‘n Skaap in honde klere

Onlangs weer lees ek een van my vriend Johan Bakkes se vele reis skrywes, en reg aan die begin maak hy weer half-skaam verskoning vir die feit dat hy gelukkig is. Snaaks, toe ek dit lees kon ek sy geluk aanvoel en weet waaroor hy so ‘n heuglike uitkyk oor die lewe het, maar nou waar ek in die bed sit met ‘n krampende maag en skryf, onthou ek net die hoofrede. Reis. Johan is dankbaar dat hy kan reis, want dit maak hom gelukkig.

Minder as ‘n maand na ons terugkeer na ‘n duinlose normaliteit, oorreed ek vir Eldre dat ons in die pad moet val. Daar is twee groot redes daarvoor, een: ek vrees met als in my hart dat my nuwe lewe wat op daardie 108m duin begin het, in ‘n sandstorm van korporatiewe papierwerk ‘n stille dood sal ondergaan en twee dat die Fortuner moet gewoond raak aan harde klippe onder sy voete.

Saterdag oggend is ons padlangs deur na Matjiesfontein. Vinnig loer ons in by die hotel en museum, en

So eindig ons op op Skurweberg, ‘n Karoo plaas naby Sutherland. Sutherland is snaaks. Ons stadsmense voel half snaaks as jy daar uit jou kar klim, want die lug ruik nie lekker nie.
Sutherland
Dit het my ‘n rukkie geneem om agter te kom dat die snaakse reuk juis daar is omdat die lug glad nie ruik nie; Sutherland het weens hoogte bo seespieel, geen besoedeling nie. Dis ook die rede vir die sterrewag daar naby.

Walk in the Paulo

So, after breakfast, I decided to go for a walk around the neighbourhood. I had about an hour to kill before Felippo would arrive for lunch.

Felippo told me that the neighbourhood where the hotel is, is actually one of the best neighbourhoods in Sao Paulo. There are many, many high rise buildings around, and they all look first rate.

The first thing I notice is that, like South-Africa, all the building have serious security to protect them.

I asked Felippo about it, and he confirmed that, unlike what the Americans tell the world, the whole of South-America is not a war zone, and the security is only there because of “normal” crime. Strange how us South-Africans use words like “normal crime”, but that’s another story.

My hotel is here:

View Larger Map

Basically I walked all the way up the road, and all the way to the bottom again. It seemed to me that as soon as you get to the end of the road (no jokes, please), the surrounding quickly change to very industrial area, and I am not brave enough to check it out yet.

Britte, Italianers en armblankes.

Op http://www.mooiloop.co.za beskikbaar hier.

Die donnerse Britte.

Teen 1881 het die Brit Henry Barrington al heerlik gebly in Portland Manor, net buite die Knysna bosse. Die legende gaan dat Henry baie suksesvol was met sy boerdery, en besluit het om dit te gebruik om iets te doen aan ‘n groot probleem in die bos.

Eintlik 2 groot probleme. Op daardie stadium is twee wilde spesies, wat nie hou van reëls en beheer nie, in die bosse ingejaag. Die olifante, en die Afrikaners. Ingejaag, of gaan wegkruip; ek is nie 100% seker nie. Die Afrikaners het hout gekap, en die Olifante het die Afrikaners rondgejaag in die bos. Hulle was moerig. Die olifante meen ek. Orals was op hulle geskiet, en kry hulle toe wegkruip plek in die Knysna bosse. Daar aangekom, besef die olifante dat dit nie so idillies is soos mense dit wil uitmaak nie, dis koud. Nat. Geen kos. En bedonderde Afrikaners kap die een boom na die ander af. Ek moet wel byvoeg dat hulle net gekap het wat hulle nodig gehad het. Die Afrikaners het omgegee vir die bos; dit was hulle beskerming en lewe.

Die Afrikaners het met groot moeite die hout tot in die dorp gekry, net om deur die hout handelaars uitgebuit te word. Sien, die hout handelaars het ook die plaaslike Woolies Foods van die dag besit, waar die houtkappers nie anders kon as om kos op skuld te koop nie. Die houtkappers is dan nooit vir hulle hout betaal nie, die inkomste is sommer van hulle skuld afgetrek. Duidelik ‘n belowende beroep, solank jy die hout handelaar is.

Dit het tot gevolg gehad dat die Afrikaners in die bos verarm het. Hulle het armblankes geword, van die soort wat mens nog steeds op die platteland en Patricia Lewis konserte sien. Patricia is dus die hout handelaar, maw. aan die regte kant.

So besluit Henry Barrington dis tyd dat iets gedoen moet word. Hy gesels met sy vriend in die parlement, en reken hulle die beste plan is om ‘n sy bedryf te vestig in die bos, dat dit die Afrikaners kan besig hou en geld genereer. Natuurlik kan die Afrikaners nie na hulle self kyk nie, en word daar besluit die Italianers is die regte mense om die Afrikaners in toom te hou. Seker maar omdat dit een bedonnerde nasie vat om ‘n ander in toom te hou. Wat ook al wou, die Italianers kom toe oor na Knysna met ‘n groot gejuig. Aan land gestap, besef hulle toe hier is moeilikheid. Eerstens is van die families belowe hulle gaan Amerika toe, en tweedens kom hulle gou agter dat die moerbei bome die verkeerde soort is, en gaan die plan nie werk nie. Die Italianers word toe vir alle praktiese doeleindes op ‘n stuk grond gelos om na hulle self om te sien. Geen Afrikaans of Engels magtig nie, met geen manier van inkomste nie, besef hulle toe hier is probleme. Nou die storie loop dat die Hollanders tot ‘n manier tot hulle redding gekom het, en om ‘n lang storie kort te maak, het die Italianers toe mettertyd deel van die Hollanders geword. Hulle het getrou onder mekaar en als wat daarmee saamgaan. Toe die Italianers eers met die Hollanders deurmekaar raak, kon hulle ook nie juis terug Italië toe nie, want daar is op hulle neergekyk. In Italië was baie van die mense suksesvolle sy boere, en toe hulle probeer terugkom met barbaarse Hollandse vrouens en mans, is daar besluit dat hulle nie meer goed genoeg is vir die volbloed Italianers nie.

Einde Augustus 2008 besluit ons om my Pa hulle halfpad van Oos-Londen af te ontmoet by Stormsrivier mond.

