In Afrika is dit soms onmoontlik om die nodige mediese toerusting deur die staatshospitale te bekom. Die Hippokratiese eed- eerder ‘n verwerkte weergawe- lui dat ek altyd my pasiente se beste belange op die hart sal dra en as dit nodig is om te opereer sonder toerusting dan maak ‘n boer tog maar ‘n plan.

Dalk is ek uitsonderlik of dalk voel meer mense soos ek, maar ek hou regtig nie van verjaardae nie. Inteendeel soos ek ouer word is dit net nog iets wat my herhinder aan my mortaliteit en hoe vinnig tyd verby snel as jy pret het. Dit voel vir my net soos gister toe ek skool toe gegaan het vir die eerste maal- 1979 en skielik klink dit oneindig ver!

My liewe vrou beskuldig my (met reg) dat ek ‘n sentimentalis is. Ek is, maar ek moet bieg dat tyd ‘n wonderlike paradoks is, hoe meer jy dit vashou, hoe vinniger loop dit uit. Ek is nie bang vir doodgaan nie, ek is bang my kop los my en die middeljare befoeter alles. Dis natuurlik goed om uit die gemak zone te beweeg van tyd tot tyd. Ek bid maar dat as die middeljare tref dat ek eerder vir die ‘bike’ as ‘n blond gaan!

Wat die toekoms inhou sal net die tyd ons leer!

Wow! Ek swerf nog so lekker doelloos rond in die kuberruim besig om al die pragtige blogs te waardeer en al die kunsinnigheid te bewonder toe ek oor ‘n kommentaar val Blixer struikel! Ek dink die girl moet moers slim wees of dalk is dit ‘n geval van bullshit baffles brains! Besluit self as julle haar kommentaar lees:

46. Blixer  |  September 9, 2008 at 10:53 pm

@ Johan Swarts Dit handel oor P-glycoproteien se rol in intrinsieke en verworwe weerstandigheid teen chemoterapeutiese middels, veral antrasikliene en Vinka alkaloiede.

Ek moet erken ek is bang om dit te gaan google- netnou kry ek net pornografie! 😉

Blixer alle sterkte met die taak op hande, klink of jy ‘n kaffeien drup nodig gaan hê!

Toe ek die koerante se opskrifte sien oor Peter de Villiers se beweerde seks video was ek met afgryse vervul, nie omdat hy dit gedoen het/(of nie gedoen) nie, maar eerder dat enige iemand dit sal wil sien! Hierdie gedagte is egter baie vinnig deur ‘n ander vervang, ek wil dit nie sien nie, maar ek kan my net indink hoe ou Helium Div op fyndraai klink!!!

As daar nou een ding is wat niemand van hou nie, is dit om gegroepeer te word. Dit het ek ongelukkig baie vinnig agter gekom nadat my vorige post die lig gesien het. Emil het sommer uit die staanspoor my beskuldig dat ek Botha is en dat hy kopie reg het op die betrokke foto wat ek gebruik as avatar. Snaaks dat daar meer as ‘n duisend soortgelyke foto’s op die internet beskikbaar is, maar wie is ek om te stry? Derhalwe het ek my avatar verander, sou enige iemand beswaar aanteken as gevolg van kopiereg skending, moet hulle asseblief nie huiwer om my sonder versuim in kennis te stel nie. Vir diegene wat nie weet hoe my vorige avatar gelyk het nie, hier is ‘n prentjie. (Kopiereg Emil Jung @ http://emiljung.co.za/?p=396)

Ek dink die rede vir die hewige teenkanting is dat die heer Botha- wie ek nie ken nie, maar wel telkens raakgelees het-abstrakte uit die stuk ‘gecopy’ en ‘gepaste’ het is sy skrywe, aldus die verwaring, of dalk was dit die feit dat ek sekere mense is kategoriee geplaas het? Ekself val gemaklik binne twee of drie van daai kategoriee, ek is ‘n parra, ek is slimmerig en ek het ‘n ligte graad disleksie. Die plasing se doel was egter om die lesers attent te maak dat ons nie maklik in ‘n boks gedruk kan of wil word nie en sou ons dit doen, skop ons teen die prikkels.

Wat ek egter op gemerk het is dat die Botha vent vir menigte internet en blog gebruikers soos die duiwel is, hy word orals gesien al is hy nie eers in die omgewing nie. Vir die wat nog twyfel of ek Botha is, wil ek net sê “Ek is nie Botha nie.”  Hoe moet mens jou bona fides bewys in ‘n millieu waar alle nuwe bloggers onmiddelik met agterdog begroet word?

Wat krap? en hoekom pla dit jou? Die bloggemeenskap in Afrikaans kan gesien word as ‘n spieelbeeld van die groter gemeenskap in die land en dan veral die Afrikaans sprekende blankes ( mag mens dit nog sê?). Elke moontlike ‘tipe’ word op ‘n manier verteenwoordig, die intellektueles soos Emil, die plain briljantes soos RosalindFranklin, die kômmin groep soos die meeste Bosparras, die disleksiese groep soos Bierpens, die expat groep soos Alta wat heimlik terug verlang na die vleispotte van Egipte en dan laastens die ‘verlore’ groep mense soos Botha (as in Earl) en selfs Blixer. (Toemaar ek weet die twee sal nie daarvan hou om in die selfde groep te val nie, maar see the worry in my eye).

Tog net soos op die strate van Suid-Afrika is daar ‘n toenemende krapperigheid onder die kuberruim ‘bewoners’. Kan dit net einde van die jaar stress wees of is daar ‘n dieperliggende oorsaak? Is dit die klein jakkalsies wat uiteindelik die wingerd verniel? Die klippie in die skoen wat ‘n magtige weermag stop?

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg