ONTNUGTERING…

Augustus 11, 2008 at 12:17 nm (Gewig)

Hier is ‘n paar stellings oor myself:

Ek verloor maklik belangstelling;

Ek is selde, indien ooit, so “committed” aan iets dat ek by my eie commitment bly;

Ek voel nie erg oor “beginsel-besluite nie”.  Besluite (selfs die wat ek teenoor myself maak) is nooit vir my lewe-en-doodsake nie.  ‘n Besluit is iets wat “net-vir-hierdie-oomblik” van toepassing is.  More mag ek dalk anders daaroor voel.  Besluite is nooit vir my “in-sement-gegiet” nie.    Dit impliseer dat my eie “meta teks” maak dat ek nooit weet hoe ernstig ek oor iets is nie … hoe ernstig is ek nou oor hierdie gewigverlies ding … want wat ek ‘n maand gelede besluit het, het ek intussen al vergeet…).

Hoekom is ek so!  DIt moet ‘n teken van emosionele onvolwassenheid wees.  Ek is nou soos die ou van wie Jakobus in die Bybel praat wat deur ‘n brander heen en weer geslinger word.  DIs hoe ek voel!  Ek slinger tussen my eie (nie-)besluite rond.

Okay, update oor my proses:  ek het ‘n goeie 3 weke laas gaan weeg.  (En sommer onmiddellik ‘n afspraak vir more-oggend gemaak…).  Let’s face the music … or the scale … poppie!!!  Ek behoort nie op te getel het nie, maar op my “formasie” is dit nie iets om op trots te wees nie.  Ek en die DK het gereken op 2 kg per week … dit beteken ek is ‘n goeie 6 kilo’s agter op my beplanning.  (En nee, 2 kg op my grootte is nie vergesog nie!  Inteendeel!  Dis beskeie).

Nou goed, hoe kry ek myself weer gemotiveer: 

Stap 1 het ek reggekry … afspraak by die DK gemaak.  Half 11 more-oggend.  DIt gaan my ten minste dwing om vandag te fokus!

Stap 2 … probeer vandag agterkom hoekom ek fokus verloor het.  (Dit is so ‘n besige mal dag met ‘n vol program dat ek nie juis gaan tyd kry om op iets anders as werk te fokus nie).

Stap 3 … beplan my etes!!!  Heng, hoekom is dit so moeilik – ek weet mos nou al dat dit al is wat werk.

EK IS ONGELOOFLIK GEFRUSTREERD MET MYSELF!!!!!!!  Hier is ‘n behoefte in my om my kop teen die muur te stamp en te huil:  leer tog uit jare se foute!!!! 

Okay, word kalm:  jy het ten minste met stap 1 begin:  raak weer gefokus.

 

 

 

 

Ek is verstom oor hoe maklik ek fokus verloor!

Skakelstruktuur 1 Kommentaar

Geblurrr…

Julie 31, 2008 at 5:03 nm (Gewig)

Presies ‘n maand later en ek is 8 kilo’s ligter!!!

En moenie dink ek het honger gelei nie (inteendeel … ek het vanoggend 500 ml Coke gedrink!!!!)

En dit bring my by my volgende selfpraat:  ek weet dat ek heelwat meer kon verloor het “op my grootte” … maar ek wil nie!  Bedoelende, ek wil myself nie martel nie, want dan gaan ek dit nie volhou nie.  Is dit dalk ‘n simpel tegniek … hoe vinniger ek dit verloor, hoe makliker maak ek dit vir myself op die langduur?  Ek weet nie.  Ten minste weet ek, wat ek doen werk.

Wat doen ek reg?  Okay, die ontbyt werk.  Ek dink ek is in ‘n ritme om nou elke oggend ontbyt te eet. 

DIs die res van die dag wat krisisse veroorsaak:  ek is geweldig bewus dat ek teen hierdie ondraaglike tempo van besigwees en jaag en spanning en vergaderings, ens. net nooit genoeg “af vat” om vir myself kos voor te berei nie.  Middagetes en Aandetes is op die oomblik tref-en-trap.