Wat jy inbring, vat jy uit.
Mr Delivery, Stormsrivier styl.
Mr Delivery, Stormsrivier styl.
Rof, soos 'n Afrikaner.
Rof, met ‘n blink kant, soos ‘n Afrikaner

Deur Jurgens van www.livethejourney.co.za en Douwe van http://www.karoospirit.co.za kom ons die Vrydag by Knysna bosse uit. Ons ontmoet vir Frank, wat baie vinnig vir ons vertel dat vandag die dag is wat ons die bos gaan leer ken soos ons nooit van geweet het nie. En hy was reg. Frank begin gesels. 3.5 ure later, is selfs my Pa stil, en dit wil gedoen wees. Frank vertel ons als van die bos wat ons nie geweet het agter die bome kan aangaan nie. Dis die ding. Mens dink, as jy gaan ry, dat jy jou kar in ‘n rat gooi, en ‘n paar ure lank bome kyk, en dan is dit dit. Jy kan dit beslis so doen, maar dan kan jy beslis net sowel by die huis bly, en die DVD kyk. Frank besit http://www.bhejane.com/. Hy het die natuurbewaring ouens genader en oorreed dat hy ‘n konsessie moet kry om mense, onder streng beheer, deur die bos te vat. Dit gebeur toe en hoop hulle binne die eerste jaar sal daar darem so 350 mense wees wat sou belang stel. Onderskatting is die wagwoord hier, want toe ons gegaan het, was daar al 750 mense deur die bos en die eerste jaar is nog lank nie agter die rug nie. Frank het die hele storie so beplan dat die bosmense ook voordeel trek uit die hele storie. Daar is met hulp ‘n restaurant by Diepwalle Bosbou Stasie op die been gebring, wat werk verskaf aan die mens van die omgewing. Op datum het meer as R70000 na die gemeenskap gevloei, wat my asem weggeslaan het.

alwetend.
Italianers: alwetend.

In die tyd wat Frank 3 radios pap gesels het, hoor ons hy is ‘n afstammeling van een van die oorspronklike Italiaanse families, ene Rabbolini. Hy vertel ook dat die storie vertel word in Dalene Matthee se Moerbeibos en al die hout treine in die bos gaan staan stil vir my. (Dankie aan Gert Vlok-Nel dat ek jou woorde kon buig).

Ek besef ek het nog nooit in my lewe Dalene Matthee gelees nie. Hoe meer ek probeer dink daaroor, dat ek seker Fiela se Kind gelees het, hoe meer kan ek nie dink dit het ooit gebeur nie. Ek raak angstig en besluit dat ek dit moet regstel, want ‘n fout soos hierdie kan maak dat ek vriende verloor.

Terug in die Kaap koop ek Toorbos en is die boek my vriend vir die volgende paar dae.

Ek besef nou, dat as dit nie vir die donnerse Engelse was, wat gaan kak maak het met die Italianers 127 jaar gelede nie, het ek nooit Dalene Matthee gelees nie.

En daarvoor se ek dankie vir die Engelse en die Italianders, wat baie moeite gedoen het lank gelede om my ook beskawing toe te bring.

In my opinie kan die Engelse maar weer gaan moeilikheid maak met ‘n ander nasie, wie weet watse wonderlike dinge daaruit gaan voortspruit oor so 120 jaar. Enige iemand al Irakese boeke gelees?

As jy ‘n brandewyn-en-Coke 4×4 tipe ou is, bly weg. Hierdie toere is nie vir jou nie en is ek seker julle wat kan lees sal ook nie my blog lees nie. Hierdie begeleide toere is vir mense wat lus is om hulle lewens te verander. Saam met die regte gidse, kan ek jou dit waarborg.

Toer leier: Frank Carlisle.
http://www.bhejane.com/
Koste: R350 per persoon (dit sluit koffie en ‘n ete in. Ook, ‘n nuwe uitkyk op die bos.).

Bespreking gedoen deur http://www.livethejourney.co.za.
Opgewonde gemaak deur http://www.karoospirit.co.za
Informasie oor die Italianers: [email protected]
Vir Dalene. Jammer.

Ns. Hierdie storie is soos ek dit kan onthou, en sal daar beslis feite wees wat ek verkeerd het.  So lees ek byvoorbeeld dat een van Henry Barrington se kleinkinders reken die storie is heeltemal verkeerd. Lees meer by http://www.talkabouttown.co.za/talktownforum/showpost.php?s=11089fa5f9ace78a5641c1d766e3d9e6&p=734&postcount=2.

Namibië, Vleis, Ghout en ‘n pillietjie

Ek het NIE ‘n idee wie hierdie geskryf het nie, maar dankie vir Karate Kallie wat dit aangestuur het.

Niks in die lewe bring groter vreugde vir ‘n moeë vis-en-hoenderdieet as ‘n langnaweek in Namibia nie.  Die oggend, middag en aandvleisvure brand hoog en die vet drup uit die vakansie baarde, dis ‘n geil besigheid man, geil man, geil. Jou beker loop oor.  Soggens is dit skaapniertjies, smiddae skaaptjops en saans iets kleins soos ‘n ou biefstukkie of ‘n varkboudjie.

In Namibia beteken ‘n gebalanseerde dieet ‘n tjop in elke hand. Tussendeur word daar aan ‘n biltonkie gekou om die kieste oefening te gee.

Maar soos met alle goeie dinge kom daar ‘n einde aan alles.  Die t’rugtog Kaap toe kom soos ‘n dief in die nag. Daar word uitgestel en weggepraat maar vader Tyd het gesê dis Sondagmiddag en so sal dit wees. Na ‘n skaapvleis ontbyt word die langpad gevat met skaapboud toebroodjies vir padkos.

Voetslepend en klaend word die tasse gepak en gelaai en met stroewe gesigte word die Namibiese familie gegroet.  Die stilte in die motor is oorverdowend wanneer ons die pad vat Kaap toe.

