Grace~~ Perfection~~ New Beginnings

Grace~~ Perfection~~ New Beginnings

Dis wat hier jaar 2018 beteken.

Ons leef in ‘n samelewing meer, vinniger en ekstra . Daarom voel ons die behoefte om meer, vinniger en ekstra te reageer. Die perfekte werk.. perfekte kinders.. om nie weg te gooi die perfekte lyf…beeld! Soveel nuttelose energie.

Daar is soveel meer vreugde wat ons kan vind deur stadiger te leef. Moenie die goeie opgee om n lewe van “perfeksie” na te jaag.

Mag jy van vandag af met meer vreugde begin lewe. Plein eenvoudige vreugde..ja vreugde kom soms ook saam met pyn maar LEEF net vreugde. Die vreugde wat ons kry deur te besef nie alles kom met perfeksie maar deur groot genade van God.

Here ek wil U loof. ń Lofsang sing tot U eer. Dankie dat ek U genade kan ervaar elke dag..keer op keer.

Dankie dat ek kan besef ek in net n gewone mens; met gewone emosies.
Dankie dat U genade vir kan uitleef om mense oor en oor te kan vergewe insluitend myself.

Here ek kies die Lewe van vreugde.

Amen

Ware liefde

Solank as wat ons op onsself fokus, mis ons God se ware liefde.

So dikwels is dit moeilik vir ons om hierdie liefde te ontvang. Ons voel onwaardig, ongeliefd en onaanvaarbaar.

Hier diep binne ons voel ons dat ons die doel gemis het. As ons die doel mis sal ons baie seëninge en geleenthede mis wat God vir ons in gedagte gehad het.

Hoe Ons VOEL Is Nie Altyd Hoe Dinge REGTIG Is Nie.

Mag 2018 die jaar wees waar jy sal uitreik na ander om jou. Waar ons nie net sal fokus op onsself en daardeur sal uit mis op God se ware liefde. Vrede, liefde , vreugde en seën vir 2018

​Liefde leef vir ewig


LEEF  vir die oomblik…!

Geniet elke minuut wat jy kan ten volle saam jou geliefdes.

Soms maak die lewe ons moedeloos. Ander tye is ons bruisend van oorwinning. Daar is dae wat ons voel niks wil uitwerk nie, TOG ons kan vashou aan God se beloftes!  Die einde van ons storie is reeds geskryf, en ons wen! 

Weet jy hoekom?  Want Jesus het reeds oorwinning geëis namens ons. Halleluja.

Liefde is NIE ‘n storie met ‘n gelukkige einde. 

Liefde is ‘n storie SONDER ‘n einde! 



Wanneer ons kies om mense lief te hê soos Jesus, verander ons wêreld. Moenie ander behandel op die manier waarop hulle jou behandel nie. Omhels die liefde van Jesus in jou eie lewe, leef Jesusliefde uit in jou verhoudings elke sekondes van die dag. Jesus verander die wêreld met liefde, en hy wil jou en my gebruik om voort te gaan hiermee. Hy wil jou ‘n nuwe hart en ‘n nuwe lewe te gee.

Here Jesus, Ek lewe met ‘n hart van liefde, bruisend van oorwinning in U. Ek staan verstom oor die resultaat van U liefde en omgee keer op keer. Lei my daagliks om ander só lief te hê. Gee dat ek in altyd nederig sal wees teenoor ander.  Dankie vir U liefde sonder einde. Amen

Maak Kersfees eerder ń Christus fees

Vroeg vanoggend staan ek voor die venster, kyk hoe die opkomende son die swart nag verdryf. Ek dink aan die jaar wat verby is.  Die dinge waardeur ekself gegaan het , my gesin, my kinders, en ook die uitdagings wat mense vir wie ek ken moes deurgaan.

Ek dink aan my moeder se pad met kanker die afgelope jaar, die vrees, onsekerheid en gevoel van nietigheid wat dit meegebring het. Tog kon ons in HOOP leef en die vreugde en voorreg om dit SAAM met haar te kon loop.  Ek sien die pyn in my kleinkinders, my onmag om hulle te laat verstaan liefde kom in alle vorms voor, ja selfs al beteken dit ń ander huis om in groot te word. 

