celebration of womanhood en trane

Standaard

Ja nee ons almal as vrouens ken die tannie met die rooi volla , en die mooiste wat ek nog gehoor het iemand dit noem en ek het dit nou ook aangeneem , my bff noem dit  celebration of womanhood , ek het baie goeie nuus gehoor drie dae terug , ‘n verlore vriendin het weer kontak gemaak na jare se seer en onsekerheid van verlang en trane maar dit is ook verby maar tog die bekommernis want als is nie wel nie … met menstruasie kan mens altyd die hormone die skuld gee vir die trane en die kort van draad wees maar ai tog , die afgelope drie dae is ek kort kort in trane … ek wonder en wonder en wonder en kan nie ophou wonder hoe dit regtig met jou gaan nie liewe maat … Theo se hy ken my nie so tranerig en pieperig oor alles nie . Ek mis my ma nou nog meer . Ek mis my maatjie , ek mis die saam fliek ,suurlemoen eet en alles wat ons so baie dieselfde doen , en self ook nie meer doen nie , ek mis sommer alles . Het vandag probeer hobby goed doen en my kamer bietjie regpak maar dit is asof ek net nie kans daarvoor sien nie , dit is nou half een in die oggend en ek moet eintlik al in die bed wees want dit is koud hier buite , my bene voel koud  yskoud , dalk moet ek gaan stort en gaan slaap , more is Saterdag en ek moet bietjie shopping gaan doen , vroeg more oggend … Die komende maand gaan ons heeltemal probeer om vegetaries te eet … so ja … hier gaan ons … Good luck met dit !

spinnekoppe

Standaard

spinnekoppiealmal gril vir spinnekoppe , dit is te verstane maar soms wonder ek of mense regtig moeite doen om uit te vind oor spinnekoppe en hulle doen en late , terwyl jy vanaand in die bed le en jou “fifty shades of grey ” lees op jou kindle of boek wil jy nie maar eerder die laptop aansit en op jou rekenaar opsoek oor spinnekoppe nie , al leer jy elke week net oor een spinnekop , oor of hulle giftig is of nie en net so klein bietjie meer leer oor die spinnekop wereld , niks gaan van jou afval nie , dit is wat ek gedoen het , en ek het dit so interessant gevind dat ek nie sommer enige spinnekop en sy kind doodmaak soos voorheen nie , ai aarde immers help hulle om die goggas in jou huis in toom te hou. Alhoewel ek moet se ek is nie te impress oor hulle geitjies eet nie , maar nou ja reenspinnekoppe is volop in ons huis , ek weet dit nie net een of twee nie maar hier was al drie gelyk in die huis en ek het vandag by die buurvrou een gaan red want sy gril haar morsdood vir hulle, ek persoonlik los hulle alleen 🙂 vang hulle en laat hulle vry in die tuin , die een het so vet lyfie en my man het ‘n foto geneem met sy hand langs hom

Ai waar gaan die tyd heen

Standaard

Dit is nie dat ek kla nie maar sjoe a nee a vee mens jou ogies uit en dan is die tyd verby …my arme macbook kry niks aandag nie ….manlief het vir my ‘ ipad 2 gekoop vir my verjaarsdag en ek doen alles op hom , het nie geweet ek kan so vinnig met twee vingers tik nie sowaar !

 

imageHierdie laat my dink aan my maatjie Jeanne 

 

 

599961_10150904342400916_1300393812_n

 

Ek mis haar 

 

trane van hartseer en blydskap en ja kokkedoor

Standaard

ek het so moerse lang stuk geskryf en toe is alles weg, ja nee kyk toe donner die internet feetjie dit weg want kyk skielik het my macbook pro my inskrywing laat missing gaan , ook maar goed so want ek het nie baie mooi taal daarin gebruik nie , so voor dat die donnerse internet dwergies my hele post verdoem in next to nothingness , laat ek maar weer gou net in die moment kom en jammer ek meng my taal , want sjoe as ek regtig enige Grammatiese korrekte Afrikaans aanhangers het , ek vra omverskoning maar vat my of los my , want ek weet soms nie hoe om myself uit te druk sonder om so engelse woordjie of twee te gebruik nie , ek hou nie so baie van vloek nie maar soms raak mens so die aartappel in (ja hulle het mos moere jy sien ) dat ek dan maar so peper woord tussen in gebruik . Ons woon naby die mal en ai ek het so heerlike stappie geneem na die mall toe en paar goedjies gaan kry , so heerlik vir manlief gekook hy komplimenteer my altyd op my kookvernuf ai ek voel so trots as hy van my kos hou.
Voor die dwergies die weer weg donner het ek dit gecopy en hahahaha nou hoef ek nie weer alles oor te tik nie , o ja die nuus is vandag met trane en al dat ek vir kokkedoor ingeskryf het , ja die kookprogram, ek gaan seker my gat goed en solid sien maar ten minste kan ek se ek het probeer en as ek nie inkom nie so what , ek is maar net iemand wat ‘n moerse passie vir kos het en die kook daarvan en dit moet mooi lyk en proe en kyk as kos nie lekker smaak vertel ek jou reguit en as ek nie lekker kos maar weet ek dit ook soms en glo my dit het al met my gebeur . my manlief is een van my grootste aanhangers dankie vader daarvoor .
Vanaand mis ek my maatjie Jeanne , ja ek sal seker nog vir jare en jare aan haar dink en wonder hoe dit met haar gaan , dan dit ek ook aan al die mense wat ons verloor het aan kanker en toe ek vanaand so scroll deur facebook sien ek verskeie vriende het vriende en familie wat met die groot K worstel en ek bars sommer in trane uit , ek huil sommer vir hulle maar ek huil sommer vir myself ook , mis my ma en ai tog toe is ek sommer net so hartseer ek gaan kyk na prank videos op youtube en toe is dit nie eens snaaks nie want aarde die simpel Amerikaners kan net ander seermaak , as mense regtig grappies maak soos maak of jy poep in die mall of pick en pay maar om mense fisies seer te maak met simpel pranks is nie vir my snaaks nie regtig hoor .
toe huil ek sommer oor die een ou wat n gorilla vir vyf jaar soos kind grootgemaak het en hom in die wil gaan los het , en vyf jaar later weer hom gaan vind het en gaan besoek het , wtf , los die dier alleen by sy gesin , hoekom nou weer blootstel en kontak met hom maak en hom weer flippen te abandon en dan te se dit was die beste belewenis van jou lewe , wat de fok , mense is siek , dit is nie snaaks of oulik vir my nie, mense is die mees selfsugtigde goed wat ek ken , ek inkluis.
nou ja daar het ek dit , hoop ek voel beter na die rant , soms wonder ek of ek nie Engels moet skryf nie maar mind you my Grammar suck daarin ook , so ja , die mielie gaan kyk of sy nie met Caranee se troukaartjies kan aangaan nie , as my se koue vingers dit toelaat . Het met Maria vandag gesels , ek het haar vertel van die ontbloot inskrywings wat ‘n sekere Jeanne gemaak het oor Cyberstalking en ook oor vriende filter ens, ek weet nie hoekom ek nou eers die eposse sien nie , ek gebruik nie baie my yahoo rekening nie , miskien moet ek “catch a wake up ” anyway laat ek ophou bollie gesels en daardie troukaartjies klaarmaak .
het ek genoem dat ek vir KOkkedoor ingeskryf het ? wel ek het dit gepos vandag met n fisiese inskryfvorm en hulle ge epos , so ja , wish me luck , so wat het ek om te verloor , niks 🙂 x

