Ken jy my?
Ken jy my as mens
Of die kern van my siel
Weet jy wat in my hart is
Of hoe ek dink of wat ek voel?
Ken jy my as ek huil
Of as ek eensaam is
Weet jy wanneer ek hartseer is
Of die baie vrae in my hart?
Ken jy my as ek lighartig is
Of as ek soms net wil speel
Weet jy wat my behoeftes is
Of waar my swakheid rus?
Ken jy my verlanges
Of wat in my gedagtes omgaan
Weet jy hoe lief ek het
Of waarvan ek droom?
Ken jy my vrouwees
Of wat my vrese is
Weet jy waar my krag lê
Of wie ek werklik is
Ken jy my?
AM ©
