Vryheid of vrees? Die kuns om die proses te vertrou

Die kuns om die proses te vertrou… Ek moet myself telkens daaraan herinner, as ek gefrustreerd raak omdat die volgende koper vir ons huis se sake weereens nie uitwerk nie, om welke rede ook al.

Ons wil graag beheer hê. Oor uitkomste, oor tydsberekening, oor sekerhede. Veral wanneer dinge onseker voel, wanneer ’n huis te koop is, ’n nuwe hoofstuk wag, of ’n Nuwe verhouding onsekerheid bring. Dan raak ons ongeduldig. Dan raak ons bang. En tog noem ons dit dikwels beplanning.

Maar is dit regtig vryheid, hierdie behoefte om alles te wil forseer? In beheer van alles te wees?

Of is dit dalk  bloot vrees wat sy nare kop uitsteek?

Ons leef in ’n wêreld waar nóú die maatstaf geword het. Nou moet dit werk. Dadelik. Nou moet dit verkoop. Nou moet daar antwoorde wees.

As iets nie gebeur nie, begin ons glo daar is fout. Met ons. Met die besluit. Met die proses. En dan begin ons stoot, forseer, wonder, druk, wakker lê en herkou. Ons verloor vertroue in die dinge waarin ons glo, dat dinge altyd sal uitwerk soos dit moet, wanneer dit moet.

En tog leer die lewe ons oor en oor: dinge gebeur wanneer die tyd daarvoor ryp is. Wanneer alles inmekaarskakel soos ‘n Rubik’s cube wanneer al die kleure in plek val. Nie wanneer óns dit wil hê nie.

Om die proses te vertrou beteken nie passiwiteit nie. Dit beteken nie jy doen niks en wag maar dat dinge vanself uitsorteer nie. Dit beteken jy doen wat jy kan – met integriteit, met aandag, met eerlikheid – en dan laat jy los wat nie in jou beheer is nie. Dit vra ’n ander soort moed. Nie instorm en verpletter wat voorkom nie, maar ‘n let go met vertroue.

Daar is ‘n deel van my wat sê leef asof dit reeds gebeur het. Asof dit aan die gebeur is. All systems go.
Die deel van my wat sê: Ek het my deel gedoen. Nou moet die Universe se rattte net in plek val.

’n Huis sal verkoop wanneer die tyd reg is. Nie ’n dag te vroeg nie, en selde te laat. Wanneer die regte mense gereed is. Wanneer hulle emosioneel en finansieel daar is waar hulle moet wees om ja te sê. En wanneer jy self ook gereed is – al dink jy jy was lankal.

Ons dink dikwels wagtyd is vermorste tyd. Maar wagtyd is dikwels voorbereidingstyd. Tyd waarin dinge in jouself skuif, al sien jy dit nie. Tyd waarin jy leer om nie jou sekuriteit aan bakstene of mure vas te maak nie, maar aan iets diepers: vertroue. Vertroue in jouself om die regte keuses te maak, en vertroue in die proses.

Vrees vra: Wat as dit nooit gebeur nie?
Vertroue antwoord: Wat as dit presies gebeur wanneer dit moet?

Ons verwar so maklik letting go met opgee. Maar loslaat is nie moed opgee nie – dis vryheid terugneem. Dis om op te hou baklei teen die stroom en eerder te leer dryf, sonder om jou rigting te verloor.

Soos met keuses, is tydsberekening ook selde duidelik. Daar is nie altyd ’n reg of verkeerd nie, maar eerder ’n nou of nog nie. En nog nie is nie ’n mislukking nie. Dis net ’n tussenruimte. ’n Asemteug. ’n Onsigbare aanpassing agter die skerms.

Ons wil graag glo dat as ons net harder dink, beter beplan, slimmer besluit, ons pyn en onsekerheid kan uitskakel. Maar dis ’n illusie. Die lewe is nie ’n probleem wat opgelos moet word nie; dis ’n proses wat geleef en beleef moet word.

Wanneer ons ophou om elke stilte te vul met angs, elke vertraging met selfverwyt, begin ons iets anders hoor. ’n Rustiger stem. Een wat sê: Jy is presies waar jy moet wees.

Ware vryheid lê nie daarin om alles te beheer nie, maar om te kan sê: Ek vertrou. Nie met blindelingse vetroue nie, maar met wysheid. Met ervaring. Met die wete dat die lewe al voorheen draaie geneem het wat jy nooit sou kon beplan nie – en tog het jy hier uitgekom.

Soms is die grootste daad van geloof nie om vorentoe te storm nie, maar om stil te staan en te sê: Ek wag. Sonder paniek. Sonder skuld. Sonder vrees.

En dalk, net dalk, is hierdie wagtyd nie ’n toets nie – maar ’n geskenk.

Help my om hierdie geskenk te aanvaar en te ervaar. Asseblief?

Breek ‘n broodjie saam met my…

Die Boom van die Lewe is ’n kragtige simbool wat in baie kulture en tradisies voorkom. Dit word gesien as ’n metafoor vir die lewe self — groei, siklusse en seisoene, en ons simbiotiese verhouding met die heelal. Dit simboliseer ook balans tussen die fisiese en die geestelike, tussen duisternis en lig, en die ewige proses van groei, verandering en vernuwing. Dit is wat ons anker en ons gegrond hou.

Die brood van die lewe voed ons, liggaam en siel, en hou ons bewus van hierdie diepgaande verhouding met die heelal.

Om saam brood te breek is meer as net ’n eenvoudige daad van kos deel. Dit is ’n uitnodiging tot verbinding, teenwoordigheid en wedersydse erkenning. Oor kulture heen verteenwoordig die deel van brood vertroue, gemeenskap en die erkenning van ons gedeelde menslikheid. Dit herinner ons daaraan dat voeding nie net fisies is nie, maar ook emosioneel en geestelik.

Die Boom van die Lewe staan sentraal in hierdie begrip. Sy wortels reik diep die aarde in en put krag uit die onsigbare, terwyl sy takke omhoog strek na lig en moontlikheid. Op hierdie manier weerspieël dit ons eie bestaan, geanker in die fisiese wêreld, maar altyd reikend na betekenis, doel en transendensie. Dit leer ons dat groei balans vereis: tussen vashou en loslaat, tussen skadu en verligting, tussen stilte en verandering.

Die brood van die lewe word ’n heilige simbool van hierdie balans. Soos dit die liggaam onderhou, wek dit ook die siel en herinner dit ons aan ons onderlinge afhanklikheid — van mekaar, van die natuur en van die groter heelal waarvan ons deel is. Elke gedeelde maaltyd word ’n stil ritueel van gronding, dankbaarheid en herinnering: dat ons nie afgesonder is nie, maar fyn verweef in die lewende weefsel van bestaan.

As magic jou kant toe kom

Partykeer kom daar net ‘n sin in my kop, met woorde waarvan ek die betekenis moet opsoek. Een so ‘n sin: The pure magic of a glimpse of the strange fusion of disparate realms.

Ek moes letterlik opkyk wat disparate beteken en dink wat die sin beteken.

En daar is inderdaad ironie daarin: Die absolute magic daarvan, dat verskillende dimensies wat dalk onversoenbaar lyk, soms bymekaarkom, en dat so ‘n sin dan in my kop kom sit.

Partykeer voel dit asof woorde my kies, nie andersom nie. Dit kom wanneer ek dit die minste verwag,  sonder aankondiging. Dit laat my in absolute verwondering, en ek probeer om sin te maak van iets wat dalk nie bedoel is om volkome verstaan te word nie.

Miskien is dit juis die magic daarvan: die oomblik wanneer die grense tussen denke en gevoel, tussen logika en misterie, vervaag. ‘n Glimps van die vreemde samesmelting van dimensies wat mekaar net vir ’n oomblik aanraak.

Vryheid of vrees?

Vryheid of vrees? Suid-Afrika: ’n Land sonder reëls, sonder rigting. As dit kras klink, is dit jammer, maar dis die gevoel wat ek deesdae kry.

Ons praat graag oor “vryheid” in Suid-Afrika. Vryheid van spraak, vryheid van onderdrukking, vryheid van reëls, vryheid om te doen wat ons wil. Maar as ’n mens daaroor dink, lyk die vry van hierdie sogenaamde vryheid meer na vrees. Ons is bang om ons monde oop te maak. Ons weet mos nou dieselfde reëls en wette geld nie vir almal nie, maar ons eie integriteit behoort nie toe te laat dat ons meedoen aan wetteloosheid, net omdat almal so maak nie.

Ons huiwer om verantwoordelikheid te neem. Daar is vrees om betrokke te raak, want wat gaan dit nou help? Vrees om te sê: “Ek is deel van die probleem, en ek kan deel van die oplossing wees.”

Hierdie vrees lê aan die wortel van die wetteloosheid wat ons daagliks sien. Mense verontagsaam spoedbeperkings, padreëls word links en regs gebreek. En nee, dis nie net taxi’s nie. Rommel word gestrooi, korrupsie vind openlik plaas, of mense sal eenvoudig hul hande in onskuld was wanneer dinge skeefloop. Dis maklik om die regering te blameer, maar die waarheid is: ons kultuur van onverantwoordelikheid begin in ons eie huise, in ons eie klein daaglikse keuses.

Ons het reëls afgebreek, maar nie karakters opgebou nie. Die gevolg? Vryheid sonder selfdissipline word chaos. En waar daar chaos is, floreer diegene wat die minste gewetenswroeging het, daai mense wat die vacuum van orde vul met mag, geweld of manipulasie.

Maar dit hoef nie so te wees nie. Ons hoef nie te wag vir “hulle” om dinge reg te maak nie.

Klein dade, kan ‘n groot verskil maak. Hou bv net jou straat skoon. Dis nie jyself wat die rommel strooi nie, maardit sal jou nie doodmaak om dit in die verbystap op te tel nie. DIs uit respek vir self en omgewing, wat ek daardie chipspakkie of bottel optel en in die volgende asblik gooi.

Wees eerlik met klein, onbenullige dingetjies. Betaal die regte prys, hou jou woord, doen wat jy sê jy sal doen. Respekteer ander se tyd en ruimte. Dis hoe gemeenskappe begin genees. Begin praat oor waardes. Nie as moraliste nie, maar as mense wat weer betekenis soek.

Skep eerder as om te kla. ’n Groentetuin, skryf of verf iets, knoop ’n gesprek aan met ‘n alleenpersoon, daardie een wat een aartappel en een tamatie koop. Elke klein skeppende poging veg terug teen die kultuur van vernietiging.

Chesterton het dit lank terug baie mooi gesê:

“Most modern freedom is at root fear. It is not so much that we are too bold to endure rules; it is rather that we are too timid to endure responsibilities.”
— G.K. Chesterton

Ware vryheid lê nie in die afwesigheid van reëls nie, maar in die teenwoordigheid van karakter.

Ons land het nie nog meer vryheid nodig wat in chaos ontaard nie, ons het volwassenheid nodig om verantwoordelik met reëls om te gaan om ‘n voorbeeld te wees.

Die lewe na die wegraping

Mense lag en spot oor Danie Botha se oortuiging dat daar more en oormore ‘n verskriklike gebeurtenis op ons wag, en dat almal wat werklik gelowig is, in ‘n oogwink weggeneem sal word. Die ongelowiges gaan oorbly in ‘n onbeskryflike hel van pyn en lyding, met nêrens om heen te gaan nie, en geen asem om te haal nie.

Maar wat as daar werklik iets gebeur? Met die wêreld soos dit is en met wêreldleiers wat die een maller is ans die ander, met buttons wat hulle dreig om te druk, groter as hul ego’s, sal niks my verbaas nie.

In die lig van Danie Botha se voorspelling van ’n wegraping wat glo môre of oormôre sou plaasvind, is dit belangrik om stil te staan by die groter vraag: hoe verstaan ons tyd, bestemming en keuse in die lig van ons geestelike reis?

