Toemaar Wes…jy’s net so oud soos wat jy voel…ek moes dit gister, op my en Ruben se verjaarsdag baie hoor. Hulle se dit…en dit klink vir my al meer soos n heerlike rog-brood toebroodjie…met een slap stuk honde stront op! EK dink nie ek is oud nie…my brein en karakter dink ook nie so nie….Maar dis dit. Versekerings firmas gee jou afslag op jou premies as jy oor n sekere ouderdom is…My hare het nou die AWB “ge-join” want die wittes kom nou sterk tussen die swartes deur…Seerplekke en blou kolle op my lyf vat langer om te genees…My vrou vra “Is jy nie al bietjie oud om saam met die seuns te “roller-blade” nie?…Kontiki toere wil my nie afslag gee op reise oorsee nie…My ogies is heel in hulle moer in van die astigmatisme…en die oogkundige se “op jou ouderdom verloor die oe se lense hulle elastisiteit, miskien sal Laser operasies help”…meer en meer mense begin my “oom” noem…en ek kan skaars later as 23h00 wakker bly.
“Jy’s so oud soos jy voel”…dis sommer wensdenkery. BUT I SHALL NOT GO GENTLE INTO THAT NIGHT! Ek sal aanhou oefen…ek sal saam met my seuns speel, met wat en net waneer ek wil…ek sal aantrek wat ek wil (indien dit nog pas)…ek sal nie my hare kleur om die grys uit te kry nie…ek sal nie deur enige iemand voorgeskryf word oor hoe en wat ek moet wees op my ouderdom nie…EN ek sal na harde “wilde” musiek luister net waneer ek wil.
Maar
Moenie vir my se ek is oud as ek ook besluit om vroeg te gaan slaap nie…as ek soms net rustig na die natuurskoon sit en kyk nie…as ek na strelende klassieke musiek luister nie…en as ek ook soms n traantjie pik in n roerende film toneel nie…as ek net nie meer lus voel om te sit en k@k praat oor vrouens en motors nie. Los my! Ek is saam met die Almagtige Vader in beheer van my lewe. As ek dus so nou en dan net wil “cruise op auto-pilot” is dit OK. As ek dan weer so bietjie wild gaan…is dit ook OK. Ek is n man…n mens…n eggenoot…en n PA…en geniet al die fassette wat my lewe nou ingaan. Ek weier om n konformis te wees en te voldoen of af te skaal na wat die populere opinie oor iemand van my ouderdom dikteer.
Ek word ouer..AND LOVING IT!!!