kan aanwend om die daaglikse ervaring van wonderk werk belwenis uit te druk op so n manier dat mense dit kan om arm en kan koester… Uit gaan en dit bymekaar maak en dit berg.

Sien die ding staan so met disleksiese reg tot vryheid van spraak… Dit gee mens die auteur”s reg om n taal te verwoes om jou binneste diepste gevoelens … Nee emosionele ervarings met die wêreld en sy mense te deel. Hulle op jou eie manier en verwoording op jou emosionele reis mee te sleur.

Die ding staan so.. ou dikkes het geen formele opleiding oor geen taal nie, maar hy het n storie om te vertel. Dit help met die kop goggas wat Klaasvakie se dosis verdun en wakker lê nagte wat eintlik mens se spoke voed … Te onderdruk. Dus my sonskyn in n botteltjie. Nooit gedink PTSD is iets om myself aan te steur nie, maar die monster het nie sy oorsprong in die Weermag gehad nie… Nee dis n vrees van “abandoning” n vrees van onteiening… Die omtneming van mems waardigheid… Daai vrees wat boelies in jou bewerk stellig.

Wel die vrees is nie iets wat mens kan beseer as mens se voortbestaan daagliks bedreig word nie. Ander dag praat pensPe meer oor die kop goggas wat boelies hom mee besmet het en die mee lewe van PTSD.

Groetnis tot later

 

Mammon se giggel

Ek en vader tyd het lang tree gestap in die tempel van Mammon. Nou nie van doek dra se dae af nie maar voor man kon skuim piepie se dae af. Die ding van Mammon se tempel is die speel van die Joodse klavier. Mens kan die gevoel vandag net op een ander plek beleef en dis in Mammon se sinagoges. Daar waar roelet wiele spin en die liggies flikker en almal se volgende beurt dalk die klokke sal laat lui.

Die mense wat dit al beleef het sal weet wat pensie van praat. Op die vloer van n klein handelaar kry mens daai selfde gevoel as die kasregisters begin sing in hoog seisoen. Die lekker kriewel somer so teen jou nek af en loop die pad van langerhans tot in jou stuitjie. Dis n tiepe verslawing wat min mense oorkom, maar dis die tiepe verslawing wat jou kinders op skool hou en Mev Pensie laat glimlag elke keer as sy haar kaart kan laat geld.

Soos elke man nou kwansuis weet n vrou se liefde is deur haar kaart en n lemiet is n teiken wat elke maamd gehaal moet word. Nou solank die Joodse klavierspel klok helder lui, iets wat afwesig is in vandag se tegnologie, kan sy maar haar kaart laat geld. Die probleem het ingetree toe dinge begin skeef loop in Pensie se Tempel van Mammon. Dis nou maar hoe die lewe is. Dinge gebeur en dis n konstante. As jy nie die pas kan vol hou nie raak jy agter. Pensie het êrens uit die bus geval.

Eintlik nie geval nie.. eintlik sommer net neergeslaan met n hoofletter B. Dis wel water onder die brug en Pensie hou nou die pot aan die kook met die hoenders en eiers. Dis nou van waar die gegiggel van Mammon nou skielik weer n lekker kriewel deur die omderlingende dele van Pensie se boep magie stuur.

Die kloekies is van dag een af deur Pensie groot gebring by sy eie hande. So sit ek vandag oor die veer volkie en kyk… En besef dat hulle groot is … En mooi is … En dat hulle aanklank gaan vind en die klokke gaan laat lui… Die alarms gaan skree

BierPens gaan weer Mammon hoor giggel.

Deur BierPens

Klaasvakie se grootste kritici

8 Jaar later

IMG-20180801-WA0005

Na 8  jaar wonder mens of die lewe vol sirkel geloop het en of mens nou net ou koeie uit die sloot op grawe of slapende honde wakker maak. Feit is Pensie is nou n hoender boer en die alledaagse dinge van plaas lewe het heimwee in hom wakker gemaak.

Verlange na goeie skryf maats, blog gevegte en die disleksiese reg tot vryheid van spraak. Ja ou dikkes het m lang pad geloop en baie klippe gekou. Nou wonder hy wat om met die ledigheid te doen, want Mammon is steeds baas en pluimvee groei net so vinnig as wat vader tyd dit toelaat. So mens weet nie altyd om met die spaar tyd te maak nie.

Grond is hard as dit nie reën nie en oom Angus het lank laas gebid so daai seninges is min. Wat nou gemaak as mens grond wil bewerk wat deur moedernatuur ingesement is deur droog wees en ure se warm son bak? Mens moet maar net geduldig wees en wag. Wag Wa iets wat iemand met geduld kan doen. Wel en seker n luiaard ook. Hoe wag iemamd wat adht is. Of het die rooi miere nou n amder afkorting in Afrikaans? Praat mense nog Afrikaans?