Ek wonder watter geskenk koop ń mens regtig vir enige iemand.  Wat sal die “belangrikste geskenk” wees hierdie Kersfees en ek weet dat die antwoord beslis sal wees “iets wat nie in geskenkpapier toegedraai kan word nie”.
Ek dink die grootste Kersgeskenk wat ons begeer is:

  • Dat iemand vir sal ons omgee,
  • die wete dat ons iewers behoort, 
  • dat ons saam mense kan wees wat vir ons “lief” is en wat by ons WIL wees,
  • dat ons IN “hoop” sal lewe vir die toekoms, 
  • ń onwrikbare “geloof” in God sal he, en dat ons Sy “vrede” sal ervaar,
  • dat ons “veilig” by Hom sal voel

Tog verloor ons hierdie “kosbare dinge” so baie keer juis oor Kersfees!  Word ons meegesleur deur die malle gejaag, twis en baklei onder mekaar. Alles so onnodig. Gesinne wat saam om n Kerstafel gaan sit ñ rariteit, wanneer is dit weer vir ons beskore, met vreugde en liefde wat ons deel, en weer een gaan wees. Soos toe almal klein was, en jy almal onder een kombers kon toemaak.

Ek word hartseer, want ek weet dat ek in hierdie jaar soveel keer so ver tekort geskied het om God se “liefde en genade” regtig aan ander uit te leef.  Ek was baie keer ongeduldig, selfsugtig en selfgesentreerd, baie keer my hart toegemaak om aan ander te gee omdat ek soms self net te moeg, seer en uitgebrand gevoel het.  Baie keer het ek my oë van God afgehaal en het bekommernisse veroorsaak dat my vrede en vreugde verloor.
Ek dink aan my familie, my vriende wat jou weer optel en weer die mooi in lewe laat haal.  Dit is n voorreg om elke dag te kan werk, en gesond wees.

Dit is dan is my gebed vir myself, my gesin, familie, my kinders en vir die wêreld om my, hierdie Kersfees.
Here Jesus leer ons hoe U liefde lyk.  Leer ons hoe om elke dag onvoorwaardelik van onsself aan ander te gee.  Help ons om nie te oordeel nie.  Haal ons klipharte uit en vervang dit met Jesus liefde harte.   Help ons om U hande en voete te word in hier die gebroke, stukkende wereld.  Laat ons ons identiteit, vreugde, vrede en hoop alleenlik in U kry.  Leer ons om te vergewe, selfs hulle wat ons soms so seer maak.  Help ons om selfs deur die storms op U te bly fokus.

Here Jesus gee dat ons in hierdie Kersfeestyd en die nuwe jaar wat voorlê “Jerusalem se mure” sal help herbou.  Gee dat ons wêreld weer heel kan word, sodat ons weer U vrede, liefde, genade  en hoop sal ervaar en uitleef, sodat U die eer sal kry!

Geseende Kersfees vir elkeen en mag ons onthou Jesus liefde is net n arm lengte van jou af.

Ontnugtering

DSC_0735

Sondag oggend na kerk trek ‘n inskrywing op Facebook my aandag. ‘n Bejaarde boer en sy werker aangerand, vasgebind en heelnag buite gelaat! Ongelooflik!

Ek kyk na die bygaande foto van die oom, sy gesig straal ongeloof, total verwarring en disassosiasie uit!. My vingers vryf so oor sy gesig op die foto asof ek wil he hy moet iets van my empatie, simpatie, begrip en nabyheid moet ervaar.

Dadelik spiraal my gedagtes terug na ‘n Saterdag oggend in Augustus toe ‘n telefoon oproep die grond onder my voete uitgeruk het. Ek onthou die verslaenheid, verlamming, verwarring en total onmag van die situasie. Ek weet dis wat hulle twee ook moes ervaar.

Ek wonder dadelik of hulle sal sorg dat iemand met oom praat maar ook nie praat, eerder luister en ook luister na dit wat jy nie sê oom Gey. Jou onuitspreeklike vrees en angs wat jy ervaar het. Hoe jy dalk beangs gewonder het, gaan ek dit oorleef? Ja ek ek weet jy het tien teen een ook saggies gehuil het, ek sou. Dan by tye het jy seker ook onthou, daar is nog iemand by my en was jy selfs bekommerd oor hom. Ek weet in hierdie harwar waar almal kwaad is, hoor hulle nie jou angs, dit wat jy NIE hardop sê nie. Ons eerste gedagte is vang, hangop, maak dood en voel ons hom wurg  vir wat hy aan jou gedoen het, en al wat jy wil doen is net huil, veilig te voel in die arms van geliefdes. Ek weet, want ek weet!

Elkeen van ons probeer in so krisistyd ons seer te verwoord, die naaste aan jou se desperate pogings om te ondersteun, vat hier, vat daar, reël vir ‘n berader, dokter alles net om te voel ons is weer in beheer. So in beheer dat hul soms glad nie jou stem hoor nie! Jou wonder gaan alles ooit weer sin maak, gaan daar ooit weer ‘n môre kom waar die sonsopkoms weer mooi is. Ja die mooi waar ons die belofte van hoop weer kan ervaar. ‘n Sonsopkoms is altyd mooi maar jy soek die sonsopkoms wat jou hart laat voel ek is tuis, ek is weer tuis in veilige raamwerk van my eie gevoel en emosies.

