In Wording

Hierdie is dalk ‘n griffel in wording… maar hierdie is genoeg vir eers….   Wat gebeur as die winde in jou siel bedaar en die dorheid kaal-nakend homself aan jou openbaar deur die uitgestrekte dorsland van mirage tot mirage die dun antieke vlokkies van ‘n lewe in decoupage?   SueEè 12 March 2018

Haiku

Hierdie een van my is deur NB Uitgewers in ‘n skool handboek opgeneem.   Sou iemand dan wou my uurglas se sand só met vloeistof-lawa vul?   Deur SueEè (dis my gedigte persona wat nie weet nie)

Oëverblindery…

  Jy lê met jou gedagtes vasgevang tussen die kussing en die dak. Woorde vloei deur jou are en versmelt met elke hartklop terwyl nuwe woorde kom klop-klop. Steeds lê jy magteloos en staar…beelde soos ‘n ou-ou klanklose movie blits verby. Die stilte is hartverskeurend. Vêr in die agterkop van ‘n vlietende gedagte hoor jy… Read More Oëverblindery…

Doelbewus

Een van die baie baie min tye waar ek die woord ‘liefde’ gegriffel het… Doelbewus Om te mag ontvang moet sy ook terug kan gee, maar hartverskeurend snik sy trots en glimlag flou-flou   Al sou die volheid van van die maan vir ewig hou en sou die grootsee sout met soete water drup, al… Read More Doelbewus

Polar Bear?

Hier’s iets vanuit die donker kant van ‘n amper elke dag lewe…. skuus dis op Ingels… maar myse diary is in Engels…my drome ook… ekke dink ek is ‘n submarine-Afrikaner – surface net so nou en dan vir ‘n vars asemteug of twee… Bipolar Cycles: Insights from my Diary (somewhere between April and May 2017)… Read More Polar Bear?

Storietyd

Sowat twee weke gelede bevind ekke myself in my spesiale dokter se spreekkamer. Hy’t ‘n nuwe oggend-ontvangsdame. Ouerig en heel betaamlik. Die spreekkamer het die mees awesomse “interior decorating” boeke, dus wee ek as ek lank moet wag – dit nie my tyd sou mors of ek die kiekies teen die mure oor-en-oor hoef te… Read More Storietyd