As pensie nou die storie so kyk is die Afrikaner nou iets wat gekruis is met n lang nek voël. Ai die mens dra darem soveel haat in hulle se binneste. Om te dink hulle kan afsku kwansuis bybels regverdig. Nee wat… Ons moet dit jou maar besef. So gemaak en so gelaat staan. Die volkere wat ons die land van melk en heuning mee deel weet hoe om die rev counter van n mens se moer meter in die rooi te hou. Daar is nou net mooi geen salf te smeer aan die vermoë van ons mede landgenote om die dam onder die eend uit te ruk as dit by wit blameer uitkom nie.

Arme Jan het nou al die skuld vir alles gekry, maar dis hoe die komunis nou maar eenmaal is. Hulle maak seker hulle vat wat hulle kan terwyl hulle die skapies slag pale toe lei en die Afrikaner sit oop mond die afere en aanskou. Stom geslaan staan hulle met hul se hande lanks hulle se sye en net die wat nog bietjie wind in die seile het spuug haat en wraak teen die onreg wat nou gepleeg word. Mens kan nie eers meer die woord kwansuis hier aan koppel nie want die onreg gebeur daagliks in hoofletters met uitroeptekens.

So sal ons maar weer saam kom hier op die werf en probeer hond haar afmaak van wat aan die gang is. Van Steve se hand om die blaas met Afriforum tot Verwoerd se nageslag wat ons uit verkoop aan die saad reus Monsanto.

Wat gaan van ons word. Ons dae is in elk geval getel… Ons kinders die slawe van ons sondes.

Ek Groet julle tot volgende keer

BierPens… Klaasvakie se grootste kritici

Die nuwe student

Ons swot nie meer predikant, of prokureer nie

ons swot nie meer wat pa se nie.

Ons swot BA eie keuse, Bcom eie keuse,

 Bsc-doen elke jaar aansoek vir medies- want ons velle is te wit- 

al kan ons niks met ons Bsc graad doen nie- mediese wetenskappe.

Ons bly in kommunes saam ons pelle,

ons bly lekker met Jacuzi’s en DSTV en vere duvets

en ‘n George formen en wyn in die yskas

(reg langs die bier)

Ons ry karre, hulle is posh.

Die karre is flashy, dis beter as pa sn.

Ons klere is uniek (uniek soos in die duur soort)

Ons besit die nuuste sony erricsons

met Gps apart. (hoe anders moet ons so nou en dan ons pad huis toe vind?)   

Die lewe is lekker.

Studente lewe is lekker.

net jammer die tyd vlieg so vinnig verby…..

Die hoenderhok kry weer nuwe lewe

Ek is bly om te sien daar is weer nuwe lewe hier op Kekkel. Welkom terug, Bierpens. Mag jy ons weereens vermaak met jou unieke skryfstyl en jou refleksies op die gewone lewe. Jy het ‘n manier om ‘n goeie storie te maak uit die vaal gewone ding van die lewe wat ons ander mense soms verbygaan.
Harry is ook weer terug met een van sy staaltjies en ek geniet dit elke keer.
Verder is die Afrikaanse blogs nog rustig. Meeste van die ou staatmakers is nog steeds met ons en daar is ook ‘n paar nuwe opkomende sterre. Ons vriend Sharpshoot wat verlede jaar lekker hier op Kekkel gesels het het ook nou sy eie blog opgedra aan sy honde. Die avonture van Wagter, Fiefie en Junior. Dis op die oomblik een van die top blogs op die Afrikaanse wordpress.
Mag al julle bloggers julle blogs nog baie geniet. Ek het myne die laaste tyd erg afgeskeep, maar hoop om eersdags weer te begin skryf.
Liefdegroete
Vuurslag

Lang Herman en die blik kondensmelk


My vadertjie Lang Herman was sonder enige euwels en vices. Ek het vir hom in my hele lewe bitter min hoor vloek. Die kere wat hy wel gevloek het was van pure skrik of om die outiëntisiteit van die storie te hou wat hy besig was om te vertel sodat dit darem nie afgewater was nie. Hy was altyd  so sagmoedig en ek het vir hom so selde kwaad gesien. Ek self het net twee keer in my lewe pak gekry by hom en die pakke slae het ek verdien en onthou dit tot vandag toe nog.

Lang Herman was ‘n man wat geglo het het aan roetine en hy sou liewer by sy geliefde huis bly as om te loop kuier. My vadertjie het nooit saam met sy vriende kroeg toe gegaan nie. Hy het nooit meer as een bier gedrink nie en ek het hom in my hele lewe nooit dronk gesien nie. In sy jonger dae voordat hy getroud is wat hy ook baie nougeset met sy studies oor die pos en het veel eerder geleer as wat hy saam met vriende ringkink het by die myn kroeg. Tog was hy altyd populêr met die mense om hom.

