Soen gestuur met die wind se waai
drukkies gepos op die maan mos
strelende vingers speel op jou lyf saai
terwyl ek jou saggies kus mos…
Soen gestuur met die wind se waai
drukkies gepos op die maan mos
strelende vingers speel op jou lyf saai
terwyl ek jou saggies kus mos…
Ek kry nie spoed op die Maandag nie. Kan dit toeskryf aan die te min inname van koffie. Hoeveel koffie is nou genoeg of sal gesien kan word as versadigpunt bereik… 4 koppies laat my koffie naald nie eers lig nie.
Of miskien kan dit die gevoel van vakansie wees…skole is toe en mense gaan op vakansie, kan dit sien aan die verkeer vanoggend werk toe. Die verkeer is sommer gemaklik. Ek het so vinnig by die werk opgedaag ek het amper by my werk verby gery, so lekker het die verkeer gevloei.
Ek sien my bydra tot die Aanhaling uitdaging is klaar. Maar niks verhoed my om maar nog iets by te dra tot die aanhaling thingy nie of wat….
:-)Zeppie(-:
Daarshy die laaste dag van die Aanhaling uitdaging…
onthou my bydra is amper miskien ‘n aanhaling, wat iewers miskien deur iemand bekends gesê was…wie weet
So op ‘n Vrydag, heerlik
Die naweek volgens verskeie bronne gaan leeukoud wees.
So kry hout reg vir kaggel
Sorg dat wyn proviand aangevul word
Daai groentesop resep…maak hom die naweek
Pannekoek sal netso heerlik werk
Maal die koffiebone…geniet die naweek met stomende koppie koffie in die hand
:-)Zeppie(-:
Ek sien dat Monicelix my getag het vir die “Aanhaling” thingy…en dat dit sommer vir 3 dae moet gebeur…
Nou siende dat ek so min post doen ek sommer 3 per dag…hoeisdaai
Nou ek gaan nie hoogs Afrikaanse aanhalings van groot geeste hier plaas nie, nog minder sal dit seker ook nie geklassifiseer kan word as aanhalings nie….
Maar nou ja…aanhaling is ‘n uittreksel van iets wat gesê was deur iemand, en menigmal iemand bekends.
Nou iemand het die volgende gesê…miskien was dit iemand bekends…name en plekke is onbekend
Ek tag die volgende bloggers –
:-)Zeppie(-:
toe ek dood was, het ek basies
niks gedoen nie.
ek het gewag vir die son
om op te kom in die
stowwerige hoeke van my
kamer. ek
het voyeuristies na my eie
dooie liggaam in die
spieël gestaar, die vleis van die
been af getrek met my
tande, binnetoe gepraat en gewonder
hoekom niemand
my kan hoor nie.
toe ek dood was,
was die lewe een groot stryd om oorlewing.
elke sekonde was ’n
dagreis ver in die verkeerde rigting.
om te glimlag was soveel moeite soos
om ’n blokkiesraaisel in te vul.
ek het elke oggend
wakker geword met die stink onderklere
van gestorwe en vermoorde geliefdes.
daar was kriewelende kewers in my oë.
toe ek dood was, was daar
niks om voor te lewe nie
behalwe die vae hoop
op ’n beter gister.
toe ek dood was
was al my mynskagte onproduktief
en toegestop met ou bourommel.
elke dag was ’n leë koevertjie
wat ek moes oopmaak op soek na geld.
orals waar ek gaan, moes ek
die gebroke lyk van my eie gefolterde
jeug saamkarwei soos ’n
stilgebore kind op ’n driewiel, ’n
swaar stuk lyf wat groei en groei
en groei tot ’n reusagtige
gewas wat niks kan
voel nie.
ek was so dood. ek was
só in my moer.
my vingers was koud,
en my keel was seer en
gerasper van al die spreeus
wat wou nesmaak binne-in
hierdie lyf.
ek was ’n spelonk van woorde.
gedigte het uitgebroei
onder my armholtes
om doodgebore op velle getikte papier
te beland
waar hulle nog vir oomblikke
wriemelend lê en stuiptrek het
in die son.
dit was woorde van seerkry.
die pyn agter die papier, die
slymerige hulpkrete van die
gekerkerde digter was die enigste
ding in my lewe wat real was.
ek was buite myself
van doodgeid.
ek was ’n besoeker
in die boonste kamer
van my kop.
ek was toegesluit in die buitenste
ruimte. ek was
’n eier
wat wag
vir ’n hoender
om ’n kuiken te word.
toe ek dood was
het ek basies niks gehad om te doen met my hande nie.
~ Koos Kombuis ~
Vandag is dit “Day of Unplugging”
Nou sal ons dit dan “Dag van Ontpropping” noem….hehehe
Sekerlik nie…Dag van Afskakel klink beter
.

Nou wat is Dag van Afskakel nou eintlik. Ons is so gekoppel met die wêreld deur die internet en sosiale netwerk dat ons 24/7/365 deel is met gebeure in die wêreld of so te sê in ons klein wêreld. Dis goed en dis hoe die wêreld deesdae draai en die moderne manier van dinge doen om daai hamster wieletjie aan die gang te hou.
Dis nou waar afskakel inkom. Ons is vasgevang aan die skerm van ons rekenaar of laptop en die klein skermpies van ons tablette en slimfone en vergeet om bietjie te stop en fisies die blomme te ruik en bietjie met iemand te gesels, miskien die sonsondergang te ervaar en dit nie op ‘n mooi foto iewers op die web waar te neem nie.
Die idee agter die dag is om mense uit te daag om hulle elektroniese toestelle af te skakel en om die wêreld te observeer met hulle oë en nie deur ‘n skermpie nie. Miskien ook om te unplug deur lekker te rus en bietjie die voet van die petrol af te haal.
Ok dan so ontkoppel jouself van die matrix en geniet bietjie die wêreld om jou.
Ek gaan nou my rekenaar afsit en koffie gaan drink in die koffiewinkel hier om die hoek…
.
:- )Zeppie( -:
Fenomenale skrywer en Letterkundige
André P Brink
(29 May 1935 – 6 February 2015)
Sy woorde is stil…sy onvertelde stories verborge vasgevang in die ewigheid.
Ek gaan nie lange huldeblyk skryf nie. Ek voel dis onvanpas. Dis al gedoen deur joernaliste en groot geeste in Afrikaans. Waar hulle alles van sy lewe en loopbaan genoem en vertel het. Dat sy woorde bygedra het tot die groei van ons taal en die bou in letterkunde. Waar sy werke nou onskatbare erfenis status kry.
Ek plaas net so paar aanhalings van hom…
“Dis nie net die dooies wat in jou inweek en deel van jou word nie: dis almal, elke enkele een met wie jy ‘n entjie pad saamreis; elkeen gee af aan jou, jy aan hulle. Nooit is dit net jy en jy alleen nie. Nooit gebeur iets net NOU nie. Altyd sleep dit slierte saam. Altyd suig dit by voorbaat al die toekoms in.”
― André Brink
“To respect the dignity of a relationship also implies accepting the end when it comes. Except in my mind, except in my dreams, where the aftertaste of her still lingers.”
― André Brink
“Die wonderlike ding van skryf is dat dit jou hele verlede vir jouself toeganklik maak. Dit bring jou in kontak met dinge wat jy vergeet het. Ek skryf om uit te kom by iets wat ek weet ek nie by sal uitkom nie. Maar ek moet aanhou probeer.”
― André Brink
“Om te skryf, is om vermetel te wees. Die skrywer matig hom voorregte aan, hy dink hom in iemand anders se lewe in. Hy loop ’n risiko, waag met elke boek meer, want elke karakter is ’n sprong die vermetelheid in. Dit mag werk, maar jy het géén waarborg dat dit sál nie. Daarom moet ’n skrywer maar bid vir die geloof van ’n apostel Paulus.”
― André Brink
I’ll Be Yours – Placebo
From the album Sleeping with Ghost
I’ll be your water bathing you clean
The liquid piece
I’ll be your ether you’ll breathe me in
You won’t release
Well I’ve seen you suffer, I’ve seen you cry the whole night through
So I’ll be your water bathing you clean
Liquid blue
I’ll be your father, I’ll be your mother,
I’ll be your lover, I’ll be yours
I’ll be your liqour bathing your soul
Juice that’s pure
And I’ll be your anchor you’ll never leave
Shores that cure
Well I’ve seen you suffer, I’ve seen you cry for days and days
So I’ll be your liqour demons will drown
And float away
I’ll be your father, I’ll be your mother,
I’ll be your lover, I’ll be yours
Yours…
Aan al my blogvrinne
Ek wens julle ‘n baie voorspoedige nuwe jaar toe.
Mag al die mooi en lekker dinge julle tref en die rykdom jou so verveel dat ek daarin kan deel!
Mag julle oorvloed lewensvreugde hê die jaar…mag daar net voorspoed, geluk, vrede en vreugde wees. Skud af daai dinge wat jou pla en bekyk als met positiwiteit
Voorspoedige en lekker 2015
:- )( – :
Zeppie Groete
Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.
Travel soothes the soul
Gedagtes - Stories - Resepte
In Afrikaans vir enige iemand wat 'n liefde vir Afrikaans het
My Griffels en Skryfsels
On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....
dit is wat dit is, ek is ook wat ek is
Anything and Everything plus some Chess..."Despite the documented evidence by chess historian HJR Murray, I've always thought that chess was invented by a goddess"--George Koltanowski
Waar duin op duin teen die horisonne blink, daar is my wortels geskiet
'n Blog deur Peter Pentz
Skrywer, Blogger, Alleman, Bier drinker. Want Bier, dis hoekom.
geskryf uit die perspektief van 'n doodgewone twenty-something skrywer/wynkolis
learning the unforced rhythms of grace
Anything, everything and nothing
warrelende gedagtes en idees
ORGANICALLY DRAFTED
Denke van die hart want die kop is te dom om liefde en smart te verstaan.
Spraak-, taal- en gehoorterapeut. Kamma-digter. Lewenslange student. Reisiger. Liefhebber van woorde, musiek en Afrika. Deur Genade gered en deur Liefde vrygespreek.
Ek is.
Wees lief vir jouself en verbeter jou selfbeeld
Design, Food & Wine at the biggest pop-up event in SA
Want daar is ALTYD meer as wat jou oë jou toelaat om te sien…
HIEPER KIETER AFRIKA VAKANSIES
When all the stars flower in the sky
schrijft met plezier