Ek is sy.

En ek het vir haar gesê: “Hou jou bek en sit net bietjie stil.

Vat jou brein en sluk hom heel. Verteer die vloek woorde en bou jou muur daarmee heel.
In hierdie wêreld gaan jou vriende by jou steel.”

Ek vat haar hand en ly haar om die bos. Min weet sy wat dit haar gaan kos.
Ek vra haar hart, maar sy sê nee.
Sy gee haar smart en gee nog een tree.

“Wat sal dit kos om te vergeet? Die herinneringe is besig om my van binne af te eet.”

Ek antwoord haar nie, maar staar haar net aan. Dit lyk of haar mond nog woorde kan laat gaan.

Haar oë so groot sy kan daarmee toor, toe laat sak sy haar kop…
Iets het haar liefde gemoor.

“Tenspyte van hoe hard ek veg, het hy my hart en jy het my smart.”

Ek sien sy is arm en gee haar terug, haar smart kan niemand regtig bluf.

Sy kyk my aan en neem my hand. Sy vat haar smart, gooi dit in die lug en ons kyk daarna
soos dit in die gif beland.

Haar woorde was klaar en my oë verstom. Dat iemand so swak, tog sterk-wees kan laat blom.

Ek byt my lip sodat ek stil kan bly.
Sy kyk een keer om, en dis toe sy by die wal af gly.

Ek skree: “Hou jou bek en kom sit net bietjie stil.”
En dis toe sy agterna gil.
“Dis hier, dis nou waar jy van my vergeet. Ek het genoeg gesit en my mond gehou.
Laat my vry. Laat my gaan. Fok weet! Ek is moeg dat jy, my siek kop, my lewe probeer om dop.”

Ek kyk na haar. Ek kyk na my.
Liewe land.
Ek is sy.

Alleenlik

“Dis tog so eenvoudig.
Dis jy, alleenlik jy.
En die groter sorge, gaan vanself verby.
Niks om te verhaal nie.
Net die vrede bly.
Niks om te betaal nie.
En skielik is jy vry.” – Skielik is jy vry. Koos du Plessis

(In hierdie wêreld kom jy alleen in. Maar in jou lewe ontmoet jy mense en jy dink jy is nooit alleen nie.

Wanneer die einde kom, gaan jy alleen hier uit.)

Ek het gesien hoe die dood lyk

as man alleen na die dak kyk

waar die wit lig sy oë vergrys

en ek het gehoor hoe hy roep

maar sy woorder sit erens tussen niks en nerens

op ‘n stoep.

Niks is oor nie

Nie kind of kraai nie.

Alleen sal hy daar lê terwyl hy my roep. Terwyl sy siel my roep

Op bevel van die Here

het ek gebid, ‘n gebed wat net sy siel sou verstaan.

‘n Gebed wat hom dalk vir die laaste keer

sou kon red.

Jy onthou jy het vergeet

As jou vuiste al is wat jy oor het om vas te hou, het jou naels gate in jou palms gedruk.

Die soutwater oor jou wange lê nou soos blertse op jou kussing, want jy weet.

Jy weet, maar jy wil dit nie dink nie, jy wil dit nie hard op sê nie.

Die dood het gekom.

Sssssh.

Moet dit nie sê nie.

Dis nie wat ons wil hê nie.

Die realiteit krap teen jou rug

en slaan jou in die gesig.

More moet jy die pad vat sodat jy jou groet kan groet.

Want wie weet wanneer jy weer voor die deur gaan kom kuier-toet.

Dis te morbied vir my.

Hierdie groetery.

Want as jy jonk is, dink jy alles is vir ewig.

Ouma en Oupa is altyd daar. Dis wat jy dink. Dis wat jy glo.

Daar kom ‘n tyd

die tyd is nou

wanneer jy besef… vir ewig is net vir die Hemel beskore.

Nie vir die aarde nie.

Skielik onthou jy treine se name

stasies en stories.

Jy onthou jy het vergeet waar die oranje-rivier in die vaalrivier in loop.

Jy besef jy wil dit nog graag gevra het..

Jy onthou jy het vergeet van die tragedies van die dae toe die spoornet nog goed was.

Jy onthou jy het vergeet hoe dit klink as hy gelag het.

Hoe hy gepraat het van visvang.

Jy onthou jy het vergeet van al die goeie maniere wat ‘n man moet hê vir ‘n dame,

Al daardie maniere wat hy jou nefies geleer het en jou ondervra het om te verseker jy weet watter tipe man jy verdien.

Die beste natuurlik.

‘n Man wat agter jou loop as jy trappe klim – om jou te vang as jy val.

Jy onthou skielik jy vergeet alles wat hy julle probeer leer het van die lewe, keuses en foute.

Maar jy onthou, jyt kwaad en ongeduldig geraak vir al die stories, maar jy weet in jou hart sy bedoeling was goed.

Groet jou groet.

Sê jou g’bye.

En probeer nog een maal onthou…

Volhard – (Gedig geskryf deur my pa aan my)

Pa skryf vir jou ‘n gedig

Sommerso gedig.

Om te sê hoe joulig

My donker wêreld verlig.

Die droom geplant binne jou

Nie deur my, mag jy weet nou.

Dis vir jouom te hou

Dit sal groei en groei net vir jou

Drome kom en gaan

Tyd stap ook aan

Hou jou droomlampie  aan

Vir jou droom saadjie se lewensbaan

Jou droomsaadjie geplant deur God

Vir jou om te glo bid tot God

Om te skyn soos Sy gebod

So sal jou saadjie groei vir God

Hou jou droom vas

Vas, vas en vas

So maak Hy sag jou las

Om te sorg vir elke dag se las

  • My pa

Naïef

Jou mond was mooi

Jou lippe was sag

Jou woorde was soos goud

Laat na middernag.

Jou oë was vol beloftes

En jou hande vol warmte

Hoe sou ek kon keer

Om jou aan my af te smeer?

Want boerseun, boerseun

Hierdie woorde is te min

Om vir joute sê

Hoe jy my laat sing.

Neem my brief

Al klink dit naïef.

Lees dit met jou hart

En vat dit saam op die pad.