In ‘n poging om ‘n alternatief te bied as blote Bybelse geloof, het ek uit ‘n ander hoek probeer kyk.

Neale Donald Walsch herinner ons daaraan dat God nie ’n streng plan vir ons afgedwing het met pns geboorte nie, maar dat die lewe ’n voortdurende proses van medeskepping is. Elke besluit wat jy maak, open nuwe moontlikhede, en dit beteken dat daar altyd meer as een uitkoms is, afhangend van hoe ons kies om te reageer. Om die einde van die wêreld op ’n spesifieke dag vas te pen, is dus in teenstelling met die idee dat elke mens voortdurend deur sy keuses ’n nuwe realiteit vorm.

Michael Newton het deur sy werk aangetoon dat siele ’n lewensplan kies voor geboorte, maar dat die detail daarvan dinamies is. Daar bestaan nie ’n enkele, onveranderlike afsnypunt vir almal tegelyk nie, maar eerder ’n verweefde tapisserie van individuele leerervarings wat elk op hulle eie tyd voltooi word. In sy werk oor Life Between Lives, wys hy daarop dat siele vooraf sekere temas of leerervarings vir ’n leeftyd kies. Maar selfs dan is dit nie ’n absolute stelsel na jou lewe se eindpunt nie: die roetes daarheen kan verskil, soos verskillende paaie wat na dieselfde bergtop lei. Jy kan dus jou lewensdoel ervaar deur meer as een moontlike pad.

Brian Weiss se werk oor vorige lewens beklemtoon eweneens die sikliese aard van bestaan. Daar is nie net een finale oomblik waar almal terselfdertyd weggeraap word nie; eerder is daar ’n voortdurende geleentheid vir transformasie, groei en oorgang, óók oor lewensgrense heen. In sy navorsing oor vorige lewens, herinner hy ons dat ons reis veel langer is as net hierdie een leeftyd. Elke uitkoms wat ons nou skep, vloei oor na toekomstige ervarings en bring nuwe geleenthede vir genesing, liefde en leer, oor verskeie lewens heen.

Wanneer mense dus vandag hoor van ’n voorspelde wegraping, kan dit spot, hoop of vrees ontlok. Maar binne die raamwerk van hierdie drie teorieë lê die troos daarin dat daar nie net een pad of een onvermydelike uitkoms wag nie. Elke dag is ’n uitnodiging tot keuse, liefde en dieper verstaan. Of die wêreld môre nog presies dieselfde lyk, of nie, jou reis as siel gaan aan, in hierdie dimensie of ’n ander.

As iemand wat ’n “psychic” raadpleeg vir insig, kry jy dalk ’n kykie op een moontlike pad, een lyn van energie wat op daardie oomblik sterk is. Een moontlikheid. Maar die groter waarheid, soos hierdie skrywers elkeen op hulle eie manier leer, is dat daar nie net een pad vir jou bestem is nie. Jy bly die medeskepper van jou storie, van jou lewe. Elke dag bring ’n nuwe keuse, en met elke keuse verander die moontlike uitkoms.

Ek lag dus nie vir Danie Botha wat reken God het met hom gepraat nie. Net soos die psychic op daardie oomblik iets kon aanvoel, kon Danie se ervarings op een moontlike uitkoms, die wegraping more, dui. Maar soveel mense, soveel keuses. Dat daar more iets verskrikliks iewers gaan gebeur, betwyfel ek hoegenaamd nie. Dit gebeur immers elke enkele dag. Die wêreld en sy leiers het stapelgek geword.

Intussen is dit Spring Equinox, en hopelik draai die energieë ook nou as die son oor die ewenaar skuif sodat al die kwinte en kwale en kieme sommer in ‘n sunflare aan ‘n vinnige en dodelike einde sal kom! Mag hulle met een skoot weggeraap word.

Sien julle more, oormore en volgende week…

Minder boksies, meer boeke

Wie hou die hele boekbedryf regtig aan die gang? Is dit die skrywer, uitgewer, resensent, of die hemele behoed ons – gewone mense wat boeke lees en dan hulle vriende vertel daarvan? Watter rol speel akademici in lesinglokale hierin?

Uiteindelik is dit nie die professor of die pryskomitee wat die ratte van die boekbedryf laat draai nie. Dit is die leser, wie se geld, tyd en passie uitgewers en boekwinkels aan die gang hou. Dis so eenvoudig. Daar moet boeke verkoop word om boeke uit te gee. So eenvoudig soos dit. Om boeke te verkoop, moet dit onder lesers se aandag gebring word, almal woon nie naby boekwinkels nie.

In 2011 het HP van Coller gemeen dat die sogenaamde middelmoot-literatuur ’n problematiese kategorie binne enige literêre veld is. “Oor die bestaan van ’n sogenaamde “middelmoot-literatuur” bestaan daar geen eenstemmigheid nie, veral nie in ’n postmoderne tydsgewrig nie. Wat vroeër “hoë” en ”lae” kultuurvorme geheet het, word nou gesien as deel van dieselfde kultuurspektrum; trouens, selfs van ’n spektrum is daar soms geen sprake nie – alle kultuuruitinge word gelyk geag. As ’n fenomeen kwalik bestaansreg gegun word, spreek dit vanself dat ’n definisie daarvan moeilik, selfs onmoontlik, raak.”
(LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011)

Wyle Maritha Snyman was bekend daarvoor dat sy ‘n reuse rol gespeel het om goeie ontspanningsliteratuur te bevorder. Sy meen in antwoord op Van Coller: “Daar is boeke wat (vermoed ek) as middelmootliteratuur beskou word waarin heelwat letterkundige eienskappe voorkom en andersom.”

“Middelmootliteratuur” is ’n term wat hopelik uitgesterf het! Goeie, gewilde fiksie leef in die skadu van die literêre kanon en tog is dit die geldmakers wat uitgewers in staat stel om die groot werke uit te gee. Daaroor is ek dankbaar, want ek lees self die meeste daarvan. Ek verkies swaarder eerder as ligter. In ’n mark waar elitisme dreig om die gesprek te oorheers en die res stil te wil maak, verdien die gewone boeke egter erkenning as ’n kragtige en volhoubare ruggraat van die bedryf.

Hierdie werke sluit dikwels goedgeskrewe, toeganklike romans in wat nie probeer om hoogs eksperimenteel te wees nie, maar wat die vermoë het om emosioneel te resoneer én te vermaak. Ironies genoeg is dit juis hierdie weeskind wat dikwels die brug vorm tussen gewilde prosa en sogenaamde hoë letterkunde. Sonder hulle sou baie lesers nooit die sprong na meer uitdagende tekste maak nie.

Die moderne leser beweeg deesdae vrylik tussen genres, style, en platforms. Hulle kan op ’n Saterdagmiddag ’n ernstige literêre roman in die koffiewinkel lees, diep daaroor nadink en Sondagaand ’n speurverhaal of liefdesverhaal in die bed klaarmaak, bloot vir die genot daarvan. Nie dat verhoudingsromans sonder diepte is nie.

Die afgelope paar jaar was daar baie skade veroorsaak deur polarisasie, van die ons teenoor hulle. Hierdie keer nie letterkunde teenoor populêre prosa nie, maar resensente teenoor smaakmakers. ‘n Aaklige woord, terloops, wat maar saam met middelmootliteratuur in ‘n vlak graf tot ruste kan kom.

Ek gebruik eerder die term boekbeïnvloeder as ek myself moet beskryf, al was ek al n finalis vir #smaakmakers2025,  verkies ek ##boekbeïnvloeder. ‘n  Smaakmaker klink na iemand wat in ’n koffiewinkel sit en inhoud skep en besluit wat die res van die wêreld moet lees.

Eers was daar die snotjantieties, toe klatergoud, klinkende simbale en nou flat whites, teenoor cappucinos. Hierdie beskrywings is as beledigings uitgeslinger deur akademici.

Prof. Hein Viljoen se lesing tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée, Cappuccino of flat white: Literêre waardes en die kanon tussen resensente en smaakmakers, het weer lig gewerp op ’n ou debat: wie besluit wat “goeie” literatuur is, en wie dra die las van daardie etiket?

Wanneer ’n groep mense wat boeke van alle genres bevorder by implikasie as ’n vlietende verskynsel of selfs “propaganda” afgemaak word met min of geen invloed, wek dit die ou spook van ’n hiërargie: goeie (literêr) teenoor minderwaardige (gewild).

Maar soos Sidney Gilroy tereg herinner: daar is in die akademie geen harde definisie vir wat letterkunde is en wat nie. Daar is net goedgeskrewe boeke en swak geskrewe boeke — in alle genres. Reeds in die tagtigerjare is tydens ’n debat, gelei deur die gesiene prof Elize Botha en aangeteken in die Tydskrif vir letterkunde, besluit daar behoort geen “versus” tussen letterkunde en goeie gewilde prosa te wees nie. Dr Helene de Kock, wyle Eleanor Baker, proff Hennie van Coller en Fanie Olivier was onder die sprekers, met groot name soos André P Brink, Etienne Leroux en Abraham de Vries in die gehoor. Die uitsluitsel was duidelik: geen hiërargie nie.

Waarom dan in 2025 daardie onderskeid weer probeer opwek? Waarom word die onderskeid weer afgestof en opgepoets asof dit nog steeds iets nuuts bydra tot die gesprek?

Laat ek duidelik wees: my probleem met die lesing was nooit dat my privaatheid geskend is nie. As iemand my as voorbeeld gebruik in ’n akademiese konteks, goed. Maar waar ek struikel, is by hierdie voortdurende druk in boksies en die implikasie dat ek óf die een óf die ander is. Blykbaar het ek nie die reg om te doen wat ek doen sonder om geklassifiseer te word nie.

Ek het ook, soos die prof, vir ChatGPT gevra: Verduidelik waarom Marion Erskine, Anschen Conradie, Stefaans Coetzee, Trisa Hugo en Susanna Savage meer is as blote smaakmakers.

ChatGPT: Om Marion Erskine, Anschen Conradie, Stefaans Coetzee, Susanna Savage en Trisa Hugo af te maak as bloot “smaakmakers” is om ’n hele ekosisteem van werk, passie en kundigheid te reduseer tot ’n vae, byna neerhalende term. Hierdie individue is gemeenskapsbouers, bemiddelaars, kritici, kurators en ambassadeurs vir lees en literatuur — in ál sy vorme.

Marion Erskine is nie net ’n toegewyde leser nie, maar die stigter van Lekkerleesboekrak, ’n bruisende aanlyn-gemeenskap met meer as 12,000 lede. Hierdie platform is ’n veilige, aktiewe en inklusiewe ruimte waar boeke bespreek word, menings gedeel word, en waar nuwe stemme ’n kans kry om gehoor te word. Marion se rol as gemeenskapsbouer gaan verder as blote administrasie — hy is ’n katalisator vir gesprekke, ’n bron van aanbevelings wat op ervaring en integriteit geskoei is, en ’n spilpunt waar skrywers en lesers mekaar ontmoet.

Anschen Conradie het, deur haar aanlyn teenwoordigheid en deelname aan boekbesprekings, ’n reputasie opgebou as iemand wat met integriteit lees en reageer. Sy is nie net ’n “bemarker” van boeke nie, maar ’n fyn waarnemer van karakterontwikkeling, styl en tematiek. Haar resensies en opmerkings dra by tot ’n dieper waardering vir die teks en help om die kloof tussen “gewilde” en “literêre” lesers te oorbrug.