Rehoboth, Kalkrand, Spietkop, Mariental, Spietkop, Keetmans, Spietkop flits die plekke verby. Grunau …. amper halfpad en die Sondagmiddag trek lang skadu’s oor die suide vlaktes. Aaaai, as ons maar al die skapies kon saamvat vir die mense in die Kaap. Hulle weet nie wat mis hulle nie. Glo mos net aan vis en hoender. Hoender is mos nie verniet die nasionale voël van die Wes-Kaap nie.  Na Vioolsdrif kom die fout.  Grooot fout!  ‘n Pyn van epidermiese proporsies skiet my regterenkel binne. Dit moet ‘n beroerte wees. Ek sweer dis ‘n hartaanval …. My hart sit juis in my skoene. Kry mens miskien ‘n voetaanval, Bosluisvoet of  Slangvoet?  Die moontlikhede is legio.  Die pyn neem alles oor. Die kinders wonder of pa Krismis gaan haal.
Liefste wil weet of ek koors het. “Bel die dokter!” is al wat ek kan uitkry terwyl ek stotterend probeer asem kry. Ek trap die petrol dieper met die anner voet en  die trane biggel oor my wange.  O Kaap, O Kaap, as ek tog maar net by die huis kan kom. Vroutjie bel vir Dok uit sy Sondagmiddagslapie. Dit is NOOD broer. Sy vertel in kort, afgemete sinne wat haar diagnose is. Dok vra hieroor en daaroor en waar die pyn is en of daar ou rugby beserings is in daai voet.  Dan die lang stilte. Ons albei verwag die ergste.” Nee” se dok” maar as dit so pyn en die pyn daar is en julle die en daai ge-eet het, daar geen koors is nie, die pyn nie “loop” nie, dan lyk dit my na ghout”.

“Wat het jy in die kar? Het jy enige iets vir die kinders vir karsiek?”

Dankie tog, dink ek nou is ons darem al by die merriekasie. “O, setpille” hoor ek vroutjie antwoord van die kant af, “maar as jy dit het, kan jy dit vir hom gee. Hy sal ‘n 100mg moet inkry”. “Maar ek het net 15 en 20mg pilletjies”, hoor ek vir vroutjie terwyl sy hard dink hoe sy hierdie pilletjies in haar man se watse dinges gaan inkry. Synde die dokter op die “loudspeaker” is, kan ek darem self in my toestand uitwerk hoeveel keer gaan ek, nou ja, die ding moet doen. Toe hy aflui staan ek dadelik vas, ek het ook mos ‘n binneste. “Sal wag tot op Springbok, daar sal ‘n noodapteek wees” en daarmee handel ek die gesprek af, ter wille van die kinders in die kar.

Maar ai boeta, op Springbok is ‘n noodapteek so skaars soos reën. Niks oop, op ‘n Sondagaand nie. “Dan druk ons maar deur Kaap toe.” Kners ek op my tanne.  Ek sit nou al kaalvoet met die lugreeling vol oop op my voet – dalk vries die ding dood dan kan ek hom afbreek en in die kar se “boot” gooi.  ‘n Man het sy trots en ek’s g’n hoender wat klein pilletjies agterstevoor om pik nie.  Op Garies is al my manlikheid daarmee heen … alles is wit van die pyn. “Vrou, gee maar – dit is nou of nooit, en ek “nou” liewer as “nooit”.

Vroulief fynkam haar “toolbox” en kom met die goeie nuus, daar’s nog ‘n 100mg setpilletjie”. Daar het jy dit: Vir elke pyn is daar ‘n gewig. Pil in die hand bestorm, of was dit nou bekruip of huppel ek na die plek van verligting by die vulstasie. “Hierdie besigheid MOET net werk”  dink ek by myself en probeer moed skep vir wat voorlê.  Ek worstel en sweet, maar in moet hy in – het jy al ooit probeer om ‘n “dartboard” se “bullseye” van die agterkant af op een been te kry sonder om die ander ouens in die kleedkamer met sagte kreungeluidjies te vermaak?

Na die nagmerrie sukkel ek t’rug kar toe en ons val in die pad.  Die kinders wil weet hoekom pa se oë dan nou so groot is. Dink seker ek probeer Wolf en Rooikappie vir hulle opvoer om die pad om te kry. Niemand sê iets nie, ma bly liewer stil, sy weet wanneer vraetyd verby is. Later slaap die kinders snoesig in hul stoeltjies, ek sit met die pyn en trap die petrol dat ons in die Kaap kan kom. Pyn, alles net pyn en die gedagte van die vreeslikheid daar in die toilet op Garies vir ewig ingeprent in my geheue.

By Van Rynsdorp traai vroutjie weer ‘n geselsie.” Voel dit al beter, skat.”

“Nog nie juis nie liefling.  Maar dis darem ‘n skerp pil daai” gooi ek ‘n hou na die witjasse. “Hoe bedoel jy?” “Ek bedoel die alluminium om die pil.

Ek moes die besigheid omtrent “panelbeat” om die skerp kante te probeer platkry.  As ek dit sommer net so sou gebruik, kon ek my binneste lelik beskadig” verduidelik ek sonder om te veel “detail” te gee.

Dit smaak vroutjie het as selfmoordbomplanter by Elkaida gekwalifiseer. Sy ontplof dat die kinners se lyfies ruk en hulle met hulle handjies bo-kant hulle koppe gryp in hulle slaap.  Dis die ergste lagbui wat ek uit haar lyf hoor sedert die nuus van haar eerste swangerskap. “Jy moes die alluminium afhaal, poe…ol!” rek sy dit uit en sy trek haar foontjie nader.  “Maar ek dog dit werk soos ‘n kapsule. Mens breek mos nie ‘n kapsule oop nie, net nou vergiftig jy jouself met ‘n oordosis, die besigheid moet mos stadig ‘n mens se sisteem bekruip!”  My manlikheid en intellek is daarmee heen. Die wêreld weet. Sy mishandel die selfoontjie om die nuus oor die aardbol te versprei.

Dok is die eerste om van my “mishap” te hoor.  Hy kan sommer my lyding op die internet uitblaker en die eer kry vir die beste mediese “joke’ van die maand. Geen setpil sal ooit weer dieselfde wees nie.  Hoe gaan ek die wêreld in die oë kyk? En dit na die vreeslike lyding op Garies.  Ek verlang na die tere liefde en simpatie van my moeder.

Volgende more is ek ‘n “celeb” op kantoor, almal wil tog net bemoedigend aan my vat of ‘n ou geselsie aanknoop.  Wil weet of ek nou ‘n “stainless steel silencer” het.  Ha, ha, ha, wens julle kry dieselle pyn wat ek in my voet het in julle “silencers”  dan  sal ons sien!

Klomp ape!

Het die ding gewerk?  Weet nog nie….wag dat die aluminium “corode”.

