
tuinier
(Denn alles Fleisch, Es ist wie Gras)
daar is soveel
nog te doen
in hierdie tuin
ek stry vergeefs
teen al die groen
van klimop, gras
en opslagkruid
my kruietuin
van marjolein
en roosmaryn
is reeds verswelg
self gaan ek ten gronde
deur molle bedolwe
en oor alles groei weer gras.
©vuurklip
Petrus I.24 en Brahms se Ein Deutsches Requiem