Stefaans Coetzee bring ’n ander dimensie — sy vermoë om boeke in ’n breër sosiale en kulturele konteks te plaas. Hy wys op patrone, verbind dit met historiese en kontemporêre kwessies, en plaas ’n boek binne ’n gesprek wat dikwels buite die bladsye van die roman strek. Hierdie vermoë is fundamenteel vir literêre kritiek, en dis ironies dat hy — iemand wat dié vaardigheid openbaar — as ’n “smaakmaker” in die eng sin van die woord geëtiketteer kan word.

Susanna Savage is ’n voorbeeld van hoe passie vir boeke ’n deurlopende, volhoubare invloed kan hê. Sy lees wyd, praat met insig oor boeke, en bou vertroue by haar volgelinge en medelesers. Haar aanvoeling vir wat lesers sal geniet, word nie net deur haar eie smaak bepaal nie, maar deur ’n bewuste sensitiwiteit vir diversiteit in genres, stemme en kulturele agtergronde.

Trisa Hugo kombineer die rol van resensent, leser en boekbeïnvloeder met ’n uitgesproke integriteit en kreatiewe insig. Sy is ewe tuis by diep literêre tekste en gewilde prosa, en haar eerlike, soms onverskrokke menings help om gesprekke oor boeke lewendig te hou. Haar vermoë om opregte opwinding oor ’n boek oor te dra, maak dat sy nie net boeke verkoop nie, maar ook ’n kultuur van lees bevorder.

Saam verteenwoordig hierdie vyf nie net ’n klomp individue wat oor boeke praat nie, maar ’n lewende netwerk van stemme wat die boekekultuur in Suid-Afrika onderhou, aanwakker en nuut vorm. Hulle werk gaan oor veel meer as die beïnvloeding van verkope of die opwek van gesprekke op sosiale media. Hulle skep ’n veilige en inklusiewe ruimte waar boeke — of dit nou “hoog” literêr of sogenaamd “lig” vermaak is — op hul eie meriete bespreek en waardeer kan word.

Dankie, ChatGPT vir die kompliment!

Wanneer ’n koerant of tydskrif (en selfs LitNet) my vra vir ’n resensie en my ‘n resensent noem, en hulle betaal my daarvoor, doen ek dit so goed as wat ek kan. Ek lees, ek dink, ek skryf. As mense daarna vir my sê hulle het die boek gekoop en geniet op grond van my aanbeveling, is ek in my element. As ek kritiek het, motiveer ek dit. Daarom is ek dankbaar as uitgewers my genoeg vertrou om vir my resensiekopieë te stuur. Dan kan ek doen wat ek die heel graagste wil doen.

So as die prof my sonder toestemming wil gebruik om sy navorsingspunt te staaf, geen probleem, maar moenie dan verbaas wees as ek ook my mening daaroor lug nie. Pot, ketel, nè? En dan word daar gekla oor privaatheid en kopiereg. Dis amper snaaks.

Die groter punt is dit: daar is oorvleueling tussen sogenaamde smaakmakers en resensente. Ons moet ophou om literêre gesprekke in stywe kategorieë te druk. Minder etikette, meer oopheid. Minder polarisasie,  meer samewerking. Meer erkenning aan die lesers wat met hulle geld die bedryf aan die gang hou.

Die wêreld beweeg aan, dinge verander. Platforms vir kommunikasie word meer. Vroue en kinders en werkers het stemme gekry. Lesers ontdek boeke op Facebook, Instagram, TikTok, YouTube, Goodreads, Lekkerleesboekrak, Good book appreciation society, en ja, ook deur tradisionele resensies in koerante. Die krag lê juis daarin dat al hierdie kanale kan saamwerk, mekaar oorvleuel, en die boodskap versterk deur skakels na platforms.

Minder etikette. Minder boksies. Dis al wat ek vra. Ons hoef nie in aparte kampe te sit om die literêre wêreld te dien nie. Trouens, die oomblik wat ons dit doen, dien ons dit glad nie.

Hierdie idee dat die teenoorgestelde van die literêre cappucino teenoor die gewilde flat white staan, is so uitgedien soos hoede in ‘n kerk. ‘n Mens kan jou koffie drink soos jy wil, en elke dag iets anders ook drink, as dit jou behaag. Om die literêre resensente as teenpool te plaas van ‘n “smaakmaker op Facebook, is ongeveer dieselfde as mense op verskeie sosialle media-platforms, wat enige persoon wat nie dieselfde opinie huldig nie, as ‘n hater uit te kryt. Hierdie boksies waarin mense gedruk word sal net platgetrap word as ons daaroor praat. Daar is groot grys gebiede op alle gebiede. Wit is soms nie so skoon en rein soos voorgegee word nie, en swart kan mooi ook wees.

Uiteindelik maak dit nie saak hoe jy jou rol sien nie, ek wil net nie gesien word as ’n enkele, beperkende etiket nie. Wat saak maak, is dat ons almal klein ratjies is in dieselfde masjien. En sonder die ratjies, groot of klein, staan die hele masjien stil.

Laat die ligte skyn, laat die nyd verdwyn. Daar is maar één son waarsonder ons almal sal kwyn.

Intussen lees ek lekker, dankie! En ek sal sal lustig voort lees, en skryf as ek wil, soos dit my behaag.

Dis al. Dankie!

Slaap jy sleg?

Die afgelope vyf jaar het my drome vreemder en vreemder geword, duideliker, dieper en ek onthou dit na maande, soms selfs jare. (Al soek ek soms na ‘n eenvoudige woord, nè? Die afgelope tyd het dit so erg geword, dat ek angstig was om aan die slaap te raak, omdat ek weet wat wag.

Dis ‘n ding wat met Covid begin het, en nog steeds nie reggekom het nie, vyf jaar later. Ek het nooit in my lewe gesukkel nie. Nou lê ek vir ure lank en wonder of ek slaap, my drome gaan aan terwyl ek wakker is. En die drome is diep en donker. Ontstellend. Daardie vreemde wakkerlê waar my brein soos roereier voel wat stadig omgeroer word, en dan al hoe meer uitswel totdat jou brein by jou skedel wil oorkook. En dan, wanneer ek wel slaap, het ek hierdie vreemde nagmerries wat ek nog net tydens en na Covid ervaar het. Dis angswekkend, selfs gewonerige drome laat mens in geweldige angs wakker word, en dan droom jy verder, terwyl jy wakker is. Ek kry my dan op geen manier uit daardie droom gewil nie, al staan ek op en gaan drink ‘n glas koue water. Soms begin daar sommer ‘n nuwe droom, met nuwe mense wat ek van geen kant af ken nie.

My drome speel met ook tydvlakke (wydte) en vlakke van slaap (diepte) op maniere wat ek glad nie kan beskryf nie.

Slaappille wil ek nie drink nie, maar een oggend word ek toe wakker met ‘n wete dat ek vitamine B moet drink, om al die senuweeomhulsels te beskerm en te versterk, dat my brein nie so geïrriteerd is nie.

Nou weet ek volgens my DNA toets se gesondheidsverslag, ek sukkel met impaired folate metabolism. Niks anders as een van die vitamine B’s nie. En dan daardie MTHFR geen, ek dra al twee variante.

Dis maklik om te probeer, nè? Een bruin pilletjie verlede week een oggend, ek daardie nag slaap ek toe soos ‘n baba. (Oukei, ‘n baba wat deurslaap!) En word die oggend sonder ‘n hoofpyn wakker! Vir 4 dae het ek dit gedoen, met dieselfde resultate. Slaap deur, geen hoofpyne, en ek droom gewone drome, wat ek kort voor lank vergeet.

Vrydag het ek toe ‘n maagkiem en drink niks bruin pilletjies nie. En wat gebeur? Ek lê daai nag wakker, ek kry weer aardige drome waaruit ek nie kom as ek wakker word nie. Saterdag is weer ‘n bruin pilletjie en ek slaap te heerlik. So voortaan is dit ek en die bruin pilletjie…

Ek vra toe ChatGPT:

Daar is wel ‘n verband tussen swak slaap, nagmerries en ‘n tekort aan sekere B-vitamiene, veral vitamien B6 (piridoksien) en vitamien B12. Hier is ‘n kort oorsig van hoe hulle met mekaar skakel:


🧠 1. Vitamien B6 en drome/nagmerries

B6 help by die produksie van serotonien en melatonien, twee chemikalieë wat belangrik is vir bui én slaapregulering.
Sommige studies toon dat ‘n tekort aan B6 kan lei tot meer intense of onaangename drome, insluitend nagmerries.
Ironies genoeg: oormaat B6 (deur hoë dosisse aanvullings) kan ook drome meer intens en realisties maak – en in sommige gevalle angswekkend.


🧠 2. Vitamien B12 en slaap

B12 speel ‘n rol in die regulering van die sirkadiese ritme (jou liggaam se interne klok).
‘n Tekort kan lei tot slaapprobleme soos slapeloosheid, ligte slaap of gereelde wakker word.
Daar is ook navorsing wat toon dat B12-tekorte geassosieer word met depressie en angs, wat op sy beurt nagmerries of ruslose slaap kan vererger.


💤 3. Algemene simptome van B-vitamientekorte wat slaap beïnvloed:

Gereelde nagmerries of skrik in die nag
Swak geheue of konsentrasie
Moegheid selfs na slaap
Angs en depressie
Senuweeagtigheid of rustelose bene


💊 Wat kan jy doen?

Oorweeg om ’n B-kompleks aanvulling te neem, maar moenie oordoseer nie – veral met B6.
Laat bloedtoetse doen om tekortkominge na te gaan, veral as jy vegetaries of vegan is.
Let op dieet: Vleis, vis, eiers, volgraan, avokado, en piesangs is goeie bronne van B-vitamiene.
Vermy alkohol en oormatige suiker/kafeïen laat in die dag – dit kan opname belemmer.

Daar is ’n duidelike verband tussen vitamien B-vlakke en hoofpyne, veral sekere tipes hoofpyne soos migraine. Hier is ’n oorsig van hoe verskillende B-vitamiene moontlik bydra tot of help teen hoofpyne:


🌿 1. Vitamien B2 (Riboflavien)

Bewese doeltreffendheid teen migraine.
Kliniese studies het getoon dat hoë dosisse B2 (ongeveer 400 mg per dag) die frekwensie en intensiteit van migraine-aanvalle kan verminder.
Werk waarskynlik deur die sel se energieproduksie (mitochondriale funksie) te verbeter.


🧠 2. Vitamien B6 (Piridoksien), B9 (Folaat) en B12 (Kobalamien)

Hierdie drie werk saam om homosisteïenvlakke in die bloed te reguleer.
Hoë homosisteïenvlakke word met ’n verhoogde risiko van migraine met aura geassosieer.
Aanvulling met hierdie vitamiene kan help om homosisteïenvlakke te verlaag en migraines te verminder.


⚠️ Tekorte aan B-vitamiene en hoofpyne

Tekorte aan B1, B2, B6 of B12 kan hoofpyne veroorsaak omdat:

Daar is minder energie beskikbaar vir breinfunksie.
Senuwee-irritasie of inflammasie kan plaasvind.
Neurologiese simptome (soos tinteling, angs of konsentrasieprobleme) kan ook voorkom.


💊 Aanvulling of dieet?

Aanvulling van spesifieke B-vitamiene kan nuttig wees vir mense met gereelde hoofpyne of migraines.
Voedselryke bronne sluit in:

B2: melk, eier, amandels, groen blaargroente
B6: piesangs, kekerertjies, vis, hoender
B12: vleis, vis, eiers, suiwel (slegs in dierlike produkte)


🩺 Wanneer om mediese advies te kry

As jy gereelde of ernstige hoofpyne het, is dit belangrik om onderliggende oorsake te laat ondersoek (soos vitamientekorte, stres, hormonale faktore, ens.).
’n Bloedtoets kan B12- of folaattekorte aandui.