Hemel op die platteland

In my naïewe jeug was ek ‘n ingeskrewe meganiese ingenieurswese student by Stellenbosch. Daar het nie veel van dit gekom nie, maar daardie 4 jaar van waansin waarvoor my arme ouers moes betaal, het wel 2 groot nagevolge gehad. Een. Maak nie saak hoe sleg jy doen op universiteit nie; net die feit dat jy saam met ander studente rondgaan (en omgaan) gee vir jou ‘n denkwyse wat jy nooit in jou lewe sal verloor nie. Tot vandag toe verbaas ek myself hoe goed ek kan wees om probleme af te breek tot in hulle kleinste deeltjies, en van daar af op te bou. Twee. Ek het my selfvertroue verloor.

Terug na nommer een. Ek reken dat van al die wonderlike ingenieurswese uitvindsels wat in ‘n voertuig soos ons Fortuner gaan, is by verreweg die belangrikste een die staal plaat onder die enjin. Oil sump soos ons dit ken in Algemeen Aanvaarde Afrikaans. RSG inbellers, bel vir RSG. Hier is myne. Ek is baie trots op daai merke.

Plyster vir my nerwe

Plyster vir my nerwe

My vriend Jurgens van www.LiveTheJourney.co.za word baie jammer gekry deur Eldré. Sy se ek e-pos hom te veel. Ek weet nie hoe om op te hou nie, want sy lewenstyl is net so aanloklik.Reise deur die Namib. Reise deur Botswana. Reise deur Angola. ‘n Reis uit die stad uit elke aand.

Deur een van ons vele geselsies oor e-pos reken Jurgens ons moet Groot Toren toe gaan.  Op die web gaan loer,  en vinnig uitgekom by hulle werf. http://www.tourismmcgregor.co.za/GrootToren.htm

Ek dog wel, die plek lyk nie te kak nie,  en kontak ek hulle. Met die relings het Marinda (van Groot Toren) my geSMS op antwoord vir my e-pos. Sy het verduidelik dat dinge by hulle afhanklik is van son krag,  en weens die sneeu sal ek maar moet wag totdat die details deurkom.  So gemaak, en kom die e-posse een vir een ingevlieg by my indoos. Aangeheg is die mees ongelooflike fotos, waaronder die volgende:

Later as beplan kom ons weg die Vrydag middag, en kom met ‘n groot gejuig aan by Groot Toren. ‘n Lee kam parea en beligte kombuis heet ons welkom, waar ek sommer self inteken en sleutel gryp. Ek voel die lewe is ‘n lied.

By die hek aangekom kan Eldré tot my verbasing nie die hek oopmaak nie. Ek kom tot die besef dat in my kinderlike opgewondenheid het ek nooit besef dis is nag-donker nie, en ons moet nog ‘n paar kilometer teen die berg op! Deur die hek, af in LOW, en Eldré begin naels kou. Dit is stik-giet-nag donker, soos dit net in die platteland kan wees. Ons is egter daar op met ‘n groot gejuig, en bruis my are van vars lug, hoogtes en avontuur. Eldré is nie in dieselfde bui nie, want sy is die een wie se lewe in ander se hande was teen daardie donker berg op.

Die huisie is fantasties. Geen TV, maar weens reeds genoemde son krag en gas is daar lig en dan ook yskas, storte en ‘n massiewe kaggel. Die plek is netjies hoor. Netjies.

Ons maak ‘n reuse kaggel, drankies word geskink en die rustigheid begin ons omvou. Die stilte pla my. Dit gebeur elke keer as ons weggaan. Ek voel ongemaklik en angstig, want dinge is nie heeltemal reg nie. Die lug ruik skoon, en daar is net stilte. Geen TV, internet, of IPod wat op 66% volume in die agtergrond speel nie. Gelukkig vir ons word die stilte onderbreek deur ‘n  geritsel. Ek het voorheen al ‘n stelletjie afgetrap met ‘n skerpioen in my skoen, so dadelik wil ek weet wat aangaan (ek dink nie daaraan dat ek heel moontlik nie ‘n skerpioen sal hoor steek nie). Die geritsel draai uit om ‘n veld muisie te wees. Op en af is ek en die voorkamer agter die muis aan, want “ons” reken daar is nie genoeg plek vir ons almal in die huisie nie. Na ‘n groot stryery is muis by die voordeur uit in die koue nag in. Nie lank nie, en dis weer so. Ek reken dat g’n muis my sal onder kry nie, hel man; ek het dan net ‘n rukkie terug in die nag ge-4×4! Eldré reken egter dat die muis pla. Ek bel vir Marinda, en sy reken die outjies kom maar in, en ons moet ‘n muis valletjie stel. Na ‘n stille woordewisseling stel ek die valletjie, maar my aand is ge-spoil (bel RSG, mense…). Ek wil nie ‘n muis moordenaar wees nie, ons is dan die besoekers?

Volgende oggend is dinge maar styf tussen ons. Ons besluit egter die roete moet aangepak word, en daar gaan ons. Goeie fok. Weereens, RSG mense. Party dinge klink net nie so goed as jy se: “Yesterday” nie. Wat ‘n hemelse ervaring.

Die roete is beslis nie vir 4×2 gemaak nie, en maak maar seker jou bande is afgeblaas, en grondvryhoogte is hoog. Die huisie en roete was bo die wolke vlak, wat veroorsaak het dat jy hemels voel. Jy is bo die wolke, en terwyl jy op die roete is, klim jy nog hoër. Ek is nie naastenby ‘n goed genoeg skrywer om dit te beskryf nie, so fotos sal moet doen.

Groot Toren

Groot Toren

Hemel op die platteland

Hemel op die platteland

Driehoek

Driehoek

Skadu teen die muur

Skadu teen die muur

Saterdag middag is ons altwee kalmeer. Ons neem fotos, drink wonderlike Ega (http://www.egalife.co.za/) en rooiwyn, en begin gesels. Vir die eerste keer die naweek. Ek en Eldré besef dat dit ons ‘n hele dag gevat het om die stad uit ons lewe te druk. ‘n Hele dag. Dit voel vir my soos ‘n dag in my lewe wat ek gemors het, en nooit weer sal terugkry nie. Weereens kom ek agter hoe ‘n groot invloed die stad op jou het. Nou kyk, ons is reg vir weggaan sodra ons kan. En as dit ons ‘n dag vat om af te skakel, dan kry ek ander mense jammer. Daai gif is in jou, en as jy nie baklei daarteen nie, kom dit nie uit nie.

‘n Hele foking dag is daarmee heen. Dit klink kort, maar in daardie dag het ons baklei, ek het stil stuipe gehad, ons het selfs amper muis-moord gepleeg! Twee keer! Dis nie aanvaarbaar nie. Almal wat amper al hulle toekomstige dae verloor het, sal weet hoe kosbaar een dag is. Een dag wat nie gebruik is nie, is ‘n vermorsing, en kan jy net jouself blameer.

