Ek sit vanoggend en dink ek moet maar net my kop skoon kry. Daar gaan soveel dinge aan in my lewe dat ek nie altyd weet hoe om by te hou nie.
Ek is verloof aan die wonderlikste man op aarde en is so gelukkig om hom in my lewe te he. Ek is GESEEND! Hy behandel my soos n prinses, voorsien in al my behoeftes en ek kan nie vir beter gevra het nie.
So dis nie my eie lewe wat my ongelukkig maak nie, dis ander mense en omstandighede…
1. Vrydag het ek gehoor dat die kankerselle in my baarmoeder terug is. Ek is glad nie negatief oor dit nie, ek weet ek gaan dit weer wen. En L het dadelik begin werk maak om my op sy medies te kry sodat as dit gevaarlik raak ek vir behandeling kan gaan. Maar vir nou is ek besig om die homeopaat se goed te gebruik en te probeer swanger raak voor hulle alles wil verwyder. Dit sit my en L onder baie druk. Ek wil nie nog ekstra druk op hom plaas nie. Ek bid net dat ons gou swanger raak. Ons trou Desember, eers wou almal ons druk om vroeer te trou sodat die baba en die medies ‘reg’ kan geskied. Maar dis ons sake… En hy wil sy familie hier he wat net in Desember kan af kom PE toe, so ek gaan hom nie beroof van dit nie.
2. My ma is kwaad vir my al van Donderdag af oor n simpel onbenulligheid. Na ek haar n sms gestuur het dat die kanker terug is, het ek n sms van haar gekry dat sy vir my bid. Net dit. Sondag het ek gebel om geseende Vadersdag vir my stiefpa te se’. Sy het geantwoord en was baie styf met my. Daarna het sy die foon vir die oom gegee. Later het sy gebel oor besigheid en net so terloops gese’ dat sy my nie gebel het nie omdat sy emosioneel was. Maar dit was Vrydag, so in die afgelope week was sy nog so emosioneel dat sy my nie kon vra hoe ek voel nie??? Wat my planne is? NIKS!!!!!!!!! Maar sy was nie te emosioneel om oor geld te praat nie. Dit maak VREK seer. Tot my pa wat nou nie juis n belangrike deel van my lewe is nie, het dadelik gebel om te hoor hoe ek voel en het soos n baba gehuil. Hy het so gehuil dat ons nie met mekaar kon praat nie. Maar my ma kan nie vra hoe ek voel nie????????????? Ek wil haar bel maar weet regtig nie wat om vir haar te se’ nie.Gepraat daarvan, die res van my familie het ook nou nie regtig hul ondersteuning gebied nie. Gelukkig het ek wonderlike vriende in my lewe.
3. My vriendinne is in 2 groepe. Die “Engelse” groep en die “Afrikaanse” groep. Vandat ek verloof is aan my Engelsman is die Afrikaanse vriendinne ‘snaaks’. Niemand weet hoekom nie. Die een het gister vir my gese’ sy wil nie meer my vriendin wees nie want ek is liewer vir die ander vriende. Sy het sommer haar facebook delete wat ek dink n goeie ding is. Want elke liewe status update wat ek maak dink sy is op haar gemik. Ek het nie tyd vir die nonsens in my lewe nie. Daar is net te veel dramaqueens in my lewe. Dis tyd dat ek ontslae raak van hulle. Presies hoe weet ek regtig nie maar so kan ek darem ook nie aangaan nie. Hulle steel my vreugde…