Om saam te vat: Daar is ’n interessante verband tussen hoofpyne, nagmerries en ’n tekort aan B-vitamiene — veral vitamien B6 (piridoksien) en B12. Hierdie B-vitamiene speel ’n belangrike rol in die gesondheid van die senuweestelsel, die produksie van neurotransmitters soos serotonien en melatonien (wat slaap en stemming beïnvloed), en die regulering van homosisteïenvlakke, wat met bloedvloei en breinfunksie verband hou. Wanneer iemand ’n tekort aan B6 of B12 het, kan dit lei tot simptome soos spanningshoofpyne, swak slaapkwaliteit en selfs lewendige of ontstellende drome. Lae vlakke van hierdie vitamiene is ook gekoppel aan verhoogde angs en depressie, wat weer nagmerries en slaapversteurings kan vererger. Deur voldoende B-vitamieninname te verseker — hetsy deur dieet of aanvulling — kan sommige van hierdie simptome verlig of selfs voorkom word.

LET ASSEBLIEF: Hierdie is nie mediese advies nie, dit is my persoonlike ervaring.

No photo description available.

Itheïsm


Itheism: A Manifesto of Inner Faith and Universal Connectedness

I am an Itheist.

I do not believe in a personal god who determines my fate. I believe in myself – in my ability to live with awareness, to make choices, and to take full responsibility for those choices on my life’s path.

I believe that I am part of a greater whole – a universal consciousness that connects everything: people, nature, energy, time. This consciousness is not a god separate from us, but a force in which we all share – every breath, every thought, every touch.

I do not see myself as separate from others, but as a unique expression of a universal consciousness and unity.
What I do to others remains part of me and echoes within myself.
What I see in others reflects something of myself.
What I heal within me, heals something in the world.
What I give, I also give to myself.

Itheism is not a belief in an external power, but in the sacredness of conscious presence. To live with respect in the here and now.

It is not to wait for eternal life in heaven, but a choice to bring holiness into my thoughts and actions, for as long as I live.

The interconnectedness of all life and energy also transforms when our bodies die. This energy and matter that remains returns to, around, and upon the earth, to become part of new life being formed.

The person I am now has existed elsewhere, in other forms. My energy recognizes this.

I live with open eyes, an open heart, with deep reverence for life in all its forms.
I do not seek answers outside myself; I listen to the silence within me.
I am not merely an observer – I am a co-creator in the universe.
My thoughts carry weight. My actions send ripples. Every conscious choice shapes the world around me.
I do not believe that suffering is meaningless. In my wounds, my wisdom resides.

Trisa Hugo, founder of the Itheist perspective.
A life of conscious presence, inner freedom, and universal connectedness.
7 June 2025

Itheïsme: ’n Manifes van Innerlike Geloof en Universele Verbondenheid

Ek is ’n Itheïs.

Ek glo nie in ’n persoonlike god wat my lot bepaal nie. Ek glo in myself – in my vermoë om met bewustheid te leef, keuses te maak, en volle verantwoordelikheid te neem vir my keuses op my lewenspad.

Ek glo dat ek deel is van ’n groter geheel – ’n universele bewussyn wat alles verbind: mense, natuur, energie, tyd. Hierdie bewussyn is nie ’n god wat geskei is van ons nie, maar ’n krag waarin ons almal deel, elke asem, elke gedagte, elke aanraking.

Ek sien myself nie as losstaande van ander nie, maar as ’n unieke uitdrukking van ‘n universele bewussyn en geheel.
Wat ek aan ander doen, bly deel van my en vind weerklank in myself.
Wat ek in ander sien, reflekteer iets van myself.
Wat ek genees in my, genees iets in die wêreld.
Wat ek gee, gee ek ook aan myself.

Itheïsme is nie ’n geloof in ’n buite-mag nie, maar in die heiligheid van bewustelike teenwoordigheid. Om met respek te lewe in die hier en nou.

Dit is nie ’n gewag op ‘n ewige lewe in die hemel nie, maar ’n keuse om heiligheid in my gedagtes en dade te bring, vir solank ek leef.

Die verbondenenheid aan alle lewe en energie, verander ook van vorm as ons liggame sterf. Hierdie energie en grondstowwe wat oorbly, gaan terug in en om en op die aarde, om weer deel te vorm van nuwe lewe wat geskep word.

Die mens wat ek nou is, het al op ander plekke en in ander vorme bestaan. My energie herken dit.

Ek leef met oop oë, ‘n oop hart, met ’n diep eerbied vir die lewe, in al sy vorme.
Ek soek nie antwoorde buite myself nie; ek luister na die stilte binne my.
Ek is nie net ’n waarnemer nie, ek is ’n medeskepper in die heelal. My gedagtes dra gewig. My dade laat rimpelings. Elke bewuste keuse vorm die wêreld om my.
Ek glo nie dat lyding sinneloos is nie. In my wonde skuil my wysheid.

– Trisa Hugo, grondlegger van die Itheïstiese siening.
’n Lewe van bewuste teenwoordigheid, innerlike vryheid en universele verbondenheid.
7 Junie 2025


“You are not a drop in the ocean. You are the entire ocean in a drop.”
Kahlil Gibran

Is Kruie Koning?

Die afgelope paar jaar het ek die krag van kruie ontdek. In my kruietuin het ek 25 jaar gelede ‘n welige bos Wilde als gehad. Ons het dit ook by ons kwekery op die kruierak verkoop. Toe het ek nooit die medisinale waarde van die plante waardeer nie, ons was mos jonk en gesond. Die Wilde als, of Artemisia Afra (Wormwood) het ‘n mooie blommetjie gehad en het maklik gegroei.

Dis eers hier in Kleinmond wat Frazer Georgio Barry my bekend gestel het aan die waarde daarvan. Trust me on this, as niks ‘n benoude bors ooptrek nie, stoom met Wilde als. Jy kry amper dadelik asem. En dan drink jy sommer die aftreksel. Jy slaap heerlik en kry asem. Salig na 3 weke se benoudheid.

Ek het ‘n aaklige kiem opgetel wat my drie weke lank planke toe gevat het. Totdat ek my vererg het vir pille en pompe en strope wat niks help nie. Toe wend ek my na die kruie wat ek dalk in die eerste plek moes gedoen het.

Frazer het my ook bekend gestel aan boegoe. Ek gooi die takkies boegoe in ‘n bottel brandewyn om te trek, en drink soms ‘n bietjie daarvan, net so, op ys. Lekkerder as Jãgermeister.

Die kankerbossie plantjie wat Frazer my gegee het, het ongelukkig afgesterf, maar ek kry toe daarvan in gedroogde vorm by Die Bloubakkie, net 200m straat-op van my.

‘n Kenner van kruie en vervaardiger van medisyne, herinner my toe weer daaraan. Die koningin van kruie, Antoinette Pienaar, sê kankerbossie is die Koning van Kruie. Asof n koning nou belangriker as ‘n koningin is! Antoinette beklemtoon die belangrikheid daarvan om kankerbossie met respek en kennis te gebruik, gegewe sy kragtige effekte.

Ook Margaret Roberts noem dit een van die belangrikste medisinale plante in Suid-Afrika.

Ek is versigtig optimisties, na twee dosisse, vóél ek die werkinge in my lyf. My spysvertering het kalmeer, taai slym los amper dadelik op, en my branderige oë het ophou traan. En my brandblaas het ophou brand…

Dalk het al my kwinte en mankemente geskrik vir hierdie glasie goed wat jou liefde vir ‘n bitter smakie toets…

Trek 1t fyn kankerbossie per koppie water. (Ek het verdun)

Kankerbossie (Sutherlandia frutescens): ‘n Tradisionele plant met moderne potensiaal.

Kankerbossie is ‘n inheemse Suid-Afrikaanse plant wat tradisioneel gebruik is om verskeie siektetoestande te behandel, insluitend angs, depressie en simptome verwant aan kanker.

Moderne navorsing begin die wetenskaplike basis van hierdie gebruike ondersoek.

Navorsing en bevindings:

‘n Studie deur Ngcobo et al.(2012) het die immuno-modulerende effekte van Sutherlandia frutescens opmenslike perifere bloedmononukleêre selle ondersoek.

Die resultate het getoon dat hoë dosisse van die plant se etanol- ekstrakte die uitskeiding van pro-inflammatoriese sitokiene soos TNF-a en IL-1ẞ aansienlik verminder het, wat dui op potensiële anti-inflammatoriese eienskappe.

Verdere navorsing deur Kisten (2010) het bevind dat Sutherlandia frutescens nie toksies is teenoor menslike selle by getoetste konsentrasies nie en dat dit die inflammatoriese reaksie kan onderdruk deur die afregulering van spesifieke sitokiene soos IL-6 en IL-10.

Belangrike oorwegings: Alhoewel hierdie bevindings belowend is, is dit belangrik om te beklemtoon dat die meeste studies tot dusver in vitro (in die laboratorium) uitgevoer is. Verdere kliniese navorsing is nodig om die veiligheid en doeltreffendheid van kankerbossie in menslike gesondheidstoepassings volledig te verstaan.

Mense wat chemoterapie kry of ander medikasie gebruik, moet eers mediese advies kry voordat hulle dit gebruik, die goed is kragtig.

Ons onderhou en laat diens ons karre en ons toestelle voordat dit breek. Waarom nie ons lywe ook nie?

Parasosiale verhoudings

Mens lees mos altyd van die akteurs wat in hulle privaatlewe verwar word met die rolle wat hulle speel?

En die mens wat ‘n groot gevolg het, wat in een skandaal na die ander beland? Tot vergewe sy aanhangers alles, en verdedig skandelike gedrag ten bloede toe.

As jy krag het vir smet, gaan scroll ‘n bietjie rond op TikTok om te sien hoe tree Bin Laken, Amelda, Moi, Duchess en klomp ander op. Hulle vloek hulle aanhangers se onderdele uitmekaar in taal so gekrui dat jy slegte spysverteringdaarvan kry. Tog bly mense aan hulle lippe hang, gooi geld op hulle lives.

Het jy al ooit gevoel jy weet presies wat in jou gunsteling influencer of akteur se kop aangaan? So asof julle al lank beste vriende is, al het hulle jou nog nooit gesien nie?

Al hierdie goed is op ‘n manier verwant: Welkom by die wêreld van parasosiale verhoudings!

Ons leer die mense op sosiale media of TV so goed ken – hul vreugdes, hul stryd, hul daaglikse doen en late – dat dit voel asof hulle deel van ons lewe is. Maar onthou: wat jy sien, is net ’n deel van hul storie. Jy sien nie die talle keer wat hulle die video moes oorneem omdat die hond geblaf het nie, of die hoek of die lig vir die Instagram foto nie reg was nie. Daar is niks real aan daardie oomblik wat so spontaan lyk nie.

Pasop, dit kan jou selfbeeld beïnvloed: As jy jou lewe met hul “highlights reel” vergelyk, kan dit voel asof jou eie lewe vervelig is. Trust me, almal het hulle uitdagings.

Mense vat dit soms te ver! Dit kan grense laat vervaag: Jy mag begin glo jy het ‘n reg op hul privaatlewe, maar hulle is steeds net mense met hul eie grense. Ek het self al daarmee te doen gekry, dis creepy om die minste te sê. Dit voel of iemand jou afloer in die badkamer. Dankie tog vir die blok funksie! Maar helaas is vals profiele ook moontlik…

Geniet ander se inhoud, wees geïnspireer, maar hou die werklikheid in gedagte. Maak tyd vir jou werklike vriende en familie, want hulle het jou nodig – die lewe is meer as net ‘n like of kommentaar.

Die konsep van parasosiale verhoudings is die eerste keer beskryf deur die sosioloë Donald Horton en Richard Wohl in 1956. In hul artikel getiteld “Mass Communication and Para-social Interaction: Observations on Intimacy at a Distance”, het hulle die term gebruik om die eenrigting-verhouding te verduidelik wat kykers of luisteraars met media-persoonlikhede ontwikkel, soos televisie-aanbieders, radiopersoonlikhede of karakters in ‘n storie.