EK MOET DIT VERANDER!! 

Wat werk nie?  As my huis vol gaste is, werk dit nie!!!  Ek het net geen dissipline nie!  Gas koop 2×2 liter COKE (vir haarself) … en voila, ek drink elke aand ‘n glas COKE as ek moedeloos moeg by die huis kom.

Probleem:  ek moet op die oomblik minder stysel eet … die vinnigste is ‘n broodjie en ek eet te min groente.

En ja, ek moet meer tyd afknyp om hier te skryf sodat ek my eie kop kan fokus.  My lewe voel “geblurr” … ek het net nie tyd nie (en as een mens nou weer vir my ‘n preek afgee oor besigwees en tyd vir jouself, ens, gil ek.  Ons is te min personeel!!!!  Magtag!  Probeer met hierdie gejaagdheid nog in jou eie kop te fokus op jou eie lewe … kry nie eers op W gefokus nie.  DIe arme man.)

Skakelstruktuur 1 Kommentaar

Naweekvrese

Julie 11, 2008 at 2:47 nm (Gewig) ()

Maandagaand, tydens “The Biggest Loser” … wat ek nooit kyk nie, en tog doelgerig Maandagaand ‘n afspraak met myself gemaak het om dit hierdie keer te kyk, was daar ‘n opmerking wat in my gedagtes vasgesteek het:  die “reis” is nie om gewig te verloor nie, dis om 2 dinge te leer:  geduld en deursettingsvermoe.  Want dis presies waaroor massa-gewigsverlies ook gaan.  In my kop probeer ek hierdie beginsel bietjie omrol … ek dink aan hierdie reuse “projek” wat beslis tydrowend gaan wees.  Het ek regtig die geduld om deur te druk?  Het ek die geduld om vir solank op dieselfde deuntjie te neurie?  Geduld impliseer dat moedeloosheid nie my van spoor moet laat gaan nie.  Geduld impliseer dat ek weer van vooraf moet begin as ek drooggemaak het. 

Daar is sekere dinge in my lewe waarvoor ek hoe vlakke van geduld het;  ek sien myself nie as ‘n ongurige ongeduldige mens nie.  Maar as ek deursettingsvermoe as ‘n sub-tema van geduld moet evalueer, dan wonder ek of ek regtig geduldig is.  Want daar is soveel vorige pogings om baie gewig te verloor wat onsuksesvol was.  DIs ‘n refleksie op deursettingsvermoe.  Maar dis terselfdertyd ‘n refleksie van ongeduld.

Dus, poppie, as jy hierdie episode suksesvol wil deurloop, is hier nou al 3 “tema” – of “trefwoorde” wat in jou woordeskat hoevlak van belang moet geniet:

1)   beplan

2)   beoefen geduld

3)  druk deur

————

OORSIG OOR DIE WEEK:

Ek is heel tevrede oor hoe die week verloop het.  Soms bietjie te min geeet, wat net so ‘n krisis is, want dis ‘n refleksie op my ontdekking van die belangrikheid van “beplanning”.  Die vrieskas is tjok-n-blok vol gevriesde sop.  Gelukkig is dit koud.  En gelukkig is dit ‘n gunsteling.  Ek eet te min groente (as dit nie in sopvorm kom nie, bly dit maar agterwee).  Ek moet eenvoudig hierdie naweek tyd afknyp en my nuwe week behoorlik beplan. 

Ek sien uit na Maandag se weggsessie.  Wel, nee, ek sien uit … maar terselfdertyd is ek bang.  As ek die naweek op my eie was, sou ek nie bang gewees het nie, want dit was ‘n heel goeie week.  Maar vanaand kom my kuiergaste vir die naweek;  more-aand is dit kuier om die kaggelvuur.  Ek is so bang die kuier raak so lekker dat ek van my fokus afwyk.  Die een ding wat in my lewe ‘n realiteit is, is dat ek in ‘n naweek maklik dit kan optel wat ek oor ‘n hele week geneem het om te verloor.