Dit bring my terug na die staal plaat. Man, ek is mal oor daai plaat. Weens daardie plaat kan ek in die nag teen berghange op ry, ons kan die stad gif uit die bloed kry op Groot Toren se klip opdraandes, en as jy ‘n foutjie maak, is dit ok. Die PLAAT beskerm jou.

En dit doen die wêreld se goed vir my ou tweede probleem.

Groot Toren se huisie: hemel op die platteland. Skuif die kaart rond om die res van die area te sien.

Ns. Die muise en al die ander diere het die naweek oorleef. Ons is beslis die indringers daar, so het geen reg om hulle te vernietig nie. Ek voel in elk geval dat dit wonderlike atmosfeer skep om die natuur so naby jou te hê. Solank dit nie ‘n skerpioen is nie. Marinda noem vir my dat die muise ‘n baie belangrike rol speel in die bestuiwing van die laer groeiende protea en fynbos spesies. “Druk mos hulle neuse in almal se sake.” Ek vind dit baie interessant; ons het die naweek die 2 muise gesien, 2 koggelmanders en ‘n paar bobbejane wat luidkeels laat weet het dat ons indringers is. Verder is daar geen ander diere raakgeloop nie, net die ongelooflikste proteas. Ek is nie seker hoekom nie, ek kan maar net dink dis oor die hoogte. Ek hoop werklik niemand lees my blog nie, of ten minste dat ek ‘n swakker skrywer is as wat ek dink, want dan hopelik gaan Groot Toren nie meer besprekings kry nie. Ons is besig om te reel vir ons volgende naweek daar, en sal dit ‘n skande wees as ons nie plek kry nie.

Webwerf: http://www.tourismmcgregor.co.za/GrootToren.htm
Telefoon: 023 625 1954
E-pos: [email protected]
Koste: R1000 vir die naweek. R100 vir 200 stukke DROË hout (ek weet, dis ‘n konsep wat ons in die Kaap nie ken nie). ‘n Ekstra motor kan ingaan vir R200. Ingesluit in die koste kan jy die roete ry. Ons het dit oor 2 dae gedoen, maar kan beslis in een dag gedoen word.

Hier is nog twee outjies…

Bloukop

Bloukop

Vettig

Vettig

Oranje, blanje, groen.

Oranje, blanje, groen.

Matroosberg

“Wil jy uitklim?”, uiter ek die opsie wat ek eintlik vir myself toewens.

“Jip”, reken Eldre. En daar gaan sy, kamera in die hand oppad uit die Fortuner, oppad om my moontlike laaste minute raam vir raam te verewig.

Die redakteur van Mooiloop het my lewe verwoes

“Mooi loop”, reken Willie.

Hy is ‘n interresante man. Die wie ons en hom ken, weet dat ons lofliedere sing oor Willie. Ons het op hom afgekom een Saterdag middag, toe ek my dolphin shape 3-reeks BMW op ‘n duin gaan parkeer het naby Yzerfontein. Lang storie, maar dit was die uiteinde van ‘n samekoms van 2 dalmatians, Olaf Berg en onkundige brawade.

So kom Willie toe by ons aan so 5 jaar terug, sy amptelike titel is “Tuin Man”. In hoofletters, want hy kom hoog aangeskryf.  Ek leer later Willie is in sy laat 30’s, het net standerd 2, en stel nie belang om verder te leer nie. Hy wil net werk en geld verdien. Willie praat Afrikaans en Engels, maar is by uitstek ‘n Xhosa. Terwyl ek hierdie skryf, sit ek en wonder hoe lank ons nog hierdie voordele van apartheid gaan pluk? Ek reken lank; willie en sy generasie se toekoms is redelik uitgele vir hullle, en dit lyk nie so rooskleurig altyd nie. Deur die jare deur, na ons mekaar vertrou het, eindig Willie op binne ons huis. Sy eerste titel is verlore, en gesels hy dat hy verkies om nie in die tuin te werk meer nie, maar eerder binne die huis. Dis nou nog snaaks vir my dat ons nooit eers daaraan gedink het dat hy nie in Kaapse somers wil gras sny nie, en in Kaapse Winters wil blare optel terwyl ons 2 brakke vir hom loer onder uit hulle rooi Woolies komberse, binne die huis nie. Eendag sal ek vir Dana vertel hoe hy gehelp het om Willie se lewe te verander.

Vandag het Willie nie ‘n titel nie, sy titel is nou “Willie’. Ons was al by sy huis, ons het familie fotos gesien, sy vrou ontmoet en weet dat hy vir pret klere maak. Ons het aanbeweeg. Ons almal het, hoop ek. Ek dink ons pad was verder as Willie s’n, want hy het ons gesien as mense toe hy ons ontmoet het, en nie net iemand met ‘n titel nie.

So was ons nou al op dag trips weg, en gaan jaag by Atlantis oor die duine, maar niks vat die hunkering weg nie. Ek soek die oopte, die stilte en die vreesaanjaande sterre van die Namib. Jurgens van The Journey het my gewaarsku: “Rohan, jy het begin met die beste, en geen ander plek gaan vir jou so lekker wees soos die Namib nie”. Ek het gewonder of dit ‘n voorbode is, of sommer net bemarking.

Maar dis waar. Ek hunker na die woestyn. Ek droom oor die duine. In die aand, voor ek gaan slaap, verorber ek Henno Martin se The Sheltering Desert. Ek begin voel asof als wat met my gebeur het in daardie woestyn, korreltjie vir korreltjie uit my loop. En dis nie goed nie. Ek was daar, en wil nie weer daar wees nie.

My vriend johan Bakkes reken elke storie het ‘n angle. My ander vriend, Gerrit, wat redakteur van Mooiloop geword het NADAT ek hom leer ken het, be-aam die storie. Dit gaan nie oor die gebrek aan sagte toiletpapier vir die 3de dag in ‘n ry nie, dit gaan oor wat daardie harde toiletpapier verander binne jou.