slaap patroon is in sy moer

Standaard

wel gister het ek relatief vroeg gaan slaap , halfeen en eers halftwaalf opgestaan dit is nou alweer halfeen en ek het die verwarmer hier langs my aan maar ek is koud , ek dink daar is niks wat ‘n warm stort nie nou sal help nie , liefie is al in die bed en le en lees hy werk so hard deesdae, ons het vandag gaan kossies koop en ek het vir hom heerlike lunch gemaak , ek het hamburger gemaak met eier twee snye brood en maalvleis wat lean is , so lean dit het bief en volstruis in , proe nie te sleg nie , het lasagna ook met die res vir aandete gemaak , dankie tog daar is oor vir later vandag vir hom en vir  my vir middagete so ja , die resep het nogal heerlik uitgekom 🙂 romerig en nom nom lekker . verder gaan dit ok , ek mis my ma ek mis my pa en mis vir Jeanne  ja ek mis haar al gee sy nie meer om om my te kontak of niks nie maar ja so gaan dit maar , soms dink ek maar net wie het die reg om mens so te laat voel soos sy my laat voel het , alles was vir haar ‘n moet en as jy iets belowe het o aarde dan moes jy daarby hou  , ek het gese ek gaan elke dag mail maar wie wil elke dag ure en ure op die internet wees, soms was ek so maar soms wil ek ook nie op die net gaan nie en wat dit so maklik met die Iphone maak al die fotos en so wat jy neem gaan sit jy sommer dadelik op instagram en click en op facebook en twitter en als en dit post dit sommer binne sekondes soheentoe ook , ek weet ook nie hoekom mense voel hulle moet sarkasties wees of hoekom mens moet raai hoe hulle voel oor sekere dinge as jy nie vertel word dat daar sekere dinge is wat hulle pla nie , aarde mense het issues , fok weet , ek is bly ek het nie sulke issues nie , en aarde die dinge wat mense die moeite werd vind om vir mekaar kwaad te wees , o nee kyk dit is ridiculous verby ! 

skoonma kom donderdag kuier , gee my krag , haar maatjie het my klaar gewaarsku dat sy nie eens die skottelgoed moet was nie , en sy is so lief om dit te doen , so ja , hoe se ek vir my wonderlike skoonma sy mag nie skottelgoed was as ek klaar gekook het nie , sjoe sy sal dink ek is snaaks , ah wel so gaan die lewe maar ek is nie lus vir mense en hulle issues nie , Rochelle het my van oorsee gebel en gese die familie is by haar vir haar ma se memorial , so ek hoop sy stres nie so baie oor hulle nie want na haar ongeluk kan sy nie dit bekostig nie ook nie haar arme hart nie , mense stres so uit en min weet hulle dat dit sleg vir hulle harte is , ek gaan nou slaap ek sien nou eers dit is al 1:11 in die oggend x

ek mis my ma

Standaard

baie emosioneel deesdae, dit is asof die sluise van trane oopgedraai is , ek kan nie eens gelukkig wees nie en dan huil ek , ek weet nie wat met my aangaan nie , ek ken nie myself so emosioneel nie , en die winterreens en wind help ook nie juis veel nie , as ek die wind so hoor huil dink ek aan Jeanne en wonder of dit met haar goed gaan 😦 

huweliksherdenking

Standaard

http://www.bazaared.net/product/ultimate-iphone-lens-kit/

my liefie het vir my die gekoop vir ons huweliksherdenking , ek kry dit oor n week of iets , ek moet juis maandag die tracking nommer bel en hoor waar dit is …

die jaar was anders , liefie was in bad mood en ja ek wil nie uitbrei nie , laat ek dit so stel , het nie dit verwag nie …
het paar resepte om op my cooking blog te sit

gaan nou die skottelgoed was