Ek weet oom Gey want ek weet! Jou trauma het my weer laat onthou van ‘n tyd waar alles soos een groot gat gevoel het, tesame met my huidige probeer terug land op my voete na verwerping en terleurstellngs. My pad saam my Rykie kind het my gewys dat daar is regtig net een dag op ‘n slag wat ons kan leef. Met tyd leer ons om saam te leef met die vrees van alleen wees, die verstaan vir bang wees vir die donker en kom daar ‘n oggend waar die son weer vol op jou skyn.

Ek sit en luister na ‘n rustige stukkie musiek wat toelaat dat my onstuimige gedagtes saam met die sagte streel van klavier, viool en kitare klanke op ‘n vlug gaan. ‘n Ritmies vrye vlug wat my neem oor woestyn, vlaktes, oor die berge heen en skielik ervaar ek hierdie berusting in my. Die veilige berusting “Marita Selfs al gaan jy deur donker dieptes, moenie bang wees nie, want EK is by jou. In MY hande is jy veilig.”  Ja oom Gey selfs in jou donkerste uur het Hy jou veilig in Sy hande vasgehou.

Numeri 6: 24-26
Die Here sal jou seen en jou behoed; die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.

Hoop vir die onmoontlike

sunflowerSoms wil ek my hakke so in grond inkap en die lewe stop! So hard dat ek eintlik ‘n voortjie in die grond wil ploeg net soos pappa se trekker Ombanje se rooi grond kon omploeg! Ek pleit ‘Here gee my net weer een normale dag. Net een! Niks maak meer sin nie!’

Saterdag tien Augustus en hier sit ek alweer op die lughawe, oppad na my Rykie kind. Soveel gelatenheid, onsekerheid, verwarring en seer in my. Die trane bly net loop oor my wange. Ek weet die mense sien en kyk verleë weg, maar ek kan dit eenvoudig net nie stop nie. Liewe Vader, ek het net nie meer plek om nog hierdie nuwe seer ook weg te bêre waar ander dit nie kan sien nie!

Op die vliegtuig sit ek tussen ‘n groep jong kinders wat bruis van die lewe, die totale teenoorgestelde van hierdie doodsheid in my! Die lugwaardin kom kniel by my en vra of ek ok is? Ok? Nee, Nee ek is nie ok nie wil ek uitroep! Ek voel of ek nooit weer ok gaan wees nie!  Ek skud net my kop dat ek nie wel is nie, want ek weet om te praat sal net die trane weer laat vloei. Sy bring vir my ‘n koppie tee, ‘n gebaar wat net die trane weer oor my wange laat loop! Met haar arms so om my sê sy ek moet onthou die Here sal nooit iets oor my pad bring wat ek nie kan hanteer nie!

Die afgelope maand of twee het ek nogals vir die eerste keer in vyf jaar gevoel ek is reg om weer te begin lewe. Ja ek weet ek lewe elke dag maar ek was reg om weer te begin lewe vir myself, gerus dat my Rykie kind op die gesond word pad is. Sy vorder so fantasties met die psigoterapie. Al wat ‘n toets word gedoen op my om te kyk of alles nog klop soos dit moet en sit waar dit moet sit! My stempel van goeie gesondheid gekry, een en vyftig en op geen pil! My begin op ‘n nuwe lewe!

Saterdag oggend ‘n week terug het ek ‘n dames ontbyt bygewoon. ‘n Heerlike ontbyt met ‘n inspirende praatjie deur Susan Coetzer wat met die smaak van Smarties verskillende emosies laat rond kuier het in jou mond en gemoed. Daarmee saam die gerustellende besef ek IS spesiaal vir die Here net soos ek is! Ek is geseend met ongelooflike vriende en vriendinne, amasing kinders en ‘n familie duisend! Paar mense kom na my tydens die onbyt en vra wanneer skryf ek weer ‘n stukkie vir hulle! Die oggend is ‘n bevestiging vir my oor Here se opdrag aan my om ‘n ondersteuningsgroep te begin vir mense met seer soos ek.

Nou, nou sit ek oppad na ‘n onbekende situasie, ‘n nuwe krisis met implikasies wat soos ‘n donker gat voor my voel. ‘n Krisis wat my laat voel ek het ‘n 100 jaar in een week geleef.

Net na ses Saterdag oggend het my foon gelui. Ek was vroeg op soos gewoontlik en antwoord opgewek sonder om regtig ag te slaan op tyd of te wonder wie so vroeg bel.  Die nommer wat flits op die foon se skermpie lyk totaal onbekend vir my. Dan my Rykie kind se stem in my ore! Rykie! Nog steeds dink ek alles is normaal en groet vrolik!   ‘MAMMA!’ huil my kind ‘mamma ons was gehighjack gisternag en hulle het my weer verkrag’. ‘Wat!’ Vra ek, ‘hoe is dit moontlik?’  Ongeloof en ‘n gevoel van onwerklikheid oorval my ‘Ag Here help’ my stille uitroep.  Huilend probeer sy vertel wat gebeur het.  ‘n Deurmekaar storie van ‘n geleentheid vir ‘n pel, van mense wat in haar kar geklim het, die hele nag met haar rond gery het en ook probeer het om dwelms in haar keel af te druk. Hoe sy daarin geslaag het om weg te kon kom van hulle!

Dit alles klink soos ‘n scene uit ‘n rolprent.  Alles voel soos ‘ n droom onwerklik. Een waarin ek nou nou gaan wakker word en besef dit was maar net alles deel van my nagmerrie!  Net ek IS wakker.  Niks, niks wil insink nie, niks wil sin maak nie! My brein staan stil, alles is stil in my, voel my ek hoor my hart in my ore!  Alles in my roep uit ‘Nee dit kan nie wees nie, ek hoor nie reg nie’. In hierdie paar minute flits ongeloof, verwarring en totale ontkenning deur my! Die een gedeelte van my probeer logies met myself redineer, probeer dit minder maak sodat my brein kan begryp wat my kind my vertel! Die ander gedeelte stom en lam van totale onbegrip van die omvang van hierdie krisis nou oor my pad gekom het.

Dan tree my organiserings brein in ‘Rykie Rykie raak nou rustig! Ek vlieg nog vandag na jou toe, ek sal jou nooit alleen los nie hierdeur nie. Dit moes ‘n verskriklike ervaring gewees het!’ Rykie se huil woorde ‘mamma ek voel so vuil, ek gaan nooit weer skoon kom nie!’ laat my ineen krimp, my onmag om die regte woorde te vind om my kind te troos frusteer my. Skielik flits Psalm 23 ‘Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my’ deur my, die Here se versekering Rykie was nooit alleen.  ‘Rykie onthou net hou daaraan vas dat selfs in jou donkerste angs oomblike vannag het die Here jou nooit alleen gelaat. Hierdie varke het dalk jou liggaam misbruik maar die Here het jou siel houvas my kind!  Bly glo net saam mamma, ons sal ook hierdeur kom. Hoe weet ek nie nou nie, maar ons sal aan die Here se hand houvas! Ek sal gou vir dominee Frans bel’.  Asof dit alles gaan weg toor!  Maar ek weet vanuit my trauma opleiding dat die eerste 24 uur baie belangrik is vir die ontlontings fase na so verskriklike ervaring. Vreeslik om te dink ek is opgelei en ek kan nie die regte woorde vind nie!

Na ek die gesprek onderbreek het sit ek vir n hele rukkie soos ‘n standbeeld op my bed. Ek het geen idee waar om te begin, ek kan nie eers huil nie! Uiteindelik besluit ek om my ma te bel, ek het skielik ‘n intense behoefte om by my ma te wees! Om net ‘n slag ook iemand te hê by wie kan ek sit en huil, huil oor hierdie seer wat ek moet help verwerk vir Rykie, myself en my ander kinders. Vir die eerste keer kan ek hardop huil en sê ‘ek kan nie meer nie Here. Hoeveel nog, hoekom weer Rykie?’ Ek het het haar nog altyd vertel sy gaan eendag ‘n groot motiverings verhaal hê vir ander mense, ‘n verhaal van hoop, vertroue en oorwinning. Was dit wat sy vir 9 jaar deurgemaak het dan nie genoeg, nie ‘n groot genoeg storie nie’. Weer fluister die Heilige Gees vir my ‘EK sal by jou wees. Ek sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie’.

Dan begin die mense arriveer by my huis, my suster, my vriendin. Ek voel soos of daar dood is in my huis maar ek weet hierdie doodsgevoel is binne my! Die volgende uur word ‘n mallemeule van reëlings vir die vlug, die kinders se blyplek vir die week, hulle skool reëlings, my werk, telefoon oproepe van vriende en familie, sms’e en in tussen gooi ek ‘n paar klere in my tas. Nog kosbare vriende daag op om saam met my te bid voordat ek lughawe toe moet vertrek.

Ps 35: 17-18 Here, hoe lank sal U dit aansien? Bring my siel terug van hulle verwoestinge, my enigste van die jong leeus af. Ek sal U loof in ‘n groot vergadering; onder ‘n groot skare sal ek U prys.