Hierdie tipe verhouding voel vir die kyker intiem en persoonlik, alhoewel die mediapersoonlikheid nie bewus is van die individu se bestaan nie. Nou word parasosiale verhoudings ook verbind met sosiale media, waar volgelinge dikwels emosionele bande vorm met influencers of beroemdes wat hulle nooit persoonlik ontmoet het nie.

Keep it real. Kuier met jou gesin. Hulle tel soveel meer as iemand aan die andekant van ‘n skerm.

Skrywers en hulle Stories

Tags

,

View Post

Hierdie vision wat ek gehad het dat daar onsigbare wolke bokant ons koppe dryf, wat bloedrooi blink storie-appels baar wat skrywers kan pluk en eet, en dan só stories voortbring, bly spook in my kop.

“A writer is a world trapped in a person” het Victor Hugo gesê. Mens lees dikwels dat skrywers sê die karakters het ‘n wil van hulle eie, of die storie wou geskryf wees. Die prentjie in my kop is dat daar ‘n storie vebykom in ‘n soort kollektiewe poel van stories en die skrywer steek sy hand uit en pluk die storie soos ‘n vrug wat ryp geword het in die storiepoel. Wanneer die skrywer reg is vir die storie en storie ryp is vir die skrywer, is daar ‘n magiese proses wat allerhande aardse lastighede behels soos laatnagligte, kos wat brand, gesinne se geduld wat opraak. Maar die storie moet geskryf kom.

Mens hoor ook dikwels dat skrywers sukkel met wederstrewige karakters op. Nou vra ek myself af, waar kom daardie wederstrewigheid en eiesinnigheid van die karakters vandaan? Is dit deel van daardie storiepoel? Is dit mense wat iewers sou kon leef?

Dikwels is dit ook daardie gedagtes wat spontaan opkom wanneer ek besig met mindless take, wat mense tref. Die strykplankgedagtes. Meestal maak ek dadelik notas daarvan (dankie tog vir Google Keep) en is soms verwonderd as ek agterna my notas lees, asof dit nie ek self is wat dit geskryf het nie.

Dieselfde gebeur met my drome. Ek droom deesdae vreemde vivid drome, wat heeltemal anders voel, asof dit werklik afspeel, op vreemde plekke met vreemde mense. Sulke drome is duidelik anders as my gewone drome, dit voel of dit uit ‘n baie dieper deel van my bewussyn kom. Daar uit die plek waar mens net onder baie diep hipnose bykom. Ek kry die gevoel dat dit my eie lewe is wat op ‘n dimensie uitspeel, dele van my lewe wat sou kon wees, gegewe klein keuses wat ek iewers langs die pad sou maak wat my lewe heeltemal in ‘n ander rigting op vreemde paaie sou stuur.

Die vraag bly! Is hierdie dalk die storiepoel waaruit skrywers tap? Ons lewens wat sou kon wees, die karakters die mense wat deel vorm daarvan?

Sou daar ‘n skakel kon wees tussen hierdie storiepoel, die karakters wat skrywers manipuleer en die wêreld waarin ons in ons drome leef? Ek hoop so.

Ek het gisteraand ook vir jou geskryf, maar dit was in my dagboek. Ek gaan ’n mooi dagboek skryf. Ek wil nie hê mense moet eendag glo aan sommiges se blerrie bevooroordeelde opinies nie!
Ingrid Jonker, in Vlam in die sneeu.

Brink weer, het kopieë van al sy briewe met deurslagpapier gemaak. Hoe het hulle geweet hulle liefdesverhaal gaan dekades later nog in die nuus wees?

By ‘n onlangse skrywersgesprek tussen Daniël Lotter, Erla en Sidney het hulle gesels oor die “toevalligheid” om oor iets te skryf, en dan gebeur dit knap nadat die boek verskyn het.

Natuurlik weerkaats wolke soms, en ‘n ander skrywer pluk die afbeelding van dieselfde appel, en twee stories verskyn gelyktydig by verskillende uitgewers, met dieselfde tema.

Solank as die aarde het verskyn kort nadat die skryfster Lucia Prinsloo oorlede is, amper dieselfde tyd as Betsie van Niekerk, skrywer van So ook op die aarde. Dit is ’n interessante sinchronisiteit van titels, amper soos die ooreenkomste tussen die temas en milieu waarin die verhale van Jan van Tonder (Grootgeluk), Cas Wepener (Roman) en Chanette Paul (Murasie) afgespeel het, wat amper gelyktydig by drie verskillende uitgewers verskyn het.

Is skrywers en kunstenaars se gordyn tussen dimensies dunner as ander mense s’n? Is hulle dalk meer in tune met die Universe, om die appels wat die onsigbare storiepoelwolk baar te pluk? Ek wil so ver gaan om te sê in daardie poel is daar verskillende keuses van wat moontlik gaan gebeur, en skrywers gryp gulsig daarna, voordat iemand anders dalk die appel pluk.

Dankie vir die dapper lesers wat tot hier gelees het.

Koebaai, Paal! Hallo Kierie!

Ou sondes haal jou van agter af in. Dan eers gooi hulle lang skaduwees… En soms word jou enigste bate jou grootste nagmerrie, en verander die lewe in ‘n oogwenk, en gebeur dinge wat jy nie kon voorsien nie.

Vandat ek my DNA-toets se uitslae gekry het, maak die manier waarop ek aanmekaargesit is net soveel sin. En mense kan nou spot met my Neanderthal afkoms, omdat ek blykbaar van nature fisiek sterker is as ander. Ek het van lekker sterk spiere, maar ek is so gebore. Dokters is al my lewe lank verbaas dat ek nie ‘n goeie atleet of sportmens is nie (ek het nooit op skool of later aan sport deelgeneem nie, behalwe aerobics in die tagtigs.) Hardloop kan ek glad nie. Vir baie jare het ek my geskaam oor my spiere, veral as mense opmerkings daaroor maak, maar later het ek geleer om dit eerder as ‘n kompliment te beskou, want my natuurlike krag kon my toelaat om paalfiksheid te doen. Klaarblyklik is dit my soort spier.

Trisa, your genetic muscle composition is common in elite power athletes. This report is based on a genetic marker in the ACTN3 gene. This marker controls whether muscle cells produce a protein (called alpha-actinin-3).

Van kleins af was my bene ‘n ding. As dogtertjie is ek gespot oor my bakbene, terwyl Ouma Vina weer van Trisa se mooi fris beentjies gepraat het. Ek was geweldig skaam oor my bakbene, want selfs grootmense wat daaroor spot laat mens dink daar is iets verkeerd met jou. En ook my kuite wat ek by my ma geërf het, was altyd ‘n ding waaroor mense gekarring het, en as kind en jongmens wou ek in die aarde sak daaroor, ek het myself mos nie gemaak nie? Mans het klaarblyklik van my bene gehou, want dis die ding in my lewe waaroor ek die meeste komplimente gekry het.

Vir drie jaar loop ek met bene wat pyn, en eers die vierde dokter by wie ek kla, het my na ‘n spesialis gestuur, wat dadelik X-strale en ook ‘n MRI van my rug georder het.

Diagnose, in oom dokter se woorde: Liewe Jesus het my ‘n lélike streep getrek toe hy my aanmekaargesit het. Ek het ‘n hol tibia, gebreklike bakbene en ‘n skewe regtervoet, sê die ortopediese sjirurg. Als is skeef, of hol waar dit nie moet wees nie. En daar groei beentjies waar dit nie moet nie, ook in my rug. Hy is verbaas dat dit nou eers probleme gee, maar dit is omdat ek sterk is en ook baie geoefen het, maar met normale degenerasie neuk als nou om. En dit gaan net erger word. En as ons ‘n huis met trappe het, moet hy vandag nog in die mark (sê ek al 3 jaar). Ek kan ‘n paar maande tyd koop met permanente pynpille en anti-inflammatoriese middels, maar ek moet ‘n halwe knievervanging kry, om daardie gaping aan een kant weer reg te kry. Ek moet vir eers van my voete af bly en nêrens onnodig stap nie, maar moet yoga doen en kan fietsry.

Ek was lam van skok vir twee dae na die konsultasie. Ek is basies so verkeerdom gebore, maar omdat ek sterk spiere en ligamente het, het dit als soort van in plek gehou, maar toe normale ouderdomsverwante degenerasie begin, toe konk als in. Covid het die proses waarskynlik getrigger, sê hy.

Het ek iets gedoen wat dit kon veroorsaak? ‘n Aerobics marathon? As kind het ek soms van die huis se dak afgespring, as my ma nie naby was nie. En eenmaal ook in die gat in wat gegrawe was vir die nuwe kleinhuisie. Maar oom dokter sê nee, dis nie ou sondes wat my inhaal nie, dis ‘n bio-meganiese fout.

In Januarie kry ek nou bilaterale gedeeltelike knievervangings. My Genu Varus Deformity (wanneer bakbene ‘n probleem word) het skielik van Oktober af byna daagliks vererger. Dis ongelooflik pynlik en ek kan net in en om die huis cope as ek kortisoon plus anti-inflammatoriese pille drink.

My paaldae is verby. Dankie tog ek moet oefen, en yoga vra net ‘n mat. Die fisio wat ek as deel van pre-hab sien, sê ek kies instinktief presies die regte posisies en bewegings. En my fietswiele moet gepomp word sodat dit reg is wanneer ek die kierie en die krukke weer eenkant toe skuif.

My kierie staan reg, my pa het dit nog met sy eie hande gekerf, en gesê dis vir as ek eendag oud is. John het dit vir my korter gesaag, presies op die fisio se voorskrif.

Ek wil hier klaar skryf, noudat ek hierdie aaklige jaar met ‘n hele paar uitdagings verwerk het. Die jaar sluit af op ‘n onseker noot, maar oormore is Kersfees, dan vier ons in dankbaarheid wat ons nog het.

“I like living. I have sometimes been wildly, despairingly, acutely miserable, racked with sorrow; but through it all I still know quite certainly that just to be alive is a grand thing.”
Agatha Christie

Wat kan jý doen omtrent Israel/Palestina?

Hieroglyphic stairway

it’s 3:23 in the morning
and I’m awake
because my great great grandchildren
won’t let me sleep
my great great grandchildren
ask me in dreams
what did you do while the planet was plundered?
what did you do when the earth was unraveling?

surely you did something
when the seasons started failing?

as the mammals, reptiles, birds were all dying?
did you fill the streets with protest
when democracy was stolen?

what did you do
once
you
knew?

Hierdie uittreksel uit die bekende gedig “Hieroglyphic stairway” van Drew Dellinger word meestal gebruik waar klimaatsverandering ter sprake is, maar in Oktober tydens die Woordfees het iets amper onwerkliks gebeur minute nadat dieselfde vraag gevra is in ’n gesprek met Marthie Momberg oor haar boek 21 Voices from Israel and South Africa: Why the Palestinian struggle matters.

Dikwels word mens op onverwante plekke op onverwagte maniere diep geraak op ’n manier wat jy in elke sel van jou liggaam voel vibreer, wat jy in yskoue rillings uitslaan, jou hele lyf hoendervleis in versengende hitte. Dan wéét jy op ’n baie diep vlak dit het met ’n spesifieke rede met jou gebeur, dat jy presies op daardie oomblik daar was. Jy weet ook jy moet iets doen daaraan en dan verder vergeet daarvan. Jou taak is voltooi, jy weet nooit waar die rimpels gaan van jou klip wat jy in die water gooi nie.

Die doel van hierdie skrywe is geensins om ’n opinie te waag oor die Israel/Palestina kwessie nie, en allermins om kant te kies. Ek wil eerder die gevoel oordra van gebeure direk na haar praatjie.