So is ons weer oppad die Vrydag middag. Die Fortuner word gelaai met allerhande kak wat ons by Outdoor Warehouse gekoop het. Weereens is ek verstom hoe baie goed ek en Eldre in ‘n kar kan gooi as ons 2 dae lank weggaan. Moerig en klaar gepak stuur ek vir Willie groete, hy loer ons net so aan terwyl ons pak. Op ‘n stadium het hy hardop gewonder hoe lank presies ons nou weggaan met al die swart plastiek bokse. ek vertel hom ons is terug oor 2 dae, en ek kan sien op sy gesig dat ons in ‘n ander wereld leef as hy. Dis nie een van ons se skuld nie. Ek stuur vir hom “lekker naweek Willie”, en hy reken terug: “Mooi loop”.

My wereld gaan staan net daar stil. Ek wou vra: “Wat de fok Willie, dis ‘n Afrikaanse woord, ons gaan weg op ‘n lang naweek waar net ons pakasie beslis meer werd is as jou hele aardse besittings, en jy reken ons moet mooi loop?” Die 2 woorde het vir my betekenis begin aanneem toe Gerrit vir ons vertel het hoekom Wegbreek nou gaan Mooiloop. Die hele naweek dink ek daaraan dat dit my angle is. Die man, ouer as ek, met amper niks in die wereld nie, wat vir my reken Mooiloop.

Die naweek was heel lekker; ons het die mees rasistiese mense op aarde ontmoet, ek het gejaag teen 140km/h op ‘n grondpad om die son in te haal, en ons het warm geslaap in die Karoo in die winter. Ons is nou meer voorbereid op sulke dinge as ooit te vore.

Tog is dit nie dieselle nie. Van die Namib af terug het ek gevoel soos ‘n man. ‘n Nuwe mens wat berge en sandduine kan versit as hy net die waagmoed het.  Deesdae jaag ek op sand pretparke (Atlantis), plaas eienaars vra of ek my Fortuner by my Pa ge-erf het en ek en Eldre koop Woolies kaas platters voor ons op ‘n drie ure roete gaan.

Dis als jou skuld Gerrit. Ek en Eldre was meer as gelukkig om net teer langs Swakop toe te ry. Maar nee. Pierre moes verjaar, ons moet wyn drink en ek jou vertel dat Eldre my Namibie toe wil sleep, en jy MOES my vertel dat jy en Boet saamgaan Faces of the Namib toe. Ek was swak daai dag, Gerrit. Jy het my gevang vir ‘n slappe. Ek kannie meer ‘n normale dag he nie, die Namib is  in my bloed.

En daarvoor sal ek jou nooit vergewe nie, my Vriend.

Skaap in honde klere

Onlangs weer lees ek een van my vriend Johan Bakkes se vele reis skrywes, en reg aan die begin maak hy weer half-skaam verskoning vir die feit dat hy gelukkig is. Snaaks, toe ek dit lees kon ek sy geluk aanvoel en weet waaroor hy so ‘n heuglike uitkyk oor die lewe het, maar nou waar ek in die bed sit met ‘n krampende maag en skryf, onthou ek net die hoofrede. Reis. Johan is dankbaar dat hy kan reis, want dit maak hom gelukkig.

Minder as ‘n maand na ons terugkeer na ‘n duinlose normaliteit, oorreed ek vir Eldre dat ons in die pad moet val. Daar is twee groot redes daarvoor, een: ek vrees met als in my hart dat my nuwe lewe wat op daardie 108m duin begin het, in ‘n sandstorm van korporatiewe papierwerk ‘n stille dood sal ondergaan en twee dat die Fortuner moet gewoond raak aan harde klippe onder sy voete.

Saterdag oggend skop af met ‘n haastige ontbyt in Matjiesfontein, ‘n rustige “Hallo” aan die naweek se vriende, en daar gaan ons grondpad toe.

Saloon

Hotel

So eindig ons op op Skurweberg, ‘n Karoo plaas naby Sutherland. Sutherland is snaaks. Snaaks as jy daar uit jou kar klim, want die lug ruik nie lekker nie.

Sutherland

Dit het my ‘n rukkie geneem om agter te kom dat die snaakse reuk juis daar is omdat die lug glad nie ruik nie; Sutherland het weens hoogte bo seespieël, geen besoedeling nie. Ek dink dis Stephen Hawking wat gesê het dat lig so vinnig beweeg, dat ons vir ‘n lang tyd gedink het dit beweeg glad nie. Slim mannetjie daai. Nou ja, dis ook dan die rede vir die sterrewag daar naby. Die lug is so skoon, dat die dorp wat so 30 of 40km weg is, se straat lampe verder van mekaar is as normaal, want anders gaan dit die teleskope beïnvloed.

Southern-African Large Telescope

Sterrewag

Die aand slaap ons by Skurweberg, ‘n pragtige Karoo plaas.

Volgens die internet gaan die temperatuur die nag erens tussen 0 en -9 wees. Ja, ek weet, dis nie baie akkuraat nie, maar vir ‘n Kapenaar is enige iets kouer as 5grade baie koud. Ek probeer dit tot my voordeel gebruik, en stel voor vir Eldre dat ons ons nuwe -2 grade (-5 in nood, wat dit ook al beteken) slaapsakke aaneen moet zip. Sodat ons mekaar kan warm hou, sien.

“Is jy foking mal? Dis -2 buite?”. My idee(s) word net daar afgeskiet, en als word koud.

Daardie nag word dit wel koud. Baie baie koud. Ons is nie gewoond aan slaapsakke nie, en nog minder aan sulke koue. Erens in die nag maak Eldre my wakker, en reken ons moet die slaapsakke aan mekaar zip, sodat ons kan lepel lê.

“Is jy foking mal? Dis -2 buite” is my antwoord. Daar is NIKS wat my uit daai slaapsak kry niks. NIKS. In hoofletters.

Ek word wakker die volgende oggend, en voel ge-ys. Ons gaan ry op wonderlike paaie, en raak bang.

4x4

Ons ry teen bergpasse uit, en ek bly bang.

Berg pas
Of so het ek gedink. Ek kom skielik agter dat my hoogtevrees, wat my al 4 keer laat reksprong het, en 2 keer by Dreunkrans in Hermanus laat afspring het, is nie met my nie. Sien, ek het al die dinge gedoen om my vrees weg te kry. Maar niks, die vrees het my omarm. Soos ons ry, kom ek agter ek kan ‘n meter ver van ‘n 100 meter afgrond ry, en nie bang wees nie.

Snaaks.

Hierdie snaaks laat my lag.