Dus:  spyskaart vir die naweek.

Vanaand eet ons rissietamatie en lensiesop … (as ek dit regkry om nie ‘n broodjie saam met dit te eet nie, is my kop deur!  Die sop is stunningly lekker!)

Saterdagaand, ‘n saamkokery:  Hoenderkerrie en oondgeroosterde groente en growwe rys.  Ek sal keker-ertjies by die kerrie gooi, nog beter!  Maar helaas, wat maak ek deur die dag?  Kan nie net vir die gaste vrugte aanbied nie?

Sondag, teefunksie waaruit ek nie kan ontsnap nie … maar dit pla my nie so erg nie (het selfs dan vanoggend tydens die tee by die kantoor gemaklik weggebly van die eetgoed af).  Middagete sal gevulde fillet wees, weer met oondgroente.

DIE KRISIS IS MORE DEUR DIE DAG!!!!!  Dis so belaglik:  “ander mense” sal eenvoudig net of eet wat hulle wil, of net gemaklik nee kan se.  Ek kan nie lg doen nie … daarvoor is my deursettingsvermoe te onge-oefen.  Maar eet kan ek ook nie wat ek wil nie.  (Dalk help die woorde van die DK:  die krisis is nie die ‘by-geleentheidse eet nie, dis die res van die tyd”).

Skakelstruktuur Lewer Kommentaar

Sover…

Julie 3, 2008 at 11:00 vm (Gewig)

In die afgelope week het ek 3 kg verloor.  Terugskouend oor die week voel ek goed oor myself.  Ek het baie gelees hierdie week en daar is ‘n paar goed wat vir my bietjie “rem”:

My BMI (op 136, waar ek begin het) is 45.4 … duidelik val ek in die “morbid obese” kategorie (vlak 3 – enige iets van 40+).  As ek 119 kg weeg (m.a.w 17 kg ligter), dan sal ek in die “obese” kategorie val (wat weer onderverdeel word in vlak 2 en vlak 1).  My dringendste behoefte is dus om by BMI van 39.9 te kom (119 kg). 

Wat so “disheartening” is, is dat die prognose van langtermyn sukses by morbid obesity uiters skraal is (1 – 5%).  Jou geveg gaan nie wees om ‘n dieet te kry wat pas nie … jou geveg gaan selfdissipline wees.  Want die realiteit is dat ‘n mens met ENIGE dieet kan gewig verloor.  DIs selfdissipline wat jou op die langtermyn daardie gewig gaan afhou.  EN hier het ek nou die week iets verstaan:  my stryd is nie my gewig nie … my stryd is ‘n afwesigheid van selfdissipline.

Volgens dit wat ek lees is die enigste langtermyn-suksesplan vir morbid-obesity die gastro-ingrype van Prof Tessa van der Merwe by die Bariatriese Eenheid.  Ek weet nie of ek daarvoor kanssien nie.  Het met die DK ook vanoggend daaroor gesels, en sy voel ook dat ek inligting daaroor moet inwin (selfs haar positiewe gevoel daaroor was vir my ontnugterend…).  Die alternatief wat die DK voorstel is dat ‘n mens nie vir chirurgie moet gaan nie, maar wel die gewig moet verloor (dis nie die probleem nie … daar is baie suksesstories), maar dat ‘n mens – nadat jy jou gewig verloor het – steeds vir ‘n 2 jaar periode daarna steeds weekliks ‘n dieetkundige moet sien.  Dis blykbaar eers 2 jaar nadat jy jou gewig afgehou het, dat ‘n mens van ‘n “sukses-verlies” kan praat.

Wel, dis wat ek op hierdie oomblik besluit.