Ek onthou ‘n video Soul Surfer van Bethany Hamilton wat ek so tyd terug gesien het. Die grootste inspirasie vir my was haar vasberadenheid, onblusbare hoop, en geloof in God nadat ‘n haai haar arm afgebyt het op dertien. Wat uit gestaan het was tydens al die goas om haar vinning by die hospitaal te kry om haar lewe te red, was die paramedikus wat haar hand houvas het en in haar gefluister het ‘”God will never leave you or forsake you.”   Ek besef al waaraan ek nou kan vashou, Dat Hy my nie alleen deur hierdie krisis sal laat gaan nie.

Rykie ek glo ons kan ook hierdie tragedie omdraai om ‘n triomf. Hou vas aan die wete dat God jou liefhet en dat hy ‘n plan het vir jou lewe. Ons lewens is op die oomclik soos n weegskaal total ongebalanserd maar met geloof, hoop en baie liefde sal ons die balans gou weer vind.

Life may not be going well for you now, but as long as you are here, as long as you press forward, anything is possible. Hold on to Hope – Nick Vujicic

My droom vir jou…

Dit voel soos gister wat ek oppad was na my kind in Suid Afrika, tog lê drie weke alweer op sy rug! Terwyl ek so sit en wag het in die vertreksaal het die gevoel van ‘n “reis na die onbekende” in my gehuiwer!

Vrees en kommer kuier so in my gedagtes maar ek verplaas dit doelbewus met Geloof en Liefde vir die onbekende tog wat voorlê. Die opgewonde gevoel van ‘ hierdie is die laaste tog na my kind se gesond word pad .’ Gesond word, heel word’ om deel te wees aan haar pad na herstel is ‘n voorreg maar soms voel dit ook ‘n onoorkombare moeilike pad.

Daar is baie mense wat my kwalik neem en twyfel het in my oordeel om my kind op universiteit te hou ondanks haar onstabiele emosionele toestand. Baie se woorde is ‘bring jou kind huis toe, hier waar jy na haar kan kyk’! Daar is dae wat my hart ten hemele skreeu en wil ek nes moederhen haar onder my vlerk inneem maar ek weet as ek ingee, gaan ek van my kind ‘n baie armer mens maak. My moederhart huil baie, soms stroom trane sommer oor my wange van angs en seer as ek n sms van haar kry ‘mamma bid asseblief ek kan nie meer nie’. Soms is ‘Here help! al woorde wat ek kan bid as angs my oorval vir my eie onmag! Daar is tye wat ekself my eie oordeel bevraagteken, maar ek weet om haar terug te bring is so goed soos om haar buite blink te poets dat sy skitter maar die binne in gaan die seer deel van haar bly. Ek wil eerder my kind bemagtig en haar help na ‘n pad van vryheid, totale losmaking en bevryding – die beeld van die arend naby haar kuiken soos sy leer vlieg, ondersteunend en aanmoedigend tog gereed om haar te vang as sy te moeg word, dis eerder waar ek wil wees.

Tydens van die sessies saam met haar by die beraders en dominees, het ‘n ongekende hartseer my oorval vir my totale wanbegrip van die omvang van haar pad van verkragting, die besef dat ek regtig my nie kan indink hoe intens bang, hoe total magteloos sy moes gevoel het en met hoeveel totale gelatendheid sy ook maar net soms die ‘mag’ van ‘n grootmens, haar pa moes aanvaar nie!

Ek huil saam met my kind oor haar ongelooflike seer, woede, kwaad en bewonder ook haar veggees, bid saam met haar vir haar intense begeerte om heel te word. Soms voel ek kompleet soos ‘n toeskouer. Ja, Dalk wou ‘n gedeelte van my brein hierdie ‘klein’ beeldjie van ‘n ‘af – en – toe’ insident skep om dit te probeer verwerk of te probeer verstaan. Maar woorde soos ‘daagliks’ en ‘weekliks’ het my soos ‘n hou in die maag getref met die besef ‘ek het regtig nie idee waardeur my kind moes leef nie’! Die realiteit dat sy nooit, nie eers tussen al haar familie veilig was nie! Die vraag ‘wat het James gedink doen hy, waar was sy verstand!’ is een van baie onbeantwoorde vrae wat soms in my kop warrel, waarmee ek moet leer saam leef.

Geloof en Liefde, wat vir my, ja dalk vir meeste van ons eenvoudig is, is in haar donker gemoed, amper die pad van die onmoontlike!

Vrees en angs is op die oomblik haar grootste vyand, beroof haar van haar selfversekering. Hartverkseurend om my kind so te sien. Sit haar op die hokkieveld en sy ontaard in hierdie hardekwas foksterrier vegtertjie maar daar buite oorheers woede, vrees, angs, die vrees vir mislukking en ‘n gevoel van min waarde haar.