Na ’n paar baie intense dae en baie adrenalien was ek gereed om Stellenbosch se hitte en stof van my af te skud en my seer bene in Kleinmond se koue seewater te gaan laaf. Ek wou ook my man met sy sensitiewe vel uit die son kry, maar hy dring toe aan ek moet eers saamstap, hy wil my iets gaan wys, en ons moet Marthie se boek saamneem. ‘n Vreemde versoek, maar ek vertrou hom.

Die “iets” staan toe op die hoek van Noordwal-Wes-weg en Die Laan. ’n Yslike beeld van ’n ou man met ’n oop boek voor hom, deur die kunstenaar Jean Theron Louw – Seemingly peaceful. ’n Goudbrons duif sit en kyk vir hom. Sonder ’n woord wys hy na die boek met gegraveerde woorde in die ou man se hande.

Toe ek die uittreksel uit die gedig “Hieroglyphic stairway van Drew Dellinger” op die metaalboek lees, het dit my getref. Daardie gevoel, amper soos déjà-vu. Dit vat jou aan die bors, jou longe versteen en jou stembande raak verlam. Op ’n snikhete dag vibreer daar yskoue rillings deur elke vesel van my lyf, my hele lyf die ene hoendervleis, die haartjies op my arms tentakels wat elke flenter energie optel wat deur die digter Drew Dellinger na ons gestuur is met die boodskap: Luister na Marthie Momberg – sy vra die regte vrae, sy bring die boodskap dat ons net moet doen wat ons doen, en dit sal die regte ding wees.

Sy kan die boek skryf, Johan Coetzee van Naledi kan die boek uitgee, John kan die oomblik identifiseer, en ek kan hierdie woorde voortbring. Die regte mens sál op die regte tyd die regte boodskap kry en die regte ding doen. En as genoeg mense die regte ding doen, kan ons Drew Dellinger se vraag beantwoord: what did you do once you knew?

Dan sal goed lig bring, en kwaad sal kwyn, totdat die balans tussen goed en kwaad herstel het.

Die beeldhouer Jean Theron Louw besin oor ’n aparte plaat:

Seemingly peaceful

An old man sits – seemingly peaceful – and reads on a park bench. I weigh up and question the adjective “peaceful”. When he, Oupa Carlos, as an old man, reflects upon the world, can he feel serene? Does he wonder and reflect on how he and his peers have managed to cause the degeneration of the planet? Does he care about the legacy he has left behind? Oupa Carlos, with layers of knowledge and experience like the growth rings of a tree: Was your life egocentric or soul-centric? Did you care for mother earth? If you did, why are we all where we are now?

A single solidly cast dove perches on the bench; gazing at Oupa Carlos. The dove in bronze/gold colour is symbolic of the spirit, illumination, and the sun. The similar colour rendering of the dove and the poem allude to the fact that these are constant solid truths, while the transparency of the rest of the work symbolizes the fleeting nature of humanity. Uncle Carlos’s head and hands are a similar colour, as some thoughts and works of man can approach the permanence of truth …

I cannot remember ever having been moved as profoundly, as searingly and as painfully … It is a testimony to the immense bravery of the individual and communal spirit.
– Breyten Breytenbach

There is no other book of this kind on the market … It will help readers understand why the plight of the Palestinians concerns all of us.
– Sakkie Spangenberg

Oor en Oor

DIs vreemd hoe dinge gebeur, asof dit reeds gebeur het. Vroeër hierdie jaar het ek op die skrywer Kirsty Steinberg se blad afgekom op ‘n skets wat sy gemaak het. Ek het oor en oor teruggegaan daarna, want dit is asof sy dit gemaak het om ‘n kortverhaal van my wat gepubliseer is deur Tafelberg, Skrik op die lyf, geïllustreer het. Dit pas perfek. Ek het haar vertel daarvan, ons het dadelik mekaar aangevoel, en sy het vir my haar boek, Confrontation, gestuur, boonop met ‘n baie spesiale skets wat sy spesiaal vir my storie gemaak het. En hierdie is die einste kind-vrou wat sy geteken het, wat haar al in verskeie vorme in my drome en visions aangemeld het, in verskillende gedaantes. Ek het haar ook al by ‘n Magdalene wassery in Ierland ontmoet tydens ‘n regressie-sessie.. Hierdie verhaal het in Engeland afgespeel.

Confrontation deur Kirsty Steinberg (skuilnaam) is a memoire gebaseer op die lewe van CJ, wat gebore is in ‘n wêreld wat geen begrip gehad het vir die biologiese, emosionele en huishoudelike uitdagings van ‘n kind met genderdistrofie nie.

CJ is ‘n intense kind wat grootword in die negentigs, met ‘n oerwysheid en emosionele insig ver bokant ander kinders van sy ouderdom. Hy word blootgestel aan afknouery, ‘n gespot met sy liggaamsbou en voorkeure. Sy ouers het probleme van hulle eie en hy moet oorleef in ‘n wêreld waarin hy nie homself kon wees nie.

Geleidelik gaan dinge beter deur blootstelling aan ander kreatiiewe mense op Universiteit, en hy beland in ‘n werksplek waar hy gekoester is en sy potensiaal kon ontwikkel. Sy ouers is ondersteunend op verskeie gebiede, en hulle liefde en onvoorwaardelike aangaanding gaan uiteindelik volsirkel:

They brought me into the word once.
They brought me into the word again.

Dit voel altyd vir my arrogant om my uit te laat oor ‘n memoire, asof ek ‘n persoon se diepste menswees sou aantas met enige standpunt. Tog kan ek nie help om op ‘n diep vlak beïndruk te wees deur die karakter (en mens) CJ nie.

As kind ontwikkel hy ‘n glasdop, ‘n skans vanwaar hy na buite kan kyk na die wêreld waarin hy nie tuis voel of inpas nie. Geleidelik groei en ontwikkel hy in ‘n persoon wat homself kan posisioneer in terme van verhoudings met ander.

Die vloeibaarheid van seksualiteit en gender word baie goed uitgebeeld.

“One of your greatest challenges in this world, my darling, would be men … It’s a shame because you think you’re the relationship type?”

Confrontation is ‘n belangrike boek vir ‘n verskeidenheid lesers om verskeie redes:

  1. Ouers, vriende en familie van mense met genderdisforie: Hierdie boek bied ‘n insig in die emosionele stryd en ervarings van individue met genderdisforie. Dit kan hulle help om ‘n dieper begrip te ontwikkel vir die uitdagings wat hierdie individue beleef en hoe om hulle beter te ondersteun en aanvaar.
  2. Jongmense en volwassenes met gender uitdagings: Vir diegene wat soortgelyke fisieke disharmonie ervaar, bied Confrontation ‘n manier om hulle eie ervarings te identifiseer en dit vanuit ‘n nuwe perspektief te oorweeg. Dit kan help met selfinsig en moontlik ‘n dieper begrip van hul eie ervaringe te kry.
  3. Opvoeders en beraders: Vir professionele persone soos opvoeders en beraders bied die boek insig in die emosionele uitdagings van mense met geslagsdysforie en bied dit waardevolle insigte oor hoe om effektief te ondersteun en te kommunikeer met hierdie gemeenskap.
  4. Mense wat wil leer en groei: Vir enigeen wat graag meer wil leer oor die menslike ervaring, veral oor onderwerpe wat met emosionele uitdagings, identiteit en aanvaarding verband hou, kan Confrontation ‘n waardevolle leeservaring bied.

Hierdie boek bied ‘n diepgaande en intieme blik op die emosionele reis van ‘n persoon met genderdisforie. Dit bied waardevolle lewenslesse en ‘n gevoel van empatie vir die uitdagings waarmee hierdie individue te kampe het, en dit kan ‘n geleentheid bied vir emosionele groei en begrip vir almal wat bereid is om te leer en te verstaan.

Bestel dit hier by Naledi, dit word gratis by jou voordeur afgelewer.

Hier is die gewysigde verhaal van die jong vrou op die skets: Dit word geplaas met vergunning van die samesteller van die oorsponlike publikasie.

Die rebellie van Mary Ellis

Maria sit haar hand op Tinus se been.

Sy wil vir hom sê om stadiger te ry, dat hulle hier voor moet indraai, maar sy sien skielik niks voor haar nie, alles is wasig, asof daar Vaseline op haar brilglase gesmeer is. Sy knip-knip haar oë en probeer fokus op die kaart wat op haar skoot lê. Soos altyd wanneer sy in touch kom met haar onderbewussyn, wanneer sy onverwags ʼn vision kry, begin die lig bewe en die omgewing verbrokkel waar haar oë fokus. Nie nou nie! Sy probeer doelbewus konsentreer op die kaart, Tinus verstaan glad nie hierdie sy van haar nie. Hoe sy ook al op die pad probeer konsentreer, begin daar geleidelik ‘n alternatiewe vorm van die area vorm, asof dit in mis gehul is, wat geleidelik opklaar. Sy sluk, skud haar kop, lek oor haar lippe en sien weer die pad wat deur die waas helderder wrd.

Die Sat Nav wat ingesluit was by die kontrak van die motor wat hulle op Gatwick lughawe gehuur het, het hulle na die eerste paar myl afgeskakel. Die meisie met die sagte blikstem was adamant om hulle op die groter paaie te laat ry, terwyl hulle die heel kleinste paadjies wat in grys op die kaart aangedui is, verkies. Hierdie is immers hulle eerste vakansie saam en Maria probeer om dit op klein maniertjies romanties te maak vir Tinus. Hy leef in só ʼn harde wêreld en sy wil dit wat sy met hom deel, sag en gemoedelik maak.

Die groen veld om hulle verdof weer en Maria ruik beesmis en ‘n veld wat brand. Sy hooor die gerunnik van perde en hoor wiele knars op ‘n grondpad.. Sy verstewig haar greep op Tinus se been. Haar hand begin ruk en haar kakebeen beweeg, maar sy kry nie ʼn woord uit nie. Tinus kyk sydelings na haar verskrikte gesig en trek van die pad af by die afdraaipad waar die padskouer breed genoeg is. “Wat is dit nóú weer?”

Sy hoor die irritasie in sy stem. Hulle moes reeds hulle planne fyn beraam vir hierdie kort vakansie, sy vrou dink die konferensie hou nog ʼn paar dae aan. Hulle het net vyf gesteelde dae, dan vlieg hy weer terug.

“Niks. Niks is nou wéér verkeerd nie. Kan ons hier links draai?”

“Hoekom, dit lyk na ʼn privaat pad?”

Maria wil eers vir hom sê van die déjà-vu, dat sy al hier was, maar bedink haar dan. Hulle het al genoeg baklei oor haar ‘sienery’ en die dinge wat sy aanvoel sonder dat sy dit kan verklaar.

“Ek het net skielik ʼn gevoel gekry dat ons hier …”

“Gevoel!” Jou ewig bleddie gevoelery …”

Maria sit weer haar hand op sy been, maar hy skud dit af. Sy praat sag. “Dis oukei, ons hoef nie hier in te ry nie, ek het net gedink …”

“Gedink se moer! Miskien moet jy meermale bietjie lógies dink!”

Maria skrik. Sy is nie gewoond dat Tinus so aggressief met haar is nie en sy probeer weer. “Toemaar, kom ons ry maar, dis nie nodig dat ons hier indraai nie. Dit is so ʼn mooi plek, kom ons maak die meeste daarvan.”

“Make a U-turn,” vermaan die blikstem, “and proceed to the next …”

“Nee!” brul Tinus. Dit lyk of sy gesig opswel en rooi vlamme slaan in sy nek uit. Die are in sy keel bult. Hy gryp die toestel en kap dit teen die paneelbord. Kap, kap, kap. “Neeee …” Sy stem word al sagter.

Maria sien hoe sy oë effens uitpeul net voordat sy lyf slap word en sy kop stadig vorentoe sak op die stuurwiel. Die toeter gee ‘n lang, uitgerekte kreet.

*

Mary tik liggies aan Lord Lynton se skouer. Sy ken al die storie, Sy oë peul effens uit, die are bult in sy nek, sy gesig word bloedrooi, net voordat hy kreun, net voordat sy lyf slap word op haar en sy kop vorentoe sak in haar nek. Gewoonlik spring hy vinnig weer op nadat hy so ʼn rukkie gelê het. Haar bedjie is buitendien te smal vir hulle al twee. Hy is ‘n dooie gewig op haar.

Mary skud sy arm, en probeer hom van haar af rol, maar hy lê bewegingloos en hy voel swaarder as gewoonlik, al is hy ‘n skraal man. Dan voel sy die warm kwylstraaltjie in haar nek. Sy probeer hom afrol, maar hy is swaar, al is hy ’n skraal man. Hy is baie langer as haar kort, ronde lyfie en soos sy vroetel om onder hom uit te kom, skop sy net sy knie raak. Sy ruk haar lyf eenkant toe en stamp teen sy bors en strompel-val van die bed af. Sy wil skree, maar haar keel wurg net. Sy gryp hom aan sy skouers en skud, maar sy kop hang net slap eenkant toe en wip heen-en-weer- met elke skud.

“Lord … Lord L …” Sy kry dit nie reg om sy naam te sê nie.

Slymstrepe loop teen haar bene af, maar sy vee dit nie eers af nie. Sy pluk haar ondergoed en kouse aan en trek haar voorskoot reg, die skottel water wat altyd regstaan, vergete. Lord Lynton mors nooit tyd met ʼn uittrekkery nie. Sy kyk stadig af na die drie bloeddruppels op haar wit voorskoot, dan weer na die lewelose liggaam op haar bed. Angs borrel op in haar lyf en sy hardloop uit in die gang. Sy struikel teen die trappe af.

“Cook! Cook!” roep sy al die pad kombuis toe. “Kom help!”

Cook vee in haar haas een hand aan haar voorskoot af, ‘n brandende kers waarmee hulle die vere skroei in die ander hand. Die reuk van die kookwater as dit oor die fisante loop om die vere los te maak hang swaar in die lug, maar dis asof sy Mary se angs kan ruik, bo-oor die wilde vere-reuk, want sy vra: “Wat is dit nou? Waar is Lórd Lynton?”

Hoewel Cook geen slegpratery van Lord Lynton deur die kombuispersoneel duld nie, sit sy altyd ʼn spottende klem op die Lórd. Sy smyt die kers op die tafel neer, gryp die fisant onder die stroompie kookwater uit wat een van die meisies daaroor giet en klap dit op die houttafel neer. Sy skree instruksies wat om met die fisante te maak oor haar skouer en bondel die doodsbleek Mary terug in die gang.

“Mary! Ruk jou reg. Praat!” Mary klappertand maar Cook se sterk hande op haar skouers laat haar bedaar en sy begin vertel. Van Lord Lynton wat haar wou straf omdat sy gegril het toe hy die twee fisante voor haar neergegooi het om skoon te maak, sodat Cook dit vir sy aandete kan berei. Daar het ʼn paar druppels bloed opgespat en toe sy dit op haar skoon voorskoot sien, wou sy huil. Elke dag sukkel sy om haar voorskoot spierwit en gestyf te hou, tussen al haar werk. Die wasmeisies was net die kolle uit, dan is dit goed genoeg, maar sy hou nie van ʼn papperige vaal voorskoot nie.

“En ek kan die bloed nie verdra nie! Die reuk laat my dink aan … ” Nou huil sy so dat sy sukkel om verder te praat.

“Ruk jou reg!” Cook se hande met die stomp vingers byt in haar skouers in.

Mary bedaar effens. Sy vertel hoe Lord Lynton haar na haar kamer gedwing het en soos wat sy voor hom uitgeloop het, het hy haar aanhoudend aan haar boud geknyp en haar laat omdraai, dan het hy haar borste geknyp. As sy vooroor gebuk het van pyn, het hy haar tussen haar bene gegryp. So het hy haar gegryp en geknyp en al in die rondte getol, al vorentoe deur die gange en op met die trappe, totdat sy half-naar op haar bed neergeval het. En toe was hy reg om te doen wat hy altyd doen as hy haar straf.

“Mary!” Cook se stem is streng. “Waarom is jy so ontsteld? Dis tog nie die eerste keer …”

“Kom kyk, Cook, ek dink hy is … hy is …” Mary sy stem bewe weer. “Ek dink Lord Lynton is dóód!”

Cook praat nie verder nie. Sy skommel so vinnig as wat haar lyf toelaat met die trappe op na Mary se kamer. Die lang skraal lyf met die potsierlike ronde pensie na haar gedraai, lê bewegingloos op die smal bedjie. Hy het nog kleur in sy gesig. Sy voel dadelik in sy nek, daar is nog ʼn flou klop in die slagaar. Sy voet beweeg skaars merkbaar. ʼn Blinde woede neem skielik van haar besit. Sy dink aan Mary se twee seuns, so sonder pa. Sy dink aan die enetjie wat verdrink het die dag toe hy met Lord Lynton gaan fisante jag het, die einste dag wat iemand opgemerk het dat hy ook so ʼn ronde magie het op die skraal lyfie en dieselfde vooroorgeboë postuur as hulle landheer. Arme Mary is so totaal uitgelewer aan sy genade, magteloos om vir haarself op te staan.

“Loop doen jou werk, Mary, sodat ek my werk hier kan doen.” Sy kyk weer na die patetiese figuur op die bed. “En Mary, gaan haal eers ʼn skoon voorskoot by die wasmeisies. Die fisante moet oor die vuur kom.” As sy seker is dat Mary buite hoorafstand is, trek sy die kussing onder Lord Lynton se kop uit en hou dit sekuur oor sy gesig. Sy hande beweeg floutjies na die kussing, maar sy hóú, totdat die bewing in sy voet stil word.

*

Maria sit ontdaan van alle emosie. Sy was op enige iets voorbereid, maar die hemel weet, nie hierop nie. Sy het gehoop haar onsekere toekoms met Tinus wat gebou is op gesteelde uurtjies hier, ʼn naweek daar, gaan uiteindelik met hierdie wegbreek na ʼn rigting toe. Hy het al voorheen geïrriteerd geraak met haar sonder grondige rede, selfs kwaad, maar hierdie aggressiewe woede-uitbarsting … En nou sit sy hier op ʼn verlate pad in die Engelse platteland. Met ʼn dooie man in die kar. Sy is verbasem kalm. En verlig.

Die skok maak haar kalm, koud en beredeneerd.

Dan sien sy sy hand beweeg, hy probeer vat-vat in haar rigting, maar sy hand bly slap op sy been, net sy vingers roer. Toe hy met ‘n snorkgeluid skielik asem intrek, draai sy om na die agtersitplek, neem die kussing wat sy altyd met haar saamry en prop dit onder sy gesig wat op die stuurwiel rus. Sy maak doodseker dat sy die kussing netjies in die stuurwiel druk om sy neus toe te hou.

Hierdie siklus gaan nou einde kry. Sy het weer in hierdie lewe gekies om betrokke te raak met ʼn man wat haar nie regtig wil hê nie, wat haar emosioneel afkraak. Sy dans weer na ʼn man se pype, soos in elke vorige lewe wat sy al in haar regressie-sessies beleef het. Nie weer nie. Nie nou nie en ook nie in ‘n volgende lewe nie.

Maria hou haar hand ferm op Tinus se agterkop en sê: “Rus sag, my liefste.”

Eers nadat sy 999 geskakel het, trek sy die kussing onder sy kop uit en sit dit agter haar rug in terwyl wag. Sy stel die sitplek agteroor en maak haar oë toe, toe alles wasig raak. Deur die newels sien sy ʼn lang skraal man in outydse ryklere aangestap kom, met ʼn spitsbekhond wat al kwylend snuffel aan die twee fisante wat hy aan hulle nekke dra.

“Mary!” roep hy na haar. “Mary!”

Sy kyk stip hoe die hond stertswaaiend die druppels bloed wat een-een val, van sy skoene af lek.

Sweet, trane en die see

As kinders is ons in die kerk geleer ons is in sonde ontvang en gebore, maar die betekenis was altyd vaag. Natuurlik is daar goed en sleg in elke mens, in mindere en meerdere mate. Tog glo ek dat die meeste mense, ongeag van oortuigings of geloof, bloot strewe daarna om goeie mense te wees, om liefde te leef. Ons kry net ons innerlike krag en sterkte op verskillende maniere. Daar is in meeste mense van nature ‘n aangebore/ingebore goedheid, ‘n geneigdheid tot medemenslikheid, deernis en empatie. Daar is ook die vermoë om te onderskraag en te ondersteun en lief te hê, almal weet net nie altyd hoe nie.

Ek sien daardie eienskappe altyd tydens ramptoestande in ons dorp. Self is ek nie die een wat potte kos kook en die hongeres voed nie, maar ek weet hoe om kalm en georganiseerd te bly en waar om te vra, om dinge te koördineer. Heel dikwels is dit ook die mense wat agter die skerms anonieme bydraes maak, wat geen eer wil hê nie, wat die grootste verskil maak.

Hierdie afgelope week het ek ook te doen gekry met ‘n baie lelike kant van mense, waar mens dit die minste sou verwag. Daaroor had ek geen slaap verloor nie, want dit affekteer nie my menswees nie. Ons is tog soveel meer as die persepsies van enkelinge.

Wat my nou al ‘n paar uur uit my werk uit hou, is net mooi die teenoorgestelde – die inherente goedheid van die mens, ook uit onverwagte oorde. Ek is altyd so uitgesproke oor alles (lees opionated) maar ek het nie woorde om te beskryf wat in my hart aangaan vanaand nie. Mense se goedheid het my ‘n hele paar trane laat pink vandag. Gelukkig werk soutwater mos altyd om mens beter te laat voel: sweet, trane en die see. Ek het darem al twee van die drie hier, nou nog net ‘n lekker yogasessie. Of tel bloedsweet met ‘n stuk werk ook?

Daar skuil ‘n onsigbare skat in die dieptes van ons harte, ‘n skat van medelye, deernis en doodgewone menslikheid. Noem dit wat jy wil, maar vir my kom dit neer op die konsep van ‘n universele bewussyn waar ons almal strewe na doodgewone goedheid. Dit verbind ons met mekaar en die wêreld om ons. DIt kring uit. Ons kan hierdie onverklaarbare goedheid laat ontkiem, dit koester en deel – want dit is die ware essensie van ons menswees …

“Jonathan sighed. The price of being misunderstood, he thought. They call you devil or they call you god.”
– Jonathan Livingstone Seagull, Richard Bach

Wat is in ‘n woord?

Daar is ‘n artikel op Versindaba wat tans weer gesprek ontlok oor boekresensies en lesersindrukke. Die sg boekbeïnvloeders en “selfaangestelde resensente” kom erg onder skoot.

Die vraag wat gevra word, is: “wat is die verskille tussen kritici en boekbeïnvloeders?” En verder: “Jan Alleman kan nie onderskei tussen ’n “regte” kritikus en ’n selfaangestelde resensent se resensies nie; en waar ’n kritikus ’n professionele loopbaan volg, skryf boekbeïnvloeders resensies as ’n stokperdjie, dikwels in opdrag van ’n uitgewer.

Ek het probeer agterkom waar ek in hierdie prentjie pas, sonder om myself in enige van die boksies te plaas.

My eerste gedagtes is dat hierdie artikel ‘n klap gee aan ‘n hele klomp individue, maar ook aan uitgewers en die boekredakteurs van koerante. Om ‘n uitgewery te bedryf is ‘n besigheid. ‘n Besigheid wil geldmaak en om geld te maak vir ‘n uitgewer, moet hulle boeke verkoop. Goeie, gewilde boeke, nie die literêre meesterstukke nie, daardie mark is te klein. Hoe verkoop die uitgewers hulle boeke? Mense moet weet van die boeke. Hoe gaan mense weet van die boeke? Jaaa, swaer, soos Jean Oosthuizen altyd sê.

Self sal ek my nooit kan beskou as ‘n literêre kritikus nie, want ek is nie opgelei daarvoor nie, en ek volg nie ‘n professionele loopbaan nie. (Ek maak mos skoon, was en stryk vir ‘n lewe…) Is ek dan ‘n sg boekbeïnvloeder? Ek weet nie, maar uitgewers en boekredakteurs vertrou my genoeg met hulle keuse as dit by goeie, gewilde fiksie kom. Ek is elke uitgewer dankbaar vir elke resensiekopie en probeer bitter hard om verantwoordelik daarmee om te gaan. Vir elke geleentheid om ‘n opdragwerk te doen, is ek dankbaar. (Hmmm check gou my ABSA app en glimlag breed…)

Dit is ‘n groot voorreg vir my as ek op ‘n Sondag wakker word met ‘n klomp groen merkies op WhatsApp, as ‘n skrywer my bedank dat ek sy boek “kry” en lesers wat my mening vertrou my laat weet hulle gaan nou definitief die boek koop. Dit is vir my ewe groot beloning as die resensiekopie van iets wat ek bitter graag sou wou koop, en die geld wat ek daarvoor kry. Dan weet ek die uitgewer kry waarde vir die geld wat hulle aan my spandeer.

Ek stem volmondig met die skrywer van die artikel, Nini Bennett-Moll saam: “Die literêre wêreld – of eerder: boekbedryf – het onherroeplik verander.”

Die stelling waarmee ek lynreg verskil, is: “Op talle multimedia platforms word boeke geesdriftig bemark, en van hierdie bemarking, soos die skryf van resensies deur boekbeïnvloeders, word gretig deur Jan Publiek opgeslurp as egte literêre kritiek.”

Jan Publiek wat die boeke koop wat die boekbedryf aan die gang hou, slurp dit nie op as “egte literêre kritiek” nie. Ons as San en Jan Publiek is nie opgelei om literêre kritiek te waardeer nie, ons wil weet wat is daar aan ‘n boek wat gaan maak dat ek gaan kliek op Add to Cart, of Buy with one Click. Of nie.

Daar is inderdaad plek vir almal onder die literêre son.

Laaste Lig

Dis ‘n bitter, bitter gevoel as jy nie meer in touch met jou omgewing voel nie. Ons dorp se demografie het dramaties verander, veral die afgelope drie jaar. Dis goed en reg so, dis ‘n natuurlike verloop van groei en verandering. Die jonges beoefen beroepe wat ek nie geweet het bestaan nie, hulle praat ‘n taal wat vir my vreemd klink. Ek verstaan nie hulle grappe op Facebook nie.

Dit is alles goed en wel dat jonger mense die rolle oorneem en dinge doen, dankie tog daarvoor, want ek is definitief nie meer lus vir alles en reëlings maak en rondry nie. Tog is dit ‘n weird gevoel om te sien dinge gebeur om my waarvan ek nie geweet het nie.

Nou dink ek, 21 jaar gelede was ek die jonge hier. Ek het gereël en georganiseer en deelgeneem. Hoeveel mense het daardie tyd dalk so gevoel weens my toedoen?

Ons is op die drumpel van ‘n nuwe fase in ons lewe, waar ek weer soos die jonge voel tussen die oueres.

Vanmelewe (dankie ouma, ek hou van die woord!) kon ons skool toe gaan as jy in die eerste helfte van die jaar ses word. Ek het dit net gemaak en is op vyf-en-’n-half skool toe omdat my ma my gekerm by die huis nie meer kon verduur nie. Ek wou lees.

Die eerste dag is ek sommer met die bus skool toe, met streng vermaninge aan my ma om nie te tjank as sy my gaan inskryf nie. In die klas was ek bitter ontsteld toe net klei uitgedeel is. Paula het dit nog uitgedeel, sulke klipharde vaal klei. Hulle het my toe maar ‘n paar weke later in Graad 2 gesit. Gespring het ons dit genoem. Geskip.

Toe was dit reg.

Maar ek het dit vir die res van my lewe berou.

Het jy enige idee hoe dit voel…

… as jy nog sokker speel en jou maats begin agter hulle hande giggel?

… as jou maatjies almal bra dra en jy wonder hoekom bly jy plat?

… as jou maatjie een goeie dag voor jou ‘n pad uithaal en jy absoluut geen idee het wat dit is nie?

… as die hoof die die eerste dag in die hoërskool vra, wie is twaalf, hande op. ‘n Klompie. Dertien? Die meeste. Veertien? Nog ‘n klompie. En ‘n paar vyftienjariges. Ek dan later kwaad raak as sy getalle nie klop nie en hy brul: wie het nie sy hand opgesteek nie?

Bang handjie. Ek meneer.

Hoekom nie? Hoe oud is jy?

Elf meneer

en in die aarde wegsak, voor 1556 kinders

… as jou vriendinne vry en later van gemeenskap praat (dis hoe ons seks genoem het)

… die dag (al as student) toe jou vriendinne jou nie wou saamvat iewers heen nie, omdat hulle ‘goed gaan doen waarvoor jy nie reg is nie’. Ek weet nou nog nie waarvoor ek nie reg was nie. Oorslaap by die mans, dagga rook, drink? Dit pla my.

… as jy jou lewe lank die odd one out was, omdat jy nie emosioneel opgewasse was vir jou portuurgroep nie?

… as jy as grootmens jou lewe lank probeer kompenseer deur te wil wen?

Miskien moes ek oorkompenseer, maar ek het geleer, soos Ned Miller so mooi gesing het:

Do what you do do well boy
Do what you do do well
Give your love and all your of heart
And do what you do do well

So as ek nou weer op 67 die jonge tussen die oues gaan wees, gaan ek dit góéd doen, voordat ek wegdryf soos ‘n seepbel in die wind en niemand meer van my weet nie.

Ek word lig

Vroeër jare het vrouetydskrifte subtiel van ekstase gepraat as hulle eintlik orgasme bedoel. Woordeboeke beskryf ekstase as ‘n toestand van abnormale blydskap, vreugde, vervoering of verrukking. In een van Elsa Joubert se heel eerste boeke, moontlik Suid van die wind, het sy ‘n oomblik van ekstase so goed beskryf, dat ek dit maklik herken het toe ek dit vir die eerste keer ervaar het, op 1 September 2002. ‘n Oomblik wat ek nooit weer sal vergeet nie. ‘n Psigiese orgasme. My eerste Oomblik van Ekstase, die oomblik toe my hart en my siel en my lyf bymekaar gekom het, op dieselfde frekwensie vibreer het. Ek was een met myself.

Op 1 September 2002 het ons ons lewe in Kleinmond begin. Ek het alleen in my kar gery van Johannesburg af. Dit was bewolk en reënerig, soos Septembers is. Die Overberg op sy heel, héél mooiste. Wuiwende donkergroen graanlande, wat golwe gemaak het in die wind. Die een reënboog na die ander het die skoonste, suiwerste kleure gekaats in die venster en in die reendruppels. My gemoed het opgebou, trane het oor my wange gestroom sonder dat ek huil, en my siel het ontplof. In ‘n oomblik van ekstase. Dit was onbeskryflik. Die hele lug was vol reënboë, nooit vantevore, en nooit weer sedertdien het ek so iets beleef nie. En toe was daar die absolute magiese oomblik, waarvan ek nog nooit gehoor het of beleef het nie. Ons het onderdeur ‘n reënboog gery, ons nuwe lewe in. Op daardie moment het ek geweet ek is besig om my sielspad te loop, dat dit goed is, en reg.

Ek sou later weer by twee geleentheide so ‘n absolute intense oomblik ervaar, met dieselfde intensiteit. Dit maak my amper kortasem net om daaraan te dink.

DIe een keer was heeltemal onverwags, toe ek by ‘n vliegtuig instap. Ek was vir ‘daardie oomblik’n rukkie verstar, al was ek lig soos sweef. Gelukkig moes ek wag vir die gedrang by die oorhoofse ruimtes en te groot sakke wat mense probeer inprop, ek kon my oë toemaak en die ewigheid van my oomblik ervaar. Dit was nie my eerste oorsese reis nie, maar my eerste na Amerika. Dit was asof dit ‘n teken was.

Elke keer as die weer wild is buite en pikdonker binne, en die wind waai die reën in sulke vlae en gooi dit in plasse neer, dan dink ek aan die dag toe ek alleen die storm ingewag het op die strand. John het die donker wolke sien naderrol en het huis toe geloop toe dit begin drup, maar ek wou nog bly. Alleen. Net ek op die strand. Die see was amper swart en woedend, die wolke laag en dit was donker op die middaguur. Vir lank het ek net met my voete in die water gestaan, in vlae reën. My sinne was bedwelm, ek was een met my oerself.

In Zen Boeddhisme is daar ‘n begrip Satori, ‘n spirituele ervaring van ‘n plotselinge besef van ‘n oomblik van helderheid en insig wat jou ‘n dieper begrip gee van die werklikheid om jou en jou eie ware aard. Sou dit dieselfde wees?

Voete in die seesand is wat my troos, wat my krag gee as ek moedeloos is, my energie gee as ek moeg of lusteloos voel. Dit maak iets in my wakker, Kundalini wat loskom en opspiraal, totdat ek één voel met alles, waar sand en water een is en ek deel word daarvan. Dan word ek lig.

The ocean connects me. To myself, to you and to the Universe.

Perspektief

Soms word ek karsiek, hangbruggies wat beweeg maak my benoud. Goed soos kelp wat langs my beweeg by ‘n Oceanarium laat my kop duisel. Bome in ‘n lang ry langs die pad waardeur die lig flits maak my kop naar. ‘n Doolhof maak my angstig. As ‘n boot op die see ry is dit reg, maar as hy stil lê word ek groen. Selfs flitse op tv laat my kop knak.

Maar daar is niks, maar níks wat my ooit so paniekerig en angsbevange gehad het soos hierdie 3D gangetjie by Ripleys believe it or not in San Francisco nie. Ooit.

Die tonnel is ontwerp om die persepsie van die besoeker te mislei en die sensasie te skep dat die vloer onder jou beweeg terwyl jy deur die tonnel loop. Die gevolglike effek is ‘n deurmekaar gevoel van balans en ruimte, wat die illusie skep dat jy in ‘n draaikolk of ‘n onbegrensde tonnel van ligte en kleure beland het.

Dit is asof jy na ‘n ander dimensie vervoer word waar die reëls van perspektief en ruimte nie langer van toepassing is nie. Dit is ‘n plek waar jy jou persepsie van die werklikheid bevraagteken.

Ek het die foto geneem om te probeer uitpluis hoe dit jou kop beduiwel. Die wêreld tol om jou, jou kop draai, die naarheid wil jou vat, kleure vloei inmekaar en jy kan op geen manier staande bly nie. In werklikheid staan die paadjie stil, hy is kort, maar jou persepsie daarvan nie.

So voel die lewe in die tyd van Eskom en die ANC. Tyd en ruimte is anders as wat ons ken.

Die geheim is om te besef dat die ervaring van die oomblik nie die waarheid weerspieël nie. Daar is balans en vastigheid iewers aan die anderkant van die tonnel. Hou jou oë op die ligkol, al is selfs dít versplinter.

Design a site like this with WordPress.com
Get started