 

—————–

Nou, in oenskou van die week:

1)  ek het geleer dat beplanning my geheim vir sukses gaan wees

2)  ek het ten minste my BMI ontdek (en ‘n behoorlike analise daarvan gemaak – ook toekomsgerig)

3)  ek het vir my ‘n doelwit van 17 kg opgestel sodat ek by 119 kg kan kom

4)  ek kan nie (nou al) op my selfdissipline staatmaak om “nee” vir iets te se nie.  Ek struikel nog te maklik.

5)  ek moet die oefenry (en die skuldgevoel van nie-oefen-nie) eers agterlaat.  My lyf is vir my nog te ongemaklik.  Die DK is daarmee gemaklik.

WAT EK VIR WEEK 2 WIL DOEN:

1)  beplan, beplan, beplan!

2)  in plaas van oefeninge gaan ek weer ernstig begin met meditasie (hoekom het ek dit begin afskeep)

3)  wil graag op Maandag, 14 Julie (volgende weegsessie) van ‘n BMI van 44.4 (133kg) by ‘n BMI van 43.4 (130 kg) he.  Per implikasie 3 kilo’s.  Die DK voel dis haalbaar – aldus haar behoort die eerste 15 kilo’s vinnig af te kan gaan … daarna werk ons op 1 kg ‘n week.

Skakelstruktuur 1 Kommentaar

Op dieselfde trant: dink vooruit!

Julie 1, 2008 at 3:02 nm (Gewig)

Ek dink gister was my a-ha oomblik.  Voel vir my ek het ietsie van “die geheim” hier beet, en ek beter vashou daaraan.  Wel, nog beter, implimenteer dit.  Ek sal die komende naweek strategies moet gaan sit en vir my nie net ‘n spyskaart beplan nie, maar ek beter die spyskaart voorberei.  Ten minste moet ek vir ‘n dag of wat vooruit dink.  Daar moet net geen kans wees dat ek onkant betrap word nie!! 

Vandag is bv ‘n “slegte” dag in die sin dat ek tot bitter laat by die kantoor gaan moet wees en net nie tyd gaan he om ordentlik te eet nie (blikkie bake beans vir middagete:  100g = 400 kj, dus 420g = 1680 kj … heeltemal skaflik, dankie!)  Maar tussen gister en vandag het ek nog geen groente geeet nie, behalwe ‘n tamatie.  EN dis nie reg nie!  Weereens gaan dit oor beplanning.  Ontbyt was okay (die gewone) … Middag-ete blikkie bone (ten minste hou ek daarvan) … aandete gaan ‘n sakkie cup a soup wees met 2 snytjies brood (wat ek nie veronderstel is om te eet nie … want aldus die DK is die een “absolute no-no” stysel saans).

BEPLAN, suster!!  Vanaand na my vergadering sal ek hoenderroerbraai gaan maak en dit in bakkies skep vir die volgende paar dae.  (Maar tip van DK is dat geen dag se spyskaart dieselfde moet wees as die vorige dag s’n nie!  Liewe moer….)

(Ek word bietjie heen-en-weer geskommel deur skuldgevoelens dat ‘n mens so geabsorbeer kan word deur kos.  Veral as ‘n gelowige!  Dis nie hoe dit behoort te wees nie.)

‘n Wonderlike stukkie wysheid by die DK gekry:  ‘n mens is nooit oorgewig a.g.v die bygeleentheidse ooreet (koek-en-tee;  uiteet, ens) nie.  Jy is oorgewig van gewoonte-verkeerd eet.  Ek moet hierdie ding bietjie bedink.  Ek sal, as ek uitgenooi word na ‘n vriendin se verjaarsdag tee, altyd voel dat dit nie inpas in my poging om gewig te wil verloor nie (dis nou die slag as ek ernstig probeer).  Die DK se dat jy dan jou sny koek of 2 moet eet … want dis nie wat jou oorgewig maak nie.  Dis hoe jy al die ander dae leef tot by ‘n volgende uitnodiging waar die probleem le.  Dit maak vir my my lewe soveel makliker, want dit impliseer dat ek nie met skuldgevoelens die geleenthede moet ingaan nie … laat ek dan my skuldgevoelens maar bere vir al die “ander gewone” dae.

 

Skakelstruktuur Lewer Kommentaar

Die magiese woord

Junie 30, 2008 at 4:40 nm (Gewig) ()

Ek kom agter dat die “magic” woord om met hierdie “rekonstruksies proses” suksesvol te wees, baie eenvoudig is:  beplanning, beplanning, beplanning. 

Dis een reuse lange, tydrowende inspanning.  Maar dis al wat gaan werk.  EN as ek daarmee volhou, sal dit kan werk.  Ek moet PRESIES weet wat ek moet eet … en dit moet PRESIES gereed wees.  Kos oorheers my lewe.  My stryd – op die oomblik – moenie wees om daardie “oorheersing” te beveg nie (want daar is my “vyand” groter as ek).  Ek beter nou my “vyand” gebruik tot my eie voordeel.  As kos dan my lewe oorheers (en dit is – op die oomblik – ‘n gegewe), span dit op so ‘n manier in dat dit nie tot my nadeel is nie, maar tot my voordeel.  

My “krisis” – nog altyd – was dat ek rasend honger by die huis kom en dan nie weet wat om te eet nie, en dan koffiemaak en 5 beskuite eet vir aandete.  Of nie ontbyt eet nie, en 11 uur by Woollies oorkant die straat ‘n toebroodjie koop … en dan gewoonlik nog ‘n klomp ekstra’s ook.  Dis asof ek verlee voel om by die toonbank net een dingetjie te kom (asof ek die winkel nie genoeg ondersteun nie!  Hoe belaglik kan ‘n mens word!!)

Maar as ek beplan, en vir myself ‘n dag se proviand gereed he, het ek nerens die gevoel dat ek ‘n hongersnood moet teestaan nie.  

Hoe het vandag se beplanning dan gelyk?  Nie juis die beste voorbeeld van beplanning nie, maar okay:  hawermeelpap vir ontbyt met ‘n handvol rosyne (om die suiker te vervang) en kaneel.  Dit het ek in ‘n bakkie in die motor oppad werk toe geeet in die verkeer – as dit van my afhang, sal ek dit 3 keer op ‘n dag eet (mind you, hier het ek sopas my aandete vir myself “beplan”).

Midoggend ‘n halwe papaja (en as ek dit nie vanoggend by die huis al geskil het nie, weet ek voor my siel ek sou dit nie geeet het nie).  Middagete:  4 ryevita’s (2 snye brood) + halwe houertjie maaskaas (ek’t nooit besef mens kan so baie daarvan eet nie) en ‘n tamatie in skywe daarop gesny.  (Heel lekker.)  Sopas ‘n lemoen vir midmiddag snack.

En tot dusver gaan dit goed.  BEHALWE dat vanaand ‘n krisis is.  Tussen nou en 8 uur is ek in een afspraak na die ander vasgevang en gaan doodhonger wees as ek by die huis is.  Om dan te dink ek moet eers groente en vleis gaarmaak is eenvoudig verregaande.  As ek sop in die vrieskas gehad het, sou dit kon werk.  Maar nou is daar nie.  (Weereens die towerwoord:  BEPLANNING!)  Dus, vanaand is dit hawermeel. 

TIP 1:  My eie “les” vir vandag:  as ek hierdie lyf wil kleiner kry, gaan ek moet beplan, anders gaan ek nie suksesvol wees nie.

Skakelstruktuur 3 Kommentaar

Naweeknagmerrie

Junie 29, 2008 at 3:28 nm (Gewig)

Dit was ‘n etende naweek.  My kop is nie reg nie!  Of dalk is ek net baie hard op myself … want ja, ek het pas van ‘n etenstafel saam met vriende opgestaan, en weggestap van die nagereg af.  Maar dit was nie Vrydagaand die geval nie!  En tussen gister en vandag het ek ‘n halwe blikkie roomkaas opgeeet (omdat ek dit nie wou weggooi nie!)  En ek het 3 glase vonkelwyn vanmiddag by die partytjie gedrink.

Waaroor gaan my verhouding met kos?  As ‘n gelowige mens beskou ek my lyf as Die Groot Geskenk.  (Of is dit net die regte ding om te se?)  Maar is dit nie my grootste geskenk nie?  Ek en Ws praat gisteraand oor trou, en een van my groot vrese is dat ek ‘n kandidaat vir ‘n beroerte kan wees, en ek wil nie oor ‘n paar jaar he hy moet my versorg as ‘n invalide nie.  En die realiteit is dat my gewig my ‘n kandidaat vir beroertes maak.  Ek moet reeds medikasie vir bloeddruk neem.  Ek drink pille om nie so te sweet nie.  Ek drink pille ‘n skildklier te help werk.  Ek drink soms pille in die aand omdat my gebeentes in my lyf sug van die pyn.  Ek moet soms pille drink om my maag nie so opgeswel te laat voel nie.

Is ek dan ernstig om my lyf as ‘n geskenk te beskou!  Dan is dit tog net ‘n oneerlikheid wat agter mooi woorde gekamofleer word.

So waaroor gaan dit?  Dit gaan oor ‘n diep vorm van ongedissiplineerdheid.  DIs eintlik maar presies dit.  Ek leef ongedissiplineerd.  Ek leef met onmiddellike behoefte-bevrediging.  Ek kan nie nee se nie.  Dis ‘n vorm van emosionele luiheid.  Want nee, dis nie asof ek eet as ek ongelukkig is nie … dan ook!  Maar ek eet ook as ek gelukkig is.  Ek eet op my eie.  En saam met vriende.  Elke moontlike sosialisering in my lewe het met kos te make!

Hoe leer ‘n mens ‘n volwassene om gedissiplineerd te raak?  Om “nee” te kan se vir iets wat lekker is, maar wat nie nou vir jou goed gaan wees nie?

——————

Van my doelwitte het daar nog niks gekom nie!! Die oefenfiets staan in die tv-kamer … (die fiets het al getrek van die spaarkamer … hoofslaapkamer … buitekamer … stoep … en nou in die tv-kamer).  EK het nog nie eenkeer daarop getrap nie.  Ek kry definitief 0/10 vir “hou by die program” … want ek en Ws het gisteraand gaan uiteet, en ek het stysel geeet, wat ek saans nie moet doen nie.  Soortgelyk met Vrydagaand se ete-afspraak. 

Hoekom kan ek nie hou by dit wat ek myself voorneem nie?  Dis nie eers moeilike voornemens nie.  Dit kom weer daarop neer:  ek het geen dissipline nie!

Skakelstruktuur Lewer Kommentaar

Die roete na heilsaamheid

Junie 27, 2008 at 10:58 vm (Gewig) ()

Dalk help dit om hierdie plan van die DK vir myself neer te skryf:

Okay, een plus punt is dat ek die dag reg afskop:  ek eet elke oggend ‘n bordjie hawermeel (halwe koppie hawermeel met ‘n koppie water in die mikrogolf).  Ek hou daarvan (- en dit was vanoggend vir my erg sleg dat my pap op is en ek Kelloggs moes eet.  Ek voel alreeds honger!) Geen botter en melk in die pap nie.  En wat nou gaan verander is die teelepel suiker wat ook uitgeskakel gaan word.   En eendag het ek gehoor dat ‘n kwart teellepel kaneel, daegliks, vir ‘n mens goed is.  DK stem saam.  Dus, soggens is dit pap en kaneel.  En daarmee kan ek – smullend – saamleef!!

Midoggend snack (en dis blykbaar nodig om die metabolisme op te kikker) is 1 broodporsie (2 provitas/2 ryevitas of kwartkoppie bone) + 1 protein.  Nou okay, in my geval sal dit 2 ryevitas wees met maaskaas en ‘n tamatie.  En daaroor is ek mal!

Middagete:  2 broodporsies + groente + 1 vleisporsie (1 porsie is so groot soos jou duim/vuurhoutjieboksie – heng, my porsies is PORSE!! … 1 porsie maalvleis is ‘n eetlepel.  Dan eet ek sommer al 2 porsies maalvleis uit die bak uit nog voor ek by my eie bord gaan aansit!).  Toebroodjie, hier kom ek.  Of ek sal moet sop kook van oneindige hoeveelhede groente en dit eet saam met ‘n broodjie.  Gelukkig is ek mal oor sop!  DIe naweek word daar gekook.

Mid-snack:  ‘n vrug (maar geen waatlemoen of spanspek nie.  Hoekom?)

Aandete:  3 proteine (en blykbaar is dit so groot soos jou handpalm) en groente.  Geen stysel.  Hier gaan ek kreatief moet wees, want gewoonlik is dit my en liefie se uiteettye saam.  En as ek dink aan vanaand se ete-afspraak gaan ek moet groente eet dat ek hop. 

En erens deur die dag het ek (halleluja, dankie tog, nog ‘n vrug). 

As ek hierna kyk weet ek dat dit genoeg is.  DIe probleem is nie die spyskaart nie.  Die probleem is die beplanning.  Want een “reel” volgens die DK is dat jou ete onmiddellik – of baie vinnig – toeganklik moet wees.  (Ek weet hoe nodig dit is, want anders word aandetes in my lewe baie maklik beskuit.  En middagetes word beskuit.  EN ontbyt is sommer ook beskuit). 

Die naweek word my spyskaart beplan! 

Skakelstruktuur Lewer Kommentaar

Waar het dit begin?

Junie 27, 2008 at 10:03 vm (Gewig) ()

Gister vra die DK my oor “my storie”.  Waar het dit begin, die yo-yo met gewig?  (Later die kantel oor die waterval!).  My lewe lank dink ek aan myself as ‘n Groot Mens!  (Mensch, ook!)  Ek het ‘n presence!  Het dit as ‘n kind gehad.  Was IEMAND!  Maar altyd ‘n GROOT iemand!  En tog, kyk ek na foto’s was ek nie so groot nie.  Ek kom uit ‘n gesin van lekker eet … behalwe dat ek ‘n rietskraal jonger suster het … en ‘n maer ma.  ‘n Fikse, buitelug sportiewe gesin. 

Ek was ‘n mollige baba … ‘n mollige tiener … maar nie ‘n oorgewig tiener nie.  Maar “mollig” in my familie (en in my eie) se verstaan was “doen-onmiddellik-iets-want-mollig-is-more-little-lotta”.  En inderdaad is daar onmiddellik iets gedoen.  Die eerste keer wat ek Weight Watchers toe geneem is, was ek in standerd 4 (-wou ek maer word, of wou my ma my maer he … ek weet nie).  Die eerste keer wat ek na ‘n dokter toe gegaan het “vir inspuitings”, was in my matrekjaar (toe weeg ek 71 kg).  Hoekom?  Wie se idee was dit?  Ek onthou geselse aan tafel met my ouer broer (wat toe op universiteit was) wat altyd opmerkings gemaak het oor “sy vet sussie” teenoor “sy maer sussie”.  Daar was maar altyd ‘n kompetisie tussen my en my sus oor my broer se goedkeuring.  (En sy’t altyd gewen – want sy was maer.  Of so het dit gevoel).

Hoe het dit begin?  Erens met ‘n familie wat ‘n versteurde prentjie van gesond het.  ‘n Pa wat obsessief sy gewig dophou (en vandag, as ‘n bejaarde man … inderdaad … baie goed lyk!).  ‘n Ma wat eintlik nie ‘n saak het met kosmaak nie … wat van nature maar maer was.  Selfs vandag as ek by hulle gaan kuier, het ek ‘n absurde vrees dat ek gaan hongerly.  Want, uit wat ek as ‘n gesondleef ken, eet hulle te min.  Hoekom het ek hierdie vrees vir hongerte.  Omdat ek as kind dalk gevoel het ek word van kos weggehou?

