Ek is deel van die Harry Potter generasie en trots daarop!
Ek was nooit regtig lief daarvoor om ‘n boek op te tel en te lees nie, maar toe die eerste Harry Potter boek verskyn het, het ek wintersnagte onder my kombers gelê met ‘n klein flitsie, want dit kon darem nie wag tot die volgende oggend nie. Onmiddelik was ek lief vir die karakters, vir die beskrywende manier waarop J.K Rowling geskryf het en in die aande kon ek droom van al die goed wat in Hogwarts afspeel.
Later is my vingers en hande yskoud soos ek aan die boek vasklou en vir so ‘n paar sekondes is ek bekommerd oor hoé op aarde ek die volgende dag gaan kan wakker bly by die skool as ek die hele nag lê en lees. Die volgende oggend kan ek nie wag om my ma te vertel wat ek die aand gelees het nie. Ek vertel dit so in detail dat my ma saam met my opgewonde raak en ook haar eie verbeelding gebruik om voor te stel hoe die karakters lyk.
J.K Rowling het soos Magda van Biljon van Wielie Walie gehelp om my groot te maak. Die dae wat ek omgekrap was of ongelukkig was, het ek geweet Harry, Ron en Harmione sal my met ope arms troos.
‘n Paar interessante feite oor J.K Rowling:
- Sy het Harry Potter and the Philospher’s Stone op ‘n tikmasjien getik.
- Voor sy die boeke klaar geskryf het, het sy eers al die geheime met Alan Rickman gedeel sodat hy die beste Severus Snape kon wees.
- Harry Potter en JK Rowling se verjaarsdae is op 31 Julie.
- Sy het die idee vir die Harry Potter boeke gekry op ‘n treinrit van Manchester na Londen. Op die rit het sy reeds die karaktername Ron, Peeves en Nearly Headless Nick op ‘n servet neergepen.
- 12 uitgewers het JK Rowling weggewys en so het Bloomsburry uiteindelik besluit om Harry Potter en JK Rowling ‘n kans te gee.
JK Rowling se nuwe boek The Casual Vacancy word op 27 September 2012 vrygestel.
Bronne: Jack Oceano (Yahoo Network) en Huffingtonpost.co.uk




