Tog klou sy vas aan Fil 4:13 Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee, haar harnas teen die lewe se aanslae. Dit is my kind se anker versie, was nog al die jare eintlik. Ek het nog altyd gereken dis haar versie van ondersteuning op die sportveld maar vandag weet ek dit was wat haar in staat gestel het om desperaat vas te klou aan die lewe, om te kon oorleef met jare se molestering en die innerlike geveg om te kon ‘cope’ met afpersing, afbreking van haar mens wees, en haar onmag om te probeer oorleef in ‘n wêreld van geforseerde stilswye en die onmag om te kon uitroep teen die onreg.

Net voor ek op die vliegtuig geklim het, het ek die volgende gesegde gelees:

“Never be bullied into silence. Never allow yourself to be made a victim. Accept no one’s definition of your life; define yourself.” deur Harvey Fierstein

Eers wou ek dit in die konteks plaas van die ‘stilte’ waarin my kind geforseer was en haar onmag om te kon praat maar ek het besef hier lê ‘n veel dieper betekenis in. Vir ons wat so graag soos ander wil wees, dat ons bereid is om ons eie menswees in te boet.

Eintlik ongelooflik hoe ons onsself meet aan ander se standaarde. Hoe ons met aangeplakte glimlagte loop, ‘people pleasers’ solank ek net nie uitstaan bo die skares nie. Maar wat ons vergeet is dat ons elkeen na ons eie beste ‘standaard’ geskep is volgens God se Beeld. Elke voutjie, plooi, elke rolletjie op sy plek net soos Hy ons wou hê.

Shoshanna Katzman het geskryf “Speak your truth to yourself and to others, say yes when you mean yes and no when you mean no, stop doing things to please others at your own expense, figure out what pleases you and just do it, and take back your power and don’t give it away anymore.

Dit is wat ek wil my Rykie moet ervaar, dat in haar mag is om haar lewe terug te neem, dat sy nie meer die leuns van die duiwel moet glo nie, dat sy die bevryding kan ervaar wat Jesus haar bied soos Hy belowe het in Psalm 139 dat die nag so lig soos die dag is en donker soos lig is vir Hom.  Hy laat ons nooit` alleen!

Die volgende stukkie sê dit so mooi:  ‘Vrees en geloof het iets in gemeen met mekaar in die opsig dat beide iets in die toekoms projekteer en beide verwag om vervul te word.’ Hebreërs 11:1 sê ‘Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.’ Die Engelse vertaling daarvan  ‘Now faith is confidence in what we hope for and assurance about what we do not see.

Liefste Rykie mamma wil graag hierdie gediggie met jou deel, asook met jou broers en jou sussie. Mag jou droom waar word my engelkind!

My Dream (G. Brian Benson 2009)

I have a dream, that your dream came true
That your world has changed, and you’re enjoying the view
Your sun shines brighter, your confidence grows
There’s a bounce in your step, your life is in flow

I have a dream, that your dream came true
Your ideas and vision are shiny and new
Your belief in yourself comes straight from the heart
Never again will it be, separate or apart

I have a dream, that your dream came true
By following your heart, you’ve been given your due
Your intuition is cherished, trusted and right
Your future lay sunny, inspired and bright

I have a dream, that your dream came true
That you’re in control and have all the clues
You’re an inspiration to others, as you play your true part
You live from your centre, and you lead with your heart

My porselein poppie…

Rykie toe ek gisteraand moeg en opgehuil in my bed klim, flits ‘n prentjie voor my oë. Ek onthou die Saterdagnag net na middernag toe jy gebôre is.

Die suster het my terug na my kamer gestoot, gewas , die kombers so styf om my vasgevou en met die opdrag ‘nou toe, kry jy nou ‘n ordentlike nagrus in, ons sal vir sussie besig hou vannag’ die lig afgeskakel. Met ‘n hart wat wou oorloop van geluk het ek weer met ‘n dankie Here vir my pragtige volmaakte poppie my oë so toegemaak en vir slaap ingewag. Maar net voor ek kon toegee aan slaap, flits die lig weer aan, die suster met jou in haar arms! ‘Jammer mammie maar hierdie dame dring daarop aan om jou te sien! Sy protesteer beslis teen ons flous van suiker water, ken konsuis die ware jakob!’ Hehe.. Ja jy was toe al ‘n dinamiese klein klein dametjie, wat geweet het wat sy uit die lewe wou hê!! Toe sy jou so in my arms neerlê en jy so met jou groot wakker blou oë in myne staar, het ons twee toe al geweet van hierdie pad wat ons eendag sou saam moes loop?

Rykie tydens gisteroggend se diens het die een boodskap so duidelik uitgestaan ‘dalk moet jy iemand vandag vergewe wat dit nie verdien nie of dalk moet jy jouself vergewe’. Ek het vir ‘n oomblik aan my en jou gedink. Jou sms’sie van nou die dag ‘ Mamma ek vergewe jou’ en hoe ek telke male ook vra ‘Rykie vergewe my dat ek nie wakker genoeg was nie’ Ek het nogals so weg gery en gedink ‘ek het vrede gemaak met myself, myself vergewe’ maar wat tog so huiwer op die randjie van my gedagtes is my vergifnis vir jou pa. Het hy my vergifnis verdien, hy wat geensin die begrip toon vir wat hy aangevang het nie. O, ek kan sien hy kry swaar, hy sê die lippetaal van jammerte maar waar is die opregte berou, die daad werklike pogings om te werk en heel te maak dit hy stukkend gemaak het. Jou my pragtige klein gebreekte poppie, sy ander emosionele gebreekte kinders.

Jou oproep gisteraand ‘Mamma help my, ek is ‘n emosionele wrak, ek kan nie ophou huil nie!’ het my onrus van die afgelope weke bevestig dat jy al weer op die afdraande pad is. Jou huil, jou gevoel van nikswaarde en die swaarste jou ‘wens’ om nie meer te wil lewe! Ek voel so magteloos, woedend, beangs en so hartseer tegelyk.  Verstaan iemand ooit regtig as ek sê ek voel soms soos ‘n woer-woer van emosies! My onmag om mense te kry om doen wat hulle so maklik sê. Here Ek het gesê ek het vrede gemaak, ek het gesê ek het vergewe maar Here as ek my kind so hoor huil, haar seer hoor dan wonder ek regitg ‘kan ek ooit vir James vergewe’?’ Daardie woorde uit haar mond van ‘ek is nikswerd! breek my hart stukkend. Here dan wil ek James aan sy skouers ruk, hom wakker ruk dat sy oë kan oopgaan vir dit wat hy op gemors het, wil ek berou amper in hom wurg!

Vanoggend word ek wakker met die beeld van ‘n stukkende porselein poppie, is dit jou beeld my liefste Rykie? Ja my gebreekte poppie maar Rykie ek sien net n pragtige jong dame met ‘n Godgegewe talent vir soveel sport, ‘n oneindige omgee vir ander en soveel liefde in haar. Weer kom gisteroggend se boodskap by my op ‘dalk moet jy vandag iemand vergewe wat dit nie verdien’! Gister het ek gewonder oor die boodskap vanoggend besef ek dit is soos Jesus vir my sorg. Ek moes weet Hy wag reeds vir my hier waar ek vandag deur my krisis van vergifnis gaan. Rykie ek besef, net Jesus kan jou heelmaak, weer PERFEK heelmaak! Geen mense woord of gom maar net Jesus kan jou weer perfek heel maak as jy Hom gaan toelaat en daarvoor vra! Rykie Mamma sal jou stut en ondersteuning wees, ek sal die salfies aansmeer, die drukkie in hartseer uitdeel, jou trane afvee as die eina te veel word en soms net saam met jou huil maar net Jesus kan ons weer heel maak.

Rykie my sonskynkind ek wil graag hierdie stukkie met jou deel, my gebed vir jou en my ander kinders, mag ons weer so dans van vreugde!

Soms het jou innerlike pyn ondraaglik geword, sê die Here. Ek smeer salf aan jou oop wonde. Jy het so op mense vertrou, maar hulle het jou bitterlik teleurgestel. Sommige van wie jy dit die minste verwag, het jou genadeloos in die rug gesteek. Maar Ek sal jou stukkende hart weer heel maak, sê die Here. Ek sal vir jou ‘n Vertroueling en Helper wees deur dink en dun. Jou hartsgeheime is veilig by My. Ek sal die jare wat die sprinkaan afgevreet het, vir jou teruggee … met rente. Jou hartseer sal in blydskap verander. Jy sal weer dans van vreugde. Ek sal dit vir jou waar maak, sê die Here. (Geskryf deur Hansie – Step Ministries)

My briefie in ‘n bottel….

Die woorde in ‘n televisie insetsel “‘n Vrou se rol in my lewe moet my lewe inkleur en ek sal haar lewe twee keer inkleur” het eendag my gedagtes vasgevang en laat wonder oor my ‘droom man’…. En my ‘n brief laat skryf!

