dan sal ek luister na die suisende sing van die grond
en hierdie rokende skrywe nader trek
om domvinger met onbeholpe mond
kop nog stert te verstaan van die brawe boodskappe
uit welige landskappe van weleer
waar vure geknetter het
breyten breytenbach
(uit: vyf-en-veertig skemeraandsange)