Hier waar ons bly, is ons gelukkig om twee ‘velde’ te he waar ons kan gaan stap. Dit is nou ‘n geruime tydjie wat ek die man met sy hond sien. Sy het glo ‘n geruime tydjie gelede kanker gehad. Sy lyk nes Zandie behalwe dat haar bruin is heelwat donkerder as Zandie s’n. Ons mis Zandie nog steeds en wil so graag weer ‘n Zandie-hond he. Hierdie hond het presies dieselfde maniertjies as Zandie wanneer jy met haar en haar bal sou speel. Eendag is eendag en dan kry ek (hopenlik) weer ‘n Zandie-hond.
Hierdie is die laaste inskrywing op Zandie se blog. Sy het ons in Maart 2023 verlaat en is sy nou in die honde-hemel. Ongelukkig, na 13 vreugdevolle jare saam met haar, moes ons afskeid van haar neem nadat sy ‘ou hond’ siekte gekry het. Ons moes haar ongelukkig veearts toe neem om uitgesit te word.
Ons het hierdie hond as ‘n 3maande-oue brakkie gekry, wat deur haar vorige eienaar uitgesit wou word omdat hy gese het dat sy nie geleer kon word nie. Ons was in die sewende hemel om haar te kon kry en het sy nou vir ons vreugde gebring deur die jare. ‘n Ontsettende intelligente wese, sy het ‘n Afrikaanse woordeskat gehad van seker meer as 500 woorde en sy kon ons liggaamstaal in die fynste besonderheid ‘lees’. Ons mis haar geweldig. Sy was hoogs-intelligent, baie ‘funny’ en het ons baie ge-entertain met haar ‘dingetjies’.
Oeee, ek lê te lekker!! Nou lê ek eeeeeers lekker! Soms hou ek my baie snaaks – soos hier. die foto is sowat 3 jaar gelede geneem, toe ek nog jonger was.
Sjoe! Dit is omtrent ‘n hele rukkie sedert ek iets op my blog kom sê het! Mapstieks! Tyd vlieg darem te vinnig en Covid is ook meer as een jaar oud! Ek hoop julle almal was en is Covid-vry. Gelukkig het ek dit nie gekry nie en spandeer deesdae baie tyd in die huis, want my ou lyf kan ook nie meer byhou met die jong honnes nie. Ek kan ook deesdae net so 500m per dag stap en dan wil die ou lyf ook nie meer nie. Ek probeer my pure jong-honnes hou, maar gee maar baie voor en maak asof ek nog kan byhou, maar o wee! Daardie agterbene wil nie meer nie. As ek so ‘n rukkie gelê het, moet ek my bene mooi bymekaar hou of hulle wil ook nie meer as ek wil opstaan. Saans, wanneer Oubaas en Ounooi bed toe gaan, klim ek ook nie meer die trappe op boontoe nie. Nee, dis net te erg. Ek bly maar deesdae net onder in die sitkamer, daar waar ek lekker op die mat kan lê of in die kombuis op die koel teels kan lê as ek te warm kry. In die foto’s: Ek het Ouboet se bed oorgeneem so ‘n ruk terug. Oubaas het gedink dis vreeslik snaaks en my toe gemaak met die komberse en ek wou nog baie langer slaap! Ek hou nie van foto’s neem nie, dit voel asof iemand my bedrieg! Veral as ek wil slaap!
Julle moet mooi na julleselwers kyk! Ek het net kom sê dat ek nog lewe en dat Covid my nie gekry het nie! O ja, julle moet hard praat hier op my blog. Ek hoor ook nie meer so mooi nie! My gehoor gaan ook nou agteruit – soos ek hoor die oumense praat. Ounooi en Oubaas weet hulle moet hulle hande twee keer klap vir my om aandag te gee en dan gebruik hulle ook meer en meer handgebare om my te kry om sekere dinge te doen soos om uit te gaan of om my ‘dinge’ daar buite te gaan doen. Groete aan almal en aan al julle woefe! Blaf! Blaf! tot volgende keer!
This is Ben. He is one of my best friends. Unfortunately, Ben is ageing and he has now rheumatic and finds it really hard to go for a walk. He enjoys going places in his buggy. I like the buggy and think I will soon need one for my mum as she sometimes complains about the long distances she needs to walk with me. he-he-he.
This is Ben in 2017. He found it already a challenge to go for a walk.
Me enjoying the skin of fish! I’ll die for this! This happens every week when my family eat fish. I go absolutely crazy about fish. Sometimes I need to have my fish outside because it can get a bit messy!
Ooooeeee! Dis nou lekker hierdie. Een keer per week is dit wat ek ekstra by my bak kos kry en sjoe! maar dis te lekker! Dan het ek hoendervleis van kop tot tone van lekkerte. Soms kry ek ook nie my kos binne die huis nie. Oubaas dink dat ek dalk morsig sal eet en dan moet ek buite eet – soos jy hier kan sien. Ek ken die woord: “vis”, so as jy hierdie woord sê, spring ek kiertsregop en weet wat kom volgende!
Filed under: Kollie-hond | Kommentare af op Vis-lekkerte
Hello Everyone! This is me again! You guess right! I’m on the sofa in the living room – my favourite place for a late morning nap! The queen of the house, busy relaxing. How do you relax?
Hallo Julle! Dis ekke, Zandie hier. Hoe ontspan julle as julle nie werk nie? Kyk hoe ontspan ek! Is dit nie oulik nie. Soms hou ek daarvan om my pootjie oor my hele regteroog te sit! Dit is die beste manier. O ja, hierdie is my gunsteling plek om te ‘ontspan’, maar as dit regtig warm is, dan hou ek van die koue vloer van die kombuis. Ek is nou al 9 mens jare by Ounooi-hulle en ek raak nou regtig oud en ontspan deesdae meer as voorheen. Ai, die ouderdom haal ‘n honne in! Honnes moet doen wat honnes moet doen en dit is ‘ontspan’!
Hallo, Dis ek in die foto. Ounooi het gelê en slaap en ek het by haar op die bed kom klouter – soos gewoonlik.
Hello! Me being a bit cheeky – I claimed Ounooi’s pillow as mine early this morning. Sometimes I’m just in a mood to get onto the bed for a morning nap.
Filed under: Kollie-hond | Kommentare af op Cheeky one!
This is me – Mika – the new addition to the extended family, showing off a bit. Recently, I started joining the ‘gang’ at a doggy day care. I am a Welsh Sheepdog , or, just a Welsh dog. I am NOT a Welsh Collie – like some people like to think. There is a clear difference between the two, so take note – Welsh Sheepdog. 🙂
Sniffing and just jogging a bit.
Chase! This is a cool game! I learn a lot of new things!
Oooh! Look at us! We just run around wildly, no matter what.
And then with my favourite mate – a bit of tug-of-war! Day care is so cool, I want to go every day! Zandie is missing out a lot!
Filed under: Kollie-hond | Kommentare af op Part of the gang
Mika after a day at a social play group for pups to learn how to socialise with other dogs.
We have someone new who joined the family. Mika! Mika is a Welsh Sheepdog – or you can just call her a Welsh dog – and she recently joined Poplap’s household as a new pup. Do you think I was impressed? Not at all! Mika got all the attention from everyone when she came to visit. And if I say everyone, I mean everyone. I was just another dog in this household of ours. No respect for an older dog-member and no favours at all from anyone. Everybody was just, ‘oh, how cute’ and ‘ooo…’ and ‘aaaahww’. I was just like, ‘Get away from me, don’t you know I’m the boss around here?‘ I must admit, Mika is quite cute, but I’ll tell her that another day. For now, I would like her to know who’s the boss in this house. Luckily, she quickly got the hint to stay well away from me though she tried a few times to come close. Maybe one day I will allow her a place in my sun, one day when she showed a bit more respect to some ‘older dogs‘ in this house…no wonder she had to attend a play group to learn her place in society! hehehe
Raai wat! Ek moes weer saam ploeter om te help met ‘n trek. Ek kon nie my ogies oophou nie. Kyk net hoe lyk ek hier. Ek moes die hele dag help, amper tot laat in die middernag. Ek was ‘n pootuit honne! Niemand kan dit hou nie! Ek glo nie ek gaan weer volunteer om te help nie. Volgende keer bly ek tuis. Dit was net te veel vir ‘n honne om op sulke ouderdom rond te trek en te dink jy kan help! Sjoe! Ek gaan slaap sommer nou dadelik weer.
Dit was weer ‘sulke‘ tyd! Oubaas het nou al ‘n paar dae gedreig om my te bad en Ounooi het aanhouded woorde of frases geuiter soos, ‘reuk’, ‘tyd vir ‘n bad’, ‘hoogtyd’, ‘vuil’ en so aan! Ek het natuurlik haar net geignoreer en my balle aangedra, want sy is die hoofslaaf in hierdie gesin. Sy is die beste wanneer dit kom by balle gooi wat ek nie genoeg van kan kry nie! Dit was vir my baie swaar om so stil te lê sodat Oubaas sy ‘ding’ kan doen. Ek het dit hoogs verveeld gevind en kon niks anders doen nie, behalwe om vir al die klosse te kyk wat langs my begin ophoop het. Ek moet ook darem byvoeg, ek voel ook nou weer ‘hond’ na al die gedoentes! Gelukkige Kersfees vir julle almal, ek hoop julle kan my woefe ver hoor, want ek blag nogal min, maar wanneer ek dit doen, dan is dit sommer hard!
Dit was weer skoolvakansie. Ounooi en Oubaas het besluit dat hulle bietjie oor die water moes gaan kuier en toe het ek ‘n lekker tydjie gehad. Poplap het gekom en my kom oppas. Net soos ek eintlik skape moet oppas, maar ek weet nie van skape nie. Ek weet net van balle! As Ounooi praat van ‘skape’, dan wil ek eerder net weghardloop. Gee vir my balle en ek is doodgelukkig. Ounooi-hulle het net gister teruggekom en my toe van ‘n ander honne vertel! ‘n Honne net soos ek! Hierdie honne bly op Stilbaai en hy wil ook nie weet wat skape is nie! Hy hou net van seevoëls! In die foto kan jy hom sien. Hy kyk die hele dag lank net vir hierdie voëls wat net op die water bly. Ek dink ek moet hom gaan help, want Ounooi laat dit so lekker klink om by die see te wees, al weet ek ook nie wat dit is nie, maar alles wat sy my vertel moet seker lekker wees. Ek wag nog het ‘n jaar dan gaan ek ook see toe en vir hierdie voëls kyk. Ek wonder wie hou ook van voëls kyk? Is daar nog iemand wat van die see hou? Ek sal graag wil weet, want dan kan ons sommer almal see toe gaan. Ek gaan nou eers nog ‘n bal soek. Poplap het ‘n nuwe groen bal vir my gekoop. Ek het nog nooit ‘n groen bal gehad nie en hierdie een is nou ‘n ‘anderse’ bal. Ek hoor dat hy my help met my tande. Dit moet dan seker goed wees.
The family went on holiday – in South Africa and came back telling me about this sheepdog they saw at one of the beeches. This doggie tried to gather some seagulls swimming! Can you believe it? Did she think she’s a gull-dog? hehe
Hallo! Ek het net gou weer kom inloer en wil net sê dat ek nog die lewe geniet. Ek raak nou net ‘oud’ soos Ounooi deesdae vir my sê. Ek het 2 dae vir Poplap gaan kuier en sy is nou byna 3ure se ry van my af. Sjoe! Dis regtig ver vir ‘n hond soos ek, maar Oubaas sê dat ek sulke lang ritte nou ‘beter vat’. Ek weet nie wat dit beteken nie, maar dit moet seker iets ‘goeds’ wees as hy so sê. Op die pad het Oubaas net twee keer gestop en my laat bene rek en ek was so dors! Ek het ook so bietjie dronk gevoel in die begin en moes my maar lekker inhou om nie op my matras ‘n ‘gemors’ te maak nie. Gelukkig was ek darem okay later aan en het ek meestal geslaap. Toe ons by Poplap aankom, kon ek haar dadelik ruik toe ek by die voordeur inkom en het ek geweet waar ek was! Ek het sommer gou tuis gevoel en ‘n bal gesoek wat iemand vir my moes gooi, maar o wee! Ek kon dit nie lank hou nie, toe wil my oë net toeval! Op die eerste foto sal jy sien hoe hard ek probeer om my oë oop te hou en op die tweede foto was ek sommer weg! Skaars 5 minute na die eerste foto geneem was! Ek het sommer vir ure geslaap. Sulke lang ritte is uitputtend vir honde van my ouderdom en ek is ook nie meer vandag se hond nie. Gelukkig weet Ounooi en Oubaas dit en laat hulle my baie rus. Honnegroete! Ek gaan nou eers weer ‘n bal soek.
Sjoe! Ek hoop julle kan sien hoe moeg ek is.My tong hang sommer ver uit en ek hyg na my asem. Kan julle hoor hoe ek hyg? Ek hoop so! Ek is so moeg soos tien perde wat twintig perdekarre moes trek! Wanneer ek so moeg is kan ek nie eens water gedrink kry nie. Ounooi bly vir my sê om water te drink. Die water is baie naby aan my, maar sy weet nie dat ek net heeltemal te moeg is. Ek meen, give me a break! ‘n Hond kan ook net soveel bal speel voordat sy moeg is en ‘n hond moet kans gegee word om darem asem te skep voordat sy iets anders kan doen. Ek gaan nou eers probeer water drink en dan inloer by my rescue maatjies. Ek hoop Tannie Skoor het onthou dat ek ook ‘n rescue honne is. Hier is ‘n foto van my rescue maatjies, lekker in die winter warm aangetrek. Ek hoop Ounooi gaan ook vir my so ‘n jassie kry! Jinne, dis lekkerste bederf.
These are my blog-friends! They were all rescued dogs. They live in Cape Town and you can see it was during winter when the photos were taken. I hope auntie Skoor told them about me, because I am also a rescued doggie!