Liewe toekomstige sielsgenoot,

Jou woorde ”n vrou se rol in my lewe moet my lewe inkleur en ek sal haar lewe twee keer inkleur” het my laat regop sit! En my laat besef hier is ‘n man wat ‘n vrou soos ‘n prinses sal behandel…. Iemand met ‘n positiewe ingesteldheid op die lewe wat met sy voete vas op die aarde staan, wat weet wat hy wil hê en waarheen hy op pad is. Iemand wat ‘n sagtheid uitstraal, ‘n man wat eerlik en opreg is, ‘n vrou soos ‘n prinses sal laat voel maar bowenal dat die Skepper vir hom belangrik is! Ek sou graag so ‘n sielsgenoot aan my sy wou hê om mee saam oud te word, dinge te beleef en baie lief te hê! Met wie ek my hart’s geheime. my lag en hartseer kon deel. ‘n Avontuur lustige persoon met ‘n fyn sin vir humor, en nes ek ‘n totale romantikus wat glo aan die liefde ondanks heelwat seerkry! Want ek glo ‘n Lewe sonder liefde is soos om nie te lewe nie!


Ek het op ‘n plaas groot geword in die Noorde van die ou Suidwes Afrika en die natuur en sy fasette ‘n groot liefde in my lewe. Daar was niks so mooi op ‘n laat namiddag met die laaste strale van die son so op die spelende grassade, die nat reuk van die aandlug, om in die volmaaktheid van nog kwynende dag die grootheid van die Here te ervaar! Een van die mooiste herrinering was kere wat my pa huis toe gekom het met ‘n veldblom uit sy “veld se tuin” spesiaal gepluk vir sy prinses! Ek het ‘n groot liefde vir die see met sy kalmerende effek, maar ook sy stiltes, waar ek kan stil word en God se hartklop hoor!

My ideale man is “imperfect”, doodgemiddeld, feilbaar, maar perfek vir my. In sy oë wil ek respek, liefde, lankmoedigheid, geduld, en soms misterie sien lewe. Hy is sag, liefdevol en sensitief. By hom wil ek veilig voel teen die aanslae van die lewe. Hy is my beste vriend, sielsgenoot en kameraad, saam kan ons pret hê, of dit in die kombuis is om saam ‘n dis aanmekaar te slaan of sommer net ‘n fliek te kyk of net musiek saam te luister. Hy laat soms die dogtertjie in my uit kom, laat my soms hard en uitbundig lag, en ek kan hom hart en siel vertrou en soms kan ek net in stilte langs hom sit om die mooi van die oomblik te geniet. Sy hande moet sag wees, sag soos die liefde, maar hard vir standvastigheid. Sy persoonlikheid straal sy trots uit op wie hy is, wat hy bereik het, waar hy vandaan kom en waarheen hy oppad is. Snags moet hierdie selfde lyf langs myne kom lepellê, sy arms my vashou en wanneer hy dit nodig het, wil ek dieselfde vir hom kan doen en hy my toelaat. Hy is ‘n opregte mens-mens, wat praat oor dinge wat hom pla, wat kan bemin met alles wat in hom is, maar ook kan kniel in stil gebed uit dankbaarheid, om saam ons Hemelse Vader te dien.

Wat my hart vinnger sal laat klop is as jou oë myne vasvang tussen ‘n groep mense en die kyk in jou oë ‘n storie vertel net vir ons bedoel! Die onverwagse vat van jou hand in die verby gaan wat sê ek is special! ‘n Romantiese piekniek met sondersondergang, gesels tot ounag toe onder die sterrehemel of op ‘n koue môre met ‘n beker koffie saam die son te sien opkom!

Die liedjie Ons Belofte aan Mekaar gesing deur Henri Stander uit Juanita du Plessis se pen” vertel van my droom, hoe ek graag saam met my sielgenoot sou wou oud word:

Twee spore wat dieselfde pad begin

Die saam besluit om een te wees

Lief te hê en getrou te wees

Met my hand styf in joune

Ek wil langs jou lê elke môre

Ek wil jou vashou elke nag

Onder sterre oor ons drome waak

En saam ons kinders groot te maak

‘n Wens, my laaste wens

Ek wil oud word saam met jou

Ek wil my lewe aan jou wei

Deur elke donker skadu en hoog bo teen die kranse

Sal ek volg waar jy my lei

Al is daar silwer in jou hare

En jou jare begin wys

Tot die dood ons eendag skei, sal ek jou lief hê

Want ek wil oud word saam met jou

‘n Leeftyd is nie genoeg nie

En vir ewig is te min vir my

Dis ‘n eindelose wentelbaan

Ek en jy en ‘n lewe saam vir nou

En een vir altyd

Ek wil oud word saam met jou

Ek wil my lewe aan jou wei

Deur elke donker skadu en hoog bo teen die kranse

Sal ek volg waar jy my lei

Al is daar silwer in jou hare

En jou jare begin wys

Tot die dood ons eendag skei, sal ek jou lief hê

Want ek wil oud word saam met jou

Liefdegroete

Jou toemkomstige sielsgenoot