My naaste blog maikies sal weet dat ek bedank het. Ek sit nie en wonder of dit die regte besluit was nie, ek weet dit is, maar ek is nou deurmekaar…. en glo my, dit vat nie veel om my deurmekaar te maak nie….
Na ek van moeder af gekom het Desember, het ek getrek na ‘n ander woonstel toe. Bietjie grooter kamers – Francois se kot vat teveel plek- maar my eintlike rede was Bennie. 😦
Ek het ook my ryskorrels gesif en besluit om al die swart korreltjies uit te haal. Trek was vir my soos om oor te begin, die ou woonstel het teveel memories gehad van ons twee…. Ja toe trek ek.
Bennie is een van ons kliënte (shhhhhhhhh!) en dus het ek nog gereeld kontak met hom 😦 . Daarom het ek bedank. Daar is niks so erg om iemand so lief te hê en jy weet vir ‘n feit dat hy nie dieselfde voel nie! Maar moenie my verkeerd verstaan nie, ek sit nie meer en huil daaroor nie, gelukkig hou my vriendinne en kinders my te besig, en ek dink die feit dat ek nou al die “swart korreltjies” sif, laat my voel ek is in beheer.
Dis net die werk-kwessie wat my laat wonder. Nee kyk, waai wil ek waai, en ek is so DONNERS impulsief! maar dis een van my “swart korreltjies”, want ek weier dat mense my soos ‘n arm blanke behandel en ek weier om verder gevloek en geskel te word as ander nie hul werk doen nie!
Om elke aan jouself aan die slaap te tjank, en nog saggies ook want anders hoor Renier en Francois dit, is nie ‘n grap nie. Ek weet ek moet werk – fok wie hoef nie? – maar ek sal nie langer toelaat om verneder te word nie!!!!!!!!!!! Ek is meer werd as dit en ek weet dit.
O nee wag, laat ek eerder groet, ek raak sommer weer de bliksem in.
Tata