Lees voort

studente spesiaal

…nee ek het nie pms nie
ek is net ‘n natural bitch

my ass is een size groter
en ek dink (en drink) ‘n bietjie meer
dis al wat sal help om die moodswings te beheer
die lewe piss my af net soos jy
as jy jou maandelikse allowance by pappa lief kry..

Jou kleuterskool rigting laat my saggies lag
of wag maybe was dit toe nie so sag.
in die aande voor ek slaap
lag ek hardop vir jou gekerm oor jou swottings
ag tog poplap
vir jou gaan die lewe nog hard klap.
en jy met jou lewe daar in potch
wat soek jy daar
dis even worse as ek
hier waar ek elke dag net verder vrek.

kom ek sing ‘n song
vir jou my lief
kom sing tog saam
by springboks kareoke op ‘n dinsdag..
maar springboks’ word gesue
want hul lawaai mos gans te hard
vir arme poppie wat in haar koshuis kamer sit en swot
yeah right
waar was jy gisteraand
weet jou ma jy slaap rond en bont
sleep jou panty deur die grond?

Maar kom ons wees nou eerlik
wie is dan nou eintlik happy hier?
ons besef net elke dag watter messed up
Suid-Afrika vir die screwed up generasie wag.
Kom ons drink ‘n glasie
‘n groot sensasie
Mandela word nou oud
en die peoples kom in opstand
en die olympic games is op ons
kom ons drink maar nog ‘n glasie en kyk ‘n bietjie sport
en vergeet van die land op sy laaste life support.

ja my ass is ‘n size groter
en Mc’Donalds om die draai
en elke aand sorg Springboks’
vir ‘n moerse groot lawaai
want die studente swot hul koppe af
en hul val hul asses nerf af
en woensdae in die beeld word Zuma weereens nie gestraf.

dan drink jy maar ‘n red bull
en wens ook jy kon vlieg
maar die tv het gelieg
die tv het bedrieg
hier sit jy steeds op jou gat..

sit op jou gat
en lag

geseënde Kersfees

Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om al ons lesers en deelnemers by Kekkel ‘n gesënde Kersfees en ‘n voorspoedige nuwe jaar toe te wens. Mag julle die feesseisoen terdeë geniet saam met julle gesinne, familie en vriende. Mag julle ook die seën en vreugde van Kersfees ervaar. Ons weet nie wat die nuwe jaar gaan oplewer nie, maar mag dit tussen alles deur vir julle ‘n geseënde jaar wees.
My hartlike dank ook aan Bierpens vir sy werk om ‘n platform vir ons Afrikaanse Bloggers te skep. Mag dit vir jou en jou gesin ook ‘n geseënde feesgety wees.

‘n bakkie muesli

Die lewe le in ‘n bakkie muesli..

 Jy het die granola- dis die allerdaags. Maar selfs die allerdaags verskil soms. Mens kry die honey-coated high fat semi- sonde soort, en dan kry jy die swiss muesli- proe soos papier maar dis tog so goed vir jou. Party dae proe my lewe soos papier-  allerdaags en average.

Dan kry jy so hier en daar ‘n neut. ‘n Wonderlike, heerlike, heel neut. Daardie oomblikke in die lewe wat als die moeite werd maak. Die oomblikke wat jou weer laat kans sien om aan te hou eet, tot jy die volgende neut raak byt.

Ongelukkig, altans in my bakkie byt jy ook so nou en dan ‘n onplesierige ding raak. ‘n Gedroogde piesang. Sies. Ek kon nog nooit verstaan hoekom iemand ‘n piesang in al sy  glorie sal  wil droog nie. Maar dan, hoekom is daar swaarkry, armoede, misdaad….enenene. Die gedroogde piesangs van die lewe. Byt jy hom raak, kou jy hom so vinnig as moontlik tot ‘n grootte wat relatief slukbaar is. En dan? Dis dan wat jy moet onthou dat daar dalk nog ‘n neut in jou bakkie oor is, so jy hou maar aan met eet.

 Die lekkerste manier om ‘n bakkie muesli te geniet, vir  my, is saam met aarbei yogurt. Dit laat tot die piesangs lekkerder proe, dit omvou die neute in die lewe met ‘n romerige, soet kombersie en selfs die allerdaagse granola smaak lekkerder.

Die yogurt in jou lewe kan enige iets wees. Vir my is dit die Here, vir ander is dit die bottle wyn in die spens, hul oggend sigaret of die skinderstorie aan die ontbyt tafel!

Ek wens vir almal dat julle neute volop sal wees die jaar. Dat julle genoeg yogurt het om die piesangs mee af te sluk, maar ook dat julle elke happie allerdaagse sal geniet – want voor jy sien is jou bakkie leeg.

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg