Dag sê aan julle almal,
Dis die 16de
Dis Mei maand
Die jaar is 20-15
n dekade lank al is my oë se petrol op
die afgelope 3 jaar wou my bene nie meer nie
van geswelde water bene kan jy my niks vertel nie
lankal is die blokkiesraaisels leeg en vol stof
my kleinkinders raak al grys
my agter-kleinkinders het al baard
ek is oud, baie oud
ek is moeg, baie moeg
my oë se petrol is al lankal op
my bene vol water
net my brein wat nog luier
vandag, toe is die laaste petrol ook op,
die laaste dampe
dankie tog, dis klaar
ek is eintlik dankbaar
die alfa en omega
die begin en die einde
hier op my eie plek
loop my tyd vandag uit
ek is dankbaar vir julle almal
wat vir my lief is
wat na my omsien
wat my hoor as ek roep
ek is dankbaar
ek sê dankie, baie dankie
verlang na my, maar laat my gaan
gesels met my in jou gedagtes
maar laat my gaan
nee-ghe en tagtag jaar
hoe sal ek ooit kan vergeet
die herinneringe is in my siel ingebrand
nee-ghe en tagtig jaar
ek sê maar net dankie
Ousus, Manie, Koos en Trud
Dankie vir alles
Nols, Naas, Takkie en Stomp
Dankie vir alles
Onthou my, ja, onthou my
Gesels met my in jou gedagtes
Maar laat my gaan
My petrol is op,
Ek moet nou gaan
Ek wil nou gaan
Totsiens julle almal
Totsiens
Koe-baai
Jan
Hoe Weet Jy????
Hoe weet jy??
Hoe weet jy die aarde is ROND?
Hoe weet jy die Bybel is waar?
Hoe weet jy God bestaan?
Hoe weet jy jou kar se petrol is op?
Hoe weet jy krag gaan jou skok?
Hoe weet jy dis Nag?
Hoe weet ons enigiets?
Weet jy dalk?
WIndhoek
Winterhoek
Winterhoek, Winterhoek…..Windhoek,
Van die colonials tot by die comrades
By hook & by crook,
Dis mos onse plek,
se wonde deur die oues gelek
jy kan maar jou nek rek…
en wonner wie sal die wonde nou lek
jy, ja jy, staan op en hou-op, om net te wees, wees maar so gevrek…
van die Klipkudu tot by die Snyman sirkel,
staan op en laat jou geld
keer dat die winterhoek, jou vang met n broek sonner n belt…
staan op en doen iets…
want Whk is nie verniets…
betaal meneer, sonner jou geweer,
en dan skrik ons maar net nogge keer,
Want Winterhoek kyk die boere-volk mis, heelemal mis…
Ons praat Afrikaans, ons moeders taal…
Dis so normaal soos skape wat staan in die kraal…
Die windpop waai, die pomp kraai,
Die water vloei
Soos bloed op die grens…sommer net, dat almal veilig is, my wens…
Ek sit die lig aan,
Die groot lig, dit skyn oor die veld…
Maar nee, julle willie, die belonging is te min…is dat dan?
Winterhoek, winterhoek…jy verjaar…
Kom ons eet koek
En kyk om elke hoek, by hook & by crook, dit maak my naar,
Winterhoek,
Jy is so mooi,
Jy trek aan jou groen klere as die donderweer looi
En soms hang die stof aan jou horisonne en maak jou grense rooi
Ryp, ryp, jy laat my plante na hul winterjas gryp
En as ek opstaan, het ek n nood, maar ek moet knyp
Want kyk hoe lyk my plante van die ryp
Winterhoek het sy tande geslyp
En ons toegedraai in sy ryp
Winterhoek, winterhoek,
Kom ons eet koek
Jy verjaar,
n mooi rooi tafeldoek
kom ons eet koek
Taxi’s is jou luise,
Hulle ry deur jou kluise
En ry oor jou rooi lig en vergeet om te STOP
Winterhoek, winterhoek,
Kom ons eet koek,
Hou my DOP
Winterhoek, gaan ontpop!
Skud jou vere reg,
Die taxi’s is weg
Ek wil net lag,
Want more is n nuwe dag
Winterhoek, winterhoek,
Wys my elke dag jou krag,
Ek wil lag,
Want ek mag
Winterhoek, winterhoek
By hook & by crook,
Winterhoek!
Jy deserve n closer look!
My PA
Ek het o’k n PA!
Hy!, ou Toppie, my ou-toppie….
Jis, hoe gaan dit?
Braai ons vanaand n tjoppie….of wil ons okkie…??
Ons was kwaad…vir lange jare…
Nou groei ek my hare…
En pa, jy bly my pa?…my ou toppie…hu?
Sal ons dan nie maar n vissie gooi op die kole?
In die winter, die wind brand ons velle
En die res?, maar net ons ou kenisse en kammastige pelle…
Wat maak dit saak??
Net dit wat ons harte raak…
is dit nie?
Ek willie van my Ma, Joes vergetie!!!
Ouma Claudia…ook glad nie te vergete…dit is maar so…altyd so en ook reg so?!!
Sy was altyd daar, jy was gaar…
Gewerk…
Dis hoe die lewe werk…
So is jy gemerk….deur jou werk…
My pa, my pa, ou-toppie
Kom ons braai n tjoppie,
Jy bly my pa,
Ek is lief vir jou
En jou nuwe vrou…
Dis hoe die lewe ons aan die gang hou…moenie kla?
En more is n nuwe dag
Kom ons hoop dit laat ons lag
Sommer skaterlag….net omdat ons mag…?
Want die lewe gooi elke dag vir ons n nuwe -klag
Al stap ons in die ruwe, rowwe stof-sites rond…en wonner…wie is die uwe,
Die uwe, dis n Wiese, dis wie ons is….Wiese’s!
Al kan ons mans nie die pot raakp..i..$ nie…. so ! what!
Ek sny alweer n lat vir my eie gat
En dan…dan spieel ek so…
Ek laat die wereld besluit
Al moet ek skyt…?
Ek sal dit vat, met my hele hart, met n lied van jolyt!
Soos die die lat van my matriek om my gat fluit…
Want ek het n pa, my pa…sy naam is Japie…
Nee, nie Japie my skapie nie…
My pa….Pa japie….
Dis wie die Here vir my gegee het…
Om die lewe vir my toe te draai en n geskenk te maak…
Al raak my Ma soms sommer net klaar…en gaar…
Want my Pa werk,
En hy is ook maar klaar en gaar…
My pa, het die bietjie wat ek het, vir my laat kraak….vars laat kraak…soos vars vis laat smaak…
En dit kraak vandag nog, met permissie,
Want dis my pa…is dit joune,….?
Nee, wat weet jy…???
Jy wat net dink aan kry…, nog n vry en hoeveel geld gaan ek kry…?
Die lewe is meer as dit…baie meer, kry eerder sommer nou al jou ry…
Ons almal sit en wonner hoe die wonde aan ons harte sommer net so begin sweer…
Want elke dag het n soort krag van sy eie, elke slag…elke dag…ons moet net keer…..en bereid wees om te LEER…
So! probeer, nog n keer, weer n keer…en alweer…nogge keer…as jy wil, LEER…al weer???
En dan, se Pa, dis nou sommer net reg….soos ek jou wou leer…
Terwyl ek jou van alle seer wou keer….
Die pad van die Here se weg….
En nou voel ek sommer net, ek is reg….
Al is ek nie klaar,
Die liewe Heer was altyd daar…
Want my pa, is my Pa,
Al wou ek soms oor dit kla…
So –what, my Pa…hy is my Pa!
Ek se vir jou….dis hoe dit is!!!
As jy nie daarvan hou nie…?
Dis hoe dit is…
My Pa is my Pa!
Pa, ek is lief vir jou!
Of jy nou daarvan hou….?
Dis hoe dit is!
Pa bly my Pa…
Al kan ons nie raak pi$….?1?!? nie
Dis hoe dit is….
My Pa bly my pa…
Dis hoe dit is….
Oefoen om raak te p..i..$…
Dis net hoe dit is….
Ha ha ha!
Lief vir jou Pa!
Jou ou krulkop, langhaar seun!
Lief vir jou Pa!
Jou seun….
Ma
Ma,
Hier slaap jou liggaam nou
Ons harte sal jou verlang
Die toekoms sal die einde bring aan ons rou
En as ons weer sien, die einde van verlang
Jou siel en gees is nou by God
Dis die doel van ons bestaan
Ook gebore, geboorte gegee en weer gebore
Saam met Jesus, nie meer verlore!
Jy is geskep met n doel
Om n Ma te wees, vir ons
Toe jy gaan het ons siele gewoel
Om die seer te verstaan
Sonder liefde sou niks kon bestaan
God het Ma vir ons geleen
Om ons te leer om die wedloop van die lewe te hardloop
Dit was toe tyd vir Ma om huistoe te gaan
Ironies dat ons die lewe ingaan deur die dood
Soos deur God bepaal, wie is ons
Sonder Hom is ons ewig dood
Binnekort sal die Hemele van blydskap gons!
Tot weersiens Ma
Ons kan nou verstaan
En ons kyk na Pa
Tot ons eendag almal voor God se altaar staan
Tot later Ma
Jou kinders!
n Gedig vir Oupa Jan wat op 89 na die ouetehuis op Gobabis trek, saam met sy broer
Jan Harm Labuschagne
Oupa Jan, Jan Harm,
Seun, Broer, Man, Pa, Oom, Oupa, Oupa Groot
Aan lewenservaring en titels, nooit arm,
Van kinders grootmaak, paaie bou,
Oorlogtyd, wegkruip innie sloot
Soldeer, toets, wil net gou die radio klaar werk
Nou nou is kerk
Ek roep, ja die sein is sterk
Sal later klaar werk
Ons tel die karre
Al die lorries
maak ons net maller
Wieg, wieg, ry die Cresida,
Ousus, Koos en Trudie
Ons almal word ouer
Die dae raak lank
Die winters net kouer
Waar is die son se hitte
Hoor hoe kraak my litte
Gesels met die katte
Die radio gggg die oggend nuus
My voete skuif oor die matte
Pasop hond, ag ekskuus
Gobabis was my nes
Nou trek ek vir bord, vurk en mes
Ons groet tot weersiens, tot more
Ek gaan bly tussen my vriende en boere
Sal nooit vergeet van die res
My boetie, Neels
Ons gesels, huil en lag
Nou raak ons sommer speels
More is nog n dag
Kom ons gaan slaap
Ek voel die koue teen my vel opkruip
Maak my styf toe, my boetie Neels
voor die donker die dag kaap
en ek hoor hoe jy na jou kamer toe sluip
Hallo Ousus
Ek het lekker gerus
Dankie vir alles en groete
Het julle almal elke minuut gemis
Drink maar n wyntjie, n lekker soete
Ek moet gaan draf
Of dalk gaan werk
Aaagh ek is sommer lekker laf
Ek dink aan die mense by die kerk
Dit laat voel my sommer sterk
Ek wag vir jou oproep vanaand
Die wind is stil
Dis sowaar n lekker aand
Eers eet,
Dan drink ek my pil
Kom ons hoop dit werk
Wie sal weet
Natuurlik moet julle kom kuier
Doen dit sommer gouer
En stuur groete vir die bouer…
—xxx—
Bliksemstraal, weerligstraal
Weerligstraal
Kragtige blits in die verte
Jy skeur deur die natuurskoon
jy slaan merke
sommer dwarsdeur n boom
bliksemstraal
versigtig deur ons gedagtes dwaal
jy bulder
jy maak bymekaar
jy slat
bliksemstraal
waar jy tref is dit kaal
as ons jou kan vang
sal ons ligte brand vir lank
bliksemstraal
waar jy slat
stof dit van die stank
die boodksapper van reen
wie het ons die genade verleen
bliksemstraal
jy lyk dieslfde in elke taal
bliksemstraal
Die persoon in my Spieel
Jy in my Spieel
Ons ontmoet elke dag
As ek opstaan
Sien ek jou in die spieel staan
Ons kam ons hare
Voordat ons die dag tegemoet gaan
Jy staan en wag
Dat ek jou in die oe kan kyk
As jy kon sou jy seker lag
Iets in my keer my om te kyk
Ja ja, ek skuld jou
Ek skuld jou al lank
Dis n doring in my vlees
Moet dit so moeilik wees
Wanneer sal ek dit regkry
Om te vergeet en vergewe
Want vergifnis maak vry
Ons kam ons hare
Terwyl ek voor jou staan
Ek sien jy kyk vir my
En skielik is ek vry
Meisiemens (meisiekind)
Meisiemens
Uit die man se rib is jy gemaak
Mans hunker na jou hand
Jy wil verlief raak
Bly by hom en kies altyd sy kant
Hy sal na jou kyk en hoor as jy roep
hy is slim en sterk al is sy gevoel soms beperk
in die aand le jy en vryf oor sy boep
aan jou ringvinger het hy jou gemerk
nie mekaar se besittings nie, n vennootskap
ons doen nou dinge saam
maak beurte om die kinders te bad
al voel jy soms, jy wil weg gaan
Meisiemens, meisiemens,
Jy is so mooi,
Jy maak die mans helemal kens
Vat jou man en verf die wereld rooi
Ma en vrou
God het dit so gemaak
Hoe kan ons dit nou berou
Die pad vorentoe kan net lekkerder raak
Meisiemens, meisiemens,
Bly wie jy is, maak jou hart oop
Jou hart ken geen grens
Sake van die hart, dit kan jy nie koop
Plant die saadjies, elke dag
Trek die onkruid uit
Dit sal jul laat glimlag
Maak die saadjies papsop nat
Dit sal jul nog breer laat glimlag
Trek die onkruid uit
Dit sal jul laat skater LAG!
Meisiemens, meisiemens,
Met liefde is daar geen grens
Dis my grootste wens
Net vir jou,
Meisiemens
Man & Vrou (Trou)
Man en vrou,
Dis hoe God daarvan hou
Hy het ons gemaak om een te wees
Al moet ons dit vir mekaar oor en oor lees
Wat myne is, is joune
Al gee dit vir jou benoude boude
Ons beloof aan mekaar trou,
Dis mos hoe God daarvan hou
Gee my jou regterhand in hierdie land
En God seel dit met n pant
Liefde is die grootste gebod,
So skryf Hy dan in sy woord
My vrou, ek sal by jou bly,
Al wil my voet soms gly
Dan help ons mekaar weer reg
Want trots laat eindig alles net sleg
Jy is my vrou,
En ek wil dit so hou
Ek is jou man,
Ek sal alles vir jou gee wat ek kan
Want ek is vir jou lief my dief,
Al behandel jy my soms stief
Ek verlang na jou
Selfs vandag, wat ons trou
Vandag kom ons almal hier byeen
God maak ons-twee, vandag een
Dankie dat ons kan trou,
Ek is lief vir jou, my vrou