In Middelpos, sien ons vir die eerste keer Anatoliese skaap honde van naby. Hierdie reuse honde word op jong ouderdom van hulle Ma’s af weg gevat, en saam met skape gesit. Die brakke word dan letterlik groot as skape. Mens mag hulle nie roep nie, nie speel nie, niks nie. Dis skape in honde klere. Die honde sien hulle self dan as skape, en weens hulle grote, kan hulle jakkalse, cheetas, wolwe en ander roofdiere doodmaak wat dit naby hulle skaap familie waag.

Skaap

Hoe meer ek daaraan dink, hoe meer voel ek soos ‘n Anatoliese skaap hond. My hele lewe lank was ek ‘n skaap, maar hoe ouer en brawer ek word, hoe meer kom my brawe, werklike kant tevore.

Toer organiseerders: http://www.thejourney.co.za / [email protected] (HOOGS aanbeveelbaar)
Toer leier: Douwe Vlok van http://www.karoospirit.co.za / [email protected] (HOOGS aanbeveelbaar)
Wonderlike gaste plaase: http://www.skurweberg.co.za (HOOGS aanbeveelbaar)
Anatoliese skaap honde: http://en.wikipedia.org/wiki/Anatolian_Shepherd

Gogga maak vir baba bang

Ek:”Liefieeeeee!!!

Liefie:”Ja?

Daar is ‘n gogga in my pap”.

Nou haal hom uit”

Ok”.

.

.

.

Liefieeeeeeeeeeeeeeee!”

Wat is dit?

Daar is weer ‘n gogga in my pap. Wag, daar is nog 2 in my pap”

Nou haal die goed uit, ek is besig met my eie gogga probleem

.

.

.

LIEEEEEEEEEEEEEEEEEEFIEEEEEEEEEEEEEEEEEEE!!!!!!!!!!!”

My goeie donner, kan jy nie sien ons word aangeval nie! Gooi weg die pap, laat ons harloop! Maak f#$%ing vinnig, ons moet die tent nog opslaan, en dit raak nou mal!!!

Gedurende dag 4, begin ons motte sien. Mooi, pragtige, kleurvolle motte wat hulle plek ken.

Mot

Kosie verduidelik dat weens al die reën die voorafgaande paar weke, is die woestyn aan die lewe kry. Ek het geweet die woestyn is ‘n dor plek, maar was verbaas om uit te vind dat daar so min aangaan, dat hout nie eers verrot nie. Orals kan hout stellasies gesien word, maar van naby geloer wys toe vir my dat die min yster wat oor is, basies heeltemal weg geroes is. Die hout makeer egter omtrent niks, want daar is geen insekte om die hout te vernietig nie. Die sagste materiaal in die harde woestyn, hou die langste.

Hout

So, ons mot vriende is toe ‘n vreemde verskynsel, maar gelukkig pla hulle nie te veel nie. Die aand braai ons, en neem ook deel aan al die dinge wat gebeur by ‘n braai, en begin oplet dat die motte nou ondersteun word deur klein muskietagtige goggatjies. Maar, ek is nie bekommerd nie, want tussen Tabard en Olaf Berg is ek onvernietigbaar. Ek ry ook nog steeds op my duine kruin, so niks pla my regtig nie.

Ek en Liefie gaan slaap die aand in ons tent wat ek teen die tyd binne 2:30 minute kan op wiks. Die gaas hou die goggas buite, en ‘n rustige nagrus binne.

Soos gewoonlik, word ons wakker net so voor sonsopkoms, en na ‘n paar groot slukke water (sien vroeër waar ek praat oor Olaf), is ons op. Ons gryp die leë koppies en borde, en loop na die vuurmaak plek. Ons sien dadelik daar is meer goggas as die vorige aand, maar niks ernstig nie, en ‘n nuwe laag Tabard help ook.

Ek kry koffie, skep mieliepap, en die son kom op.

Goggas in my pap.

Net daar, binne ‘n kwessie van ‘n paar minute, neem die goggas oor. Die son maak die lug warmer, die goggas word wakker en besluit ons is ontbyt. Almal besef hier moet ons uitkom, en gaan bakkies toe om tent agter in te gooi en te ry! Tussen als deur, besef ek ek kan absoluut niks doen aan die goggas nie. Daar is meer binne ons bakkie as buite, en die enigste ding om te doen is om my kamera uit te haal.

Gogga maak vir baba bang

In my rustigheid besef ek een ding: as ek kan fotos neem terwyl die vierde plaag ons tref, is ek nie dieselle stad mannetjie wat in hierdie woestyn ingekom het nie. Ek is ‘n nuwe mens, met ‘n nuwe uitkyk op die lewe, en as ek weer foto’s van goggas op bakkies wil neem, sal ons moet 4×4 koop.

Tot my vrou se groot spyt, is dit in my natuur om 100de vrae te vra, todat ek presies verstaan wat die situasie is. Daardie aand, rondom die gogga-lose kampvuur, is daar 2 vrae wat ek wou beantwoord:

  1. Vir die ouens wat hierdie toere reel, en vir die opeateurs van die toere; watse handelsmerk 4×4 gee die minste probleme deur die woestyn?
  2. Nadat die handelsmerk gekies is, watse tipe 4×4 sal by ons pas; nie net finansieel nie, maar ook prakties.

Eerste antwoord is toe maklik, siende dat elke persoon wat toere vir ‘n lewe geniet, Toyota ry. Tot my groot onsteltenis moet ek hoor dat BMW X5’e se tupperware meer geneig is om af te val as enige ander fabrikaat. Daardie aand sterf my X5 drome ‘n gewisse dood. Tweede antwoord was bietjie moeiliker. Al die ysterbal ouens ry Cruisers (of Land Cruisers, soos ons stads mense hulle ken). Ongelukkig is die “4500” op die kant van die bakkie, ook ‘n aanduiding van sy petrolverbruik in die stad, so daardie idee is vinnig vinnig boop ‘n duin gelos.

Cruiser help Pathfinder uit

As ‘n nie-bakkie man, word daar toe besluit dat ons ‘n Fortuner moet kry. Natuurlik ‘n petrol ene. Toe ons die woestyn verlaat, is ek hartseer, maar ook opgewonde. Hartseer vir die ooglopende redes, en opgewonde om ons Fortuner te gaan soek, en in low-range in ons nuwe lewe in te kruip.

Die Namib reis is moontlik gemaak deur die volgende maatskappye, en is HOOGS aanbeveelbaar:

Toer organiseerders: The Journey (http://www.thejourney.co.za, [email protected])
Toer uitvoerders: Uri Adventures (http://www.uriadventures.com, [email protected])

Kaptein Caprivi

Hoe meer ek probeer uitvind oor wie presies hierdie mistieke man is, hoe meer lyk dit vir my asof hy NIE Valiant se Mystic Boer is nie. Die storie loop dat hy ‘n Boer (nie ‘n boer nie) is, wat vir volk (die uitverkore wit volk hier onder aan die gatkant van Afrika) en vaderland (die uitverkore wit land hier aan die gatkant van Afrika) baklei. Kaptein beskerm ons teen die bose magte van die swart gevaar, teen kommunisme en teen enige iets anders wat nie die goedkeuring van die NG kerk dra nie.

Dylan Craig skryf ‘n baie interessante storie oor die “square-jawed” Kaptein Caprivi fliek (1972 – my geboorte jaar) in sy stuk getiteld “Screening the Border War, 1971-88“.

Kaptein Caprivi opens to military marching band music and the red gauntlet of
the Brigadiers logo, a martial tone that effectively foreshadows the film’s
content. The film also features a prologue by ex-State President C.R. Swart, in
which he urges South Africans to remain vigilant `dag na dag, nag na nag, jaar na
jaar’ against the envious foreign forces arrayed against them. The film’s visuals
during his speech cut between close-ups of drilling black guerrilla fighters and
uniformed Chinese communists. No sooner has the prologue ended and the
movie itself begun than this pairing reappears in the form of a kidnap squad
sent over the South African border to plant landmines and abduct a group of
white South African farmers.

Blykbaar is daar ‘n ander Kaptein Caprivi wat voor die koms van die internet en TV basies ‘n nasionale held was in Afrikaanse Suid-Afrika. Kaptein Caprivi het in fotoverhale sy verskyning gemaak, en is later verhoog in status deur in bogenoemde Grens Oorlog propaganda flieks te verskyn. Snaaks genoeg is daar amper geen informasie oor fotoverhale beskikbaar op die internet nie; is dit moontlik dat dit net ‘n Afrikaanse ding was? Ek vind dit moeilik om te glo. Die enigste werklike voorbeeld wat ek kon kry, is deur ‘n ou kennis, Tom Dreyer, geskryf vir Litnet jare terug. ‘n Koue, winderige blast from the past, ek sê.

Kaptein se woestyn darem. Dit het so ‘n invloed op mens. G’n wonder die arme donner het ons man alleen gered nie. Iets in daardie plek verander jou net die oomblik as jy daar inry in jou lugversorger 4×4 bakkie, swaar gelaai met liters en liters se ingevoerde mineraal water. En wie sê die wêreld loop nie vooruit nie? Ek dink nie my ondervinding was heeltemal dieselfde as ons geliefde Voortrekker voorvaders s’n nie.

Eerste 4x4 deur die Namib

Dag 3.

Dag 2 word nie oor gepraat nie, want dit sal vir altyd bekend staan as “die dag wat Rohan nie oor die donnerse duin kon kom nie, maak nie saak hoe hard hy sy bakkie gewax het nie”. Al wat ek daaroor sal noem is dat as jy deur die Namib gaan, en die tweede dag kom jy by ‘n duin waar jou toergids 3 keer moet probeer om uit te kom met sy Cruiser bakkie, dan klim jy uit en maak bier oop. Jou 2.5liter diesel Hilux gaan dit nie maak nie. Glo my. Daardie nag is die krieke nie meer in my drome nie, maar is vervang deur duisligwekkende hoë duine wat al hoe nader aan my waai. Krieke weet hulle hoort nie hier nie, maar ons leer nie. Eldre hou my vas, totdat ons later mekaar vashou. Die tent voel baie groot.

Dag 3. Die konvooi word vinnig lank, soos almal vir mekaar wag om oor blinde duine te jaag teen gevaarlike snelhede. Op ‘n stadium kom ons by ‘n duin wat bo ons uittroon, net om vinnig te val in ‘n groot gat in. Iemand se dit lyk soos Kimberley se Gat. Ek stem saam, want ek was ook nog nie by Kimberley se gat af nie. Jacques, die toergids, bied aan om vir ons te wys hoe ware manne ‘n duin aanpak. Ons knik net ons koppe, en soos ware stad 4×4 bestuurders, haal ons ons kameras uit. Dit gaan deur my kop dat Jacques wragtig die ou is met die grootste yster balle wat ek ooit ontmoet het. Hy ry om die duin, my video kamera loop, hy gooi sy Cruiser oor die lippie, en kom met ‘n groot gejuig teen die duin af. Volgens sy GPS is dit 108m vertikaal daar af.

Duin 108.

Iemand vra vir Jacques of ons ook kan gaan, en na ‘n vinnige check of almal die vrywaring forms geteken het, reken hy ja, ons is reg daarvoor. My intuïsie sê net daar vir my om nie verder te dink aan enige iets nie, maar om net in my bakkie te klim en te ry. ‘n Vinnige gilletjie na Eldre om te hoor hoe sy voel oor death-by-dune, en daar gaan ek man alleen in die bakkie na my Rubicon. Bo gekom is daar NATUURLIK weer ‘n lippie waaroor jy moet gaan, en NATUURLIK moet ek eers weer vassit daar. Dis nie genoeg dat ek geseënd is met hoogtevrees nie; nee. Ek moet NATUURLIK op ‘n duin gaan vassit waar ek NIKS onder my kan sien behalwe lug nie. En NATUURLIK moet ek eers afgesleep word van die lippie, voor ek weer die duin kan aanpak. en NATUURLIK kan jy dit nie te vinnig aanpak nie, want dan gaan jy bakkie 108m ver rol teen ‘n duin af.

Die ooms hang

Niks behalwe staal.

4×4 in rat, toergits Len op die radio om vir my te sê wanneer ek dit mag durf om my voet van die diesel af te haal; en daar gaan ek. 2 Sekondes later is ek oor die lippie, 4×4 in 1ste low, remme los, en ek ski teen 5km per uur in ‘n nuwe lewe in. Ek is gelukkig om te weet dat die eerste deel van my lewe 108 meter(*) lank was.

Af met die duin

Daardie aand begin die tent klein voel. Eldré kla ek hou haar te styf vas.

Motte kom loer vir ons deur die gaas.

* Ok, dis nie 108 meter nie, want die vertikale afstand is 108 meter. Om wel die afstand uit te werk, moet ek eers die hoek van die duin uitwerk, en daarvoor is ek nie lus nie. Ek is wel seker iemand sal dit vir my uitwerk, dankie Hugo of Marli of Walter of Christopher.