Maar wat help die “hoe het dit begin”-storie my?  Want wanneer neem jy verantwoordelikheid vir jou eie gedrag … al weet jy, onbewustelik het die storie-van-my-lyf-en-my-gesin ‘n diep merk gemaak.

Wanneer raak die “my storie” bloot ‘n blaming oorvertel van stories?  As ‘n volwassene, en as ‘n terapeut, weet ek dat “my storie” as “die vet sussie” so diep in my ingegraveer is, dat ek dit nie maar kan afmaak as onbelangrik nie.  Die oorvertel van my storie is nie die probleem nie.  Die insig in die dinamika van die storie verstaan ek.  Die eienaarskap van verantwoordelikheid … daar le die probleem.

Helaas, hierdie storie sal vervolg, want dis nie klaar gepraat nie…

****  Vandag is, tradisioneel op ‘n Vrydag, “teetyd” by die kantoor.  (Ek het vanoggend graankos geeet, ‘n halwe koppie Kellogg’s.)  Ek wonder net hoe gaan ek hierdie eerste saamkuier-innie-kombuis hanteer.  Want, nee, ek wil nie vir mense se ek is op ‘n dieet nie.  Ek was al te veel kere op ‘n dieet.  (Dis swaar as jy met jou eie bose geeste moet veg … ook die boosheid van mislukkings!)  Vanaand het ons ‘n eteafspraak by vriende.  Hoe hanteer ek dit?  My wereld is ‘n sosiale wereld wat rondom kos gaan.  Kuiers is ete-afsprake. 

Skakelstruktuur 1 Kommentaar

Op die skaal

Junie 26, 2008 at 5:27 nm (Gewig) (, , )

DIs wat die skaal se:  136kg.

Die dieetkundige, van nou af bloot DK (soms sal dit seker ‘n afkorting wees vir “Die Koei”…) wil glad nie praat oor hoeveel ek moet verloor nie.  “Kom ons probeer net eers ‘n ritme vind”.  Watse ritme? 

Al die webblaaie se jy moet ‘n doelwit he:  wel, ek het in 1984, as ‘n eerstejaarstudent 72 kg geweeg (EN GEDAG EK IS VERSKRIKLIK OORGEWIG!  I mean really!).  Dalk is 72kg bietjie min.  Okay, in my laaste jaar op universiteit het ek 96 kg geweeg.  En dit was in 1990.  Agtien jaar gelede.  Dis presies 30kg minder.  Maar steeds voel dit na so ‘n amorfe doelwit.  Dalk nog meer spesifiek:

Okay, hier is my eie doelwit vir myself:

1)  ek wil in in hierdie week kyk of ek net by haar program kan bly

2)  ek wil in hierdie week nie een ete oorslaan nie

3)  ek wil vir hierdie week ‘n spyskaart beplan

4)  die moeilikste:  ek wil vir 5 dae van die 7 dae vir 15 minute lank oefenfiets trap (dis ‘n uitdaging!).

Ek weet sy’t gese ek moenie nou dink aan hoeveel gewig ek teen watter tyd wil verloor nie.  Maar ai, my verjaarsdag is oor presies 8 weke.  Verlede jaar het ek op my verjaarsdag 124 kg geweeg (en ek was ONGELOOFLIK beindruk met myself, want toe het ek gedink ek lyk goed … dit was na die operasie).  Ek wonder of dit billik is om in 8 weke 12 kg te wil verloor.  Dalk 13 … dan “beat” ek darem verlede jaar se verjaarsdaggewig. 

Okay … ‘n doelwit moet darem ook nou nie chickenfeed wees nie … maak dit iets om voor te werk:  hier is dit dan nou amptelik aan myself:  in 59 dae wil ek 13 kg gewig verloor.  8 weke. 

(Wees billik:  ek het geweeg met ‘n vol blaas … dit was darem seker ‘n paar gram!  Nou lag ek vir myself). 

 

 

Skakelstruktuur Lewer Kommentaar

Next page »

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg