Die lang les van 2025

Die God van die heelal wil met my praat, ‘n pad stap, ‘n verhouding bou en deur my Sy wil laat geskied. God is besig met ‘n groot plan in die wêreld en Hy nooi my om deel te wees van dit. Hy nooi my. Ek. ‘n Gebrekkige mens. Hierdie is die beste ding wat ek kon leer in 2025. Dis al. Dis genoeg vir my.

Brokenness

Brokenness glares through
young eyes who have seen
more than they should
It breaks out in cuss
and suicidal statements
like “just kill me now”
or blood dripping down
inner thighs in an
attempt of self-harm

It chases them down
a soccer field that
leads them to physical
fights they later regret
behind staggered-steel bars
It gives them sleepless nights
and drug-drowsy days
popping pills to prompt
the pain to leave them
for just a day

It leads them to confessions
in divided chambers where
not even the smallest fraction
of it all will ever be shared
Hospital beds, psychiatrist offices
and classrooms are their podiums
for all kinds of circus theatricals
trying to run away from it

To people they seem desolate,
volatile, abrasive and beyond repair
To God they are worth it all

Minder, baie, baie minder van myself

Sommige dae lê ek op my bed en dink dat ek moet ophou werk, alles wat ek besit moet verkoop en my lewe gaan gee vir mense. Dis juis sulke dae wat ek lê en dink oor die doel van die lewe en waarmee ons almal eintlik besig is. Kan iemand my asseblief sê waarmee ons besig is?

Dis altyd almal se antwoord – eintlik die tweede bekendste antwoord wat gegee word – wanneer mens vra hoe dit gaan. Besig. Besig met wat? Besig by die werk… Besig, want ons is nounet nuut getroud… Besig met die nuwe babatjie… Besig met familie… Besig met oefen… Besig. Hopelik eendag gaan ons op ‘n punt kom waar ons nie meer so “besig” is nie. Niks teen enige van hierdie wonderlike dinge wat ons so besig hou nie, dit kom van God af. Maar. Waarmee is ons besig?

Ek voel net ons moet besig wees met soveel meer en groter dinge. Daar is ‘n koninkryk wat Aarde toe kom waarvan ons ander wil en moet deelmaak. Ons raak so opgesuig in ons eie ou dingetjies. What is life, man? What is the point if we’re not doing Christ’s work every minute of every day? Ek voel net ek moet eintlik dít doen. Dis waarvoor ons gemaak is. Ons is nie gemaak om onsself op te bou of vir onsself ons eie identiteit te skep nie. Dit is God se werk. Hy kies wat jy doen met jou lewe. Hy kies wie jy is en wie jy word. Hy beheer jou lewe. Jy sê nie vir Hom hoe Hy jou lewe moet beheer en hoe Hy planne moet buig sodat dinge volgens jou pype dans nie.

Ek dink dit is wat mens vergeet om by te tel by die koste om Christus te volg. Dit kos jou jou eie planne en jou eie wil. Which is oh so heavy and stubborn. Ek sukkel met dit. En soms wonder ek of ek dit ooit gaan regkry. Want hier staan ons alweer aan die einde van nog ‘n jaar, 2025, waar God my karakter so baie gevorm het aansake hierdie dinge waaroor ek nou praat. En steeds gaan ek snags op my knieë en probeer by God aanvraag maak oor hoe ek dink dinge moet gebeur in 2026, 2027… Kan U dit só laat gebeur… Here, ek wil dit só hê… Here, kan U nie net… Steeds het Hy soveel liefde en genade dat Hy luister en vir my terugsê: Ek weet beter… Vertrou My… Nee, nie so nie… Ek weet van selfs beter…

Party aande lê ek op my bed en kry die begeerte om alles op te gee wat ek ken en almal agter te los en net vir Hom te gaan werk. My lewe ‘n doel te gee. My lewe sin te laat maak. Dis crazy. Ek’s crazy. Ek kan dit nie beskryf nie. Maar daar’s meer. En die meer word bereik deur juis minder. Minder te hê. Minder te benodig. Minder te verdien. Minder afleidings. Minder te beheer. Minder, baie, baie minder van myself.

Kersfees het vanjaar vroër gekom

‘n Grootish slaaibak maak sy draai by almal om die tafel
en land op die enigste kol tafeldoek wat oor is
Vurke duik die vleispot in soos aasvoëls om
sy patty varkvleis,
hoenderboudjie
of kaasworsie wat op Keniaanse brood geplak word
te gryp

Salsa wat ook as versierring dien vir hierdie Manna
maak ook sy rondte om die tafel
en breek uit in ‘n gesprek oor
dansstyle (Salsa),
gebraidde hare,
series oor dokters,
Nelspruit,
Pretoria,
blou-oog blonde meisies op lughawens
en persoonlikhede op die spektrum

Almal skree gelyk en gesprekke vleg soos die lyne tussen
kolom A en kolom B
wat jy op skool bymekaar moes pas
aan die twee uiterstes van die tafel
wat nou soos familie voel
‘n Gelag soos hiënas weergalm by die vensters uit
Die son sak in pienk strepe in die agtergrond
want Kersfees het vanjaar vroër gekom

Dis altyd Kersfees saam met hulle
‘n Getuienis van die realiteit van Jesus Christus
kan ek nie beter beskryf as dié nie

Dit gaan oor die journey, nie die eindbestemming nie

Die Here praat met my in temas en seisoene. Hy weet dat ek poëties is en hou van symboliese beelde en metafore. Hoe bevoorreg is ek, dat die God van die heelal ‘n begeerte het om met my te kommunikeer, dat Hy kies om dit te doen op ‘n manier wat die mooiste vir my sinmaak. Hy doen dit met almal. Of jy dit raaksien, is ‘n ander storie.

Vanmiddag toe ek gaan stap het, het drie ou tannies hul daaglikse rondte om die beheinde aftree-oord gemaak en vir my vriendelik verplig om te ‘Kyk na die kring om die son!’ Ek kan mos nie in die son inkyk nie… ‘Jy moet ‘n sonbril hê!’

Toe dink ek, sjoe, wanneer laas het ek ‘n oomblik geneem in hierdie gejaagde lewe om ‘n slag te kyk na die dinge om my. Die natuur, die son en die berge waarmee ons so geseënd is in die Kaap. Ek sien dit nie meer raak nie, want wanneer ek gaan stap, is ek besig met soveel ander dinge in my kop en ek is so gefokus op die eindbestemming, wanneer ek gaan omdraai om terug huis toe te stap, want jy weet, tyd is min en tyd is geld en ek moet een of ander tyd by die huis weer kom om te werk of te… Miskien het hierdie drie ou tannies ook in hul jong dae die klok probeer wen en ook net verby aftree-oorde geloop sonder om die mooi son van die lewe in te neem. Hoekom moet mens eers oud word voor jy die lewe kan waardeer? Hoekom moet mens eers by die bestemming aankom voor mens die uitsig kan geniet?

En net daar konfronteer die Here my weer met ‘n tema wat Hy my al vir maande lank probeer leer. Ek is so geneig om altyd vooruit te dink, te droom oor die toekoms en my tyd en energie in ‘n vooruitsig te plaas. Ek stap so haastig na plekke waar ek wil uitkom, dat ek die kringe om die son mis. Ek kyk verby alles wat Hy om my gesit het in die hede waarvoor ek so dankbaar kan wees. Ek kyk vas in my kar wat al vir meer as ‘n maand gebreek is, maar mis die goeie verhoudings in my kerk waarmee Hy my geseën het. Ek kla oor hoe uitdagend my werk vir my soms is, maar kyk heeltemal verby die feit dat hierdie die grootste God-given gift is en dat Hy so intensioneel hierdie werk vir my gekies het om my voor te berei vir die plekke waarheen Hy my stuur. Ek raak so gefrustreerd dat ek nog by my pa bly – en in dieselfde huis vir amper 15 jaar al – maar mis die bonatuurlike vrede wat God tussen my, my broer en my pa bewerkstellig het wat nie altyd daar was nie.

Die Here is konstant besig om met elke liewe een van ons te kommunikeer elke dag. Ons sien dit net nie raak nie. En dan laat Hy toe dat ons bietjie swaarkry in die lewe, sodat ons dalk net eerste na Hom toe kan uitroep. Hy wil praat met ons. En dan seën Hy ons met dinge waarvoor ons nie eers gevra het nie, maar ons ignoreer dit of kyk verby dit vas in iets wat ons nie het nie. Als met die hoop dat ons net na Hom toe kan uitreik. Hy wil praat met ons. Ons hou onsself so besig met ons eie dinge en los Hom die agtergrond soos Tafelberg in ons foto’s. Ons dink net aan Tafelberg as ons ‘n hike gaan doen op Tafelberg, want dit is dan ‘n spesiale geleentheid. Eintlik is Tafelberg elke dag daar, nie net wanneer ons besluit om met hom tyd te spandeer nie.

Ek was vroeër in die jaar so gefokus op om oorsee te gaan dat ek alles rondom my begin mis het. Ek wou net so graag gaan en net daar wees. Ek het dag en nag beplan rondom dit en dit was die begin en einde van my hoop en gebede. Die Here het my geleer dat Sy tyd nie my tyd is nie. Die Here het my geleer dat ek meer in die hede moet lewe. Elke dag is soos ‘n nuwe adventure om ‘oorsee’ te gaan. Elke dag hou Hy vir my nuwe dinge in en gee vir my nuwe uitdagings om te oorkom. In die proses vorm Hy my soos die pottebakker die klei vorm.

Dit gaan oor die journey, nie die eindbestemming nie. As mens gaan pottery doen, gaan dit oor hoe jy die klei vorm en iets uit dit maak. Dit is die experience wat jy onthou. Nie noodwendig die pot wat in sy perfekte vorm later op jou eetkamer tafel staan nie. Ek dink dat dit is waaroor dit vir die Here ook gaan. Hierdie afgelope paar maande het die Here met my so baie gepraat en nuwe dinge vir my geleer wat ek eintlik nie eers weet hoe nie. Ek kan nie altyd die Here se werk in my lewe beskryf nie. So ja, ek wil nogsteeds oorsee gaan, en ek gaan. Op Sy tyd en wanneer Hy voel die pot is in die regte vorm. Maar in die proses wil Hy my vorm. Hy wil hê ek moet kyk na die son se kringe wanneer ek gaan stap. Hy wil hê ek moet die verhoudings wat ek vorm in my werk koester en ‘n impak maak in dié wie Hy op my hart gesit het. Hy wil hê dat ek my wortels dieper moet skiet in my geestelike familie – hulle is tog die mense saam wie ek in die ewigheid gaan lewe. Hy wil hê ek moet quality time met my familie spandeer, wat nie meer vir altyd gaan wees nie. Hy wil my leer om Sy stem te hoor. Hy wil praat met my. Hy wil hê ek moet in die hier en nou wees.

Die Here praat met my in temas en seisoene. Vandag het Hy met my gepraat deur drie ou tannies en die son se kringe. Môre praat Hy dalk met my deur ‘n koffie of blommetjie langs die teerpad. Ek wil nie op dit uitmis nie.

Vakansie, halwe jaar, verjaar en seisoene

En net so is nog ‘n halwe jaar verby.

Dis winter in die Kaap en dit reën dag en nag. Hier en daar kry mens ‘n mooi oomblik wat die son haar stryd teen die donker wolke wen en dan lyk dit soos somer buite. Dit voel beslis steeds soos winter. Hierdie winter dra ek sykouse onder my langbroeke – dit beteken dis regtig koud, want ek doen dit nooit nie. Ek is bly dat ek darem nog ‘n paar ou skoolsykouse in die kas het. Daar is dae wat ek meer as een paar sokkies ook aan het. Ek weet nie meer of ek myself in die winter of somer boks sit nie. Vir jare al huil ek die somer om van hitte en kan nie wag vir die winter om te kom nie. Die winter is lekker, die koue in die Kaap is hanteerbaar en mens slaap baie lekker. Maar dit is nie lekker om te werk in die winter nie. Om vroeg op te staan in die pikgitdonker, papnat by die kar in te klim en nog half aan die slaap by die werk aan te kom nie.

Ek geniet my winter vakansie wat ek verdien het na ‘n kwartaal van juffrou-juffrou speel. Een van die voordele wat opmaak vir die salaris wat ons kry. Dit was die eerste ding wat ek te sê gehad het na dag een van ‘n onderwyseres wees. Onderrig is een van die, moontlik die heel, belangrikste dienste wat gelewer word. Tog weerspieël die samelewing dat mense wat besighede bestuur en kaggel-kokkels verkoop belangriker is. Money makes the world go round.

In hierdie vakansie wat ek verdien, het ek ook die voorreg gehad om nog ‘n lewensjaar te vier. Hoe ouer ek word, hoe meer voel ek dat minder mense my verstaan. Ek voel hoe ek al hoe verder wegbeweeg van die lewe waarna almal anders so smag omdat ek net nie gelukkig is met dit nie. Ek dink nie soos meeste mense of het die begeertes wat mense my ouderdom het nie. Ek wil nie lewe vir geld nie. Ek wil nie streef daarna om net lekker te kan settle down nie. Ek wil nie deel word van daai rat race nie en eendag by my skoolreunie by almal spog oor hoe baie ek noual bereik het in my lewe nie. Ek sien nie ‘n goeie loopbaan as sukses in elk geval nie. Ook nie jou inkomste of die tax bracket waarin jy jouself bevind nie. Ek stel nie belang in mediese fondse of pensioen of eiendom nie. As dit my eendag byval om een of al die bogenoemde te probeer, sal ek steeds nie myself klassifiseer as ‘n tweegesig nie. Dit staan my steeds nie regtig aan nie en ek is nie in ‘n haas om vir myself so vinnig ‘n tronk op te sit waaruit ek nie maklik kan ontsnap nie. Mense dink hulle bou vir hulself sekuriteit en vryheid op, waar dit maar net eintlik ‘n tronk is. Ek kan maande lank skryf oor hierdie onderwerp en daarna steeds iets te sê het.

Dit is die definisie van alleenheid. Ek is glad nie alleen in die sin van dat ek geen vriende het of mense wat oor my omgee nie. Ek is alleen omdat ek weet dat ek altyd anders dink en voel oor die lewe as 99% van al die mense waarom ek my bevind in my daaglikse sirkels. My grootste droom is om ‘n sendeling te word. Dit klink vir my na die interessantste beroep. Om ‘n sendeling te word is nou nie juis die wêreld te eerste keuse as beroep nie, want jy verdien nie baie geld nie jy weet… en jy moet alles opgee en in rowwe omstandighede gaan bly wat dalk ver van jou huis af is… en dis nie baie veilig en stabiel nie… Daar was al baie mense wat vir my gesê het dat hulle weet dis glad nie vir hulle nie, en dat dit ‘n spesifieke persoon se roeping is. God het ons almal geroep tot sendelinge en ek het dieselfde Great Commission ontvang as elke ander Jesus-volgeling wat die Bybel lees. Met dit sê ek nie dat almal hulle besittings moet verkoop en in die middel van Asië moet gaan bly nie, maar ek voel wel dat almal bereid moet wees om dit te doen en dat dit nie ‘n roeping is wat net sommiges insluit nie. In watter beroep jy ookal is, daar is jy Sy hande en voete en moet jou lewe weggee soos Christus het.

Die wêreld dink mense wat begeertes het soos ek is mal. Miskien is ek. En dis wat my alleen maak. Dit voel my lewe gaan in ‘n heeltemal ander rigting as amper almal anders sin. Ek sien voor my hoe al die skape mekaar volg en dieselfde lewensstappies neem en my avontuurlustige hart (of hardkoppigheid) wil met alles net asseblief nie net ook dieselfde doen as almal voor my nie. Ek was nog altyd so, dit maak my nie beter of slegter as ander nie en ek dink nie aan myself as so nie.

Dis winter in die Kaap en gou sal hierdie seisoen sy einde ook sien wanneer die lente haar blommetjies uithaal en vir almal sinus gee. Mag ek in elke seisoen Sy stem beter hoor en verstaan.

Hoofstuk 35

Jy staan soos die vaas
waarin Hy jou gevorm het
jou lewe lank al voor
‘n wêreldkaart met mense
en stede en kulture wat nog
die potterbakker moet ontmoet
Gaan dan en vertel hulle
almal van Hom – dis tog
waarvoor Hy jou gemaak het
Jou lewe is Syne en
skyn soos die oggendson
helderder die dag in oor dié
wie in die donker lewe
Hy het jou gevorm en was
met jou, Hy sal aanhou met
jou wees en jou vorm
tot eendag die woorde uit
Sy mond lui – Well done
my good and faithful servant

Grains upon grains

I need to die every day
so the harvest can multiply
and from the soil He
prepared can rise up
grains upon grains for
the reap of His Kingdom
For like in His death
many grain were produced
so must I follow and
hate my life for eternal’s sake
For where He is, His
servant will be too
I need to die every day

Let heaven come

When heaven comes like
the bread from the sky
All those who hunger will
eat and ever be satisfied

Let heaven come today
so we can stop our labour
for food that perish
So we can have a moment
with Him that into
eternity will finish

Ouma

Die kaste is volgeprop met
koekies van elke winkel en
al die kleinkinders duik in
In die yskas lê die lekkerste
peppermint crisp-tert wat
nou-nou leeggelek gaan wees
Die landlyn lui elke 10 minute
en al die ou tannies skinder ‘n
paar woorde met vandag se
verjaarsdagplaaskind – Ouma
‘n Tipiese 1-April-dag vir
Annatjie (voorheen Strauss) du Toit

Maar vandag sin lyk bietjie anders
Vandag vier ons ouma se 80ste
Net ouma kan op 80 nog
orals oor die spoedlimiet ry
agterop ‘n motorfiets ry met
‘n groot leerbaadjie aan
‘n dokter ‘n ding of twee sê
kos kook vir oupa elke dag
droë vrugte verpak
vrugte inlê en beskuit bak
die vlekke uit wit klere skrop
donasieklere uitsorteer
en steeds saans sukkel om te slaap
Sy sê rus is nie vir haar, sy sal
eendag op Avbob se stoep rus

Hoe bevoorreg is ons nie om
op hierdie dag vir Ouma te
kan vier wat altyd luister,
altyd onthou, altyd help met als,
ons vermaak met al haar sê-goed
en ons lewens so vol maak dat
niemand van ons dit sonder
haar sou kon indink nie
Op nog 80 jaar van stories
luister en die hele wêreld se
nuus opvolg en oorvertel